Aan boord van ‘n Amerikaanse militêre vliegtuig, het Reuters se verslaggewer Phil Stewart vasgestel dat Iran na verwagting nie binnekort in staat sal wees tot die produksie van kernwapens nie.
Die VSA se sekretaris van verdediging, Robert Gates, het Dinsdag aan Stewart gesê Iran sal vir ten minste ‘n jaar, of dalk langer, nie kernwapengereed kan wees nie.
Op die vraag na aanleiding van gepubliseerde kommentaar dat Iran moontlik by die kernklub kan aansluit in komende maande, het Gates gesê: “Ek glo nie.”
“Ek dink die meeste ramings wat ek gesien het, het nie verander sedert die laaste keer dat ons daaroor gepraat het nie, wat waarskynlik ten minste ‘n jaar, en miskien meer, beteken,” het Gates aan verslaggewers op ‘n vlug na Suid-Amerika gesê.
