Naambord in Pretoria gevandaliseer

Die nuwe naambord op die hoek van die voormalige Charles- en Walter Lanham-strate in Pretoria is gevandaliseer.

Charlesstraat is herdoop Regter Mohamed, na die eerste Hoofregter aangestel word in post-apartheid Suid-Afrika – Ismail Mahomed.

Vir die afgelope paar maande is die Tshwanemunisipaliteit in die proses om die name van die 27 strate in en rondom die stad te verander.

Die kwessie rondom die naamsverandering het selfs ‘n Nederlandse politieke party, die Partij voor de Vryheid, boos, wat die stad daarvan beskuldig dat Afrikaanse strate spesifiek geteiken word.

‘n Veiligheidswag, wat anoniem wil bly, het gesê dat hy iets vreemds opgemerk het twee weke gelede.

“Ek het ‘n silwer Polo Vivo stadig af in Walter Lanham sien ry. ‘n Man het uit die motor foto’s van die straatnaam geneem en weggery.

“Die volgende oggend het ek opgemerk dat hulle oor die nuwe straatnaam geverf het. Dit is iets wat dieselfde nag gebeur het,” sê die sekuriteitswag.

Gauteng se ANC-woordvoerder, Dumisa Ntuli, veroordeel die daad.

“Dis verkeerd om die straatname te beskadig.

“Ek glo dit is mense wat nie verandering in Suid-Afrika wil aanvaar nie. Hulle is teen die transformasie van die land.

“Ek het gehoop na die spies-sage sal die mense ‘n ding of twee oor hulle optrede leer,” sê Ntuli.

Paul Krugerstraat en Pretoriusstraat sal glo, volgens die ANC, onveranderd bly.

topcargo отзывы

Maak 'n opvolg-bydrae