Kondig ‘n noodtoestand af

“Die werklike oorsake van moorde in die Kameeldrift omgewing word-misgekyk,” was die reaksie van mnr. Jaco Mulder, VF Plus LPW vir Gauteng, nadat dit bekend geword het dat die skilder Cornelius Bosch se verbrande lyk Maandag in ‘n veld langs die Zambesirylaan in die noorde van Pretoria gevind is.

“Die regering behoort ‘n noodtoestand af te kondig in ‘n gemeenskap soos Kameeldrift wat oor ‘n tydperk van jare deur ‘n buitengewone aantal inbrake en moorde geteister is,” het Mulder gesê. Dit het tyd geword dat die werklike oorsaak van misdaad en veral geweldsmisdaad aangespreek word. Menslike beweging moet gemonitor word veral omdat dit ‘n gegewe is dat misdadigers kapitaliseer en skuil in gemeenskappe waar werkloosheidsyfers hoog is.

Die polisie se onvermoë om sy misdaad intelligensie in veral landelike gebiede op te skerp, word deels aan bande gelê deur swak opleiding en onvoldoende begrotings, maar grootliks ook deur swak wetgewing.

Ongekontroleerde vestigingspatrone en die regering se verwronge vertolking van menseregte en bewegingsvryheid verlam die vermoë van die polisie om hul werk te doen.

Die Suid Afrikaanse Grondwet waarborg die veiligheid van sy burgers in Artikel 12 (1)(c) en (e) bepaal dat elke persoon die reg het om vry te wees van alle vorme van geweld.

Volgens die Handves van Regte moet die staat die regte van die burgery eerbiedig, beskerm, bevorder en verwesenlik. Dit gebeur nie in die Cullinan-Kameeldrift gebied nie.

Die afkondiging van ‘n noodtoestand is ‘n buitengewone maatreël in buitengewone omstandighede.

мед справки купитьФильчаков Александр Васильевич

Boer met mes aangeval

‘n Boer (58) van Neuklaagte naby Vryburg is tydens ‘n rooftog op sy plaas met ‘n mes aangeval, het polisie Woensdagaand gesê.

“John Steyn, wat alleen op sy plaas bly, is Dinsdagaand deur twee mans aangeval,” het ao. Sam Tselanyane, polisiewoordvoerder, gesê.

Die mans het glo voorgegee dat hulle motor ‘n pap wiel gehad het en het Steyn om hulp gevra.

“Terwyl hy hulle gehelp het, het die verdagtes hom oor die kop geslaan met ‘n klip. Hy het probeer vlug maar die mans het hom sewe keer met ‘n mes in die rug gesteek en een keer in die maag met ‘n gebreekte bottel,” het Tselanyane gesê.

Die verdagtes het met Steyn se Mazda-bakkie van die toneel gevlug.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

купить игрушки украинаФильчаков прокурор отзывы

Ruk op na Randfontein!

Die VF Plus-jeug in Gauteng doen ‘n beroep op die publiek om deel te neem aan ‘n massa protesaksie by die Randfontein se Streekhof op Woensdag, 16 Maart 2011, wanneer twee verdagtes wat in hegtenis geneem is vir die moord op mnr. Koos van Rooyen, ‘n boer in die omgewing, in die hof sal verskyn.

Mnr. van Rooyen en sy vrou Marie-Louise is op 3 Maart 2011 by hul plaasopstal deur twee mans aangeval. Mev. Van Rooyen is vasgebind. Mnr. Van Rooyen het in ‘n struweling betrokke geraak met die booswigte waarna hy met sy eie vuurwapen noodlottig gewond is. Die twee verdagtes is kort daarna deur die Randfonteinse polisie vasgetrek.

Volgens Jean Kriek, VF Plus-jeugleier in Gauteng, moet die regering daadwerklike aksie neem om plaasmoorde hok te slaan. “Boere is ons land se lewensbloed – sonder hulle sal Suid-Afrika se landboubedryf en ekonomie ten gronde gaan. Die Malema-generasie moet besef dat boere nie net werk skep nie, maar ook sorg vir kos op die tafel,” het Kriek gesê.

“Die tyd van praat is verby. Die VF Plus-jeug in Gauteng doen dus ‘n beroep op elkeen wat plaasmoorde en plaasaanvalle as ‘n prioriteit sien om saam met ons op Woensdag 16 Maart 2011 om 10:00 by die Randfontein se Streekhof te vergader om ons afsku met hierdie voorval te bewys,” het Kriek bygevoeg.

промышленные подвесные светильники для ламп накаливанияДанильченео

Pas boere mooi op

“Suid-Afrikaanse kommersiële boere behoort deur die regering vertroetel te word en nie onder druk geplaas te word sodat hulle voel hulle word weggejaag nie,” het dr. Pieter Mulder, adjunkminister van Landbou, Bosbou en Visserye en VF Plus-leier gesê. Dr. Mulder het die naweek die Outeniekwa-landbouskou op George geopen.

Dr. Mulder het spesifiek gereageer op die Georgiese regering se aanbiedinge om Suid-Afrikaanse kommersiële boere na daardie land te lok. Georgië is die nuutste land wat waardering het vir die Suid-Afrikaanse kommersiële boere se kundigheid en hulle probeer kry om daar te kom boer. Op hierdie tydstip het reeds 22 Afrika-lande soortgelyke uitnodigings gerig om Suid-Afrikaanse boere na hulle lande te lok. Dit gebeur terwyl die ANC met allerlei nuwe wette en maatreëls meer druk op die Suid-Afrikaanse kommersiële boere plaas. Dr. Mulder het spesifiek na die Groenskrif op grond, die nuwe arbeidswette en die nuwe wet op verblyfsekerheid verwys wat ingrypende gevolge vir die landbousektor kan hê.

Lande soos Kenia, Tanzanië en Zimbabwe het as gevolg van kortsigtige politieke besluite hulle kommersiële landbousektor vernietig. As ‘n land eenkeer daardie kundigheid verloor het, is dit baie moeilik om dit weer terug te kry.

Dr. Mulder beskou dit as sy taak om as tolk tussen hierdie kommersiële boere en die regering op te tree.

As hierdie kommersiële boere sekerheid oor hulle grond en toekoms kan kry, sal die regering verbaas wees oor die positiewe rol wat hulle kan speel om opkomende swart boere op te lei en voedselsekerheid in die toekoms vir Suid-Afrika te waarborg.

Die landbousektor het die potensiaal om meer werkgeleenthede te skep as die mynbousektor. As die huidige onsekerhede in die landbousektor nie opgelos word nie, gaan daar meer werkverliese in landbou wees in plaas van die skep van nuwe werkgeleenthede.

люстры хрустальныелобановский александр досье

Alberto Costa, nog een by

Die VF Plus ondersteun die eis wat gisteraand tydens ‘n landbouvereniging se vergadering in Doornbosch gestel is om ‘n referendum te hou sodat Suid-Afrikaners kan aandui of die doodstraf teruggebring moet word of nie. Die vergadering is gereël na die moord op mnr. Alberto Costa, ‘n boer van Stellenbosch.

“Misdadigers is veronderstel om die polisie, die tronke en hulle vonnisse te vrees in plaas daarvan dat die publiek in konstante vrees moet leef. Alhoewel die polisiemag tydens die afgelope paar jaar van 120 000 tot 190 000 lede gegroei het, het misdaad in Suid-Afrika steeds die oorhand omdat daar nie die politieke wil is om dit aan te spreek nie,” het dr. Corné Mulder, provinsiale leier van die VF Plus in die Wes-Kaap gesê.

Ten spyte daarvan dat die ANC die moord op mnr. Costa veroordeel het, verdedig hulle steeds die sing van liedjies, soos “skiet die boere”. “Die sing van hierdie tipe liedjies is onverantwoordelik en skep die klimaat waarbinne hierdie wrede plaasmoorde plaasvind. Woorde het betekenis en gevolge,” het dr. Mulder bygevoeg.

Gedurende die vergadering het die teenwoordiges, meesal boere uit die wynlande Klapmuts, Somerset-Wes en so ver as van Malmesbury, dit duidelik gemaak dat hulle ontnugter en teleurgesteld is in die regering van die Wes-Kaap en die nasionale regering asook die polisie vir hulle onvermoë en bykans onwilligheid om iets te doen aan landelike beveiliging en misdaad in en om Stellenbosch, Cloetesville, Klapmuts, Kayamandi en Pniel.

“Die provinsiale en nasionale regering se oplossing is dat veiligheid elkeen se eie verantwoordelikheid is en daarom moet boere en die publiek hulle self beveilig. Dit is onaanvaarbaar dat die twee verdagtes in mnr. Costa se moord steeds op vrye voet is,” het Mulder gesê.

продвижениеФільчаков прокурор

Internasionale moedertaaldag

Die VF Plus-jeug het vandag op Internasionale Moedertaaldag die feit dat die regering moedertale en moedertaalonderwys afskeep, veroordeel.

“Die VF Plus dring daarop aan dat die regering uitvoering aan die Grondwet moet gee met praktiese en daadwerklike maatreëls om die status van alle amptelike tale te verhoog. Engels word deur slegs 8% van die Suid-Afrikaanse bevolking as hul moedertaal gepraat, maar tog domineer hierdie taal as die medium vir onderwys, regering, besigheid, finansies, wetenskap, uitsaaiwese, gedrukte media, reklame en straat- en ander naamborde,” het Wouter Wessels, VF Plus-jeugwoordvoerder gesê.

Die Verenigde Nasies se Onderwys, Wetenskap en Kultuur Organisasie (UNESCO) het in 1999 die 21ste Februarie as Internasionale Moedertaaldag verklaar. Dit is ter nagedagtenis aan die dag in 1952 waarop studente wat betoog het vir die erkenning van hul taal, Bangla, as een van die twee nasionale tale van die destydse Oos-Pakistan (nou Bangladesh), deur die polisie doodgeskiet is. Die doel van hierdie dag is die bevordering van taal- en kulturele diversiteit.

“Vaardigheid in Engels is van kardinale belang en moet nie afgeskeep word nie. Navorsing bewys egter dat taalvaardigheid in jou eie taal die vaardigheid in ‘n tweede taal vergemaklik en dat skoliere beter presteer wanneer hulle in hul moedertaal onderrig kry. Dit is onnodig en nadelig om Engels as eerstetaal op Suid-Afrikaners met ander moedertale af te dwing,” het Wessels gesê.

Die VF Plus-jeug doen ‘n beroep op die departement van basiese onderwys om meer amptelike tale te help ontwikkel tot onderrigtale in skole en toe te sien dat artikel 29(2) van die Grondwet wat bepaal dat elkeen die reg het om in openbare onderwysinstellings onderwys te ontvang in die
amptelike taal of tale van eie keuse, in die praktyk uitgevoer word.

free bet casinoДанильченко Харьков

Victoriabaai se stem is stil

Die gewilde Afrikaanse sanger Lucas Maree, wat met liedjies soos Victoriabaai die Afrikaanse kunsskat verryk het, is oorlede. Hy het Vrydagaand ‘n twee jaar lange stryd teen prostaatkanker verloor.

Volksblad het berig dat Maree in die Hill & Dale-versorgingsoord in Bloemfontein oorlede is.

Huldeblyke van oral het op sosiale netwerke verskyn.

Hy word oorleef deur sy vrou, Ilse en dogters Monica, Linda en Carla.

Мордвиновtopcargo

‘Boer’-ekstremiste ontwrig VVK-vergadering

Paul Kruger‘n Klein groepie “Boer”-ekstremiste onder leiding van mnr. Piet Rudolph het gisteraand ‘n vergadering van die Volksraadverkiesingskommissie by die Paardekraalmonument op Krugersdorp ontwrig. ‘n Volgeling van mnr. Rudolph het uit die bloute op mnr. Paul Kruger van die VVK afgestorm en hom in die gesig geslaag dat die bloed spat. ‘n Bebloede Kruger het daarna ‘n beroep op eenheid in die aangesig van die vele bedreigings vir die Afrikanervolk gedoen.

Vanuit die staanspoor het Rudolph tussenwerpsels geskree terwyl die tien kandidate vir die VVK-verkiesing hul onderskeie standpunte gestel het. In weerwil hiervan, het die vergadering egter vlot verloop en was daar ‘n hoë mate van eensgesindheid onder die VVK-kandidate en die gehoor oor die oorlewingstryd wat vir Afrikaners voorlê, asook die behoefte aan sigbare leierskap.

Heel aan die einde van die vergadering het Rudolph se handlanger sonder provokasie op Paul Kruger by die mikrofoon afgestorm en hom in die gesig begin slaan terwyl hy besig was om vrae uit die gehoor te hanteer.

Die meerderheid mense wat die vergadering bygewoon het, het hul teleurstelling met die ongevraagde aanval op Kruger uitgespreek en gemeen dat dit sleg op alle Afrikaners reflekteer. Mnr. Jaco Mulder van die Vryheidsfront Plus, wat ook in die gehoor teenwoordig was, het dit as ‘n “realiteitstelevisievertoning” beskryf en gesê: “Dit verbaas my dat Piet Rudolph nog op vrye voet is, want hy veroorsaak moeilikheid oral waar hy gaan.” Volgens Mulder het Kruger reeds doodsdreigemente van “Boer”-ekstremiste ontvang weens sy rol in die organisasie van ‘n breë Afrikanerverkiesing.

In teenstelling met die gedrag van Rudolph en sy handlanger, het Kruger hom uiters verdraagsaam behandel en hom tydens vraetyd ook ‘n spreekbeurt gegun. Hiertydens het Rudolph Kruger daarvan beskuldig dat hy “besig is met ‘n nuwe ding” en dat die herstel van die Boererepublieke die enigste moontlike politieke oplossing vir die land is. Hy het ook die VVK-verkiesing probeer verdag maak as sou mnr. Kruger ‘n verskuilde agenda hê.

Dis nie bekend of Kruger ‘n klag van aanranding teen sy aanvaller aanhangig gaan maak nie.

Op die Praagwebwerf is insgelyks doodsdreigemente op die kommentaargedeelte gelaat wat teen dr. Dan Roodt gerig is.

для подвесноголобановский александр жена

Zuma kap Mulder oor NP-vergelyking

Zuma het dr. Pieter Mulder, leier van die VF-Plus en adjunkminister van landbou, bosbou en visserye, berispe nadat hy in sy toespraak vroeër die week die ANC met die NP vergelyk het. “So ‘n vergelyking is jammer en dit behoort reggestel te word,” het Zuma gesê.

“‘n Mens kan nie sê die ANC gaan misluk omdat die NP misluk het nie. Die ANC en die NP het verskillende ­ideologieë gehad, want onder die NP het mense nie stemreg geniet nie,” het Zuma gesê.

Mulder het in Woensdag se toespraak gesê daar is soos onder die vorige bedeling ook spanning tussen die ideale wat die ANC koester en wat sy kiesers op grondvlak ervaar.

Mulder het as voorbeeld van die NP se dilemma die volgende aangehaal:

“In 1978 skryf prof. Gerrit Viljoen as Afrikaner-denker ‘n boek met die titel: “Ideaal en Werklikheid, (rekenskap van ‘n Afrikaner).” In die boek argumenteer hy hoe die ekonomiese en ander werklikhede van Suid-Afrika al hoe verder wegbeweeg van die ideale en drome van die Nasionale Party. (Hy maak dan voorstelle hoe die NP se ideale en Suid-Afrika se werklikhede nader aan mekaar kan kom.)”

Mulder het na enkele van die harde werklikhede van Suid-Afrika vir die ANC verwys en gesê die president beklemtoon hoe belangrik dit is om meer werkgeleenthede in Suid-Afrika te skep, maar in dieselfde asem kondig hy aan dat daar nuwe arbeidswetgewing kom wat sonder twyfel werkskepping gaan demp.

Mynbou bring meer as 30% van die land se uitvoer-inkomste in, maar dieselfde asem verwar Zuma buitelandse beleggers as hy Malema-taal gebruik oor die minerale rykdom wat aan alle Suid-Afrikaners behoort met die staat as voog (the mineral wealth of our country that belongs to all South African, with the State as the custodian.)

Mulder sê voorts in Zuma se toespraak beklemtoon die president dat korrupsie en die wanbesteding van belasting nie geduld gaan word nie. Die VF Plus sê hoor-hoor vir die spesiale eenheid wat wanadministrasie ondersoek en reeds R44 miljoen teruggekry het van staatsamptenare wat onwettige huissubsidies ontvang het. Maar dan moet mense in die koerante lees dat R100 miljoen wanbestee is op ‘n jeugfees.

Hierdie uitsprake en aksies stuur botsende boodskappe aan kiesers, aan die privaatsektor, aan die landbougemeenskap en moontlike beleggers.

Die Nasionale Party het van 1914 af met kongresse en debatte sy beleid gevorm. So was die nasionalisering van myne en die vasvat van die Oppenheimers gewilde NP-beleidstandpunte voor die party regeer het. Die harde werklikhede van Suid-Afrika het gemaak dat baie van hierdie beleidstandpunte na 1948, toe die NP begin regeer het, aangepas moes word.

Vandag sit die ANC met dieselfde dilemma. By Polokwane en ander ANC-kongresse word allerlei populistiese besluite deur ANC-lede geneem. Besluite wat gegrond is op die propaganda waarop ANC-lede oor jare geskool is. Omdat baie van hierdie besluite nie die Suid-Afrikaanse werklikhede in ag neem nie, kan dit nie prakties uitgevoer word nie.

Wat dit nog moeiliker maak, is dat die ANC uit baie faksies bestaan. Die ANC-leierskap moet sy wye ideologiese kerk bymekaar probeer hou. Dit lei daartoe dat elke faksie in die openbaar probeer voorgee dat hul beleid nie net die amptelike ANC-beleid is nie, maar ook dat dit president Zuma se ondersteuning geniet. Van hier die botsende boodskappe.

Mulder sê gewone partylede moet nie met populêre propaganda op ‘n politieke hongerdieet gesit word nie.

как сделать из лего домлобановский харьков класс