Nou word Reitz-koshuis swart

Image12:52:08 Jan van Niekerk, provinsiale jeugleier van die VF Plus in die Vrystaat, het met skok gereageer op die Universiteit van die Vrystaat se voorneme om 50 swart studente met Thukata-beurse in die Reitz-kamerwonings te huisves. Volgens Van Niekerk bevestig hierdie optrede van die UV-bestuur weereens hul onsensitiwiteit teenoor die blanke studente aan die UV.

“Deel van die kritiek van blanke studente oor integrasie, was dat die UV net blanke koshuise wil verswart”, het van Niekerk bygevoeg.

Die redes wat die UV aangevoer het waarom Reitz-kamerwonings gesluit moes word, was onder andere om rassisme te beveg en rasseversoening aan te moedig. Die huidige besluit om 50 swart studente in die koshuis te huisves, getuig van die UV-bestuur se eensydige transformasiebeleid.

Volgens Wouter Wessels, Leier van die VF Plus Kovsies, was die VF Plus van die begin af gekant teen die sluiting van Reitz, aangesien ‘n hele koshuis gestraf is vir vier studente se sogenaamde verkeerde optrede.  Dit was vir die VF Plus onaanvaarbaar dat die inwoners so vinnig, in die middel van ‘n eksamen, uit die koshuis moes trek.  Dit is nou duidelik dat die bestuur steeds nie met hul beplanning vir die diversiteitsinstituut begin het nie en kon hulle die inwoners minstens tot aan die einde van 2008 se akademiese jaar in die koshuis laat aanbly het, soos die VF Plus Kovsies voorsgestel het.

Die huidige plan om ‘n gedeelte van die perseel aan die Thuthuka-beurshouers af te staan, is onaanvaarbaar.  Wessels het bevestig dat die VF Plus Kovsies binnekort met die UV-bestuur sal vergader om hierdie dringende aangeleentheid te bespreek.

светильникЛобановский Харьков

Vryheidsfront Plus wen Tuksverkiesing vir 12de agtereenvolgende keer

16:07:45 Die Vryheidsfront Plus-gesteunde kandidate het 75% van die setels ingepalm tydens die onlangse studenteraadsverkiesing van die Universiteit van Pretoria. Dit is die twaalfde agtereenvolgende keer dat die VF+TAS dié oorwinning behaal.

Die algemene vergadering het vandag byeengekom en Hector Beyers en Charl Oberholzer van VF+TAS is as onderskeidelik voorsitter en onder-voorsitter aangewys.

Volgens die VF Plus-jeugleier, Cornelius Jansen van Rensburg, is hierdie `n bewys dat studente steeds gemakliker is om vir polities gesteunde kandidate te stem as vir sogenaamde onafhanklike kandidate.

Hector Beyers sê studenteregte en die onafhanklikheid van studentestrukture moet as belangrik geag word. "Ons beoog om tydens hierdie termyn studentebelange van alle studentegemeenskappe te bevorder”, het Beyers bygevoeg.

Die TUKS-SR-verkiesing was die laaste van `n reeks SR-verkiesings waaraan die VF Plus-jeug suksesvol deelgeneem het.

реглан для девочки 4 летФильчаков

Straatnaamkwessie ‘n krisis, s? VF Plus

“Die ANC se roekelose hantering van die straatnaamkwessie in Pretoria het nou krisisafmetings aangeneem en verg nou dringend ingryping.”

Dit was die reaksie van die VF Plus se LP en voorsitter in die Groter-Pretoria streek, Willie Spies, op die geweld wat gisteraand in die Pretoria-Noord stadsaal uitgebreek het tussen strydende faksies oor die naamkwessie.

Die geweld het uitgebreek toe 'n swart inwoner 'n wit inwoner, volgens berigte van agter met 'n stoel geslaan het. Tydens die daaropvolgende hewige argumente is 'n wit inwoner gearresteer, terwyl die persoon wat die aanval met die stoel geloods het nie eens aangespreek is nie – hy is trouens later weer deur die organiseerders van die vergadering na die verrigtinge teruggenooi.

Spies het gesê die saak moet nou uit die hande van die plaaslike ANC geneem word omdat die ernstige spanning wat deur hulle aksies geskep word, 'n landswye impak kan hê.  Die party het gesê dat hy sy voorbereiding van regsaksie teen die stadsraad gaan versnel om die proses so gou moontlik onwettig te laat verklaar deur die howe.

аксессуары для баниФильчаков

Metropolisie tree ‘soos Gestapo’ op in Pretoria

Image

Swart polisieman gebruik geweld teen blanke Afrikaanse vrou, gisteraand in Pretoria

07:34:07 'n Vergadering oor straatnaamsveranderings in Pretoria gisteraand het handuit geruk, met swart metropolisielede wat geweld teen blanke Afrikaanse vroue gebruik het (sien foto hiernaas).

Die vergadering is deur verskeie Afrikanergroepe bygewoon, waaronder Afriforum en die Verkennersjeug. Die byeenkoms het sonder probleme begin maar toe Mnr. Jan Beyers van die Verkenners se punt van orde blatant van die tafel gevee is, het ontstoke lede van die vergadering hul stemme laat hoor.

Mnr. Beyers se punt van orde het behels dat die vergadering moet verdaag aangesien dit 'n onwettige vergadering was.  Terwyl daar aangedring is dat die punt van orde aanvaar moes word, het polisieverteenwoordiging skerp toegeneem.  Gemoedere het begin oplaai tussen diegene wat gekant was teen die naamsveranderings en diegene wat daarvoor was.

Lede van die SAKP en ANC in T-hemde van hul partye het luidkeels hul steun vir die naamsveranderings te kenne gegee. Geweld het uitgebreek toe 'n lid van die SAKP/ANC 'n stoel na die Verkenners geslinger het. Die swart Metropolisielede het hul egter aan die kant van die SAKP/ANC geskaar en hardhandig teen Verkennerlede begin optree. Een lid van die Verkenners is in hegtenis geneem.

Mnr. Werner Smook, voorsitter van die Verkennersjeug, het gesê: "Die arrestasie is onregmatig en die behandeling van die polisie was hardhandig en uiters eensydig. Verskeie lede van die Verkenners oorweeg regstappe in verband hiermee."

Ná die arrestasie is die ligte van die saal afgeskakel en die polisie het die aanwesiges met traangas bestook. Die meeste mense wat teen die naamsverandering gekant was, het op dié stadium die saal verlaat.

Hierna is die vergadering egter hervat met die doel om "steun" vir die naamsveranderings te betoon. Volgens mnr. Werner Smook "is verskeie van ons lede met arrestasie gedreig indien hulle weer die saal sou betree. Gevolglik is die vergadering verder bykans net bygewoon deur lede van die SAKP/ANC. Dit is uiters ondemokraties en op grond daarvan alleen is die vergadering 'n klug en verwerp ons die uitkoms daarvan."

Mnr Kallie Kriel van Afriforum het 'n poging aangewend om die polisie te oortuig om die SAKP/ANC-lid wat die Verkenners met die stoel geslaan het, te arresteer. Hy het die persoon aan die polisie uitgewys, maar is toe self hardhandig uit die saal verwyder. Blykbaar is mnr Kriel ook deur 'n senior lid van die Metropolisie aangerand.

Agterna is vorms uitgedeel waarop voorstelle vir nuwe straatname gemaak kon word. Volgens die Verkenners se woordvoerder "bevestig dit weereens dat die metroraad die besluit alreeds geneem het om die name te verander. Geen kans word dus gegun om teen die veranderings te protesteer nie. Die Verkenners is 'n vreedsame kultuurorganisasie en betreur die gewelddadige optrede van die ANC/SAKP en die polisie wat van Gestapo-tipe optrede gebruik gemaak het."

slots gameлобановский депутат

Pretoria? Kom maak jou stem dik!

Woensdagaand, 22 Oktober, om 19h00 in die Pretoria-Noord-stadsaal is daar 'n openbare vergadering oor die beoogde verandering van Pretoria se naam, asook 27 historiese straatname.

Alle Pretorianers word aangemoedig om op te daag.

Kom en wees rumoerig en sit jou voet neer.

Pretoria bly Pretoria!

Saam kan ons dié lawwe, verregaande en verdelende idee in sy spore stuit.

Wees daar!коврики пазлыАлександр Фильчаков Васильевич

Swart mense is hul eie grootste vyand

Swart mense is hulle eie grootste vyand, het Lot Ndlovu, president van die Swart Bestuursforum (SBF) vandag gesê.

Swart mense swaai vinnig om na materialisme, soos mens kan sien aan hoe vinnig hulle hul luukse motors en huise vertoon. Ndlovu het dit as baie kras beskryf.

Hy sê dat baie swart besigheidsmanne net daarop uit is om hulleself te verryk, en dat hulle nie in transformasie belangstel nie.

Volgens hom het die transformasieproses gestruikel en hy meen dat sommige swart sakemanne nie deel is van die program nie.

Ndlovu het met afgevaardigdes gepraat oor die belangrikheid daarvan om goed te presteer in mens se werk. Hy het gesê dat swart mense hulle eie grootste vyande is.

Ndlovu, wat die visevoorsiter is van die Nedbankgroep, het gesê dat topswartuitvoerendebeamptes dikwels nie hulle eie maatskappye se gebrek aan transformasie kritiseer nie.

Hulle vermy die onderwerp van die bevordering van swartmense, vanuit ‘n gevoel van skuld teenoor dié wat hulle in die magsposisies geplaas het.

Ndlovu het gevra vir die aanstelling van ‘n liggaam wat swart bestuurders kan aanbeveel, om te sorg dat dié bevoegde mense in senior poste in maatskappye aangestel word.

Volgens hom moet daar gekyk word na die aanstelling van mense, aangesien mense dikwels as uitvoerende beamptes aangestel word, terwyl daar vrae is oor hulle bevoegdheid. Hy sê dat die oplossings vir die probleem antwoorde uit eie bodem verg.

Hy sê dat dit tyd is vir swart leiers om transformasie die eerste prioriteit te maak, en het ook bygevoeg dat daar ongelooflike onregverdighede aangaan met sommige swartbemagtigings transaksies. Volgend hom is dit belangrik om te gaan slaap met ‘n skoon gewete.

Ndlovu se stelling oor materialisme het kommentaar van die moderator van die sessie ontlok toe hy gesê het dat hy bly is hy het sy duur mansjetknope nie vandag aangehad nie.

Blade Nzimande van die SAKP het gesê swart besigheidsmanne kan aan hulle SEB-skoene herken word, omdat die punte nouer word, en dit is so lank dat die mense agteruit na ‘n deur toe moet loop om te voorkom dat die skoene klop aan die deur voordat die persoon by die deur kom.        

как называется парусный спортлобановский александр компромат

AfriForum teleurgesteld oor Naas Botha

15:04:37 Die burgerregte-inisiatief AfriForum het sy teleurstelling uitgespreek met Naas Botha se uitlating in die media dat “as hulle die Springbok wil skiet, moet hulle dit nou doen en klaarkry.”

Volgens Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, het die Springbok-tradisie 'n groot rol gespeel om Botha as rugbylegende te help vestig en sou 'n mens verwag dat iemand soos hy nie voor politieke druk van radikale elemente soos Butana Komphela moet swig nie.

“Botha verdien vandag groot geld as rugby-aanbieder op die rug van die Springbok en nou is hy nie bereid om die hand wat hom voed in beskerming te neem nie,” het Kriel bygevoeg.

Kriel het ook aangedui dat AfriForum nie die stryd vir die behoud van die Springbok gewonne sal gee nie.  Volgens hom het AfriForum reeds 'n regsopinie van 'n senior advokaat aangevra om die nuwe Sportwet ongrondwetlik te laat verklaar.  Dit is volgens Kriel nodig omdat dit juis die nuwe Sportwet is wat dit vir elemente wat buite rugby staan, moontlik maak om polities in te meng in rugby se sake en van die Springbok ontslae te probeer raak.  “Die Springbok is 'n geregistreerde handelsmerk van die Suid-Afrikaanse Rugby-unie en inmenging om dit te verwyder, sal op onteiening neerkom,” het Kriel gesê.

playлобановский александр игоревич класс

VF Plus eis dat SARU teen Luke Watson optree

11:56:45 Die VF Plus eis dat die Suid-Afrikaanse Rugbyraad teen Luke Watson optree en seker maak dat hy nooit weer vir Suid-Afrika en

Image

Pieter Mulder

die Springbokspan speel nie.

Volgens dr. Pieter Mulder het "Luke Watson in die verlede vasgehaak, iets wat blyk uit die feit dat hy op die Springboktrui wat president Mandela as ’n gebaar van versoening reeds in 1995 aangetrek het, wil braak. Beter as Suid-Afrika se Olimpiese span of as die Suid-Afrikaanse sokkerspan was die Suid-Afrikaanse rugbyspan reeds twee keer sedert 1994 as Springbokke wêreldkampioene. In albei gevalle het die Springbokspanne groot oorwinningsoptogte deur die land gehou en is hulle triomfantlik uit alle gemeenskappe ontvang en toegejuig na hulle oorwinnings."

Mulder meen dat daar "geen verskil tussen Luke Watson se snedige en vernederende opmerkings teenoor Afrikaners (Dutchmen) en die snedige en vernederende opmerkings van die groep op Face Book oor Swartes is nie. Hopelik sal die media en die publiek se reaksie op albei hierdie situasies ewe afkeurend wees."

In die lig van Watson se afkeur om vir die Springbokke te speel, is dit seker logies om af te lei dat hy die geld wat hy van die rugby-unie ontvang het na die Springbokwedstryde waarin hy opgetree het, nie vir homself gehou het nie, maar dit vir ontwikkeling of soortgelyke goeie sake geskenk het.

Die VF Plus se uitdaging teenoor mnr. Butana Komphela en Luke Watson bly staan dat hulle hulle standpunte oor die Springbokembleem by die Curriebekereindstryd in Durban moet kom stel. Ná alles is dit die rugbyondersteuners wat daar teenwoordig is, wat honderde rande betaal om rugby finansieel aan die gang te hou en dit vir die borge die moeite werd maak om die sport te ondersteun.

Die Vryheidsfront Plus aanvaar dat rugbyondersteuners in die toekoms ook hulle gevoelens en misnoeë teenoor Luke Watson sal betoon waar hy ook al weer op ’n rugbyveld verskyn. Die VF Plus beoog om 'n petisieveldtog te loods waar Suid-Afrikaners en rugbyliefhebbers hulle sienings oor die Springbokembleem en Luke Watson kan laat hoor.

free money mobile casino no depositДанильченео

Finansi?le storm laat Trevor senuagtig

Afrika se ekonomiese kragreus is "redelik goed verskans" teen die wêreldwye finansiële krisis, sê Trevor Manuel. Maar die Minister van Finansies het alles behalwe op sy gemaklik gelyk of noemenswaardige vertroue ingeboesem tydens sy verklaring.

Hy het in 'n radio-onderhoud gesê Suid-Afrika is redelik goed geïnsuleer. Ter selfde tyd het hy gewaarsku dat uitvoere geraak gaan word deur die skielike internasionale geldtekort.

Manuel sê goud is nog nie deur die krisis beskadig nie. Baie beleggers soek skuiling in goud.

Maar Suid-Afrika voer nog baie ander produkte, insluitende papier, motoronderdele en staalprodukte uit. Dié kan skielik 'n koue skouer op internasionale markte kry.

Manuel is voorts versigtig optimisties oor Suid-Afrikaanse banke om die krisis te oorleef.

"Ons banke is onder goeie toesig en ons is relatief versekerd aan die bankkant," het hy gesê terwyl hy minder as algeheel seker van homself klink.

Suid-Afrikaanse banke is min of meer verskans deur die sogenaamde sub-prima krisis wat verwoesting in die Amerikaanse geldmark gesaai het.

Kenners waarsku egter dat Suid-Afrika nog self die oes van onoordeelkundige SEB en Regstellende Aksie-lenings van die lande moet afkry.

Die aandelebeurs het vandag by tye amper agt persent gedaal.

для автодиагностикиданильченко юрий брониславович прокурор

‘Naamsveranderings betrek beginsel, nie ras’

11:19:02 Die Vryheidsfront Plus het dit verwelkom dat die plaaslike arm van nog 'n opposisieparty, die United Democratic Movement (UDM) van

Image

Conrad Beyers

mnr. Bantu Holomisa, hulle teenkanting teen die verandering van straatname in Pretoria uitgespreek het tydens 'n openbare deelnamevergadering in die middestad van Pretoria.

Vroeër is berig dat die Inkatha Vryheidsparty (IVP) ook teen die naamsveranderinge is.

Volgens mnr. Conrad Beyers, VF Plus-raadslid in die Tshwane-metroraad, onderstreep die UDM en IVP se standpunte dat die protes teen die naamsveranderinge nie 'n rassestryd tussen wit en swart is nie, maar 'n beginselsaak rondom verdraagsaamheid en wedersydse respek vir die kulture en geskiedenis van al die land se gemeenskappe.

Volgens die VF Plus is die chaotiese en polariserende aard van al die openbare deelnamevergaderings 'n bewys dat die plaaslike ANC sy hand oorspeel het en buite orde is.

"Daar is geen debat nie, geen gesprek nie – net totale polarisasie. Mens kry die indruk dat 'n paniekerige Mbeki-faksie wat tans die stadsraad beheer, moedswillig die skaakbord omgooi voordat hulle die gemors aan hulle politieke opponente oorhandig," het Beyers gesê.

Die VF Plus het gesê dat die party oop is vir onderhandelinge oor 'n billike skikking rakende straatname in die stad, maar dat die huidige proses totaal gebrekkig is en gestaak moet word.

"Dit sal wys wees om te wag tot die 2009 algemene verkiesing afgehandel is sodat koelkop en gebalanseerde onderhandelinge met die nuwe regering oor die saak gevoer kan word."

Die VF Plus het gesê dat gesprekke op nasionale vlak oorweeg moet word om die plaaslike ANC tot orde te roep. Mnr. Mathews Phosa, ANC-tesourier-generaal, het gister gesê dat die ANC die 'bal laat val het' rakende versoening tussen die verskillende rasse in Suid-Afrika.  Die plaaslike ANC probeer om die laaste hoop op versoening in Pretoria uit te wis.

how to promote in instagramпрокурор Фильчаков