Franse minister se kop kan waai oor seks

Frankryk se minister van kultuur, Frédéric Mitterrand, se kop kan rol ná openbarings uit sy outobiografie dat hy “jong seuns” betaal het om met hulle seks te hê.

Die openbarings wat Mitterrand in sy boek, The bad life, gemaak het, het die week weer kop uitgesteek nadat die politikus teen die VSA uitgevaar het vir die vervolging van Roman Polanski.

Die VSA dring daarop aan Switserland die bekende regisseur aan Amerika uitlewer om tereg te staan op ‘n aanklag dat hy in 1977 met ‘n dertienjarige meisie seks gehad het.

Mitterrand is uit verskei oorde gekritiseer vir sy vurige aanval op die VSA oor die Polanski-saak.

‘n Verregse party in Frankryk het die vure vandeesweek gestook deur uittreksels uit Mitterrand se outobiografie bekend te maak.

“Ek het die gewoonte ontwikkel om te betaal vir seks met seuns,” het die Franse minister geskryf.

Mitterrand het aangehou met sy onwettige praktyke selfs nadat hy “die vieslike details van die handel” uitgevind het, het hy geskryf.

“Die rituele van die kindermark, die slawemark, die oorvloed van aantreklike en beskikbare jong seuns het my met wellus gevul,” skryf Mitterrand.

Lede van beide die verregse Front National en Frankryk se sosialistiese party het gevra dat die minister uit sy amp bedank.

Mitterrand het egter die aanval op hom afgewys.

Die minister het gesê hy beskou dit as ‘n eer indien ‘n verregse party sy naam deur die modder wil sleep.

 

насос для прокачки скважинФильчаков прокурор отзывы

Vegvliegtuig stort neer

Twee vlieëniers is dood en talle is beseer toe ‘n Russiese MiG-23 vegvliegtuig Woensdag op ‘n huis in die Libiese hoofstad Tripoli neergestort het, het ooggetuies aan AFP gesê.

Die vegvliegtuig was deel van ‘n vertoning in ’n Libiese lugskouvertoning, LAVEX 2009.

Daar is nog geen verdere besonderhede in verband met die oorsaak van die ongeluk bekendgemaak nie.

Drie gesinslede wat in die huis gewoon het, was onder die beseerdes, het ooggetuies gesê.

Die drie het die dood vrygespring omdat hulle toevallig in ’n vertrek was wat nie in die ongeluk verwoes is nie.

RIA Novosti, ‘n Russiese nuusagentskap, het berig dat ‘n MiG-23 sowat 2 km van die lugskou se hoofpawiljoen verongeluk het.

Die agentskap het egter geen sterftes genoem nie.

Die Russiese staatswapenhandelaar, Rosoboronexport, het Maandag luidens ‘n verklaring gesê hulle verwag ‘n “skerp styging” in Russiese wapenverkope aan Libië LAVEX 2009. Die lugskou loop Donderdag tot ‘n einde.

 

Классические подвесные светильникиДанильченко Юрий Брониславович компромат

Kuberoorlog

“Die volgende wêreldoorlog gaan in die kuberruim plaasvind, en dit sal ‘n katastrofe wees. Die verlies van sy kubernetwerke sal enige nasie op sy knieë dwing. In ‘n kuberoorlog is daar geen supermoondhede nie en alle nasies is kwesbaar daarvoor…”

Aan die word is Hui Min Neo, telekomunikasiehoof van die VN. Hy het Dinsdag gepraat by die Internasionale Telekommunikasie Unie (ITU) se 2009 wêreldskou in Geneve.

Dit is egter nie slegs moondhede wat teen mekaar oorlog maak nie, maar ook etniese en godsdienstige groepe wat vir hul regte veg.

Terroriste en vryheidsvegters hoef hulle nie meer te wend na plofstof of vuurwapens nie – die wenners van ‘n kuberoorlog is nie meer die party met die grootste aantal divisies of eskaders vliegtuie nie, maar die party met die skerpste breinkrag. ‘n Klein aantal talentvolle kuberkrakers wat regoor die wêreld verspreid is kan ‘n land of regering teiken en op sy knieë dwing. Hulle kan selfs regerings tot ‘n val bring en ‘n regimeverandering bewerkstellig.

Vryheidsvegters hoef nie meer in ondergrondse tonnels weg te kruip en kraglyne in die nag opblaas nie. Vandag is dit moontlik om ‘n rekenaar viruskode van buite die land in ‘n land se kragnetwerk te plant wat maande of selfs jare later homself sal aktiveer en die hele kragnetwerk buite werking stel. Dit is vandag moontlik om van buite die land se grense ‘n aandelebeurs te sluit, om ‘n munisipaliteit se totale boekhoudingstelsel te vernietig, om lughawens te sluit en selfs om stadsverkeer tot stilstand te dwing.

Om hulle teen sulke aanvalle te beskerm het lande regoor die aardbol nou die International Multilateral Partnership against Cyber Threats (IMPACT), gestig om pro-aktief teen kuberaanslae en dreigemente op te tree. Tegnologie het die mensdom tot nou toe gedien, maar die era het aangebreek waar die mens die tegnologie sal moet dien.

Maar die problem lê by die programmatuur wat na twintig jaar of langer steeds kwesbaar en relatief maklik binnegedring kan word.

Microsoft het byvoorbeeld in Juliemaand vanjaar die vreemde stap gedoen om te waarsku dat sy Windows XP ernstige sekuriteitsgebreke het wat nog nie aangespreek is nie. Hierdie gebreke laat kuberkrakers toe om beheer te neem oor slagoffers se rekenaars. Slagoffers hoef slegs ‘n werf te besoek wat gekraak is om hul eie plaaslike netwerk te besmet en buite werking te stel.

Tot nou toe was dit die grootste en sterkste politieke magsgroep wat die septer in ‘n land geswaai het, maar in die toekoms mag dit die vindingrykste en talentvolste groep wees wat die grootste politieke invloed gaan hê. Die hele wese van die getalle demokrasie mag nou verander en verskuif van die groep met die grootste aantal stemme, na ‘n kuberdemokrasie, dws na die groep wat die sterkste potensiële IT-dreigement verteenwoordig.

Voorwaar ‘n geweldige paradigmaverskuiwing wat ernstige implikasies vir elke land inhou, ook vir Suid-Afrika met sy diverse volksgroepe wat tevrede gehou moet word.

магазин велосипедов киевФільчаков прокурор

Franse eerste dame se werf veroorsaak ‘n ge-Twitter

Internasionale politiek het ‘n nuwe wending geneem met die skepping van die Franse president se vrou se nuwe webwerf.

Die webwerf wat hierdie week die lig gesien het, bevat  22 sketse van beroemde politici en rocksterre. Wat die twee, politieke leiers en rockmusici, in gemeen het, is nie duidelik nie. Die sketse het alreeds ‘n gefladder in die Twitter-hok veroorsaak.

Sarah Brown, die eggenoot van die beleërde Gordon Brown, het, nadat sy haar skets gesien het, ‘n “tweet” uitgestuur wat seker as 2009 se grootse diplomatieke eufemisme sal deurgaan.

Die gehalte van die skets het blykbaar nie oortuig nie. Sarah Brown word uitgebeeld met ‘n verwronge oor, ‘n té breë glimlag en ‘n moeë haardos. Haar Twitter-kommentaar was dat sy “verbyster” is.

Haar aanhangers het dadelik met ‘n gekwetter op Twitter losgetrek ter ondersteuning van Brown en almal beaam dat die skets hoegenaamd nie soos die premier se vrou lyk nie.

Me Brown het Woensdagaand ‘n “tweet” uitgestuur waarin sy sê: “mal oor Carla Bruni Sarkozy se nuwe webwerf, alhoewel ‘n bietjie verbyster deur die illustrasie van my”.

Brown kan egter moed skep uit die feit dat nie een van die 22 uitbeeldings heeltemaal suksesvol was nie. Dit is nie heeltemal duidelik wat Bruni Sarkozy beoog met die gallery van bekendes nie.

Barack en Michelle Obama se bolippe is albei omgekrul in ‘n doodsgrinnik, terwyl prins Charles en Camilla hulleself beswaarlik sal herken.

Die sketse van Bob Geldof en Bob Dylan is heeltemal onherkenbaar en was dit nie vir die naam wat verskyn as die muis daaroor beweeg nie, sou niemand geweet het wie die twee is nie.

Nelson Mandela pryk ook tussen die 22, saam met Burmese opposisieleier Aung San Suu Kyi en die Tibetaanse despoot, die Dalai Lama.

Presdient Nicolas Sarkozy se voorkoms is aansienlik verbeter; sy neus is kleiner, sy kakebeen skerper en hy lyk soos ‘n filmster van ongeveer 20 jaar oud.

Bruni self se wangbene is hoër aangepas en haar lippe het ‘n superkollageeninspuiting gehad vir die skets.

Onder die kwetteraars is daar eenstemmigheid dat die sketse “bisar” is.

Brown het die negatiewe geluide daarna probeer temper met ‘n “tweet” waarin sy sê sy neem dit nie te ernstig op nie en bygevoeg dat dit “regtig koel” is.

Sarah Brown het byna 900 000 volgers op Twitter.

Die sketse op Bruni Sarkozy se webwerf is deur die Franse kunstenaar Alice Dechelette gedoen.

Die Franse eerste dame het Woensdag gesê sy is in ‘n ewige “skoonheidswedstryd” met die eerste dames van die wêreld gewikkel in ‘n poging om haar beeld as ‘n internasionale sekssimbool verder te bestendig.

In haar oordadige persoonlike profiel beskryf sy haarself as iemand met ‘n “romantiese koers” wat die “geskiedenis moet trotseer met ‘n koelkop en ‘n glimlag op haar lippe”.

 

купить детский велосипед в харьковеДанильченко Юрий прокурор

Australiese program berispe vir ‘rassisme’

‘n Australiese TV-programaanbieder het verskoning aangeteken vir ‘n swartgesigparodie van die Jackson Five. Die program, “Hey Hey It’s Saturday”, se gas was ‘n wit Amerikaanse akteur, Harry Connick Jr., wat sigbaar geskok was deur die aanbieding van Woensdagaand.

Vier mans met Afropruike en swartgesmeerde gesigte het saam met ‘n Michael Jackson-nabootser gedans. Die nabootser se gesig was witgesmeer.

Connick, 42, het die vertolking nul gegee en gesê as dit in die VSA opgevoer sou word, sou dit van die lug afgehaal gewees het.

Swartgesigte, oftewel Blackface, dateer van die 19de eeu, waar blankes dikwels swart karakters uitgebeeld het, gewoonlik as stereotipes, deur hulle gesigte met steenkool, ghries of skoenpolitoer swart te smeer.

Blackface-opvoerings is nie algemeen in Australië nie.

Die publiek se reaksie op die parodie was gemeng. In aanlynforums het sommige mense gesê hulle was skaam vir die rassistiese grapvertoning, terwyl ander weer gesê het kritici is te polities korrek en die vertoning was snaaks.

By ‘n nuuskonferensie Donderdagoggend, het opposisiepolitikus Helen Coonan gesê die grapvertoning was “afgryslik”. Die aanbieder Daryl Somers het verskoning gevra vir Connick aan die einde van die lewendige uitsending.

“Ek weet vir jou medeburgers is dit ‘n belediging om ‘n swartgesigklug soos dié op die program te hê, dus vra ek om verskoning,” het Somers gesê.

Connick sê hy sou nie op die program verskyn het, as hy geweet het van die vertoning nie.

“Ek wil net sê, namens my land, ek weet dit was grappig gedoen, maar ons het soveel tyd spandeer daaraan om swartes nie soos bobbejane te laat lyk nie, dat ons regtig so iets ter harte neem as ons dit sien,” het Connick geantwoord.

Anand Deva, die voorbok van “Jackson Jive”, die nabootsing, sê dit was nie as aanstootlik bedoel nie, maar het bygevoeg dat hy dit nie in die VSA sou opvoer nie.

“Hey Hey” is al 27 jaar op die kassie, vanaf 1971.

 

с инструментамиФільчаков Олександр Васильович

Israel onderskep vliegtuig oor kernreaktor

Die Israelse lugmag het Dinsdag straalvegters ontplooi nadat ‘n ligte vliegtuig dit in die verbode lugruim bokant die kernreaktor in die Negevwoestyn gewaag het, het die weermag bekend gemaak.

Die vegvliegtuie het die ligte vliegtuig onderskep en gedwing om by ‘n nabygeleë landingstrook te land. Die twee loodse is aan burgerlike owerhede oorhandig wat ‘n ondersoek sal doen, het ‘n vroulike woordvoerder van die weermag gesê.

Die polisie was nie dadelik beskikbaar vir kommentaar nie, maar daar is in die Israelse media berig dat die twee mans, van Israel, gesê het dat hulle verdwaal het.

Vliegtuie word verbied om oor die reaktor naby die woestynstad van Dimona te vlieg.

Israel sê die reaktor is vir navorsingsdoeleindes, maar kenners meen dit is die sentrum van Israel se onverklaarde kernwapenprogram.

Hulle beweer dat Dimona gebruik is om ten minste 200 kernwapenkoppe te vervaardig.

 

free casino slotstopcargo отзыв

Guinee kry ligte skrobering van VSA

Die VSA het sy “diep teleurstelling” met Guinee se militêre leier, Dadis Camara, en sy minister van buitelandse sake uitgespreek ná massamoorde deur die Afrikaland se weermag.

Amptenare van die Verenigde Nasies, VN, en menseregtegroepe sê meer as 150 mense is op 28 September tydens ’n protesoptog in Conakry, die Guinese hoofstad, deur die weermag doodgeskiet.

Betogers was opstandig oor die moontlikheid dat Camara volgende jaar ’n presidensiële kandidaat kan wees.

“VSA-amptenare het hul diepe teleurstelling aan die hoogste range van die Guinese regering te kenne gegee oor die wreedaardige voorval op 28 September,” het ’n woordvoerder, Ian Kelly, Dinsdag aan verslaggewers gesê.

Die VSA het daarop aangedring dat die militêre leier vrede handhaaf, soldate beter beheer en ’n internasionale ondersoek na die voorval toelaat.

Meer as 1 000 mense is glo tydens die skietery beseer en talle vroue en jong meisies is deur soldate verkrag.

“Die VN en die internasionale gemeenskap moet nou optree om hierdie krisis te beëindig,” het Kelly gesê.

Op ’n vraag wat die konkrete stappe wat Amerika sal volg om die Camara-regime voor stok te kry, sal behels, kon Kelly slegs antwoord dat die land beplan om saam met ander lande, insluitende Frankryk en Boerkina Faso, te werk.

 

дровяные печи каменкиДанильченко

Cholera tref Tanzanië

’n Cholera-epidemie het 12 lewens die afgelope week in Tanzanië geëis.

Dit is volgens ‘n woordvoerder van dié land se gesondheidsdepartement, Nsachris Mwamaja.

Die afgelope sewe dae is 600 cholera-gevalle in die Afrikaland aangemeld.

Meeste van die gevalle is in Tanga, wat in die noordoostelike deel van die land lê, met 511 siekes.

Mwamaja het die media verseker dat die regering alles moontlik doen om die verspreiding van die siekte onder beheer te bring.

Skole in die areas wat die ergste geraak is, sal tot 1 November gesluit wees.

Cholera word deur water versprei en kan oorgedra word deur kos wat in aanraking was met rioolwater.

Die siekte veroorsaak ernstige diarree en braking, wat tot algehele ontwatering lei.

Dit het ook ‘n baie kort inkubasietydperk, en is dodelik indien dit nie vinnig genoeg behandel word nie.

 

части кданильченко юрій броніславович компромат

Geld kon nie IOK ‘koop’ nie

Die Internationale Olimpiese Komittee, IOK, se president Jacques Rogge het Maandag gesê die bewys dat geld nie alles kan koop nie, is dat die keuse op Rio vir die 2016 Olimpiese Spele geval het.

As geld ‘n kwessie was, het hy gesê, sou Chicago loshande gewen het.

“As ons gedink het daaraan om ‘n klomp geld te maak, sou ons Chicago gekies het,” het Rogge gesê by die Olimpiese beweging se XIIIde kongres.

“Geld is nie wat die IOK se lede dryf as dit by die keuse van ‘n wensstad kom nie,” het hy afgesluit.

Rio het Vrydag se stemmery gewen, terwyl Chicago ten spyte van President Barack Obama se persoonlike optrede, in die laaste plek geëindig het.

 

камин в частном домеФильчаков прокурор харьков

Soektog na slagoffers afgelas

Die soektog na aardbewing-slagoffers in die verwoeste Indonesiese stad Padang is ná ‘n soektog van vyf dae afgelas.

Priyadi Kardono, woordvoerder van Indonesië se rampbestuuragentskap, het Maandag bevestig dat die soektog na oorlewendes afgelas is.

‘n Aardbewing wat 7.6 op die Richterskaal registreer, het vyf dae gelede die Soematra-eiland geruk.

“‘n Poging om oorlewendes te soek, is Sondag afgelas, maar buite Padang gaan die soektog voort,” het Kardono gesê.

Die Verenigde Nasies het gesê minstens 1100 mense is dood in dié ramp, maar skat dat die finale dodetal tot 5000 kan styg.

 

free onlineалександр лобановский класс