‘Slabbert sal gemis word’ – Mulder

Die VF Plus spreek sy simpatie uit teenoor die familie en naasbestaandes van dr. Frederik van Zyl Slabbert met sy afsterwe.

Dr. Slabbert het oor ‘n lang tyd ‘n belangrike rol in die Suid-Afrikaanse politiek gespeel. Ek het by verskillende openbare en privaatgeleenthede met hom te doen gekry en was deurlopend beïndruk met die eerlikheid waarmee hy alle sake benader het. Of jy met hom saamgestem of verskil het, het hy almal op dieselfde hoflike manier hanteer en ‘n integriteit na die politiek gebring wat vandag dikwels kortkom.

Sy politieke insigte en kommentare sal gemis word.

дитячі машинкиФильчаков прокуратура харьков

ET as vark uitgebeeld

Skilderye wat die vermoorde AWB-leier, Eugene Terreblanche, as ’n vark uitbeeld word tans by die Kasteel de Goede Hoop in Kaapstad tentoongestel.

Die kasteel word uitgehuur aan Good Hope Art, ’n organisasie wat werksessies aan agtergeblewe kunstenaars bied. Die organisasie word deur Truworths geborg.

Die bestuurder van Kasteel de Goede Hoop, kapt. Francois Morkel, was heeltemal uit die veld geslaan toe hy oor die skilderye ingelig is, berig die Volksblad.

Die skilder, Ayanda Mabulu, is onbeïndruk deur die kritiek wat sy werke intussen uitgelok het.

Lees meer.

постройкалобановский класс харьков

Veerpyltjies na Malema?

Die VF+ Studente hou vandag ‘n verkiesing op die kampus van die UP.  Stembriewe sal in die klas uitgedeel word wat ‘n paar kort vrae rondom Malema bevat.  Die opskrif van die stembrief lui “Dilemma Malema”.  Die stempunt sal in die Piazza wees waar studente se gevoel rondom Julius nagevors sal word.

Dawie Diamond, VF+ studente TUKS se voorsitter, het verduidelik dat Malema se onverantwoordelike uitsprake studente ook negatief beïnvloed en sorg vir rassepolarisasie op die kampus.  “Malema se uitsprake is onverantwoordelik en studente moet ook in die debat tree om Malema se tirade te stuit,” het Diamond gesê.

Een van die stembrief-vrae lui dan ook as volg:  “Sou u ‘n aksie ondersteun waar daar ‘n plakkaat van Julius Malema opgesit word en deur studente met veerpyltjies gegooi word?”   VF+ studente meen dat dié ‘n metode sal wees om studente van hul spanning rondom Malema te verlig.

Diamond het ook verder gesê dat die VF+ studente ‘n mandaat van studente wil verkry om aksie en verdere optrede teen mnr Malema te bewerkstellig.

проекты домов с саунойДанильченко Харьков

ET se moord was beplan

Eugene Terre’ Blanche se dood was na bewering weens ’n dispuut oor salarisse én vermiste vee in die skuur op die sy plaas beplan, het die Ventersdorp-landdroshof Maandag gehoor.

“Hulle het beplan om Terre’ Blanche te vermoor,” het die ondersoekbeampte Ttietsi Mano gedurende die borgverhoor van een van die beskuldigdes, Chris Mahlangu, getuig.

“Die man gee ons moeilikheid. Ons gaan hom doodmaak,” het die verdagtes volgens Mano gesê.

Die hof het Maandag gehoor dat Mahlangu en sy 15-jarige medebeskuldigde na ‘n winkel gegaan het om ’n ysterpaal te koop waarmee hulle in die huis ingebreek het.

Hulle het Terre’Blanche in sy slaap met die paal en die panga aangeval.

Mano het gesê Mahlangu het die moordtoneel vir die polisie gaan wys, wat as ‘n erkenning van die moord beskou word.

Mano is tans uit op borgtog nadat hy Vrydag in hegtenis geneem is.

Volgens ‘n voorlopige opsomming van feite, meen staatsaanklaer George Baloyi, is Terre’ Blanche talle kere teen sy kop met die wapens gekap.

Hy het 28 beserings aan sy gesig, brein, tong, skedel, ribbekas en lewer gedurende die aanval opgedoen.

Die moordenaars het kort ná die moord Terre’ Blanche se selfoon gesoek om oor die moord te “spog”.

“Hulle het drie plaaswerkers gekonfronteer, waartydens beskuldigde nommer een aan hulle gesê het hy is nou hulle nuwe baas,” het Baloyi uit die opsomming van feite gelees wat Mano bevestig het.

Crimen injuria, wat aanvanklik ingesluit is omdat Terre’ Blanche se broek na die moord afgetrek was, was nie op Maandag se lys van klagtes nie.

Die 15-jarige het skool verlaat om vir Terre’ Blanche teen R500 en ‘n bed in die skuur te gaan werk.

Terre’ Blanche, ‘n knap ruiter, het die seun aangestel om na sy vee om te sien.

Hy het hom ook kos (pap en melk) gegee, wat per geleentheid vleis ingesluit het, het sy regsverteenwoordiger, Zola Majavu, gesê.

Die minderjarige gaan op 10 Junie onskuldig pleit wanneer hy na Ventersdorp terugkeer om vir borgtog aansoek te doen.

Sy verhoor begin in September.

Terre’ Blanche se broer, Andries Visagie, asook die sekretaris-generaal van die Afrikaner Weerstandsbeweging (AWB) was teenwoordig by die hofverrigtinge.

topДанильченко

Louis Trichardt weer Makhado

Hofbeslissings help blykbaar nie veel om Afrikaanse plekname te verseker nie, aangesien Louis Trichardt binnekort weer Makhado gaan wees.

Die Pleknaamraad in Limpopo het die naamsverandering weer goedgekeur. Boy Mamabolo, voorsitter, sê die voorstel is aanvaar en daarmee basta.

Mnr. André Naudé, voorsitter van die Louis Trichardt-voorsittersvereniging (VSV), het gesê ontstoke wit inwoners sal die saak weer tot in die hoogste hof neem.

In Maart 2007 het vyf appèlregters beslis het daar was nie genoeg raadpleging van die gemeenskap oor die naamsverandering nie en dat die dorpsnaam Louis Trichardt moet bly.

Weke na die hofuitspraak het die munisipaliteit egter weer met ’n proses begin om die dorp se naam te verander.

Lulu Xingwana, minister van kuns en kultuur, sal die finale goedkeuring gee.

free online slot games with bonusпрокурор Фильчаков

Van Zyl Slabbert ernstig siek

Die politieke waarnemer Frederik van Zyl Slabbert is weens ’n ernstige lewersiekte by die Milpark-hospitaal in Johannesburg opgeneem, het Beeld Donderdag berig.

“Hy is in ‘n stabiele toestand,” het die hospitaal se woordvoerder, Erin Smylie, gesê.

Beeld het berig sy toestand is “ernstig” en dat hy kort-kort sy bewussyn verloor.

Van Zyl Slabbert (70) het verlede jaar as kanselier van die Universiteit van Stellenbosch weens gesondheidsredes bedank.

Crime Scenetopcargo кидалы

Sakeman speel vlagman

‘n Sakeman van Krugersdorp moes Dinsdagmiddag vlagman speel omdat ‘n kontrakteur nie noodsaaklike waarskuwingstekens  aangebring het terwyl sy werkers gras op die middelman van die R28-snelweg gesny het nie.

Mnr. Schalk Beetge vertel hy was Dinsdagmiddag omstreeks 13h00 vanaf Krugersdorp na Pretoria oppad toe hy opmerk dat die pad by die Sula Via-ingang op die R28-hoofpad skielik vernou.  Die volgende oomblik het sy motor die bord en groot klippe getref.  Die motor het ook ‘n padwerke-waarskuwingsbord  waarvan die voetstuk met klippe toegepak was getref nadat hy probeer uitswaai het.  As gevolg van die druk verkeer aan sy linkerkant het dit hom egter verhoed om betyds te uit te swaai.  ‘n Paar meter verder was sowat 30 mense besig om die gras op die middelman  te sny terwyl die motors verbysnel.

“Ek het gestop en besef dat dié situasie iemand se lewe kan kos. Ek het na die provinsiale kantore in Sterkfonteinweg, Krugersdorp gery en ‘n man met die naam Hannes Matthews van die situasie vertel.  Hy het die kontrakteur geskakel en gesê hulle moet dadelik ‘n vlagman aanwys.  Ek is sowat ‘n uur later terug na die gevaarsone en het die vlag maar geswaai tot die gras klaar gesny is.”

Mnr Beetge het mnr. Jaco Mulder, inwoner van Krugersdorp en Vryheidsfront Plus-leier in Gauteng geskakel en oor die situasie ingelig.  Mulder het via die VF Plus-dienssentrum onmiddellik hulp uitgestuur na die toneel waar mnr Beetge intussen reeds alles onder beheer gebring het.

“Hierdie is ‘n voorbeeld van nalatige optrede deur kontrakteurs wat tot lewensverlies kan lei. Die VF Plus gaan die saak met die owerhede en die diensverskaffers opneem en toesien dat dié tipe optredes onmiddellik gestaak word,” het Mulder gesê.

Onskuldige mense kan in ‘n oogwink hul lewens verloor of in so ‘n mate beseer word dat hulle geen aktiewe rol in die samelwewing kan speel nie.  Hy het Beetge ook geprys vir sy flinke optrede en gesê dat landsburgers toemend self sal moet ingryp waar die owerhede faal totdat ‘n behoorlike regering sake beter kan bestuur.

купальники шорты для девочекДанильченко Харьков

185-Kommissie vaar ellendig

Die Kommissie vir die Bevordering en Beskerming van die Regte van Taal, Godsdiens en Kultuurgemeenskappe het in die ad hoc verslag van die Komitee in die Hersiening van Hoofstuk 9 instellinge van die Grondwet (gedateer 31 Julie 2007), ‘n baie swak rapport gekry. Sedertdien is die verslag van die ad hoc Komitee nog nie ter tafel geneem nie. Nou blyk dit dat die Kommissie sedert 1 Januarie 2010 nog vrotter vaar as die voorafgaande vyf jaar.

Sedert hierdie datum het die Afrikaner Alliansie nog nie ‘n woord van die Kommissie gehoor nie. Inmiddels word ek as eertydse Kommissaris meegedeel dat die werksaamhede van die Kommissie, wat sy Kommissarisse betref, prakties tot ‘n stilstand gekom het. Van die redes wat aangevoer word, is dat die betaling van die personeel, sodanig is dat daar weinig geld vir projekte is.  Inmiddels moes die Kommissie ‘n bedrag van R380 000 aan die voormalige Hoofuitvoerende Beampte van die Kommissie vir wederregtelike ontslag betaal.  Ook is nagelaat om in ‘n vorige boekjaar belasting aan die Belastinggaarder oor te betaal.

Ek word meegedeel dat die Voorsitter van die Kommissie ook belangrike inligting in sake die wanfunksionering van die Hoofuitvoerende Beampte van die Kommissie vir Mediasie (die sg. CCMA)  weerhou het en verklaar het dat daar nie klagtes teen die Beampte was nie.  Dit nou in weerwil van die feit dat ekself geskrewe klagtes in sake die Hoofuitvoerende Beampte na die Openbare Beskermer verwys het; klagtes wat nie behoorlik ondersoek is nie.  Dit ook ten aansien van die feit dat ‘n voormalige kommissaris en wat ook nou as kommissaris dien, ‘n mosie van wantroue teen die Hoofuitvoerende Beampte aanhangig gemaak het.

Inmiddels word verneem dat ook die Kommissie vir Geslagsgelykheid in die verknorsing sit en dat hulle onder administratiewe bestuur geplaas is.

Die wanfunksionering van die Kommissie is gewoon ‘n wandaad teen die belastingbetalers en ‘n bedrogspul ten aansien van die sg. beskerming en bevordering van gemeenskapsregte.

Vrygestel deur dr. Christo Landman, voormalige Kommissaris van die Artikel 185 Kommissie en Voorsitter van die Afrikaner Alliansie.

варианты освещения прихожейпрокурор Фильчаков

Cosas teen Afrikaanse skole en vir Malema

Die Congress of SA Students (Cosas) het gister gevra dat Afrikaanse skole gesluit word. Die organisasie het ook sy steun aan Julius Malema “in hierdie moeilike tye” toegesê.

“Cosas verwerp enige rasseneigings wat veroorsaak dat onderwysinstellings vir swart studente ontoeganklik is. Swart studente is inheems aan hierdie land en aan die Afrikakontinent en word blootgestel aan die buitelandse, onoorspronklike Afrikaans as medium van onderrig in sekere rassistiese skole, meer spesifiek in die Wesrandgebied wat onder rassistiese Afrikanerbestuur verkeer,” lui ‘n verklaring deur die Gautengse provinsiale sekretaris, Oagile Louw.

“Ons eis daarom… dat hierdie (Afrikaanse) skole onmiddellik gesluit word.”

Volgens Sapa, “herinner hierdie oproep aan die gebeure wat tot die 1976-onluste op 16 Junie toe leerlinge en die polisie in Soweto slaags geraak het. ‘n Skietery op ‘n aantel skoolkinders, asook op daaropvolgende dae, het losgebars ná ‘n protesoptog teen Afrikaans wat as ‘n onderrigmedium by skole gebruik is.”

Cosas het ook gedreig om die “ontwrigtende” SA Demokratiese onderwysersunie (Sadou) se lede van skoolterreine te verdryf aangesien “hulle nie tot die verskaffing van gehalteonderwys verbind is nie”.

Cosas het die Sadou-leierskap gemaan om “op te hou om deel van die meubels in hul spoggerige kantore te wees” en hul lede tot orde te roep.

Cosas spreek sy goeie wense uit teenoor studente wat vir die middeljaareksamens voorberei en meen dat hulle van kitskos moet wegbly om ‘n gesonde verstand te behou, dat hulle studiegroepe moet gebruik en selfs tydens die Wêreldsokkerbeker moet vergaderin die gees van Cosas se slagspreuk: “Each one Teach one”.

Die ANC se jeugleier, Julius Malema, is deur Cosas uitgesonder vir ‘n “ondersteuningsboodskap in dié moeilike en veeleisende tye”.

Malema sal eerskomende Maandag ‘n tugverhoor moet bywoon, asook in die Gelykheidshof moet verskyn weens sy openbare uitsprake rondom die liedjie “Skiet die Afrikaners”.машинка на пультідепутат лобановский

Wit armoede steeds onopgelos

President Jacob Zuma kan een ding sê net om die volgende dag ʼn handomswaai te maak op sy mening. Hy sal vir Julius Malema berispe net om hom te los as daar tugstappe moet kom. Hy sal staatsdiensamptenare waarsku om nie vir “apartheid” die skuld te gee nie, net om in sy volgende toespraak te vertel dat apartheid gelei het tot swartes se ekonomiese agterstand. Zuma sal ʼn nasionale MIV/Vigs veldtog loods net om met begerige oë na die danseresse te loer.

So het Solidariteit se Helpende Hand ʼn stel met hom afgetrap toe hy met agt ministers opgedaag het by ʼn klomp arm-blankes en die son, maan en sterre belowe het. ʼn Maand verder en niks het gebeur nie.

ʼn Maand ná besoek bly Zuma se beloftes leeg

President Jacob Zuma, agt kabinetministers en verskeie regeringslui het op 30 Maart tydens ʼn besoek aan die informele nedersetting Bethlehem meer as 1 000 arm wittes opnuut verseker dat daar vir hulle staatshulp beskikbaar is. Dit is reeds byna ʼn maand later en steeds is daar geen hulp vir hulle nie, het Solidariteit Helpende Hand gesê.

Volgens dr. Danie Langner, uitvoerende direkteur van Helpende Hand, het die organisasie reeds inligting ingewin oor verskeie voorvalle waar arm wittes toegang tot die beloofde staatshulp geweier is.

Rina Vrey (78), wat tydens president Zuma se besoek verlede maand die Helpende Hand Afrikaner Armoede-verslag aan hom oorhandig het, is kort na die besoek ingelig dat haar aansoek vir ouderdomspensioen vir die derde keer afgekeur is. Haar aansoek is intussen eers ná direkte korrespondensie met die Minister van Maatskaplike Ontwikkeling, Edna Molewa, op 21 April goedgekeur.

“Tydens ʼn besoek wat Helpende Hand onlangs aan Sassa se kantore gebring het, is Helpende Hand ingelig dat die aansoeke vir vanjaar se voedselkoepons ter waarde van R1 080 reeds op 31 Maart, ʼn dag na die president se besoek, gesluit het. Beverly Maunatlala, ʼn inspekteur by Sassa, het by navraag oor president Zuma se beloftes dat arm wittes nou vir die koepons kan aansoek doen, gesê die president weet nie wat in hulle begroting aangaan nie. Maunatlala het ook beklemtoon dat die koepons net in Maart uitgedeel is,” verduidelik Langner. Volgens haar is die “voedselkoeponstelsel korrup.”

Intussen het meer as 70 ma’s wat op 30 Maart aansoek gedoen het vir die voedselkoepons steeds geen terugvoer in die verband ontvang nie. Helpende Hand het onlangs Sassa se kantore saam met verskeie van dié ma’s besoek om die aansoeke op te volg, maar is ingelig dat die aansoeke reeds gesluit het. Talle van die aansoekers het al sedert 2008 soveel as drie keer onsuksesvol vir voedselkoepons aansoek gedoen.

“Ek wag al twee jaar vir die beloofde voedselkoepons. President Zuma het ons reeds tydens sy besoek in 2008 voedselkoepons beloof. Ek was al hoeveel keer by die welsynskantore, maar elke keer is daar een of ander verskoning,” sê Irene Erasmus ʼn gemeenskapsleier van Elandspoort.

Volgens Langner is amptenare van die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling verlede maand uitgekryt as rassisties toe hulle voedselkoepons aan arm wittes wou uitdeel.

Langner sê Helpende Hand is uiters bekommerd oor ʼn duidelike oningeligtheid van inspekteurs by Sassa oor die kwessie van wit armoede.

Maunatlala het gesê die werknemers van Sassa weet nie waar die informele nedersettings van arm wittes in Pretoria is nie. Daarbenewens blyk dit uit gesprekke met personeel dat die agentskap net in swart gebiede werksaam is.

Hoewel Helpende Hand daagliks oorval word met klagtes van siekes, gestremdes en bejaardes van regoor Suid-Afrika wie se aansoeke vir ongeskiktheidstoelaes keer op keer afgekeur word, blyk daar steeds geen uitkoms vir hulle te wees nie. Verskeie aansoeke vir onder meer ongeskiktheidstoelaes vir arm wittes word telkens afgekeur. “Die rede vir die afkeur van aansoeke is in baie gevalle onduidelik en in sommige gevalle word die rede bloot as ‘for other reason’ aangeteken,” sê Langner.

Intussen het Helpende Hand by verskeie staatsbronne verneem dat daar steeds geen besigheidsplan opgestel is om die toenemende armoede onder wittes in Pretoria aan te pak nie.

blood suckers gameДанильченко Юрий Брониславович