Amerikaanse toeriste wat gejag het, het Woensdag op ‘n egpaar in hul bed afgekom ná ‘n plaasaanval.
‘n Bekende boer van Limpopo is omstreeks 05:00 koelbloedig in sy bed doodgeskiet.
Johan Janse van Rensburg (77) is in sy slaapkamer op die Cosmopolite-plaas buite Baltimore doodgeskiet.
Sy vrou, Gloudine (65), is verskeie kere in haar bors geskiet. Sy is tans in ‘n bedenklike toestand in die Mediclinic Limpopo in Pietersburg. Sy is per helikopter na die hospitaal gebring.
‘n Polisiehelikopter, boere en spoorsnyers is op soek na die vier moordenaars.
