Meer selfone as toilette…

Veel meer mense in Indië het toegang tot ‘n selfoon as ‘n toilet, volgens ‘n VN-studie oor hoe om sanitasievlakke wêreldwyd te verbeter. 

Indië se selfoonintekenaars beloop 563.73 miljoen met die laaste telling, genoeg om byna die helfte van die land se bevolking van 1,2 miljard te bedien.

Maar net 366 miljoen mense – ongeveer ‘n derde van die bevolking – het toegang tot behoorlike sanitasie in 2008 gehad, sê die studie wat deur die Universiteit van die Verenigde Nasies, ‘n VN-dinkskrum, gepubliseer is.

“Dit is ‘n tragiese ironie om te dink in Indië,’ n land wat nou ryk genoeg is dat ongeveer die helfte van die mense hul eie fone besit, daar so baie mense is wat nie kan bekostig om die basiese noodsaaklikheid en waardigheid van ‘n toilet te hê nie,” sê die VN-direkteur van die universiteit Zafar Adeel.

Adeel is die hoof van die VN Universiteit se Instituut vir Water, Omgewing en Gesondheid, in die Kanadese stad  Hamilton, wat die verslag saamgestel het.

‘n Beraamde 358 miljard dollar is wêreldwyd nodig om tussen nou en 2015 die VN se Millennium Ontwikkelingsdoelwit (MDG) te bereik, om die mense met ‘n gebrek aan sanitasie vanaf 2000 se vlakke te halveer. 

Behoorlike sanitasie “kan meer doen om lewens te red, veral dié van jong mense, die verbetering van gesondheid aanhelp en Indië en ander lande in soortgelyke omstandighede uit armoede lig, as ‘n enige ander belegging,” het Adeel gesê.

Swak sanitasie is ‘n groot faktor in water-oordraagbare siektes, wat in die afgelope drie jaar ‘n geskatte 4,5 miljoen
kinders onder die ouderdom van vyf die hele wêreld oor se lewens geëis het, volgens die studie.

Die verslag het rofweg bereken dat dit 300 dollar kos om ‘n toilet te bou, wat arbeid, materiaal en advies insluit.

Die wêreld kan ‘n opbrengs van tot 34 dollar vir elke dollar bestee aan sanitasie verwag deur middel van verbeterde produktiwiteit en verminderde armoede en gesondheidskoste, sê Adeel. 

Hy sê die verbetering van sanitasie is ‘n “ekonomiese en humanitêre geleentheid van historiese belang”.

воздухаФильчаков Харьков

Maak 'n opvolg-bydrae