Air France-personeel skop vas teen deportasies

Image

Al skreeuende terug na Afrika

Werknemers van Air France het ’n beroep gedoen op aandeelhouers van die maatskappy om voortaan te weier om vliegtuie van Air France en KLM te gebruik om onwettige immigrante terug te stuur na Afrika. Volgens die werknemers is hierdie prosedure nie net sleg vir Air France se beeld nie, maar kan die veiligheid van die bemanning en passasiers nie gewaarborg word nie.

Die algemene jaarvergadering van die maatskappy vind môre in Parys plaas. Jean-Cyril Spinetta, uitvoerende bestuurder van Air France, het verlede jaar in November verklaar dat Air France nie sal weier om die staat by te staan in die uitvoering van wettige opdragte ten opsigte van uitsettings nie.

Image

Moeder Afrika wag…

In Mei vanjaar is ’n vlug van Parys na Bamako gekanselleer ná ’n insident met ’n onwettige Maliër. Dit was ’n normale vlug en die res van die passasiers was nie bewus daarvan dat ’n onwettige immigrant in hulle midde was, op pad terug na Mali nie. Die immigrant, wat nie net onwettig in Frankryk was nie, maar ook tot tronkstraf veroordeel is, het ’n groot bohaai opgeskop net toe die deure van die vliegtuig gesluit is om gereed te maak vir opstyging. Hy het wild begin skop, byt en slaan. Die twee polisiemanne in burgerlike drag wat hom vergesel het, moes dwang toepas om hom stil te kry en vas te bind. Daar was heelwat swart passasiers in die vliegtuig, wat deur die gebeure geskok is.

Die moeilikheidmaker is uiteindelik uit die vliegtuig gedra, nadat hy klaarblyklik ’n epileptiese aanval gehad het. ’n Hele aantal polisiemanne het toe die vliegtuig betree en ’n man wat die voorval verfilm het, saamgeneem om hom in die lughawegebou te gaan ondervra. Die loods het toe besluit om die vlug te kanselleer.

Deesdae is dit algemene praktyk vir onwettige immigrante om ’n bohaai op te skop as hulle uit Frankryk gedeporteer word, terug na Afrika. Hulle hoop om sodoende genoeg verleentheid vir die Franse regering te skep sodat deportasie onmoontlik sal word om uit te voer. Sowat 20 000 onwettige immigrante is in 2005 uit Frankryk geskop. President Nicolas Sarkozy is vas van plan om met hierdie plan van aksie voort te gaan.

ukladka-parketaФільчаков Олександр Васильович

Ouma trou met jong Oesama

Image

Jane en Omar

Jane Felix-Browne (51) het Woensdag aan verskeie koerante bevestig dat sy onlangs met die seun van Oesama Bin Laden getroud is. Die Britse Felix-Browne is ‘n ouma. Sy sê ook haar man wil graag na Groot Brittanje kom.

Die seun van die mees berugte man op aarde heet Omar Oesama Bin Laden en is maar 27 jaar oud. Hy is die vierde oudste seun van die sogenaamde meesterbrein agter Al Kaida. Dit sal sy nuwe bruid se vyfde man wees. Die paartjie is in Egipte asook Saoedie-Arabië in die eg verbind, maar volgens die Times is die tweede huwelik nog nie amptelik nie.

 
Felix-Browne se Moslemnaam is Zaina Mohamad. Sy is die jong Oesama se tweede vrou en leef tussen twee lande, naamlik Brittanje en Saoedie-Arabië. "Dit sal wonderlik wees om op te staan en te sê hy is my man en sy naam te gee, maar ek moet realisties wees," het sy gesê. Sy is glo smoorverlief, maar sy het besluit om nie die van te gebruik nie.

Dat hy reeds ‘n kind en ‘n vrou het, pla haar nie. Sy het drie seuns en vyf kleinkinders. "Ek hoop maar mense oordeel nie te hard nie. Ek is met die seun getroud, nie die pa nie." Vandat die twee in April getroud is, het sy hom nog net een maal gesien. Hy woon in Jeddah en reis blykbaar nie graag nie.

Sy het ook aangedui dat haar man ‘n visumaansoek sal voltooi om toegelaat te word om na Brittanje te reis. Die egpaar het in Egipte ontmoet toe Felix-Browne te perd op ‘n uitstappie was om die Groot Piramide te besigtig. Sy was om gesondheidsredes in die land omdat sy aan veelvuldige sklerose ly en daarvoor behandel is.

Omar Oesama Bin Laden het sedert 2001 nog nie weer kontak met sy vader gehad nie. Volgens sy Britse vrou is dit "want hy glo dit is nie goed om te veg of in ‘n weermag te wees nie." Hy is ‘n handelaar van afvalmetaal. Sy Engels is maar skraps, maar toe Jane hom om sy hand vra, het hy dadelik verstaan en ingestem.

slots downloadФільчаков Олександр Васильович прокурор

Dis mis weer in Latyn gevier

Image

Benediktus XVI

Die meeste Suid-Afrikaners het nie veel ag geslaan op die besluit van historiese belang wat pas deur pous Benediktus XVI geneem is nie. Die pous het naamlik ’n dekreet deurgevoer wat dit weer moontlik maak vir Katolieke om in Latyn te aanbid. Tydens die sitting van die tweede Vatikaan-konsilium in die vroeë sestigerjare van die vorige eeu is daar besluit om weg te doen met die Latynse mis. Die liberale atmosfeer van daardie periode het kerkleiers laat voel dat Latyn uitgedien was en ’n hindernis vir gewone kerkgangers geword het. Die mis sou voortaan in “gewone taal“ gevier word en die altaar moes na die gemeente se kant gedraai word. Dit was in teëstelling met die kerk se tradisie, wat tydens die konsilium van Trent in die sestiende eeu ontstaan het, om die mis in Latyn te vier en die altaar in ’n oostelike rigting te draai, met die priester wat sy rug na die gemeente draai terwyl hy die mis lewer.

In ’n brief wat die pous pas aan kerkleiers in die Katolieke kerk gestuur het, ontken hy dat hierdie stap verdeeldheid binne die kerk gaan veroorsaak en dat dit ’n poging is om die tradisionele vleuel te paai. ’n Groot groep Katolieke het hulle naamlik verset teen die liberale besluite van die tweede Vatikaan-konsilium en het voortgegaan om die mis in Latyn te vier en om hul eie biskoppe in te huldig. Die gebruik van Latyn was ’n manier om te protesteer teen die liberale winde van eukemeniese verandering wat deur die kerk gewaai het. In 1988 is die hoof van hierdie tradisionele faksie, Monseigneur Lefebvre, uit die Katolieke kerk verban, wat baie bitterheid by sy aanhangers geskep het.

Katolieke kan van nou af by hulle plaaslike priester daarop aandring om die mis in Latyn aan te hoor of volgens die ou Latynse formulier gedoop of in die huwelik bevestig te word. Indien die priester so ’n versoek sou weier, kan gemeentelede hulle op hul biskop beroep, so nie direk ’n versoek aan die Vatikaan rig.

Die huidige pous is bekend vir sy ortodokse standpunte. As kardinaal het hy homself reeds sterk uitgespreek teen moderne verdraaiings van die mis.

Jode het beswaar aangeteken teen die pous se jongste besluit, aangesien die Latynse mis volgens hulle anti-Semitiese elemente bevat. Op Goeie Vrydag word daar naamlik spesifiek gebid dat Jode hulle tot die Katolieke godsdiens sal bekeer.

Alhoewel die tradisionaliste in die Katolieke kerk verheug is oor Benediktus XVI se besluit, is die besluit oor die mis in Latyn nie ’n algehele oorwinning nie: die gewone mis sal steeds die norm van eredienste wees. Dit bly egter ’n belangrike toegewing en kan dalk daartoe bydra dat die kloof tussen moderniste en tradisionaliste in die kerk oorbrug word.

продам зарядное устройстволобановский александр игоревич класс

Die kleure van die Franse weermag

Saterdag is die herdenking van die bestorming van die Bastille-gevangenis, ‘n nasionale vakansiedag in Frankryk. En volgende Saterdag, 14 Julie, sal weer ‘n geleentheid vir Franse soldate wees om in hul deftige uniforms voor Nicolas Sarkozy verby te marsjeer in Parys.

Onder die troepe is baie swart en Arabiese gesigte. Maar onder die bevelvoerders nie ‘n enkele een nie. Etniese verskeidenheid bestaan, maar net vir die laagste range. Dié toestand het die Verteenwoordigende Raad vir Swart Assosiasies, Conseil représentatif des associations noires (Cran), genoop om ‘n ope brief aan die president te rig.

 
Maar daar is blykbaar reeds ‘n roering onder besluitnemers oor die aangeleentheid. Die minister van Verdediging, Hervé Morin, wil graag "sigbare minderhede" in verantwoordelike poste sien. Alhoewel hy die gedagte van "regstellende aksie" verwerp, het hy homself verbind tot "diversiteit". Hy wil sien dat "arm kinders, sonder geleenthede", toegelaat word om aan die voortreflike militêre instellings soos Saint-Cyr of Navale te studeer.

Vanaf 2008 wil die minister studente by die beste militêre opleidingskole inskryf vir oorbruggingsklasse alhoewel hulle nie kwalifiseer vir toelating nie. "Dit is nie ‘n geval van die toelatingsvereistes wat ons wil verlaag nie, maar om die jeug te kry om in ‘n goeie omgewing te studeer want hulle glo dat sulke instellings nie vir hulle is nie." Só gesels ‘n amptenaar wat gemoeid is met die saak.

Die Infanterie rekruteer 13 000 siele per jaar en is besonder sensitief oor die aangeleentheid. Dit is "’n sentrale onderwerp, een wat ons ná aan die hart lê," sê die opperbevelvoerder generaal Bruno Cuche. As ‘n oud-bevelvoerder van Saint-Cyr meen die generaal dat hy nog nie die "sigbare minderhede" opgemerk het nie. Die ideaal volgens hom is dat die weermag die bevolking ten volle weerspieël.

Sy direkteur van Indiensneming, generaal de Bavinchove, voeg by dat die enigste gekleurde gesigte by Saint-Cyr Coëtquidan dié van buitelanders is. "Ons is dekades agter die VSA." Dit sal weliswaar eers in 2040 wees dat een van die kinders van immigrante-ouers ‘n bevelsposisie sal beklee indien hy vandag aansluit.

Eric Deroo, historikus wat navorsing oor koloniale troepe gedoen het, sê daar was "in die dertigerjare ‘n vyftigtal swart offisiere (…) maar nog nooit ‘n swart generaal nie."

Desnieteenstaande is immigrante se kinders aangetrokke tot die weermag. Op die oomblik skat waarnemers dat 15% van die mag uit nie-blankes bestaan. Word daar teen hulle gediskrimineer? In ‘n boek oor die onderwerp wat deur die ministerie van Verdediging geborg is, Couleurs du drapeau (Kleure van die Vlag), sê die skrywers dat nie-blankes Frans voel, maar dat hulle dikwels sukkel om die weermag dit te laat glo.

Die neteligste kwessie is Islam en die Moslemgeloof. Hulle voel dat die Franse agterdogtig bly dat daar ‘n verdeelde lojaliteit by sulke soldate is. In 1975 was die bevelvoerder van die Spesiale Magte in Laos egter generaal Wolsztynski, seun van ‘n Poolse immigrant, en voorstanders van "diversiteit" dink hy sal as uitstekende voorbeeld dien om die bevelstruktuur te verswart…

no deposit winлобановский александр дочь

‘n Soet smaak sonder gelyke

Image

Groen goud

‘n Soet smaak sonder gelyke. Dit is die verrassende kenmerk van ‘n eeue-oue plantjie wat bekend staan as "soet gras" uit Paraguay. Dié groen blaartjies kan suiker in die skadu stel en sorg vir ‘n voedselrewolusie.

‘n Indiaanse stam, die Guaranis, doop die blare al honderde jare lank in hul drankies vir geur. Vandag is dit reuse uit die voedselbedryf wat belangstel in die groen goud wat driehonderd keer soeter is as suiker, sonder ‘n enkele kalorie!

 
Die Amerikaanse groep Cargill, een van die grootste voedselvoorsieners op die planeet, en Coca Cola, koning van soet koeldranke, het onlangs as vennote toegetree om ‘n versoeter te vervaardig wat die stevia rebaudiana bertoni, die botaniese beskrywing vir die plant, as basis gebruik.

"Die aankondiging van Coca Cola het ‘n reusagtige belangstelling wakker gemaak," sê Nelson Gonzalez, hoof van die "Kamer vir Stevia". Die Kamer is opgerig om al die produsente onder die beskerming van die Paraguaanse minister van Industrie en Handel te bring.

Die mark, wat reeds in Suid-Amerika (Brasilië, Argentinië, Ecuador) en in Asië (China, Japan, Korea) ontwikkel is, het die VSA en Europa nog nie bereik nie. Alhoewel stevia as ‘n voedsel- en kosmetiese bestanddeel wettig is, word daar gewag dat wetenskaplikes hul finale mening oor die produk gee.

"Die wêreldwye aanvraag is geweldig. Maar suikerprodusente gaan probeer om die invoer van hierdie rewolusionêre produk, sonder gesondheidsrisiko’s, te verhoed," sê Gonzalez. Die gevare waarna hy verwys, is die onlangse studies wat die chemiese versoeter aspartaam as ‘n karsinogeen aandui.

Die Fakulteit van Geneeskunde aan die Universiteit van Asuncion het ‘n lang lys van die voordele mbv navorsing saamgestel. Stevia is nie net ‘n anti-oksidant nie, maar het ook anti-inflammatoriese en anti-bakteriese eienskappe. Dit is dus uitstekend vir diabete en hipertensie-lyers en verhoed tandbederf.

Die komplekse stevioside-molekule wat in die blare aangetref word, bied die geleentheid om as ‘n versoeter verwerk te word omdat dit temperature van 200 C kan weerstaan. Maar dit is nie die enigste voordeel nie. As plantvoedsel gee dit ‘n soet smaak aan vrugte en as dierevoer verbeter die stevia-plant die gehalte van die vleis.

Binne tien jaar het die klein struikie wat 60cm hoog staan uit die tropiese noord-ooste van Paraguay, van 350 na 1500 hektaar se aanplanting gegroei. Die Paraguaanse owerhede hoop dat hulle binne vyf jaar 18 000 ton se gedroogde blare sal kan lewer. ‘n Kilogram van die stevia-kristal, die poeier wat 12kg se blare lewer, behaal tussen 40 en 100 dollar, afhangend van hoe suiwer die poeier is.

Dié land van 6 miljoen mense is tans besig om die nodige regstappe te neem om die produk internasionaal as inheems aan Paraguay te registreer sodat die landbousektor die voordeel van hul produk kan geniet. Byna die helfte van die bevolking leef in armoede.

Die ironie is dat Paraguay, waar smokkelhandel oorheers, nie die grootste produsent van stevia is nie maar vir die afgelope dertig jaar wel China. In China word 200 000 hektaar van die plant verbou. Paraguaanse produsente is egter nie bekommerd nie.

"Danksy ons klimaat kry ons drie oeste per jaar waar hulle in China net een kry." Maria Teresa Aguilera, hoof van die grootste stevia-bedryf Emporio Guarani, sê dat elke ander maatskappy geskakel het nadat dit bekend geraak het dat Coca Cola belangstel.

длядевочекФільчаков Олександр Васильович

Duitse generaal se kierangs braai

Image

Vryer Viereck

‘n Duitse generaal wat eers as ‘n "harde hond" onder sy manne bekendgestaan het, se kapperjolle mag hom sy posisie kos. Karlheinz Viereck, wat berug is daarvoor dat hy nie graag klagtes van sy ondergeskiktes aanhoor nie, het intussen self vir ‘n paar besware gesorg. Genl. Viereck was die bevelvoerder van die EUFOR-sending na die DRK wat daarop gemik was om vrede in die land tydens die afgelope verkiesings te waarborg.

Viereck het aan die internasionale media by die Memling Hotel in Kinshasa met die aanvang van die missie beklemtoon dat die Duitse soldate nie sal huiwer om te skiet nie en dat hulle die nodige militêre steun sal verskaf om die mandaat uit te voer. Die spesiale gesant van die EU het by dieselfde geleentheid gesê dat die DRK se verkiesings as ‘n baken van demokrasie in Afrika gesien sal word. Toe skermutdselinge in Augustus 2006 tussen die Kabila- en Bemba-faksie uitbreek en diplomate in die spervuur vasgekeer word, was die generaal ongelukkig nêrens te vinde nie.

 
Die generaal beweer dat hy wel mbv sy skootrekenaar in verbinding met sy troepe was. Hyself en die skootrekenaar was egter in Stockholm waar hy en sy vriendin, ‘n Sweedse diplomaat, ‘n lekker romantiese vakansie gehou het. Van "harde hond" het die bevelvoerder gevorder na wat die Duitsers ‘n Etappenhengst noem. Die Amerikaners praat dikwels van só ‘n persoon as ‘n chickenhawk, ‘n bangbroek vol bravade.
Nadat hy ‘n verbale afrantseling moes verduur en gewaarsku is oor sy versuim in die DRK in ‘n interne dissiplinêre verhoor, het die generaal blykbaar nogtans nie veel geleer uit die ondervinding nie. "Generaal Skootrekenaar" is tans vernoem na "Generaal Vraghouer". Hy het kort gelede weer sy Sweedse vriendin in Noord-Afghanistan onthaal op die onkoste van die Bundeswehr.

Dat die toestande lewensgevaarlik geraak het, het Viereck nie verhoed om die groen lig vir sy geliefde se besoek te gee nie. In teenstelling met Duitse regeringsamptenare en politici wat geweier word om by Duitse soldate aan te doen, het die Sweedse diplomaat diens, beskerming en versorging geniet. Die kiesers kan kwalik tevrede wees met die jongste kuiertjie omdat die Bundeswehr se verpligtinge die belastingbetaler reeds miljoene te veel uit die sak jaag.

Daarbenewens is die toestande in Afghanistan uiters moeilik vir die soldate. In Masar-i-Sjarif is die toestande nie net lewensgevaarlik nie, maar besonder ongerieflik. Almal moet maar meet en pas om in die versengende hitte van 40 grade by hul begrotings te hou en die manskappe waardeer die voorbeeld wat hul bevelvoerders stel in dié verband. Kennelik staan genl. Viereck tans voor ‘n loopbaanbeslissing wat hom duur te staan gaan kom.

купить палаткуФільчаков Олександр Васильович прокурор

Rushdie skei van sy vierde vrou

Image

Rushdie geniet die kalklig

Salman Rushdie, deesdae Sir, nadat die Britse monarg hom op Soweto-dag vanjaar tot ridder geslaan het, se literêre agent het aangekondig dat die skrywer ‘n versoek van sy eggenote om ‘n egskeiding aanvaar het. Padma Parvati Lakshmi, oftewel Lady Rushdie, was sy vierde vrou. Haar naam beteken "lotus" in Sanskrit. Rushdie se onlangse ridderskap het vrese van "terrorisme" by kritici ontlok.

 
Rushdie (60) se agent het gevra dat die media hul privaatheid "in hierdie moeilike tye" respekteer. Padma Lakshmi (36) is aanbieder van ‘n kookrealiteitsprogram by name Top Chef en ten spyte daarvan dat sy ook voorheen aan die Melting Pot-reeks deelgeneem het, sê sy dat sy "gril" vir ander kulture se lekkernye. Die eertydse model wat in Indië gebore is, is vegetaries.

Daarbenewens is sy ook ‘n skrywer, al is dit net van een of twee kookboeke. Haar jongste verskyn binnekort en haar uitgewers hoop dat die nuusblootstelling die verkope ten goede sal beïnvloed. Die lang en lenige Lakshmi het in die VSA studeer en woon tans in New York.

Sy is op 17 April 2004 met Rushdie in die stad getroud nadat die twee by ‘n partytjie vir ‘n boekbekendstelling ontmoet het. Die aankondiging dat hulle gaan skei het presies twee weke ná die ridderskap gekom. Sy sal egter nie haar nuwe titel hoef prys te gee nie. Sosiale etiket veronderstel dat sy voortaan Padma, Lady Rushdie, sal heet soos in die geval van geskeide vroue.

 
Rushdie was in 1999 ook in die nuus nadat hy ‘n oogoperasie moes ondergaan om sy oë oop te hou. Die "dromerige" voorkoms van die skrywer is te danke aan swak ligamente wat veroorsaak dat hy nie sy ooglede kan beweeg nie.

Salman Rushdie het wêreldwye bekendheid in 1989 verwerf nadat ‘n Moslemdoodsvonnis bekend as ‘n fatwa oor hom uitgeroep is. Die grondleggers van die Islamitiese Republiek van Iran beskou sy roman "Satanic Verses" as godslasterlik. Rushdie is ook van Indiese afkoms. Alhoewel hy aanvanklik moes skuil vanweë die fatwa, word die outeur deesdae meer in die openbaar en selfs die kalklig opgemerk.

 
Protes teen Rushdie se ridderskap was daar wel, maar veral in Pakistan. In verskeie stede is afbeeldings van die Britse koningin, Elisabeth II, en Britse vlae verbrand nadat die vorstin besluit het om Salman Rushdie tot ridder te slaan.
Image

Union Jack in ligte laaie, Lahore

 

сварочный инвертор устройствоАлександр Фильчаков

Britse kleuter in Nigeri? ontvoer

‘n Britse dogtertjie van drie jaar is Donderdagoggend in Port Harcourt, oliehoofstad, in die suide van Nigerië ontvoer. Die ontvoering het onthutsing en emosie veroorsaak onder buitelanders wat hulself in Nigerië bevind. Die ontvoerders van die klein Margaret Hill het reeds met haar vader Michael Hill in verbinding getree. Dit is nie duidelik of daar ‘n losprys gevra is nie.

Hulle het ‘n paar uur ná haar ontvoering laat weet dat die dogtertjie "gesond en veilig" is. ‘n Werknemer by ‘n oliemaatskappy wat die ontvoering voor die Educare International School gadegeslaan het, het aan die pers vertel wat gebeur het. "Die bende was in ‘n Toyota wat die Jeep Isuzu op ‘n afstand gevolg het. Skielik het hulle die voertuig afgesper en probeer om die deure oop te ruk, maar dit was gesluit."

 
"Toe breek hulle een van die vensters met die outomatiese wapens waarmee hulle gewapen was en gryp letterlik die kleuter deur die opening. Daarna het hulle vinnig spore gemaak sonder om ‘n skoot te skiet," vertel hy. ‘n Westerse diplomaat het Donderdag gemeen dat dit "baie ernstig is as hulle nou begin om kinders te teiken." Die kleuterskool bedien hoofsaaklik buitelandse kinders tussen die ouderdomme van 1 en 6.

Aan die einde van Mei is nog ‘n kind met ‘n oppasser en bestuurder ontvoer. Die nasionaliteit van die kind is nie bekend gemaak nie. Die vrylating het blykbaar vier dae later geskied. Dit is nie bekend of ‘n losprys geëis is nie.

Londen het die "onmiddellike vrylating" van die Hill-dogtertjie geëis asook dat haar "veiligheid verseker word". Die Foreign Office het ook op 8 Junie ‘n versoek gerig aan alle burgers om die gebied te verlaat. "Ons weet nie wie haar ontvoer het nie. Ons is in verbinding met die ouers en ons help hulle waar ons kan," het ‘n woorvoerder gesê.

"Die situasie in die state Bayelsa, Delta en Rivers is onveilig," lui die verklaring. Praktiese raad is om "nie snags en met dagbreek te bestuur nie, vermy openbare plekke in Port Harcourt waar buitelanders saamkom. Dit sluit kroeë en restaurante in." Sedert 2006 is daar reeds 180 buitelanders ontvoer in die Nigerdelta.

Sedert 2006 is altesaam 31 Britte ontvoer en een is gedood nadat die Nigeriese owerhede probeer het om die ontvoerde met geweld te bevry. Die meeste word egter na ‘n paar dae of hoogstens ‘n paar weke ongeskonde vrygelaat. Terwyl die Nigeriese regering en die multinasionale oliemaatskappye heftig ontken dat hulle ‘n losprys betaal, is dit alombekend dat dit ‘n manier is vir die ontvoerders om ‘n inkomste te genereer.

‘n Dag tevore is vyf buitelanders ontvoer, almal in die oliebedryf werksaam. Die onderneming by wie hulle in diens is, Lone Star Drilling, was besig om vir die Shell-oliemaatskappy te boor. Die aanhoudende ontvoerings het Shell en Total genoop om die gesinne van hul werknemers te ontruim en hul aktiwiteite af te skaal. Nigerië se olieproduksie het met 25% as gevolg daarvan gedaal.
 

магазин игрушкалобановский депутат

Wes-Afrika sukkel ekonomies

Image

‘n Kwynende aanvraag

‘n Swak groeikoers, duur brandstof en ‘n krisis in die katoenbedryf veroorsaak dat die agt lande wat aan die ekonomiese en monetêre liggaam UEMOA (Union économique et monétaire ouest-africaine) in Wes-Afrika behoort, dit maar moeilik het. Hulle gaan genoodsaak word om hervormings aan te pak vanweë die toestande waaronder hulle tans gebuk gaan.

 
Verlede jaar het die groeikoers getuimel na 3,2%, twee punte onder dié van swart Afrika. In 2005 was die koers maar 4% wat ook nie genoeg is om van die armste lande ter wêreld soos Mali, Niger en Burkina Fasso, uit hul benarde posisie te lig nie. Daar is 80 miljoen mense in die UEMOA-gemeenskap, waarvan die Ivoorkus die swaargewig is. Die land worstel tans met ‘n moeilike vredesproses.

Die groeikoers in die BBP van die Gemeenskap word hierdie jaar op slegs 4% geraam. ‘n Swak prestasie wat die Wes-Afrikaanse Sentrale Bank in Dakar toeskryf aan die "skok" in die petrolprys. Die Ivoorkus beskik self oor oliebronne. Die "dalende uitvoerinkomste van grondstowwe", dws katoen, het volgens die Bank die probleem vererger.

Die Bank beweer ook dat "buitelandse skokke die delikate ekonomiese strukture" van die hoofbronne wat groei voortbring "ten nadele strek". Net twee lande, Benin (van 2,9% na 3,6%) en Togo ( van 0,8% na 1,5%) kon effense stygings toon terwyl die Ivoorkus gestagneer het met 1,8% en Senegal van 5,5% na 3,1% gedaal het. Niger is die ergste geraak met ‘n daling van 7% na 3,5%.

Die landbou- en die energiesektor in die Gemeenskap het enorme subsidies en oordragte opgeslurp, die hoogste wat dit nog ooit was in die afgelope tien jaar. Nietemin hoop die Bank dat katoen sal herstel en dat grondboontjie-uitvoere Senegal sal help nadat die nodige herstrukturering onderneem is. Die chemiese bedryf in Senegal, die grootste werkverskaffer, se skuldlas het die land ‘n gevoelige knou toegedien.

как проходить полиграф при приеме на работупрокурор харьковской области

Joernalis aangerand omdat hy Kabila verfilm

‘n Kongolese joernalis is Saterdag in Kisangani, in die noorde van die DRK "met geweld" aangerand omdat hy die motorkade van President Joseph Kabila verfilm het. Dit is deur die organisasie wat homself vir die beskerming van joernaliste beywer, JED (Joernaliste in Gevaar), bekend gemaak.
 
In ‘n persverklaring wat AFP ontvang het, het dié nie-regeringsorganisasie "sterk beswaar aangeteken teen die aanranding van Ernest Mukuli" werksaam by die Amani radio- en tv-sender (RTA). Die sender is die eiendom van die Katolieke Kerk in Kisangani. Kabila was Saterdag in die geweste om ‘n militêre optog ter viering van die land se 47ste onafhanklikheidswording by te woon.

Die nuusman is deur vyf mans in siviele drag aangerand. Hulle het "omtrent 13:00 die stasie se ateljees binnegestorm op soek na ‘n joernalis wat hulle op die balkon van die gebou waarin die stasie gehuisves word, opgemerk het en wat besig was (…) net ná die optog, om die president van die Republiek te voet, omring deur massas mense, op film vas te lê.

Volgens die ongelukkige slagoffer het sy aanvallers by die hoofkantoor van RTA aangekom "met ‘n jeep van die Republikeinse Wag (GR)". Hulle het hom met die vuiste bygedam vóór sy kollegas voordat hulle sy televisiekamera gekonfiskeer het, het hy aan JED vertel.

Ernest Mukuli het ook gesê dat hy een van sy aanvallers herken het omdat hy hom tydens die optog opgemerk het terwyl hy besig was met die verfilming. Die Republikeinse Wag het alle betrokkenheid by die voorval ontken en gesuggereer dat die betrokke agente vir ‘n ander diens optree.

JED het die regering gevra om die skuldiges aan die pen te laat ry en ‘n beroep op instellings gedoen om "deur hul optrede hul verbintenis aan demokrasie en vryheid van spraak te bewys." Die organisasie het voorts gesê dit raak al hoe moeiliker vir nuusmense om in sekere lande alledaagse tonele te verfilm sonder dat ‘n klomp veiligheidsdienste op die persoon toesak en ‘n perskaart vereis."

100 onlineФильчаков прокурор отзывы