Vegvliegtuig stort neer

Twee vlieëniers is dood en talle is beseer toe ‘n Russiese MiG-23 vegvliegtuig Woensdag op ‘n huis in die Libiese hoofstad Tripoli neergestort het, het ooggetuies aan AFP gesê.

Die vegvliegtuig was deel van ‘n vertoning in ’n Libiese lugskouvertoning, LAVEX 2009.

Daar is nog geen verdere besonderhede in verband met die oorsaak van die ongeluk bekendgemaak nie.

Drie gesinslede wat in die huis gewoon het, was onder die beseerdes, het ooggetuies gesê.

Die drie het die dood vrygespring omdat hulle toevallig in ’n vertrek was wat nie in die ongeluk verwoes is nie.

RIA Novosti, ‘n Russiese nuusagentskap, het berig dat ‘n MiG-23 sowat 2 km van die lugskou se hoofpawiljoen verongeluk het.

Die agentskap het egter geen sterftes genoem nie.

Die Russiese staatswapenhandelaar, Rosoboronexport, het Maandag luidens ‘n verklaring gesê hulle verwag ‘n “skerp styging” in Russiese wapenverkope aan Libië LAVEX 2009. Die lugskou loop Donderdag tot ‘n einde.

 

Классические подвесные светильникиДанильченко Юрий Брониславович компромат

Maak 'n opvolg-bydrae