Rusland sluit laaste wapengraadreaktor

As deel van ‘n ooreenkoms met die VSA, het Rusland sy laaste wapengraadplutoniumreaktor gesluit.

Die moontlikheid om bomme te vervaardig is sodoende ingeperk deur die afbou van kernkragsentrales uit die Soviet-era.

Die reaktor, die ADE-2, is in 1964 by ‘n geheime aanleg in Siberië opgerig tydens die bewind Nikita Khrusjtsjef.

Ná die Koue Oorlog, was dit nie meer nodig vir Rusland om wapengraadplutonium te vervaardig nie, aangesien hulle oor ‘n groot vooraad van ongebruikte kernwapens beskik het.

Die presiese hoeveelheid plutonium in Rusland se besit, is egter ‘n staatsgeheim.

Die VSA en Rusland is besorg oor moontlike wapengraadplutonium wat op die swartmark beskikbaar gestel kan word en het in Maart 2003 ooreengekom om dié reaktor te sluit.

games onlineДанильченко Харьков

Maak 'n opvolg-bydrae