Aswolk hang oor Poolse staatsbegrafnis

Die afgestorwe Poolse president, Lech Kaczynski, en sy vrou, Maria,  is Sondag in Krakof ter aarde bestel, maar ‘n wolk van vulkaniese as oor Europa het verskeie wêreldleiers weggehou van die staatsbegrafnis.

Duisende roubeklaers het in die suidelike stad byeengekom om die paar se kiste wat per militêre vliegtuig vanaf Warskou gereis het, te begroet. Die vliegtuig het onder die aswolk wat lugvervoer tans wêreldwyd ontwrig en president Barack Obama verhinder het om die begrafnis by te woon, gevlieg.

Die Duitse kanselier, Angela Merkel, Franse president, Nicolas Sarkozy, Brittanje se Prins Charles en Suid-Koreaanse eerste minister, Tsjung Un-Tsjan het ook aangekondig dat hulle nie die roudiens sal bywoon nie.

Die begrafnis was die laaste treurige nasionale eerbetoon sedert die presidentspaar en 94 ander mense, waaronder die mees senior militêre beamptes, agt dae vantevore in ‘n vliegongeluk in Rusland dood is.

Krakof se stadswoordvoerder, Filip Szatanik, het aan AFP gesê dit sal “een van die grootste, indien nie die grootste enkele gebeurtenis nie wat die stad die afgelope honderd jaar gesien het”.

игрушка для детей 1 годОлександр Васильович Фільчаков

NSA-vlag verbrand voor Stockholm-ambassade

Die Nuwe Suid-Afrika-vlag is gister voor die SA ambassade in die Sweedse hoofstad verbrand tydens ‘n betoging teen die volksmoord op Afrikanerboere in Suid-Afrika.

‘n Regse, pro-blanke groep bekend as die Sweedse Weerstandsbeweging het die betoging georganiseer. Ongeveer ‘n honderd mense het op die Sint Eriksplein in Stockholm om 12.00 nm. byeengekom. Afgesien van lede van die SWB, het verskeie ander “vrye groepe”, waaronder afvaardigings van info-14 en nationell.nu aan die betoging deelgeneem.

Die betogers het in die straat afgestap met vlae, baniere, skilde en plakkate. Sowel die organisasie se vlae as twee Vierkleure is geswaai. Op die groot banier met die Engelse woorde, “Stop Boer genocide” is ‘n foto van die vermoorde AWB-leier, Eugene Terre’Blanche, vertoon.

Pamflette oor die situasie in Suid-Afrika met inligting oor die geweld wat daar teen blankes gepleeg word, is ook versprei.

Ná ongeveer ‘n halfuur het die optog na die Suid-Afrikaanse ambassade in Stockholm beweeg. Halfpad na die ambassade is die optoggangers deur ‘n skare linkses gekonfronteer wat, soos die Sweedse Weerstandsbeweging dit gestel het, “hul steun vir volksmoord teen blankes en hulle haat vir die nasionale strewe wou uitspreek”. Daar het ook fisieke konfrontasie tussen die twee groepe plaasgevind met die Sweedse polisie wat tussenbeide getree het, maar geen beserings is aangemeld nie. Volgens die Sweedse Weerstandsbeweging is die optog “soms onderbreek toe optoggangers moeg geraak het vir die gedrag van die (linkse) gepeupel en paar welverdiende klappe uitgedeel het aan diegene wat dit verdien het”.a

Ná die onderonsies het die optog by die Suid-Afrikaanse ambassade tot stilstand gekom waar die NSA-vlag verbrand is. Volgens die Sweedse Weerstandsbeweging was dit “‘n kragtige simboliese daad wat uitgestuur is, tesame met die slagspreuk “ANC – mördare!” (“ANC – moordenaars!”) wat geskree is.

‘n Leier van die Sweedse Weerstandsbeweging, Kristian Nordvall, het ‘n emosionele toespraak gelewer oor die belangrikheid van die betoging, die werklikheid in Suid-Afrika en dat Swede moet aanhou om die volksmoord in Suid-Afrika, wat deur die politici en die media geïgnoreer word, aan die groot klok te hang.

Die betoging het agterna vir ‘n ruk voor die ambassade aangehou met baniere, vlae, skilde en plakkate. Pamflette is ook verder versprei. ‘n Woedende Magnus Söderman, die nasionale bestuurder van die Sweedse Weerstandsbeweging, het die geleentheid gebruik om nog ‘n Suid-Afrikaanse vlag in repe te skeur. Volgens die beweging is dit “‘n aanduiding van wat ons van hul teenwoordigheid in Swede dink!”

Voordat die betoging ten einde geloop het, het die polisie gesê dat een van die optoggangers in verband met aanranding tydens ‘n vorige betoging gesoek word. Hulle wou hom ter plaatse in hegtenis neem.

Die betogers het egter geweier om die man uit te lewer, waarna hulle hul range gesluit het. Diegene wat nie aan die organisasie behoort nie, is gevra om die perseel te verlaat om hulle nie bloot te stel nie, maar almal het soos een man bly staan. Hierna het die betogers in wat genoem word “‘n sorgvrye gees”, taktiek met mekaar bespreek

Onderhandelings met die polisie het misluk en daar is verwag dat die betogers gestorm sou word om die aangeklaagde te arresteer. Weereens het die betogers hul range gesluit.

Ná ‘n ruk het onderhandelinge met die polisie hervat en is daar ooreengekom dat die bestuur van die organisasie die man net moet identifiseer sodat hulle hom te woord kon staan. Vyf minute later is alles opgelos.

Hierna het die betogers na die Rådhusets-moltreinstasie geloop waar hulle uiteengegaan het.

Die organisasie het verklaar: “Die Sweedse Weerstandsbeweging wil almal bedank wat aan die betoging deelgeneem het en op tasbare wyse hul teenkanting uitgespreek het teen die volksmoord wat besig is om in Suid-Afrika plaas te vind.”
Berig in Sweeds met nog foto’s hier.

влагоотделитель для компрессоратопкарго

SA, Indië en Brasilië vra meer diplomasie vir Iran

Brasilië, Indië en Suid-Afrika het Donderdag tydens ‘n trilaterale spitsberaad ooreengekom dat meer diplomasie nodig is om die internasionale geskil met Iran oor sy omstrede kernprogram by te lê. 

Die ooreenkoms, wat na afloop van ‘n kort vergadering voor die BRIC-beraad in Brasília, aangegaan is, hou by Brasilië se verdediging van Iran en die Suid-Amerikaanse land se pogings om die VN-Veiligheidsraad te weerhou van die oplegging van nuwe sanksies teen die Islamitiese Republiek.

Brasilië se president Luiz Inacio Lula da Silva, die Indiese premier Manmohan Singh en die Suid-Afrikaanse president Jacob Zuma, het in ‘n gesamentlike verklaring gesê dat hulle “die reg van Iran erken om kernprogramme te ontwikkel vir vreedsame doeleindes in ooreenstemming met sy internasionale verpligtinge”.

Hulle het ‘n beroep op Iran gedoen om “ten volle” met die Internasionale Atoom Energie Agentskap (IAEA) saam te werk en aan die VN-Veiligheidsraadresolusies te voldoen .

Maar hulle het ook “op die noodsaaklikheid vir ‘n vreedsame en diplomatieke oplossing van die probleem” gewys.

Die drie lande het hul ambisies om as besluitnemende magte op VN-Veiligheidsraad te dien, herhaal. Hulle voel dat hervormings van die Verenigde Nasies “‘n uitbreiding in beide permanente en nonpermanent kategorieë van sy lidmaatskap, met ‘n verhoogde deelname van ontwikkelende lande in albei,” moet insluit.

Indië, wat oor kernwapens beskik , het sy kommer uitgespreek dat Brasilië en Suid-Afrika – wat beide hul kernwapenprogramme jare gelede laat vaar het – die “volle
uitskakeling van kernwapens” nog nie voltooi het nie.

Brasilië en Suid-Afrika het onlangse aanvalle in Indië, insluitend ‘n bloedbad deur Maoïste aan die begin van die maand waarin 76 polisiemanne die lewe gelaat het, as “terrorisme” veroordeel.

Die drie lande dring aan op meer samewerking in die stryd teen terrorisme, met volle inagneming van internasionale regsbeginsels.

Die leiers ondersteun ook pogings om die Doha-samesprekinge binne die Wêreld Handelsorganisasie te laat herleef, het ‘n ekstra twee miljoen dollar aan Haiti se heropbou belowe en het die ontwikkeling van satelliete vir weer en Aarde-waarneming aangekondig.

медицинская справка ф-086уданильченко юрій Харків

Aswolk knip rederye se vlerke

‘n Reuse wolk van as wat tans oor Europa vanaf Ysland versprei het, het die grootste onderbreking van vlugte sedert die 2001 terreuraanvalle veroorsaak.

Reisigers op ses kontinente se vlugte is gekanselleer en amptenare sê dit kan dae neem vir die lugruim om weer veilig te wees.

Die aswolk is kilometers bo die aarde en kan die enjins van vliegtuie beskadig.

Vlugte in Brittanje is tot minstens Vrydagmiddag gekanselleer en verskeie ander lughawens is gesluit. Owerhede in Ierland, Denemarke, Noorweë, Swede, Finland en België het ook vlugte afgelas.

Frankryk het 24 lughawens gesluit insluitende Charles de Gaulle en Duitsland se lughawens in Berlyn en Hamburg is ook gesluit.

Menigte vlugte uit die VSA is ook gekanselleer.

‘n Vulkaniese uitbarsting in Ysland het Woensdag ‘n reuse stoom- en aswolk die atmosfeer ingestuur.

игрушка интернет магазинлобановский александр дети

Rusland sluit laaste wapengraadreaktor

As deel van ‘n ooreenkoms met die VSA, het Rusland sy laaste wapengraadplutoniumreaktor gesluit.

Die moontlikheid om bomme te vervaardig is sodoende ingeperk deur die afbou van kernkragsentrales uit die Soviet-era.

Die reaktor, die ADE-2, is in 1964 by ‘n geheime aanleg in Siberië opgerig tydens die bewind Nikita Khrusjtsjef.

Ná die Koue Oorlog, was dit nie meer nodig vir Rusland om wapengraadplutonium te vervaardig nie, aangesien hulle oor ‘n groot vooraad van ongebruikte kernwapens beskik het.

Die presiese hoeveelheid plutonium in Rusland se besit, is egter ‘n staatsgeheim.

Die VSA en Rusland is besorg oor moontlike wapengraadplutonium wat op die swartmark beskikbaar gestel kan word en het in Maart 2003 ooreengekom om dié reaktor te sluit.

games onlineДанильченко Харьков

Kerngevaar word oordryf

Die Obama-administrasie sê die gevaar van ‘n terroriste-aanval met kernwapens is aan die toeneem, maar verskeie Amerikaanse amptenare sê die stelling is nie gegrond op nuwe inligting nie. Hulle bevraagteken trouens die skielike alarmisme en sê die bedreiging word oorbeklemtoon.  

President Obama het in ‘n toespraak voor 47 lande by die kernveiligheidspitsberaad, wat Dinsdag gesluit het, gesê dat “die risiko van ‘n kernkonfrontasie tussen lande gedaal het, maar die risiko van ‘n kernaanval het gestyg”. 

Die twee-dag vergadering is afgesluit met ‘n ooreenkoms deur die deelnemers om nie-regerings akteurs soos al-Kaida te verhoed kernwapens te bekom, hetsy deur middel van diefstal van die bestaande wapens, hetsy deur die vervaardiging van hul eie met gesteelde kernmateriaal.

Die gesamentlike verklaring noem kernterrorisme een van die mees uitdagende bedreigings vir internasionale veiligheid en sekuriteit en versoek lande om harder te probeer om te verhoed dat terroriste, kriminele en ander, kernmateriaal in die hande kry.

Maar Henry Sokolski, ‘n lid van die Amerikaanse Kongres se Kommissie vir die Voorkoming van wapens van massavernietiging, -verspreiding en terrorisme, het gesê dat daar geen spesifieke intelligensie dat terreurgroepe op soek is na kernmateriaal nie.

“Ons het inligtingsessies bygewoon en toe ons probeer om spesifieke intelligensie te vra oor die bedreiging van bekende terreurgroepe se pogings om ‘n bom in die hande te kry, was die antwoord dat ons nie enige iets het nie.” 

Mnr Obama het verslaggewers vertel dat daar ‘n verskeidenheid van menings oor die gevaar is, maar dat al die konferensiegangers “ooreengekom het oor die dringendheid en die erns van die bedreiging.”

‘n Senior Amerikaanse intelligensie-amptenaar het ook die administrasie se bewering dat die bedreiging van kernterrorisme groei, verwerp.

“Die gevaar is daar,” het die amptenaar gesê. “Maar daar is geen nuwe inligting nie.”

Die amptenaar het gesê dat die administrasie die gevaar blyk te oordryf op ‘n manier wat soortgelyk is aan wat die Bush-administrasie in Irak gedoen het: Fabriseer intelligensie om beleid te ondersteun.

Die amptenaar sê die waarskynlike motivering van die president is die doelstelling om kernwapens uit te skakel. Die Amerikaanse kernarsenaal sal nuttig wees om in weerwraak teen ‘n soewereine staat op te tree, maar sal minder doeltreffend wees teen ‘n terroristegroep.

Die nuwe fokus op kernterrorisme het te voorskyn gekom in die onlangs gepubliseerde Nuclear Posture Review se verslag wat verlede week bekend gemaak is, wat “vandag se mees direkte en uiterste gevaar” as kernterrorisme geïdentifiseer het.

In teenstelling, het die jongste verslag van die CIA aan die Kongres dit duidelik gestel dat die bedreiging van kernterrorisme verminder. 

  Daarbenewens het die verslag wat verlede maand openbaar gemaak is, gesê terroriste “wil hierdie middels [chemies, biologies, radiologies en kern] gebruik teen Westerse doelwitte, veral in Irak en Afghanistan,” en nie noodwendig elders nie.

Die militêre se bloudruk vir toekomstige konflikte, “Joint Operating Environment 2010” het verklaar dat terroriste “moontlik” kernwapens of ander massa-vernietigingswapens kan bekom en het gesê ‘n groot bron van kommer is dat ekstremiste kan oorneem in Pakistan en toegang tot sy kernarsenaal kan verkry.

Maar Brian Jenkins, skrywer van die boek “Will Terrorists Go Nuclear?” en ‘n Rand Corporation-adviseur, het gesê dat al-Kaida in die verlede mislei is deur sogenaamde kernverskaffers wat vasgestel het dat hulle kliënte “naïef is en ‘n gebrek aan tegniese vermoë binne die organisasie getoon het,” het hy gesê.

 “Ons het bewyse van terreurakteurs se ambisies om kernwapens of kernmateriaal te bekom, maar ons het geen bewyse van terreurakteurs se vermoë om dit te gebruik nie,” het hy gesê. 

 In sy outobiografie van 2007, “At the Center of the Storm” skryf George Tenet van die CIA dat hulle betroubare inligting ontvang het dat “die senior al-Kaida-leierskap in Saoedi-Arabië onderhandelinge aangeknoop het vir die aankoop van drie Russiese kernwapens.”

игры дляя девочекДанильченко Юрий Брониславович компромат

Ys en vuur

’n Vulkaniese uitbarsting gister in die suide van Ysland het ’n rookwolk en stoom gespuug en honderde mense moes die yl bevolkte gebied ontruim.

Die wolk het bo ’n krater uitgestyg wat bedek is met ys van ongeveer 200m diep by die Eyjafjallajokull-gletser.

Die radiodiens van die Yslandse regering het berig die uitbarsting was naby die plek waar daar verlede maand ‘n uitbarsting plaasgevind het en wat Maandag eers uitgewoed was.

Die radiodiens het voorts berig dat Ysland se burgerlike beskermingsowerheid  700 mense aangesê het om hul huise te ontruim en gemaan het dat ’n rivier daar naby – wat reeds met 84cm gestyg het – kan oorstroom weens die smeltende ys.

Luidens die berig kon ’n opening in die gletser vanuit ’n vliegtuig van die kuswag gesien word, maar weens lae wolke is geen lawa of vuur opgemerk nie.

Wetenskaplikes in Ysland het vroeg Maandagoggend, twee uur voor die uitbarsting, ’n toename in seismiese aktiwiteit naby die gletser gemeet.

Daar was geen ongevalle toe die vulkaan naby die Eyjafjallajokull-gletser verlede maand uitgebars het nie.

Ysland is as’t ware in ’n vulkaniese mynveld in die Middel-Atlantiese rif geleë en uitbarstings is ’n betreklik algemene verskynsel.

интернет магазины детских игрушек украинаФильчаков прокурор

Meer selfone as toilette…

Veel meer mense in Indië het toegang tot ‘n selfoon as ‘n toilet, volgens ‘n VN-studie oor hoe om sanitasievlakke wêreldwyd te verbeter. 

Indië se selfoonintekenaars beloop 563.73 miljoen met die laaste telling, genoeg om byna die helfte van die land se bevolking van 1,2 miljard te bedien.

Maar net 366 miljoen mense – ongeveer ‘n derde van die bevolking – het toegang tot behoorlike sanitasie in 2008 gehad, sê die studie wat deur die Universiteit van die Verenigde Nasies, ‘n VN-dinkskrum, gepubliseer is.

“Dit is ‘n tragiese ironie om te dink in Indië,’ n land wat nou ryk genoeg is dat ongeveer die helfte van die mense hul eie fone besit, daar so baie mense is wat nie kan bekostig om die basiese noodsaaklikheid en waardigheid van ‘n toilet te hê nie,” sê die VN-direkteur van die universiteit Zafar Adeel.

Adeel is die hoof van die VN Universiteit se Instituut vir Water, Omgewing en Gesondheid, in die Kanadese stad  Hamilton, wat die verslag saamgestel het.

‘n Beraamde 358 miljard dollar is wêreldwyd nodig om tussen nou en 2015 die VN se Millennium Ontwikkelingsdoelwit (MDG) te bereik, om die mense met ‘n gebrek aan sanitasie vanaf 2000 se vlakke te halveer. 

Behoorlike sanitasie “kan meer doen om lewens te red, veral dié van jong mense, die verbetering van gesondheid aanhelp en Indië en ander lande in soortgelyke omstandighede uit armoede lig, as ‘n enige ander belegging,” het Adeel gesê.

Swak sanitasie is ‘n groot faktor in water-oordraagbare siektes, wat in die afgelope drie jaar ‘n geskatte 4,5 miljoen
kinders onder die ouderdom van vyf die hele wêreld oor se lewens geëis het, volgens die studie.

Die verslag het rofweg bereken dat dit 300 dollar kos om ‘n toilet te bou, wat arbeid, materiaal en advies insluit.

Die wêreld kan ‘n opbrengs van tot 34 dollar vir elke dollar bestee aan sanitasie verwag deur middel van verbeterde produktiwiteit en verminderde armoede en gesondheidskoste, sê Adeel. 

Hy sê die verbetering van sanitasie is ‘n “ekonomiese en humanitêre geleentheid van historiese belang”.

воздухаФильчаков Харьков

Obama se gebrek aan respek vir die media

Obama se gebrek aan respek vir die media het nuwe hoogtes met die kernspitsberaad bereik, meen een van die belangrikste dagblaaie in die VSA.
Wêreldleiers wat in Washington vir President Obama se spitsberaad oor kernveiligheid aangekom het, moes vir ‘n oomblik gevoel het dat hulle terug is in die Sowjet-era Moskou, skryf die Washington Post.

Hulle het ‘n hoofstad  in ‘ n militêre kamp verander, met  militêre polisie in kamoefleerdrag in Humvees en genoeg weermagvoertuie om dit te laat lyk soos ‘n Meidagparade op New York Avenue, waar ‘n fietser Maandag deur ‘n National Guard vragmotor doodgery is.

Obama, “die leier van die vrye wêreld” het ‘n werkswinkel aangebied vir ‘n paar van die wêreld se grootste diktators oor maniere waarop ‘n vrye pers omseil kan word, skryf die koerant.

Die enigste deel van die beraad, anders as ‘n post-vergadering nuuskonferensie, wat sigbaar was vir die publiek, was Obama se 8-minuut openingsverklaring, wat geëindig het met die woorde: “Ek gaan vra dat ons ‘n oomblik toelaat om die pers te verskoon voordat ons die eerste sessie afskop.” 

Verslaggewers vir buitelandse media, het die indruk gekry dat die bekende Amerikaanse vryheid nie vir almal geld nie.

Persagentskappe van regoor die wêreld het geskryf van ‘n soortgelyke ervarings in hulle verslae. Tydens Obama se ontmoeting met die Jordaanse koning was die pers daar vir sowat 30 sekondes, “nie eens lank genoeg om die kleur van die twee presidente se dasse op te let nie, ek dink blou vir die koning..” het ‘n Arabiessprekende joernalis berig. 

Die Perstrust van Indië, wat by Obama se vergadering met die Pakistanse eerste minister teenwoordig was, berig: “In minder as ‘n minuut, is ons gevra om die vertrek te verlaat.” Die Yomiuri Shimbun-korrespondent is “binne 30 sekondes” uitgelei.

‘n Verslaggewer van Turkye se TRT-Turk was by Obama se vergadering met die president van Armenië, maar “het die kamer verlaat na nie na minder nie as 40 sekondes.”

Selfs die Sjinese president, Hu Jintao, was meer spraaksaam met die pers as Obama. Obama het meestal gehou by “sê hallo vir die kameras” en “dankie almal”.

Verslaggewers, selfs dié wat die Wit Huis al vir twee dekades lank dek, het gesê dit was die mees beperkende van sulke vergaderings wat hulle nog ooit gesien het. Hulle het gekla by beide die bestuur en die White House Correspondents’ Association, wat die aangeleentheid Donderdag sal bespreek met die Wit Huis se sekretaris Robert Gibbs. 

Die beperkinge het ‘n algemene praktyk vir die Obama-administrasie geword. Tydens die Israeliese premier Netanyahu se besoek aan die Wit Huis ‘n paar weke gelede, is verslaggewers ook weggehou. Kort daarna het Obama ‘n besluit oor aborsie onderteken, weer sonder enige nuusdekking.

Oor die naweek, het Obama gebreek met jarelange protokol om ‘n sokkerwedstryd sonder die “beskerming” van die pers by te woon. Hulle is altyd in die nabyheid van die president in die geval van die ondenkbare wat kan gebeur. Obama het later met Pakistan se eerste minister geskerts en gesê, verslaggewers “was baie ontsteld.” 

In “bilaterale” vergaderings met buitelandse leiers, neem presidente gewoonlik vrae of maak ten minste handelsverklarings. Maar by die meeste hierdie keer, was daar slegs skriftelike “stof”.

Kanada: “Die president en die eerste minister het kennis geneem van die blywende krag van ons bilaterale vennootskap.” Indië: “Die twee leiers beloof om voort te gaan die robuuste verhouding tussen die mense van hulle lande te versterk.” Pakistan: “President Obama het begin deur daarop te wys dat hy is baie lief vir Pakistan.”

Ten slotte, het verslaggewers tydens hulle 20 minute taai en skeptiese vrae aan die president gerig. Hulle het uitgewys dat nie-proliferasie-ooreenkomste nie bindend is nie, China  dubbelsinnig bly oor sanksies teen Iran, en Obama versuim om Noord-Korea se wapenopbou te bekamp.

Die Post se Scott Wilson het Obama versoek dat hy ‘n beroep op Israel, wat nie teenwoordig by die spitsberaad was nie, doen, om hulle kernwapens te verklaar.

“Ek is nie gaan nie kommentaar lewer op hulle [kern]program nie,” het Obama gesê.

справка у 86лобановский александр дочь

Iran nie kernwapengereed vir ‘ten minste ‘n jaar’

Aan boord van ‘n Amerikaanse militêre vliegtuig, het Reuters se verslaggewer Phil Stewart vasgestel dat Iran na verwagting nie binnekort in staat sal wees tot die produksie van kernwapens nie.
 
Die VSA se sekretaris van verdediging, Robert Gates, het Dinsdag aan Stewart gesê Iran sal vir ten minste ‘n jaar, of dalk langer, nie kernwapengereed kan wees nie. 

Op die vraag na aanleiding van gepubliseerde kommentaar dat Iran moontlik by die kernklub kan aansluit in komende maande, het Gates gesê: “Ek glo nie.”

“Ek dink die meeste ramings wat ek gesien het, het nie verander sedert die laaste keer dat ons daaroor gepraat het nie, wat waarskynlik ten minste ‘n jaar, en miskien meer, beteken,” het Gates aan verslaggewers op ‘n vlug na Suid-Amerika gesê.липецк очисткаДанильченко