Amerikaanse jagters kom op plaasaanval af

Amerikaanse toeriste wat gejag het, het Woensdag op ‘n egpaar in hul bed afgekom ná ‘n plaasaanval.

‘n Bekende boer van Limpopo is omstreeks 05:00 koelbloedig in sy bed doodgeskiet.

Johan Janse van Rensburg (77) is in sy slaapkamer op die Cosmopolite-plaas buite Baltimore doodgeskiet.

Sy vrou, Gloudine (65), is verskeie kere in haar bors geskiet. Sy is tans in ‘n bedenklike toestand in die Mediclinic Limpopo in Pietersburg. Sy is per helikopter na die hospitaal gebring.

‘n Polisiehelikopter, boere en spoorsnyers is op soek na die vier moordenaars.

Данильченко Юрий Брониславович

Ondersteun PRAAG deur ons boeke en internetdienste te koop

Praag het so pas ‘n nuwe boek gepubliseer, dié keer ‘n Suid-Afrikaanse uitgawe van mnr. Jared Taylor se White Identity – racial consciousness in the 21st century. Die boek is voorsien van ‘n voorwoord deur dr. Dan Roodt.

Bestel bogaande werk by die spesiale webwerf wat ons vir die boek geskep het of stuur ‘n e-pos aan inlig[by]praag.org.

Benewens boeke en e-boeke, verskaf PRAAG egter ook internetdienste. Ons basiese ADSL-diens kos slegs R200 per maand, met 3 Gigagrepe se bandwydte ingesluit! Dis baie makliker as om by Telkom, Vodacom of enige ander plek aansoek te doen, want ons handel die hele proses sommer per e-pos af. Ons vul selfs vir u die vorm in.

Dan verkoop ons nog e-lesers, tabletrekenaars, rekenaaronderdele, skootrekenaars, oorfone, luidsprekers en ‘n verskiedenheid tegnologiese produkte teen uiters mededingende pryse. Moenie huiwer om navraag te doen nie.

Hier is die adres weereens:

inlig[by]praag.org

topcargo

Ope brief aan Radio Pretoria

Hiermee gee ek kennis dat ek nie meer bereid is om as nuuskommentaarskrywer vir Radio Pretoria op te tree nie.

Wees verseker dat ek lank en diep oor hierdie saak gedink het omdat dit eintlik die enigste vlak (benewens ‘n aftrekorder) is waarop ek nog enige betrokkenheid by Radio Pretoria het, na ‘n leeftyd van 16 jaar in diens van die radio en my volk.

Met die eerste nk-vergadering wat ek bygewoon het nadat die radio deur ‘n redelike ingrypende bestuursveranderingsproses gegaan het, het ek dit baie duidelik gestel dat ek net as nk-skrywer kan optree mits die radio by sy beleidstandpunte mbt die strewe na volksvryheid bly. Willie Spies het my toe met groot emosie en oortuiging meegedeel dat niks verander het in terme van beleidsrigtings by die radio nie.

Dit is vir my hartseer dat dit nou nie meer my praktiese belewenis van Radio Pretoria en die nuuskommentare is nie. Ek weet nie of daar net ‘n bestuursprobleem is nie, maar die laaste strooi was die nuuskommentare wat onlangs oor die Afrikaanse/ANC-gesprek uitgesaai is – twee kommentare reg na mekaar met teenstrydige boodskappe.

Watter standpunt is nou eintlik Radio Pretoria s’n? As Radio Pretoria waarlik by sy beleid gebly het, was die kommentaar wat ek geskryf het, in lyn daarmee.

Daar is ook ander goed wat krap. Hoe kan ek in ‘n nuuskommentaar standpunt inneem en mense aanmoedig om nie naamsveranderings te aanvaar nie, terwyl Radio Pretoria in sy uitsendings, selfs nuusbulletins, die ANC-name gebruik?

Hoe lank voor ons in nuuskommentare moet vertel dat “grondhervorming” nie so sleg is nie, solank dit net vinnig of regverdig gebeur nie? Soos “regstellende aksie” wat net nie “verkeerd toegepas” moet word nie.

Daar word bv in nuuskommentare standpunt ingeneem teen sosialisme, maar in ‘n ateljeegesprek word die nuwe sosialistiese koers van Frankryk voorgehou as die oplossing van Europa se ekonomiese probleme.

Naweke se nuusbulletins weerspieël bitter min van enige volksgebeure en sport word al belangriker. Gereelde deelnemers aan programme distansieer hulleself van “regses”. Ek kan nie help om te wonder wie nou almal te “regs” vir die radio geword het nie.

Radio Pretoria het na my mening koersloos geraak ter wille van ‘n gewaande gewildheid onder mense wat nie die vryheidstryd ondersteun nie. Ek sou voorstel dat die radio se direksie en meningsvormers soos die hoofredakteur (wat klaarblyklik nou ‘n omproeper is) gaan sit en besluit watter koers hulle wil inslaan en dit dan in eerlikheid na die luisteraars deurgee.

Tot dan wonder ek of dit sinvol is om voort te gaan met die konsep van nuuskommentare soos dit oor die afgelope 18 jaar gevestig is. Ek kan elke oggend redelik akkuraat bepaal wie ‘n nuuskommentaar geskryf het – nie as gevolg van die verskil in skryfstyl nie, maar as gevolg die verskillende benaderings en standpunte. Dalk moet die radio maar kyk na meningsrubrieke van verskillende mense wat onder hulle eie name uitgesaai word.

Ek sien nie kans om as anonieme nuuskommentaarskrywer te deel in die blaam van menings wat nie in koers is met die radio se beleid is soos ek dit as hoofredakteur oor elf jaar in opdrag van die direksie toegepas het nie. En soos vroeër gesê – as die koers verander, wil ek nie meer skryf nie.

Ek het geen kwade gevoelens nie, net hartseer oor ‘n era wat verby is.

Boeregroete

Annemarie Joubert

22 Mei 2012

Фильчаков

Delmas-dominee se drogredenasie

Diegene wie nog nie Ds. Gawie Snyman van NG-kerk Delmas-Wes se ope brief aan Beeld onder oë gehad het nie – lees gerus onderstaande antwoord van Paul Kruger in reaksie daarop. Dit is aan Beeld gestuur, maar uiteraard nie geplaas nie.
As ‘n organiseerder van die protesoptog in Delmas, kan ek Ds. Snyman verseker dat hy besig is om polarisasie te vererger met sy aandrang op ‘n verskoning van ons kant af. Ek het op Delmas grootgeword voor sy geboorte; en om ‘n protesoptog daar (soos op enige ander plek) te reël, vereis die Wet die betrokke munisipaliteit se toestemming – nie een of ander “gemeenskapsleier” s’n nie. Net so hoef niemand hom ekskuus te vra oor sy “mooi droom van ‘n Delmas waar regverdigheid en geregtigheid heers, nou vertrap is nie” – so-iets bestaan bloot nêrens in Suid-Afrika nie. Dis onder andere die rede waarom soveel van ons nie langer deel van hierdie staat wil wees nie, maar selfbeskikking eis – soos weer in die Delmas Memorandum.

En as dit “verregs” van ‘n volk is om homself in ‘n eie staat te wil regeer, dan bestaan die grootste deel van die ganse mensdom op aarde uit “verregses” – van die Iere in die Weste tot die Japanners in die Ooste. Gepraat van die Iere: Ook in hulle geval is ‘n klomp nog altyd tevrede gewees om onder Engelse gesag te bly, en ‘n ander klomp wat hulleself wou regeer. Daarom is daar twee “Ierlande”; nadat hierdie groepe met veel onderlinge bloedvergieting moes leer om nie in mekaar se pad te probeer staan nie.

Daarom vra ons die dominee mooi: As jy gelukkig is met die land soos hy is, gun ons jou dit. Maar jy en ander witmense moet begin verstaan dat ons nie weens julle standpunt ook vasgevang moet bly in die siek gemors wat Suid-Afrika geword het nie. Los ons om hierdie saak met die Regering uit te maak. En moenie by ons kom met jou drogredenasie dat Christene veronderstel is om hierdie siek staat te verduur ter wille van “vergifnis en versoening” nie. Gaan lees jou hele Bybel.

Paul Kruger, VVK.

Ds. Snyman se brief aan Beeld:

As ‘n trotse inwoner van Delmas wat as predikant ten nouste betrokke is by die lief en leed van die inwoners, wil ek my misnoeë uitspreek oor die optrede van verregse groepe waaroor Beeld Vrydag berig het.

Ons gemeente verstaan saam met die ander gemeentes in Delmas die evangelie as ‘n boodskap van vergifnis en versoening.

Ons werk deur verskeie projekte, aksies en verhoudingbou saam om God se koninkryk gestalte te laat kry in Delmas.

Ons droom van ‘n Delmas waar regverdigheid en geregtigheid heers en verskillende groepe mekaar respekteer en lewensruimte gun.

Die groep wat Donderdag opgeruk het Delmas toe het ‘n mooi droom kom vertrap met hul arrogante, selfaanmatigende en rassistiese optrede.

Die verregse groepe het sonder om gemeenskapsleiers in die saak te ken, op ons dorp opgedaag en ‘n aksie geloods waarmee bitter min inwoners van Delmas hul kon vereenselwig en waaraan omtrent geen van die plaaslike inwoners deelgeneem het nie.

Hulle het Delmas se beeld skade aangedoen en die feit dat ons hierdie gemeenskap regtig liefhet en ken, geminag.

Hulle het ‘n tragedie misbruik om rassistiese ideologieë te versprei.

Ek dink regtig hulle skuld die inwoners van Delmas ‘n verskoning.

Фільчаков прокурор

Afrikaanse skole in Johannesburg geteiken

Die Vryheidsfront Plus is ingelig van nog ‘n Afrikaanse skool in Johannesburg, benewens die skole in die Randburg-omgewing, wat deur die onderwysowerhede geteiken word vir transformasie na Engels. Ouers van Laerskool Montanus in die Suide van Johannesburg het met sorg kennis geneem dat die skool geoormerk word vir transformasie deurdat graad een en twee klasse van volgende jaar af net in Engels onderrig gaan word. Volgens adv. Anton Alberts, VF Plus-parlementêre woordvoerder oor basiese onderwys, is hierdie deel van die program van die ANC om die Afrikaanse minderheid te ondermyn.

“Laerskool Montanus is die laaste Afrikaanse laerskool in die Suide van Johannesburg en ouers van graad een en twee leerlinge sal dus van volgende jaar af op hulle eie onkoste hulle kinders na ander Afrikaanse skole moet vervoer. Die naaste Afrikaanse laerskool blyk in Alberton te wees, maar meeste ouers woonagtig in die Suide is behoeftige mense wat nie die vervoeronkostes kan aangaan nie,” het Alberts gesê.

“Verder bestaan ‘n groot komponent van die inwoners in die Suide uit Afrikaners en bruin mense wat Afrikaanstalig is. Hierdie verwikkeling is duidelik ‘n oorlogsverklaring teen Afrikaanse minderhede in Johannesburg en die VF Plus gaan met die onderwysowerhede in die verband skakel om die kwessie aan te spreek,” het Alberts verduidelik.

Die Afrikaanse gemeenskap in Johannesburg-Suid is so gebelgd oor die transformasie-aanval op Laerskool Montanus dat hulle bereid is om ‘n publieke protesaksie te loods indien alle onderhandelinge sou faal. Die VF Plus steun die Afrikaanse gemeenskap ten volle.

прокурор Фильчаков

Groenskrif ‘n ‘rasse-aanval’ teen wit boere

Die Groenskrif oor grondhervorming is ‘n dokument wat rasse-mobilisering teen wit boere aanmoedig, het die FW de Klerk-Stigting Donderdag gesê.

“As jy die Groenskrif gelees het, sal jy die graad van rasse-aggressie wat dit bevat besef… dit is onmoontlik om te ignoreer,” het die uitvoerende direkteur Dave Steward het gesê by ‘n konferensie oor die dokument, aangebied deur AfriForum, in Pretoria.

“Die aanhitsende historiese analise is onversoenbaar met die Grondwet se doel van genesing van die verdelings van die verlede.”

Steward het gesê die Groenskrif se karakterisering van wit boere as “kolonialiste” kom naby aan haatspraak.

Hy het beswaar gemaak teen ‘n verklaring in die koerant dat “alle anti-koloniale stryd is, in wese, oor twee dinge: Die herbesetting van grond wat verloor is deur geweld of bedrog, en die herstel van die sentraliteit van die inheemse kultuur”.

Dit verkeer in stryd met die waardes van gelykheid, nie-rassigheid en menslike waardigheid, het Steward gesê.

“Dit is absoluut onaanvaarbaar om te sê dat een kulturele groep meer sentraal as is as enige ander.”

Steward het gesê die dokument sal ‘n groot impak op kommersiële boerdery, binnelandse en buitelandse belegging, en rasseverhoudinge hê.

Negentig persent van die plase wat aan swartes oorgedra is, het misluk.

“Dit is bloot ‘n weerspieëling van die waarheid dat ‘n suksesvolle boerdery ‘n groot deel kapitaal vereis, ‘n groot deel ervaring en opleiding, en dikwels ‘n groot deel geluk,” het hy gesê.

“Dit sou die toppunt van dwaasheid wees om ‘n beleid oor grondhervorming te begin wat die vermoë van ons plase om ons mense te voed sal vernietig.”

As die regering het enige hoop op versoening en nasionale eenheid koester, is dit noodsaaklik dat alle Suid-Afrikaners regverdig behandel word.

“Dit is onregverdig wat blankes aan swart Suid-Afrikaners onder apartheid gedoen het, en dit sou net so onbillik wees vir swartes om dit aan wit Suid-Afrikaners te doen in die uitoefening van hul ideologie van ‘n nasionale demokratiese revolusie,” het Steward gesê.

Akademikus Anthea Jeffery van die SA Instituut van Rasseverhoudinge, het gesê die nasionale demokratiese revolusie (NDR) van die ANC het sy wortels in Lenin se teorie van imperialisme.

“Dit beteken dat die rykdom van wit Suid-Afrikaners niks te doen het met onderneming, vaardigheid of tegnologiese voordeel nie, maar uitsluitlik met die uitbuiting en die verarming van swart Suid-Afrikaners … hierdie idee bly sentraal tot die NDR vandag.”

Jeffery het gesê die ANC se strategie- en taktiekdokumente het getoon dat die regerende party nie gerig is om ongelykhede uit te wis deur die groei van die “ekonomiese koek” nie.

“Nee, eerder deur bestaande rykdom van blankes te neem en dit oor te dra aan swartes,” het sy gesê.

“Hoewel die vooruitgang in die herverdeling van rykdom tot dusver stadig was, sal die ANC na verwagting sy pas versnel om die balans van magte te verskuif ten gunste hiervan.”

Jeffery het gesê een van die gevolge van die NDR sou wees om ‘n gesindheid van afhanklikheid van die regering te skep.

Die doel was nie self-genoegsaamheid en ekonomiese onafhanklikheid te vestig nie, maar om te verseker dat mense staatmaak op die staat vir geld, dienste, gesondheidsorg en gesubsidieerde vervoer.

“En die Groenskrif oor grondhervorming toon selfs verder dat die doel nie meer is om ‘n nuwe generasie van onafhanklike swart boere in besit van hul eie grond op te bou nie,” het sy gesê.

“In plaas daarvan, sal die begunstigdes van grondhervorming beperk word as pagters terwyl gemeenskaplike grondbesit in die voormalige tuislande behou sal word.”

Die Groenskrif oor grondhervorming bring “toenemende grondnasionalisering” mee, het Jeffery gesê.

“Daar sal geen groot knal-benadering wees nie, maar die regering sal geleidelik eienaarskap van steeds meer grond oorneem, terwyl al hoe meer Suid-Afrikaners [sal] vind dat hulle sonder individuele eienaarskap gelaat word en afhanklikheid van die staat se toestemming vir hul besetting sal wees vir die grond waarop hulle woon of werk.”

александр лобановский супермаркет класс

VVK brand SA-vlag by Delmashof

Sowat 150 mense het Donderdag in Delmas betoog ná die moord op ‘n versorger en ‘n vyf maande oue babaseuntjie, het die polisie in Mpumalanga gesê.

Volgens lt. kol. Leonard Hlathi het die betogers Donderdagmiddag ‘n griefskrif aan die plaaslike polisie oorhandig.

“Die betogers het ook op die Suid-Afrikaanse vlag getrap terwyl hulle die griefskrif oorhandig het,” het hy gesê.

Twee mans het Donderdag in die Delmas-landdroshof verskyn in verband met die moorde.

Hlathi het gesê Enock Mbele (44) en Lazarus Mabhena (54) is borgtog geweier.

“Die saak is tot 7 Junie uitgestel vir verdere ondersoek.”

Die optog is georganiseer deur lede van die Afrikaner Volksraadskommissie (VVK), wat betoog het teen gewelddadige misdaad teen vroue en kinders.

Die DA het die manier waarop die optog verloop het, veroordeel.

Anthony Benadie, leier van die DA in Mpumalanga, het gesê rassistiese opmerkings, slagspreuke en plakkate is tydens die optog gebruik.

Sommige van die plakkate het gelees: “Black cowards – leave our women and children alone”, “Besteel, verkrag, vermoor: Ons is klaar met swart Suid-Afrika” en “Barbare los ons kinders uit”.

Benadie het gesê die moorde word veroordeel en behoort elke Suid-Afrikaner woedend te maak.

“Dit is egter ongevraagd dat die VVK gekies het om so ‘n tragiese gebeurtenis tot ‘n rassistiese belediging te reduseer, deur te sê dat hierdie moord ras-gemotiveerd was.”

Paul Kruger, voorsitter van die VVK, het die aantygings ontken.

Hy het gesê die griefskrif is ‘n poging om met die regering te kommunikeer om ‘n homogene etniese staat in Suid-Afrika vir sy volk te skep.

Александр Фильчаков

Naambord in Pretoria gevandaliseer

Die nuwe naambord op die hoek van die voormalige Charles- en Walter Lanham-strate in Pretoria is gevandaliseer.

Charlesstraat is herdoop Regter Mohamed, na die eerste Hoofregter aangestel word in post-apartheid Suid-Afrika – Ismail Mahomed.

Vir die afgelope paar maande is die Tshwanemunisipaliteit in die proses om die name van die 27 strate in en rondom die stad te verander.

Die kwessie rondom die naamsverandering het selfs ‘n Nederlandse politieke party, die Partij voor de Vryheid, boos, wat die stad daarvan beskuldig dat Afrikaanse strate spesifiek geteiken word.

‘n Veiligheidswag, wat anoniem wil bly, het gesê dat hy iets vreemds opgemerk het twee weke gelede.

“Ek het ‘n silwer Polo Vivo stadig af in Walter Lanham sien ry. ‘n Man het uit die motor foto’s van die straatnaam geneem en weggery.

“Die volgende oggend het ek opgemerk dat hulle oor die nuwe straatnaam geverf het. Dit is iets wat dieselfde nag gebeur het,” sê die sekuriteitswag.

Gauteng se ANC-woordvoerder, Dumisa Ntuli, veroordeel die daad.

“Dis verkeerd om die straatname te beskadig.

“Ek glo dit is mense wat nie verandering in Suid-Afrika wil aanvaar nie. Hulle is teen die transformasie van die land.

“Ek het gehoop na die spies-sage sal die mense ‘n ding of twee oor hulle optrede leer,” sê Ntuli.

Paul Krugerstraat en Pretoriusstraat sal glo, volgens die ANC, onveranderd bly.

topcargo отзывы

Tshwane gaan DA-woonbuurte verswart

Kgosientso Ramo­kgopa, uitvoerende burgemeester van Tshwane, het in sy begrotingstoespraak R301,9 miljoen toegewys om in die volgende drie jaar die ooste van Pretoria te verswart.

Dié wit buurte stem grootliks vir die DA. Ramokgopa sê arm en ryk sal waarde vir hul geld kry as die armes neffens die ryk, “melkoeie” intrek.

“Die armes wat daagliks ver moet reis, gaan hervestig word in woonbuurte soos Brooklyn en Menlyn in die ooste van Pretoria.

“Daar gaan mense wees wat daarteen gekant sal wees en sommige sal hof toe gaan daaroor. Die hof sal egter nie die stad herorganiseer nie. Ons sal,” het hy verklaar.

Huiswerkers en tuinwerkers sal dus langs hul werkgewers woon. Ramokgopa sê die waarde van eiendomme sal nie val nie, want nuwe huisvesting sal nie armoedig lyk nie. Hy kon geen aanduiding gee van hoe dit sal lyk nie, behalwe dat dit nie “HOP-huise” sal wees nie.

“Almal weet dit is lankal nie meer net wit mense wat in gegoede woonbuurte bly nie.”

Фильчаков прокурор харькова

ANC is onverantwoordelik met rasdebatte

Die Goodman-galery en die skildery van agb. president Zuma het die afgelope week tot heftige debatte in Suid-Afrika gelei. Hierdie debatte het meer vertel van die goeie en slegte toestand van verhoudinge in Suid-Afrika as van die skildery.

Enkele voorbeelde: Die Afrikaanse Radio het ‘n uurlange inbelprogram oor die skildery gehad. Tagtig persent van die luisteraars wat ingebel het, het voorgestel dat die skildery dadelik verwyder moet word omdat dit in swak smaak is en aanstoot gee. Meeste van hierdie inbellers was Afrikaans en wit.

In ‘n soortgelyke program oor die Engelse radio het die inbellers vryheid van spraak en verdraagsaamheid beklemtoon. Die deelnemers was gelykop verdeel vir en teen die skildery. Wit en swart inbellers was aan albei kante van die argument.

Dit was vir my opvallend hoe die standpunte vir en teen die skildery nie wit teen swart was nie.

Op hierdie tydstip tree mnr. Gwede Mantashe toe tot die debat. Hy sien dit onmiddellik as ‘n saak van wit teen swart en as rassisme. Dan voeg hy by: “The more black South Africans forgive and forget, the more they get a kick in the teeth.” Wat ‘n onverantwoordelike stelling waarmee hy mense teen mekaar opsweep. Agb Blade Nzimande volg in dieselfde trant, hy gooi ook die rassekaart en skielik kry die debat ‘n ernstige rasse-inhoud wat dit aanvanklik nie was nie.

Mnr. Barend la Grange, wat rooi kruise oor die skildery geverf het, verduidelik dat hy dit gedoen het juis in reaksie op die rasse-argument om as Afrikaner te demonstreer dat hierdie nie ‘n rasse wit swart saak is nie.

Hoekom praat ek hieroor? Omdat ek moeg is daarvoor dat sommige leiers die rassekaart in elke debat gebruik. Dit geld ook vir joernaliste wat nie hulle eie rassevooroordele in rubrieke kan wegsteek nie. Die afgelope drie maande was daar verskeie sulke debatte.

Dit is kort termyn politiek. Dit is lui politiek. Dit is politiek wat mense opsweep sonder om aan die lang termyn gevolge hiervan vir Suid-Afrika te dink.

Dit is Malema politiek. Die skade wat die Malema tydperk aan wit swart verhoudinge gedoen het, kan nog nie bereken word nie. Ek het gehoop die Malema hoofstuk is afgehandel en lê agter ons.

Maar in die koerante is foto’s van die plakkate in gister se ANC optog wat lees: “Whites hate Blacks”. Dit is ‘n natuurlike reaksie van die betogers op mnr. Mantashe se stelling:

“The more black South Africans forgive and forget, the more they get a kick in the teeth.”

A reader wrote in a letter: “Racism – That little word that has become the political whip with which the ANC work the masses up into angry mobs and riots anytime something happens that they don’t like. And it’s becoming really really tiring.”

In hierdie land sal daar altyd wittes en swartes wees. Ek beplan nie om die land te verlaat nie en ek is nie van plan om my deur rassistiese propaganda te laat intimideer nie. Ons kan in konflik en haat saamleef of in harmonie en vrede. Leiers se uitsprake en voorbeeld sal bepaal watter resep van die twee ons gaan volg. Daarom is dit noodsaaklik dat ons leer om van mekaar te verskil en met mekaar te debatteer sonder om telkens agter die rassekaart te skuil.

Hoekom is hierdie politiek so gevaarlik. Omdat dit die politiek van veralgemening is. Alle wittes is rassiste, word gesê. Dit is beslis nie waar nie. Alle wittes is ryk, word gesê. Dit is nie waar nie. Gaan besoek die 70 wit plakkerskampe rondom Pretoria. Alle swartes is korrup. Dit is ook nie waar nie. Hierdie tipe politiek mag kiesers mobiliseer maar sal geen oplossings vir ons probleme bring nie.

In Zimbabwe the MDC secretary for legal affairs said: “Mugabe keeps talking about whites, about the British, about imaginary enemies and conspiracies because he has no answers for the problems created by his own government”

Dit is ‘n ou politieke tegniek. Hitler het die Jode uitgesonder as sondebokke vir alles wat in Duitsland verkeerd was. Ons weet hoe dit geëindig het. Is dit die resep wat hier herhaal word sonder om oor die langtermyn implikasies te dink?

Hoekom praat ek hieroor in die president se begrotingsdebat? Omdat ek glo dat verhoudinge die laaste paar maande in Suid-Afrika versleg het en ons dit nie so kan laat nie. As ek meer tyd gehad het, kon ek nog voorbeeld hiervan noem.

In my toesprake waarsku ek telkens teen veralgemening. Die president het verlede week by Fort Hare gesê “Don’t paint all Africans with the same brush”. Dit is die regte boodskap wat steeds sterker uitgedra moet word. Maar die boodskap moet uitgebrei word na “Don’t paint all White Africans with the same brush”. En “Don’t paint all South Africans with the same brush.” Voor ons SA se armoede, werkloosheid, tekort aan infrastruktuur, swak dienslewering, en ander probleme kan oplos, is dit belangrik dat daar wedersydse vertroue en goeie verhoudinge is. Die huidige klimaat en die onverantwoordelike uitsprake van sekere leiers bereik die teenoorgestelde.

Фильчаков прокуратура харьков