Wes-Afrika sukkel ekonomies

Image

‘n Kwynende aanvraag

‘n Swak groeikoers, duur brandstof en ‘n krisis in die katoenbedryf veroorsaak dat die agt lande wat aan die ekonomiese en monetêre liggaam UEMOA (Union économique et monétaire ouest-africaine) in Wes-Afrika behoort, dit maar moeilik het. Hulle gaan genoodsaak word om hervormings aan te pak vanweë die toestande waaronder hulle tans gebuk gaan.

 
Verlede jaar het die groeikoers getuimel na 3,2%, twee punte onder dié van swart Afrika. In 2005 was die koers maar 4% wat ook nie genoeg is om van die armste lande ter wêreld soos Mali, Niger en Burkina Fasso, uit hul benarde posisie te lig nie. Daar is 80 miljoen mense in die UEMOA-gemeenskap, waarvan die Ivoorkus die swaargewig is. Die land worstel tans met ‘n moeilike vredesproses.

Die groeikoers in die BBP van die Gemeenskap word hierdie jaar op slegs 4% geraam. ‘n Swak prestasie wat die Wes-Afrikaanse Sentrale Bank in Dakar toeskryf aan die "skok" in die petrolprys. Die Ivoorkus beskik self oor oliebronne. Die "dalende uitvoerinkomste van grondstowwe", dws katoen, het volgens die Bank die probleem vererger.

Die Bank beweer ook dat "buitelandse skokke die delikate ekonomiese strukture" van die hoofbronne wat groei voortbring "ten nadele strek". Net twee lande, Benin (van 2,9% na 3,6%) en Togo ( van 0,8% na 1,5%) kon effense stygings toon terwyl die Ivoorkus gestagneer het met 1,8% en Senegal van 5,5% na 3,1% gedaal het. Niger is die ergste geraak met ‘n daling van 7% na 3,5%.

Die landbou- en die energiesektor in die Gemeenskap het enorme subsidies en oordragte opgeslurp, die hoogste wat dit nog ooit was in die afgelope tien jaar. Nietemin hoop die Bank dat katoen sal herstel en dat grondboontjie-uitvoere Senegal sal help nadat die nodige herstrukturering onderneem is. Die chemiese bedryf in Senegal, die grootste werkverskaffer, se skuldlas het die land ‘n gevoelige knou toegedien.

как проходить полиграф при приеме на работупрокурор харьковской области

Maak 'n opvolg-bydrae