Die ooreenkoms, wat na afloop van ‘n kort vergadering voor die BRIC-beraad in Brasília, aangegaan is, hou by Brasilië se verdediging van Iran en die Suid-Amerikaanse land se pogings om die VN-Veiligheidsraad te weerhou van die oplegging van nuwe sanksies teen die Islamitiese Republiek.
Brasilië se president Luiz Inacio Lula da Silva, die Indiese premier Manmohan Singh en die Suid-Afrikaanse president Jacob Zuma, het in ‘n gesamentlike verklaring gesê dat hulle “die reg van Iran erken om kernprogramme te ontwikkel vir vreedsame doeleindes in ooreenstemming met sy internasionale verpligtinge”.
Hulle het ‘n beroep op Iran gedoen om “ten volle” met die Internasionale Atoom Energie Agentskap (IAEA) saam te werk en aan die VN-Veiligheidsraadresolusies te voldoen .
Maar hulle het ook “op die noodsaaklikheid vir ‘n vreedsame en diplomatieke oplossing van die probleem” gewys.
Indië, wat oor kernwapens beskik , het sy kommer uitgespreek dat Brasilië en Suid-Afrika – wat beide hul kernwapenprogramme jare gelede laat vaar het – die “volle
uitskakeling van kernwapens” nog nie voltooi het nie.
Brasilië en Suid-Afrika het onlangse aanvalle in Indië, insluitend ‘n bloedbad deur Maoïste aan die begin van die maand waarin 76 polisiemanne die lewe gelaat het, as “terrorisme” veroordeel.
Die drie lande dring aan op meer samewerking in die stryd teen terrorisme, met volle inagneming van internasionale regsbeginsels.
