Tshwane gaan DA-woonbuurte verswart

Kgosientso Ramo­kgopa, uitvoerende burgemeester van Tshwane, het in sy begrotingstoespraak R301,9 miljoen toegewys om in die volgende drie jaar die ooste van Pretoria te verswart.

Dié wit buurte stem grootliks vir die DA. Ramokgopa sê arm en ryk sal waarde vir hul geld kry as die armes neffens die ryk, “melkoeie” intrek.

“Die armes wat daagliks ver moet reis, gaan hervestig word in woonbuurte soos Brooklyn en Menlyn in die ooste van Pretoria.

“Daar gaan mense wees wat daarteen gekant sal wees en sommige sal hof toe gaan daaroor. Die hof sal egter nie die stad herorganiseer nie. Ons sal,” het hy verklaar.

Huiswerkers en tuinwerkers sal dus langs hul werkgewers woon. Ramokgopa sê die waarde van eiendomme sal nie val nie, want nuwe huisvesting sal nie armoedig lyk nie. Hy kon geen aanduiding gee van hoe dit sal lyk nie, behalwe dat dit nie “HOP-huise” sal wees nie.

“Almal weet dit is lankal nie meer net wit mense wat in gegoede woonbuurte bly nie.”

Фильчаков прокурор харькова

Maak 'n opvolg-bydrae