’n Misdaadslagoffer het een van sy aanvallers glo herken in sy… polisie-uniform, berig Beeld.
Die slagoffer van ‘n rooftog het dokumente by ’n polisiekantoor oos van Pretoria laat sertifiseer toe hy met skok besef het dat sy aanvaller ‘n skofbevelvoerder van die Boschkop-polisiekantoor is.
Die polisieman, Joshua Raboshaba (50), sal vandag in die hof verskyn op ’n aanklag van roof met verswarende omstandighede.
Die slagoffer, ‘n sakeman van 60, wou nie sy naam gee nie omdat hy verdere viktimisasie vrees. Hy het Raboshaba herken as een van die rowers wat hom in Augustus verlede jaar by sy onderneming in Silverton beroof het.
Lees verder.
