Kovsies staak hul studies

Image

Kovsies

R.C. Malherbe en Schalk van der Merwe, albei studente in hulle finale jaar en albei inwoners van Reitz-kamerwonings op die kampus van die Universiteit van die Vrystaat, het hul studies gestaak.

Albei was betrokke was by die vervaardiging van die omstrede video wat wêreldwyd opslae gemaak het.

Die ander twee het hulle studies einde verlede jaar voltooi.

Hulle sê in ’n brief aan die rektor dat hul besluit hoofsaaklik in die belang van die universiteit geneem is.

Hulle glo die besluit om hul studies te staak sal bydra om die huidige toestand op die UV-kampus te laat bedaar.

cветодиодный светильниктопкарго

Reitz-koshuis vra verskoning

Die Reitz Kamerwonings op die kampus van die Universiteit van die Vrystaat het ’n onvoorwaardelike apologie uitgereik aan alle studente en ander koshuise op die kampus.

Al die inwoners van die koshuis en die huiskomitee het besluit om apologie aan te teken nadat hulle saam weer na die video gekyk het.

Die apologie aan alle koshuise en alle ander studente is bekendgemaak met die verspreiding van strooibiljette met die apologie daarop.

casino noФильчаков прокурор харькова

Ons gaan alle ‘white bitches’ verkrag

Volgens die Sondagkoerant Rapport, kruip wit studente tans weg op die Kovsiekampus.  Daar is ook aan blanke vrouestudente deur swart mansstudente gesê: "Ons gaan alle ‘white bitches’ verkrag."

Volgens Karien Linström, primaria van Huis Emily Hobhouse, vergader die primarias van al die vrouekoshuise elke dag om die veiligheidstoestand op die kampus te bespreek.

“Ons het tot dusver geen ondersteuning van die UV se topbestuur gekry nie.”

Die polisie was teen Saterdagmiddag nog op die kampus ontplooi.

Linström vertel die swart studente het vir die meisies geskree dat alle white bitches verkrag gaan word.

“Moenie dink julle is veilig nie, ons gaan julle koshuise met petrolbomme gooi” en “alle wit mense moet van die kampus af”, is die meisies toegesnou.

Die manstudente het doodsdreigemente gekry dat “alle wit boere doodgemaak gaan word”.

Swart studente het geëis dat Reitz-kamerwonings toegemaak word, “anders moet die plek afgebrand word”.

“Ons soek bloeddeurdrenkte Reitz-hemde,” was een van die eise.

Классические подвесные светильникиданильченко юрій Харків

Pandor wil Reitz-vier straf

Die Minister van Onderwys, Naledi Pandor, wil toesien dat owerhede ferm optree teen die vier studente wat verantwoordelik was vir die produksie van die rassistiese wat verlede week soveel opslae veroorsaak het op die kampus van die Universiteit van die Vrystaat.

Intussen beoog die studente-organisasie, SASCO, om vandag ’n protesoptog na Pandor se kantoor omdat hulle ontevrede is met die manier waarop die universiteitsowerhede die saak hanteer het.

Hulle dring ook daarop aan die vier mans nooit weer by enige Suid-Afrikaanse universiteit mag inskryf nie.

как проходить полиграф при приеме на работуДанильченко Юрий Брониславович Харьков

‘Integrasie’-video veroorsaak ontsteltenis

ʼn Video van Kovsie-werknemers op hul knieë wat vleis eet waarop daar geürineer is, is gister in die “sterkste moontlike terme” deur die universiteit verwerp.

Die video, wat by die Reitz-manskoshuis gemaak is, het Dinsdagoggend aan die lig gekom en volg op onluste op die kampus verlede week oor die universiteit se gedwonge integrasiebeleid.

“Die uitvoerende bestuur van die UV verwerp die video in die sterkste moontlike terme as ʼn growwe skending van die werkers se menswaardigheid,” het die universiteit in ʼn verklaring wat op sy webwerf gepubliseer is, gesê.

Die woordvoerder van die Demokratiese Alliansie in die provinsie, Liana van Wyk, wat die video gesien het, het dit as “skokkend en onmenslik” bestempel.

Die video toon vier blanke mansstudente wat vier swart, bejaarde vrouewerkers ʼn bottel bier laat drink, ʼn wedren hardloop, rugby speel en dan kniel om vleis te eet waarop daar geürineer is, het sy gesê.

“Dit lyk asof hulle gewillig deelgeneem het maar hulle het nie geweet watter doel die video dien nie… dit was besonder vernederend om die taamlik senior dames op hul knieë te sien terwyl hulle die vleis eet.”

Die manskoshuis is gevra om ʼn video te maak en hulle het integrasie as die onderwerp gekies.

игры девочкамФильчаков прокуратура харьков

Saam teen Kovsie-bestuur

Image

Brand voor Huis Abraham Fischer

Betogings by die Universiteit van die Vrystaat deur sowel swart as blanke studente het die kampus soos ‘n slagveld laat lyk. Brandende motorbande en asdromme  wat die pad versper, stukkende ruite, klappers wat ontplof en swaaihekke wat afgebreek is het die kampus in chaos gedompel.  Die studente betoog voor die hoofgebou omdat hulle beweer die universiteit se bestuur nie ag slaan op die huiskomitees se behoeftes nie, hulle as onbekwaam beskou en nie genoeg ondersteuning bied met moeilike kwessies nie. 

Gewapende polisie het kalmte probeer afdwing en die studente met wapens die koshuis in gejaag.  Tien studente is volgens kapt. Chaka Marope, polisiewoordvoerder, op verskeie aanklagte van openbare geweld, opsetlike saakbeskadiging en naamskending in hegtenis geneem. Hulle sal eersdaags in die Bloemfonteinse landdroshof verskyn. Klagtes teen ses is reeds ingedien, maar dit wil lyk asof drie van die klagtes teruggetrek gaan word.

Die oproer het uitgebreek as gevolg van die universiteit se gedwonge integrasiebeleid in koshuise wat vanjaar deur prof. Frederick Fourie, die rektor, met ʼn ysterhand toegepas word. Wit en swart studente is teen hul sin gedwing om in dieselfde koshuise tuis te gaan, wat probleme met plasings en koshuistradies veroorsaak het. Studenteleiers het begin vanjaar hul kommer uitgespreek oor die oplaaiende spanning op die kampus rondom die koshuisintegrasiekwessie.

ʼn Verklaring is egter gister deur die universiteit uitgereik waarin gesê word: “Die bestuur keur hierdie dade ten sterkste af. Ons is besorg daaroor dat hierdie ’n oënskynlik georkestreerde veldtog is om die toepassing van die nuwe koshuisbeleid oor diversiteit te frustreer.”

22 uit die 23 huiskomitees van koshuise het intussen ʼn protesbrief aan die universiteitsbestuur oorhandig waarin beswaar gemaak word teen toestande wat aanleiding gegee het tot die huidige onluste op die kampus.

Wouter Wessels, leier van VF Plus Kovsies, het vanoggend in ʼn onderhoud met www.praag.org gesê: “Die universiteitsbestuur konsulteer nooit met studente nie. Besluite en beleide wat hulle neem raak studente en veral koshuisstudente direk en daarom het die studente hierdie wroegings. Studente word nie toegelaat om hul insette te lewer nie en voel dat die demokrasie op die kampus misken word.”

Volgens gaan dit nie oor diversiteit nie, maar oor die toepassing van beleid, byvoorbeeld oor tolkdienste en sekuriteit. Die studentedekaan, dr. Choice Makhetha, het byvoorbeeld ʼn ou koshuistradisie dat eerstejaars op die grond moet sit tydens huisvergaderings ʼn skending van menseregte afgemaak.”

Volgens Wessels word “baie onskuldige tradisies in die koshuise geteiken. In swart dameskoshuise daag studente nie meer op vir sêr-oefeninge nie en dit word moelik vir huiskomitees om dissipline en tradisie te handhaaf. Die huiskomitees is die hande en voete van die universiteitsbestuur. Daarom het huiskomitees besluit, ‘genoeg is genoeg’.”

Hy het voortgegaan deur te sê: “Swart en wit staan saam teen die universiteitsbestuur oor hul gebrek aan konsultasie. Dit gaan nie direk oor die integrasiekwessie nie. Daar is egter definitief spanning wat deur integrasie veroorsaak word. Dit gaan veral oor hóé dit geïmplementeer word. Blanke studente is byvoorbeeld nie ingelig dat hulle na swart koshuise moet gaan nie. Niemand is voorberei nie. Dis ʼn kultuurskok.”

Die universiteit het intussen ʼn interdik verkry teen alle studente verkry maar die bepalings daarvan is nog onbekend. Waarskynlik sal die staking voor die hofgebou vandag verbied word.

Wessels het voorts gesê: “Die universiteit se mediaverklaring bekommer my, want swart en wit staan saam en wil saamwerk, maar die gedwonge saambly verteenwoordig bloot kosmetiese transformasie en daar word bloot daarop gefokus terwyl studentebelange geïgnoreer word.”

miomare yachtingАлександр Фильчаков прокурор

Onluste op Pretoriase kampus

Betogings by die Tshwane-Universiteit van Tegnologie het die staking van klasse genoodsaak. Die Vise-kanselier, Errol Tyobeka, sê geweld kon maklik tussen die studente uitgebreek het en die veiligheid van studente en personeel is eerste prioriteit.  Die studente staak oor finansiële aangeleenthede. Spanning het opgebou tussen swart en blanke studente omdat die blanke  studente  met die klasse wil voortgaan, terwyl swart studente die steun van  die wit studente wil  hê.  Die president van die Suid-Afrikaanse Studente-unie, Lucky Phosa, meen die betoging  het te doen met ‘n  botsing tussen  bevoorregte studente  en  minderbevoorregte studente.  Daar  sal tot Vrydag geen klasse  wees nie.

Volgens die dagblad Beeld, het wit en swart studente mekaar met klippe bestook. Mnr. Werner Joubert, ’n student en lid van die VF+ op die kampus, het gesê hy is een van verskeie studente wat die betogers gister met klippe gegooi het. Volgens die SR-lid, mnr. Pieter Janse van Rensburg, het van die swart studente rassistiese slagspreuke geskree soos “kill the Boer” en “F*** you whites”.

Volgens Janse van Rensburg is dit verbasend dat blanke studente vir kampuskwessies geblameer word, aangesien die bestuur van die TUT geheel en al getransformeer is en tans swart is. “Sasco, Pasma en die sentrale studenteraad (SR) lei die optog. Hierdie uitlatings dui op die onderliggende rassisme teen blankes op die TUT,” het hy gesê.

Nadat hulle verwoesting op die Pretoria-Wes-kampus gesaai het, het die oproerige studente daarop aangedring om met busse na die Arcadia-kampus geneem te word. Daar het hulle veiligheidshekke oopgebuig en oor hoë mure geklim. Studente en dosente is geïntimideer en hardhandig uit klasse gejaag.

Een ouer van ‘n student het dit bekla dat sy hoë klasgelde moet betaal en nogtans word haar kind verhoed om te studeer. “Dit is regtig onaanvaarbaar dat ’n paar barbare die plek plunder. En wat van ons wat ten duurste vir ons kinders se studies betaal?” het sy gesê.

free games.co.ukДанильченео

Skole ‘het genoeg gesag’ teen messtekery

Die Onderwysdepartement sê skole het genoeg gesag om wapens op hulle terreine te beheer. Wetgewing wat verlede  maand in werking getree het, maak daarvoor voorsiening dat leerlinge by skole deursoek  kan word en dat op gevaarlike wapens beslag gelê  kan word.

Twee matrikulante is verlede week in ʼn rasse-aanval by Akasia Hoërskool met messe gesteek in ʼn voorval wat wye belangstelling ontlok het. Segsman Duncan Hindle sê skole is bemagtig om die nodige te doen om leerlinge te beskerm.   

Intussen verskyn drie seuns môre in die hof in verband met die voorval by die hoërskool waartydens Wynand Botes en Wikus van der Merwe elkeen drie steekwonde opgedoen het toe gekleurde seuns wit leerlinge aangeval het. Driehonderd leerlinge het aan ʼn sitprotes deelgeneem en ʼn memorandum aan die skoolhoof mnr. Frik van Wyk oorhandig waarin hulle aandring daarop dat hulle veiligheid gewaarborg word.

эндодонтическое лечение корневых каналовОлександр Васильович Фільчаков

Springbokke span van die jaar?

Die SPRINGBOKKE kan dalk vandag as die wêreldspan van die jaar verkies word. Die SPRINGBOKKE is een van die benoemde spanne wat ‘n kans staan om die 2008 LAUREUS wêreldspan van die jaar toekenning te verower.  Die span is een van die gunsteling spanne nadat hulle  die Rugby wêreldbeker huistoe gebring het. Die LAUREUS Sportakademie sal die toekenning uitreik. Dit is ‘n organisasie wat  uit drie en veertig sportpersoonlikhede bestaan. Die springbokke is ook geprys vir bydraes wat individuele spelers gemaak het.  Die kollig het op PERCY MONTGOMERY, BRYAN HABANA en FRANS STEYN geval. Die kampioenskappe liga-wenner AC MILAN, krieket se wêreldbekerhouers, AUSTRALIë , die FERRARI Formule een span, die DUITSE vroue sokkerspan, die sokkerspan uit IRAK asook ‘n span van ASIë is benoem vir die toekenning.  SUID-AFRIKA se parapleeg-atleet OSCAR PISTORIUS kan dalk in die kategorie – Deurbraak van die Jaar- bekroon word.   Hy was op die atletiekbaan in ROME en in ENGELAND.

логические игрушкиДанильченко Юрий Харьков

Kovsiestudente bekla koshuisintegrasie

Die besluit van prof. Frederick Fourie, rektor van die Vrystaatse Universiteit, om integrasie in koshuise af te dwing, veroorsaak steeds spanning op die kampus. In ʼn onlangse verwelkomingstoespraak aan ouers en studente het Fourie gedreig om enigeen wat sy beleid teenstaan van die universiteit uit te sluit.

In weerwil van Fourie se dreigemente, hou studente aan om hul misnoeë met die gedwonge-integrasieplan uit te spreek. Wouter Wessels, Leier van VF Plus Kovsies, het in ʼn verklaring gesê dat hulle reeds gedurende 2007 gewaarsku het dat koshuisintegrasie soos deur die Universiteitsbestuur (UB) ingestel, nie doeltreffend gaan werk nie.

Die VF Plus Kovsies het dit duidelik gemaak dat gedwonge integrasie slegs kosmeties van aard is en dat dít die klem op ras en rassisme plaas.  Die UB het dit nou aan die studente bewys deurdat hulle omkoopgeld beskikbaar stel om te probeer om lewe in ‘n lyk te blaas.  Dit gaan ook nie slaag nie en plaas die klem net nog verder op ras.

Dit is ʼn tragedie dat studente nou omgekoop moet word om te integreer.  Volgens berekeninge, blyk dit dat die UV ‘n verlies van bykans R 1,25 miljoen gaan ly as gevolg van die koshuis-integrasiebeleid wat bepaal dat die nie-geïntegreerde beddens moet leegstaan.  Die besluit wat deur die UBD gemaak  is om 50% afslag op koshuisgelde aan geïntegreerdes toe te staan, blyk om slegs ‘n poging te wees om  vir  hierdie finansiële verlies te kompenseer.

VF Plus Kovsies het voorts gesê dat “die besorgdheid van die UB, naamlik dat wit studente nie hul aanbod van akkommodasie in swart  koshuise aanvaar nie, vanself spreek aangesien die UB nie hierdie studente genoegsaam voorberei het op die omstandighede waarin hulle hulself sal bevind nie.  Die rede waarom wit  studente nou uit tradisioneel swart koshuise trek, is omdat hulle onderdruk en  geviktimiseer word en nie eens toegelaat word om hul eie taal met mekaar te praat nie.”

Een van Frederick Fourie se drakoniese maatreëls is dat Afrikanerstudente in geëintegreerde koshuise nie hul eie taal met mekaar mag praat nie omdat dit aanstoot aan die swart studente sou gee.

Volgens Wouter Wessels “moet blanke dames in tradisioneel swart dameskoshuise vir ure voor ‘n lappop mediteer, omdat hulle nie instaat is om liedjies in Afrika-tale saam te sing nie.  Hierdie probleme het ontstaan as gevolg van die feit dat die integrasiebeleid ingestel is, sonder volledige konsultasie en genoegsame voorbereiding.  Die studente en ook die koshuise is nie op hierdie proses voorberei nie.  Voornemende eerstejaarstudente was nie bewus van die feit dat hy/sy in ‘n tradisioneel anders-rassige koshuis geplaas is, alvorens hy/sy vir verblyf aangemeld het nie.  Dus is dit nie slegs die wit student se skuld (soos wat die UB dit wil laat blyk nie) dat hy/sy nie in ‘n geïntegreerde koshuis aanpas nie.  In sommige tradisioneel wit  koshuise is daar swart  studente geplaas wat glad nie Afrikaans of Engels magtig is nie en dit maak hierdie studente se verblyf onaangenaam.  Dit is ‘n verdere bewys dat die hele beleid nie deursigtig geïmplementeer is nie.”

Wessels het dit verder betreur dat “studenteleiers nou opgesaal word om hierdie proses te laat werk en om die emosionele probleme van eerstejaars te hanteer, terwyl die UB nie op voetsoolvlak belas word  nie.  Die VF Plus Kovsies daag die UB uit om die koshuise te gaan besoek en sodoende die werklikheid saam met die studente te beleef.

Die rede vir wanaanpassing is nie op ras gebasseer nie, maar  eerder op kultuur en taal.  Die  VF Plus Kovsies, Studenteraad en studente het uit die staanspoor dit duidelik gestel  dat kultuur- en taalverskille baie  probleme tot gevolg mag hê en dat dit met erns aangespreek en hanteer moet word.  Die UB het egter nie genoegsaam gehoor gegee aan hierdie kommer en voorstelle nie.”

Luidens Wessels se verklaring, sal “VF Plus Kovsies voortdurend hierdie proses monitor, om sodoende toe te sien dat studente nie geviktimiseer word nie.  Dit bly egter ‘n bron van kommer en lê VF Plus Kovsies en die studente na aan die hart.”

тамбов установкиФільчаков Олександр Васильович прокурор

Salige Kersfees aan al ons lesers!

PRAAG wens al sy lesers ‘n geseënde en aangename Kersfees toe. Dankie dat u getrou ons webwerf gedurende 2007 besoek het.

As u met vakansie is, ry veilig terug.

Kersliedjie

Drie outas het in die haai Karoo
die ster gesien en die engel geglo,
hul kieries en drie bondels gevat
en aangestryk met ‘n jakkalspad

al agter die ding wat skuiwend skyn
op ‘n plakkie, ‘n klip, ‘n syferfontein,
oor die sink en die sak van Distrik Ses
waar ‘n kersie brand in ‘n stukkende fles,

en daar tussen esels en makriel
die krip gesien en neergekniel.
Die skaapvet, eiers en biltong
nederig gelê voor God se klong

en die Here gedank in gesang en gebed
vir ‘n kindjie wat ook dié volk sou red…
Oor die hele affêre het uit ‘n hoek
‘n broeis bantam agterdogtig gekloek.

D J Opperman 

Uit Blom en Baaierd; Tafelberg-Uitgewers,1956.

джип на радиоуправлениилобановский александр жена

Nuwe forum aktief

Vandat ons begin 2007 na ‘n ander stelsel en diensverskaffer oorgeskakel het, het ons vele klagtes oor ons geselsforum ontvang wat nie so gemaklik werk soos die ou Snitz-tipe forum wat ons al die jare gehad het nie.

Ons het nou egter weer so ‘n forum geskep, wat tans in ‘n toetsfase is. Al die forumgebruikers word uitgenooi om daarheen te verskuif. Klik op die skakel op die spyskaart links of hier onder.

Praaggespreksforum 

липецк технолобановский александр игоревич

Politieke partye het volkstaatidee gekelder


Imageʼn Onderhoud deur Buks van Rensburg met dr. Johann Wingard, die voormalige voorsitter van die Volkstaatraad.

BvR: Dr. Wingard, as voorsitter van die Volkstaatraad was u betrokke by ʼn interessante en miskien ietwat ongelukkige periode vir Afrikaners. Ek wil graag ʼn paar vrae oor die Volkstaatraad vra. Wat is die oorsprong van die Raad?

JW: Miskien is die vier jaar voor die stigting van die VSR eintlik die mees ongelukkige tydperk in die geskiedenis van die moderne Afrikaner. Die NP het daarin geslaag om behoudende Afrikaners te demoniseer en te isoleer. Die grondslag is toe gelê vir die huidige anti-volksentiment wat Afrikaners hul selfidentiteit ontneem het en wat van baie Afrikaners materiële kosmopolitaanse zombies gemaak het. Dit was binne hierdie inploffende sosiale omgewing waarin die VSR sy taak moes verrig. Die Raad moes ondersoek instel na en aanbevelings maak oor die wenslikheid van ʼn Afrikanervolkstaat en moes aanbevelings doen vir die toepassing daarvan binne die begrensing van die tussentydse grondwet.

Image

Johann Wingard

Op 23 Desember 1993 het ʼn afvaardiging bestaande uit Genl Constand Viljoen, bygestaan deur enkele vooraanstaande “regse” politici, ʼn akkoord met die ANC gesluit. Die akkoord het ten doel gehad om aan etniese Afrikaners, wat geweier het om hul soewereiniteit as volk prys te gee, die gaping te bied om deur middel van ʼn konstitusionele weg ʼn manier te vind om hul selfseggenskap te behou, hetsy deur middel van territoriale of korporatiewe strukture.

In ruil vir hierdie toegewing aan die kant van die ANC, sou etniese Afrikaners die magsoorgawe aanvaar en aan die komende verkiesing deelneem. Almal is daarmee bekend dat die Volksfront toe geskeur het en die Vryheidsfront en die KP as aparte entiteite ontstaan het. Die VF het aan die verkiesing deelgeneem en die KP het dit geboikot. Terloops, die onderhandelaars aan ANC-kant was die einste Thabo Mbeki en Jacob Zuma wat die media tans oorheers.

Die Volkstaatraad was ʼn sogenaamde grondwetlike instrument waartoe die twee partye ooreengekom het. Die Raad sou uit twintig benoemde lede bestaan en moes ʼn wye spektrum van kundigheid dek. Die raad was nie ʼn gesagsliggaam nie en het oor geen gedelegeerde magte beskik nie. Dit was dus slegs ʼn forum wat wetenskaplike navorsingsverslae en aanbevelings aan die staat asook die Vryheidsfront moes maak. Die Vryheidsfront sou die politieke dryfveer wees om die raad se aanbevelings geïmplementeer te kry en die voorwaardes van die 1993-akkoord af te dwing. Oningeligte Afrikanerskeptici het die naïewe mening gehuldig dat die Raad ʼn Volkstaat tot stand moes bring en klaaglik in hul missie gefaal het…

In werklikheid moes die VSR alle gebiede ondersoek waar Afrikaners hul selfbeskikking kon uitoefen, gesien binne die demografiese werklikheid van die nuwe Suid-Afrika met sy liberaal-demokratiese grondwet van een mens, een stem en reg op vrye beweging. Die VSR het hierdie taak besonder deeglik en professioneel gedoen en het ʼn groot aantal verslae en aanbevelings gedoen. Maar die aanbevelings het nie noodwendig gestrook met die sienings van sy politieke enjin nie en weens onderlinge verdeeldheid op politieke terrein kon dinge nie van die grond kom nie.

BvR: Het die raad wye steun onder Afrikaners gehad?

JW: Nee. Eers nadat ek by die VSR weg is, het ek besef waarom nie. Op voetsoolvlak was daar totale onkunde oor die taak en roeping van die VSR en was min Afrikaners ingelig, ten spyte van verskeie TV-debatte. KP- en HNP-ondersteuners het VSR-lede as verraaiers vir die volksaak beskou en graag na Piet Retief as voorbeeld verwys van iemand wat bereid was om met swartes ʼn ooreenkoms aan te gaan.

NP-ondersteuners wat toe nog in die die euforie van hul suksesvolle magsoorgawe gegloei het, het die Raad as ʼn jammerlike fenomeen beskou en ʼn lastige uitvloeisel van die onderhandelingspolitiek. Slegs ʼn handjievol Afrikaners – ek skat daar was minder as tweehonderduisend van hulle – kon as ondersteuners van die VSR-gedagte beskou word. Daarteenoor was daar maklik tien keer soveel teenstaanders vanuit beide die NP-kant, asook aan die KP-kant.

Ondersteuners van die VSR was weer onderling verdeeld oor die ligging van ʼn volkstaat. Elkeen wou ʼn volkstaat in sy agterplaas gehad het. Sommige ondersteuners wou weer niks met territoriale selfbeskikking te make hê nie en wou ʼn statutêre Afrikanerraad met gedelegeerde magte en eie begroting hê. Die onderlinge verdeeldheid het deurgespoel na die Vryheidsfront en was duidelik waarneembaar met sy swak vertoning by die stembus tydens die 1998-verkiesing toe die party byna sewentig persent van sy steun verloor het. 

BvR: Wat was die voorstelle wat die Raad na die regering geneem het?

JW: Daar was verskeie. In breë trekke kom dit daarop neer dat die Raad aanbeveel het dat ʼn tiende provinsie verklaar word. Dit sou bestaan uit ʼn gebied aan die Ooste en Suide van Pretoria, wat aansluit met Oosrandse en Wesrandse dorpe, en waar volgens rekenaarontledings van die 1996-sensus, meer as twee derdes van die inwoners Afrikaners was.

Verder het die Raad aanbeveel dat ʼn gebied rondom Orania as bestemde gebied deur Afrikaners ontwikkel moes word vir die uiteindelike totstandkoming van ʼn volkstaat.

Laastens het die Raad die totstandkoming van ʼn verkose Afrikanerraad aanbeveel wat na die Afrikaners wat buite hierdie gebiede woon, se belange asook hul kulturele ontwikkeling, sou omsien. Konsepwetgewing daarvoor is deur ons voorberei, maar geen party het daarin belang gestel om dit aan die Parlement voor te lê nie.

BvR: Hoe het die ANC-regering gereageer op u voorstelle?

JW: Soos dikwels in die verlede was regsgesinde Afrikaners se voorspellings weer in die kol.

Lank na die uitfasering van die VSR bring ek eendag ʼn besoek aan adj.-pres. Jacob Zuma toe hy nog in Overvaal in Pretoria gewoon het. Daar was toe sprake van ʼn korrupsieklag teen Shabir Shaik in die lug. Hy het my gul ontvang en ons het op die stoep gesit en gesels. Op ʼn ander geleentheid kan ons weer oor my besoeke aan hom praat. Ek herhaal my vraag aan Zuma binne die verband van jou vraag hierbo:

“As you know, there is still some unfinished business between Afrikaners and the ANC.”

Hy het met sy kop geknik en ernstig geantwoord: “I know that. Many in the ANC considered the Volkstaatraad as a political tactic to have a successful election. But I am still personally bound by the terms of the accord. When I become President, we should look at the unfinished business again.”

Laat ons maar eerlik wees. Hoewel ek tydens my drie jaar by die VSR geweldig baie geleer het oor die minderheidspolitiek regdeur die wêreld, was dit vir my ʼn vrugtelose politieke oefening.

Die ANC was hoegenaamd nie geïnteresseerd in die VSR se verslae nie. Alle onderhandelings daaromheen is gewoonlik met blanke liberalistiese tussengangers gevoer, veral met die Oostenrykse makelaar Jűrgen Kögel en genl. Viljoen se tweelingbroer, emiritusprof. Braam Viljoen.

Die ANC is ook onder die indruk gebring (waarskynlik deur die tussengangers) dat die VF die VSR se denke en doen en late bestuur het, wat nie die geval was nie.

Enkele kere kon ons direk met die ANC-mense praat soos byvoorbeeld tydens ʼn groot sessie in die Kaap toe ons aanbevelings van ʼn tiende provinsie gemaak het. Essop Pahad, wat die ANC se afvaardiging gelei het, het met groot fanfare uit die saal gestap en die VF toegesnou dat hulle in kwade trou onderhandel. Aangesien ons toe nog nie die VF se voorkeuropsie van die Noordkaap as langtermynplan voorgestel het nie, kon ons ook geen ondersteuning van hulle verwag nie. Sonder oorspronklike magte, of politieke ondersteuning, was die VSR tot niks verder in staat nie.

Genl. Viljoen en ek was saam tydens die oorhandiging van ons tussentydse verslag aan Mandela in Tuynhuis. Ek wou oor die verslag se inhoud gesels, maar Mandela wou oor ʼn boereprojek in Mosambiek gesels. Ons kon nie ʼn enkele woord oor die verslag gepraat kry nie. Die mediabeampte roep ons toe om met die televisiemense te gesels, en was ons gesprek afgehandel. Ons gaan staan buite op Tuynhuis se trappe met Genl. Viljoen en ek weerskante van Mandela. Hy is ʼn ongelooflike charismatiese mens en verklaar met groot oortuiging aan die wêreldmedia dat die ANC die verslag baie goed sal bestudeer en dat Afrikaners na alles nie sulke slegte ouens is nie. Ek vermoed daardie verslag is steeds onoopgemaak in Tuynhuis se biblioteek. Die VSR het ander verslae uitgebring nadat ek daar weg is en ek het niks gehoor wat my anders laat dink dat die ANC geen ag geslaan het op die VSR se verslae nie.

BvR: Het u steun uit ander oorde gekry, of was die Raad en sy lede geïsoleerd? Het u enigsens ondersteuning uit die Vryheidsfront gekry, en was die destydse Nuwe Nasionale Party en Demokratiese Alliansie toegeneë, ongeïnteresseerd, of afwysend?

JW: Soos ek hierbo genoem het, het die Vryheidsfront ʼn beleidsvakuum ondervind. Baie van sy invloedryke lede was nie volkstaters nie en wou die volkstaatgedagte nie te hard stoot nie, uit vrees dat dit sy kiesers sou vervreem. Hulle wou liewer belangepolitiek bedryf.

ʼn Klein groepie entoesiastiese volkstaters was besield met die gedagte om ʼn nuwe gebied te ontwikkel en het hand aan die ploeg geslaan om hul ideaal te verwesenlik. Hulle het derhalwe beheer van die VF se beleid oorgeneem op ʼn kritieke punt in die ontwikkeling van die party. In die 1994-verkiesing het die VF ongeveer 460,000 ondersteuners by die stembus getrek, maar na die debakel oor volkstaatbeleid het sy steun na ongeveer 120,000 gedaal. Die VF was dus geen faktor om die VSR te ondersteun nie.

Die Nasionale Party (die NNP het toe nog nie bestaan nie) was snaaks genoeg nie afwysend nie en het moontlik gevoel dat ons met ʼn vreedsame en konstruktiewe proses besig was. Een belangrike lid van die NP het my versoek om die kwessie van ʼn statutêre raad (hul sogenaamde korporatiewe selfbeskikkingsmodel) ernstig te ondersoek. Maar hierdie was nie die NP se geveg nie – dit was tussen Viljoen se mense en die ANC.

Tony Leon se party was ideologies afwysend teenoor die volkstaatgedagte, maar het hulle ook gedistansieer van die Afrikanervolksentiment en alles daaromheen.

Die Raad was dus geïsoleer en slegs op sy eie beperkte begrotinkie en wetlike status aangewese.

BvR: Glo u steeds dat daar ʼn moontlikheid is dat die Raad se voorstelle in een of ander vorm gebruik kan word om Afrikanerselfbeskikking te verkry? Of dink u dat die idee van territoriale selfbeskikking vir Afrikaners dood is?

JW: Die een voorstel van die Raad wat binne ons bereik is, is die stigting van ʼn statutêre Afrikanerraad. Daarvoor het ons geen ondersteuning van die ANC nodig nie, slegs die instemming van leidende Afrikanerorganisasies.

Ek het nog altyd geglo dat ʼn eie geloofwaardige struktuur wat internasionale legitimiteit geniet, die logiese instrument sal wees om die Afrikaners weer na selfregering te lei, hetsy op territoriale basis of deur beheer oor ʼn deel van die nasionale fiskus te verkry om eie skole en universiteite mee te finansier.

Ongelukkig voel sekere instansies dat die behoefte aan so ʼn statutêre liggaam reeds deur ʼn organisasie soos Afriforum/Solidariteit gevul word. Laasgenoemde organisasie tree meer soos ʼn privaatsektoraktiviste-organisasie op en kan hoegenaamd nie die statutêre rol van ʼn Afrikanerraad speel om deel van die staatsbegroting te beheer nie, om staatshefbome amptelik te gebruik sodat hy sy gedelegeerde magte kan uitoefen, of om nuwe landswette te debatteer en wysigings voor te stel voordat dit deur die president gesertifiseer word, of om sy eie wetgewing voor te berei nie. Die eerste stap is om die Raad gestig te kry, waarna die drukproses vir wyer magte sal toeneem.

Ek dink dat die gedagte van territoriale selfbeskikking tans nie werkbaar is nie, maar dinge kan dalk vorentoe verander.

BvR: Daar is vandag onder baie Afrikaners ʼn ervaring van persoonlike onveiligheid en onsekerheid. Is daar rede vir die onsekerheid, en sal Afrikaners ooit weer veilig in Suid Afrika kan leef?

JW: Die land se liberaal-demokratiese grondwet het misdaad as onvermydelike gevolg omdat misdadigers wat deur hul vergrype uit die grondwet kontrakteer nog deur dieselfde grondwet beskerm word. Ek glo dat iemand wat buite die grondwet optree, outomaties afstand doen van enige grondwetlike beskerming.

Afrikaners het dus rede vir hul gevoel van persoonlike onveiligheid.

Totdat die grondwet hersien word, sal daardie gevoel by hulle bly. Dalk kan ons ʼn verandering verwag met Zuma as President. Natuurlik dra Mugabe se uitgewekenes ook by tot die misdaadprobleem. Dus, met Mugabe uit die kussings en met die nodige grondwetlike wysigings kan die land weer veilig gemaak word. Daarsonder, bly ons maar in ʼn onveilige plek.

BvR: Sal Afrikaanse instellings oor die langtermyn oorleef? Na u mening, wat is die langtermyntoekoms van Afrikaners in Suid Afrika? 

JW: As jy verwys na kultuurverenigings, vakunies, kerke of geslote verenigings, dan sien ek geen rede waarom hulle nie sal oorleef of selfs kan groei nie.

Instellings soos skole en universiteite word stelselmatig van hul Afrikaansheid ontneem en ek kan nie sien hoe hulle oor die lang termyn hul etniese karakter in die afwesigheid van ʼn statutêre Afrikanerraad sal kan behou nie.

Oor die lang termyn sien ek ʼn goeie toekoms vir Afrikaners. Die persoon wat die grootste skade aan ons beeld as gelyke volksgenote aangerig het, is natuurlik Thabo Mbeki wat ʼn psigose by swartmense laat posvat het dat ons settlers is en nie hier hoort nie. Daardie beeld kan weer verander word as Zuma sy doktrine uitleef dat die land nie sonder Afrikaners kan voortbestaan nie.

Verder het duisende Afrikaners reeds na ander Afrikalande geëmigreer en waar honderde klein maar georganiseerde gemeenskappe besig is om te ontstaan.

BvR: Dink u dat daar steeds ʼn latente steun vir territoriale selfbeskikking onder Afrikaners is, of is die idee heeltemal gediskrediteer in die moderne politieke klimaat?

JW: Benewens die drang na selfseggenskap oor eie sake was daar nooit werklik ʼn algemene latente steun vir territoriale selfbeskikking onder moderne Afrikaners nie.

Klein groepies entoesiaste sal daar altyd wees. Afrikaners verpes egter die gedagte dat hulle geen seggenskap het oor selfs hul eie dorpsake nie. Dit is ʼn sweer wat vroeër of later tot uitbarsting sal kom. Of dit as steun vir territoriale selfbeskikking vertolk kan word, is egter ʼn ander saak.

BvR: Baie dankie vir u bydraes tot die Praagwebwerf, ons waardeer dit.

пескоструй на керхерданильченко юрий брониславович прокурор

Elisabeth Eybers (1915 – 2007)

Image

Elisabeth Eybers (1915 – 2007)

 

Uitgewekene

Wat ook al in my binneste agterbly,
Suid-Afrika, jý hoort feilloos daarby.
Om die inherente geheuetaak
nog onaanvaarbaarder te maak
noem hulle jou hier somaar Afrika.

Onreg en honger en opstand speel
‘n omvattende rol in die groot geheel
en het niks, maar hoegenaamd niks te maak
met die herinneringe wat my bewaak

en wat ek bewaak. Terwyl jy verdwyn,
Suid-Afrika, hoed ek die heilige skyn
en kom jou nooit ofte nimmer na.

Uit: Respyt 1993

печи для финской сауныАлександр Фильчаков прокурор