Volgens lt. kol. Leonard Hlathi het die betogers Donderdagmiddag ‘n griefskrif aan die plaaslike polisie oorhandig.
“Die betogers het ook op die Suid-Afrikaanse vlag getrap terwyl hulle die griefskrif oorhandig het,” het hy gesê.
Twee mans het Donderdag in die Delmas-landdroshof verskyn in verband met die moorde.
Hlathi het gesê Enock Mbele (44) en Lazarus Mabhena (54) is borgtog geweier.
“Die saak is tot 7 Junie uitgestel vir verdere ondersoek.”
Die optog is georganiseer deur lede van die Afrikaner Volksraadskommissie (VVK), wat betoog het teen gewelddadige misdaad teen vroue en kinders.
Die DA het die manier waarop die optog verloop het, veroordeel.
Anthony Benadie, leier van die DA in Mpumalanga, het gesê rassistiese opmerkings, slagspreuke en plakkate is tydens die optog gebruik.
Sommige van die plakkate het gelees: “Black cowards – leave our women and children alone”, “Besteel, verkrag, vermoor: Ons is klaar met swart Suid-Afrika” en “Barbare los ons kinders uit”.
Benadie het gesê die moorde word veroordeel en behoort elke Suid-Afrikaner woedend te maak.
“Dit is egter ongevraagd dat die VVK gekies het om so ‘n tragiese gebeurtenis tot ‘n rassistiese belediging te reduseer, deur te sê dat hierdie moord ras-gemotiveerd was.”
Paul Kruger, voorsitter van die VVK, het die aantygings ontken.
Hy het gesê die griefskrif is ‘n poging om met die regering te kommunikeer om ‘n homogene etniese staat in Suid-Afrika vir sy volk te skep.
