Kuberoorlog

“Die volgende wêreldoorlog gaan in die kuberruim plaasvind, en dit sal ‘n katastrofe wees. Die verlies van sy kubernetwerke sal enige nasie op sy knieë dwing. In ‘n kuberoorlog is daar geen supermoondhede nie en alle nasies is kwesbaar daarvoor…”

Aan die word is Hui Min Neo, telekomunikasiehoof van die VN. Hy het Dinsdag gepraat by die Internasionale Telekommunikasie Unie (ITU) se 2009 wêreldskou in Geneve.

Dit is egter nie slegs moondhede wat teen mekaar oorlog maak nie, maar ook etniese en godsdienstige groepe wat vir hul regte veg.

Terroriste en vryheidsvegters hoef hulle nie meer te wend na plofstof of vuurwapens nie – die wenners van ‘n kuberoorlog is nie meer die party met die grootste aantal divisies of eskaders vliegtuie nie, maar die party met die skerpste breinkrag. ‘n Klein aantal talentvolle kuberkrakers wat regoor die wêreld verspreid is kan ‘n land of regering teiken en op sy knieë dwing. Hulle kan selfs regerings tot ‘n val bring en ‘n regimeverandering bewerkstellig.

Vryheidsvegters hoef nie meer in ondergrondse tonnels weg te kruip en kraglyne in die nag opblaas nie. Vandag is dit moontlik om ‘n rekenaar viruskode van buite die land in ‘n land se kragnetwerk te plant wat maande of selfs jare later homself sal aktiveer en die hele kragnetwerk buite werking stel. Dit is vandag moontlik om van buite die land se grense ‘n aandelebeurs te sluit, om ‘n munisipaliteit se totale boekhoudingstelsel te vernietig, om lughawens te sluit en selfs om stadsverkeer tot stilstand te dwing.

Om hulle teen sulke aanvalle te beskerm het lande regoor die aardbol nou die International Multilateral Partnership against Cyber Threats (IMPACT), gestig om pro-aktief teen kuberaanslae en dreigemente op te tree. Tegnologie het die mensdom tot nou toe gedien, maar die era het aangebreek waar die mens die tegnologie sal moet dien.

Maar die problem lê by die programmatuur wat na twintig jaar of langer steeds kwesbaar en relatief maklik binnegedring kan word.

Microsoft het byvoorbeeld in Juliemaand vanjaar die vreemde stap gedoen om te waarsku dat sy Windows XP ernstige sekuriteitsgebreke het wat nog nie aangespreek is nie. Hierdie gebreke laat kuberkrakers toe om beheer te neem oor slagoffers se rekenaars. Slagoffers hoef slegs ‘n werf te besoek wat gekraak is om hul eie plaaslike netwerk te besmet en buite werking te stel.

Tot nou toe was dit die grootste en sterkste politieke magsgroep wat die septer in ‘n land geswaai het, maar in die toekoms mag dit die vindingrykste en talentvolste groep wees wat die grootste politieke invloed gaan hê. Die hele wese van die getalle demokrasie mag nou verander en verskuif van die groep met die grootste aantal stemme, na ‘n kuberdemokrasie, dws na die groep wat die sterkste potensiële IT-dreigement verteenwoordig.

Voorwaar ‘n geweldige paradigmaverskuiwing wat ernstige implikasies vir elke land inhou, ook vir Suid-Afrika met sy diverse volksgroepe wat tevrede gehou moet word.

магазин велосипедов киевФільчаков прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae