Vier bomverdagtes se borgaansoeke duur voort

Die Bloemfonteinse landdroshof hof het Donderdag gehoor dat die polisie bewyse in die vorm van foto’s het van een van die terreurverdagtes waar hy Mangaung besoek, asook ‘n nota geskryf deur een van die beskuldigdes, Martin Keevy, met die presiese geografiese koördinate van die Universiteit van die Vrystaat waar die konferensie plaasgevind het.

Na bewering sou mortiere op 16 Desember afgevuur word vanaf Keevy se nabygeleë stuk grond in die rigting van die vergaderlokaal, terwyl bataljonne die deelnemers binne sou hou en die nabygeleë militêre basis sou oorneem. Sowat 3.000 mense sou dan van Prieska in die Noord-Kaap na Bloemfontein reis om aan te sluit by die rewolusie, en die “Boerevolk se oorwinning oor die ANC”.

Die aanval sou plaasvind op die middag op 16 Desember, ter herdenking van die Slag van Bloedrivier, ter vervulling van ‘n profesie wat “die Boerevolk soewereiniteit in Suid-Afrika belowe”.

Maar teen 15 Desember, ‘n dag voor die beweerde terreuraanval, het die vier mans wat nog nie die bomme en masjiengewere wat hulle na bewering beplan het om te gebruik, gehad nie.

Dit is ten spyte van bewerings wat gemaak is deur die polisie dat finansiering vir die wapens in plek was.

Hofstukke wat geliasseer is in Bloemfontein onthul dat slegs die basiese besonderhede vir die doeleindes van die borgverhoor aangebied is. In ‘n beëdigde verklaring deur die ondersoekbeampte, kaptein Francois Laux, het hy verklaar: “Die rolle van die beskuldigdes en ander geïdentifiseerde verdagtes word nie ten volle uiteengesit hierin nie en sommige verdagtes se name en rolle word doelbewus nie hierin vermeld nie.

Dit is ook duidelik dat Keevy die enigste verdagte was wat teenwoordig was in Bloemfontein op die dag van die beplande moordaanslag. Sy mede-beskuldigdes is in hegtenis geneem te Douglas, Springs en Centurion.

Keevy, Mark Trollip, Johan Prinsloo en Hein Boonzaaier sal weer Vrydag in die hof verskyn in ‘n poging om borg te verseker. Die staat sal die aansoek teenstaan.

Laux se stelling bevestig spekulasie dat Trollip ‘n bekentenis aan die polisie gemaak het en dat Keevy foto’s van die eetsaal, waar die senior ANC-leiers sou eet op die dag, geneem het.

Die “SAPD se toesigspan” het foto’s van Keevy geneem, kamera in die hand.

Laux beweer dat ‘n vergadering plaasgevind het in Ficksburg, tussen Trollip en Prinsloo, waar ander “recces” teenwoordig was toe opdrag gegee is om die ANC se konferensie met bomme aan te val. Die potensiële gebruik van ‘n kanon is na bewering ook genoem.

Eposse en Facebook-plasings word as getuienis in die saak teen die vier gebruik, waarin die beskuldigdes, asook ander bekende regses, na bewering hul politieke doelwitte duidelik gemaak het.

Hierdie verklarings van lojaliteit aan die saak wat uiteindelik ‘n “onafhanklike Boerevolk” binne die grense van Suid-Afrika wil sien, sou deur middel van geweld bereik word.

Die beskuldigdes, behalwe Trollip, het die aanklagte teen hulle ontken. Hulle het ook ontken dat die Ficksburg-vergadering plaasgevind het.

In beëdigde verklarings ter ondersteuning van hul aansoek om borgtog, het twee van die beskuldigdes, Boonzaaier en Prinsloo, gesê hul besighede ly daaronder terwyl hulle in aanhouding bly en verder dat hul gesondheid en gesinne negatief beïnvloed word deur hul voortgesette gevangenisstraf.

Argumente om borgtog sal Vrydag aangehoor word.

лобановский харьков

Vier wou KKK nader vir befondsing

Een van die vier aangeklaagdes wat die ANC-konferensie op die Bloemfonteinse kampus van die Universiteit van Vrystaat (UV) in Desember met mortiere wou opblaas, het na bewering die Ku Klux Klan in Amerika vir geld genader.

Die vier het verskyn op aanklagte van hoogverraad en sameswering om terreurverwante dade te pleeg. Hulle borgaansoek word vandag in die Bloemfonteinse landdroshof voortgesit.

Hein Bonzaaier (50) van Centurion, Mark Trollip (49) van Douglas, John Martin Keevy (47) van Port Elizabeth en Prinsloo van Naboomspruit het gister in die Bloemfonteinse landdroshof om borg aansoek gedoen. 

Volgens die staatsaanklaer, adv. Shaun Abrahams, is Boonzaaier deur Johan Prinsloo (49) na Amerika gestuur om onder meer die Ku Klux Klan vir befondsing te nader.

Die staat het aangevoer dat die vier RPG-7-vuurpyllanseerders, AK 47’s, R1- en R4-aanvalsgewere, mortiere en twee bataljonne aanvalsmagte sou gebruik om pres. Jacob Zuma, ministers en ander ANC-hoës te vermoor. Hulle kon glo egter nie betyds die wapens bymekaarmaak nie.

Die vier het hulself na bewering vir “oorlog” voorberei.

Bonzaaier en die ander ontken dat hulle by “die Slag van Manguang” betrokke was.

Фільчаков Олександр Васильович прокурор

AWB-man vermoor sy vrou, gee kinders slaappille

‘n Man van Bronkhorstspruit wat sy vrou verlede week vermoor en toe selfmoord gepleeg het, het 20 jaar gelede die doodstraf gekry ná ‘n bus-aanval waarin sewe mense dood is.

Beeld berig dat Eugene Marais sy vrou, Tania, aangerand en doodgesteek het voordat hy sy drie kinders (onderskeidelik vier, vyf en 11 jaar oud) slaappille gegee het om te drink.

Die oudste dogter het dit nie gedrink nie en sowat 5 km ver gehardloop om te gaan hulp soek.

Marais (51) het reeds sy eie lewe geneem toe die polisie toegang tot die huis gekry het.

Die twee jonger kinders is na ‘n plaaslike hospitaal geneem waar hul mae uitgepomp is. Hulle is toe in die sorg van hulle grootouers geplaas.

Marais, ‘n voormalige lid van die AWB, en twee van sy vriende het ten tyde van die bus-aanval in 1990 sewe mense doodgeskiet en 27 ander gewond.

Die doodstraf is later aan hulle opgelê, maar hulle is begenadig, waarna Marais se vonnis in tronkstraf van 25 jaar omgeskakel is.

Hulle het net ‘n paar jaar uitgedien nadat die Waarheids- en versoeningskommissie (WVK) hulle amnestie toegestaan het.

Фильчаков прокурор отзывы

Vermeende saboteurs geskors uit nuwe party

Die nuutgestigte Federale Vryheidsparty (FVP) het Woensdag in ‘n uitgereikte verklaring bekendgemaak dat hy sy president, Hein Boonzaaier, en operasionele bestuurder, Johan Prinsloo, uit die party geskors het.

“Die uitvoerende raad het tydens ‘n dringende vergadering op 19 Desember besluit om president Hein Boonzaaier en operasionele bestuurder Johan Prinsloo tot verdere kennisgewing te skors,” het die nasionale sekretaris, Francois Cloete, gesê.

Boonzaaier en Prinsloo het Dinsdag saam met Mark Trollip en Martin Keevy in die Bloemfonteinse landdroshof op aanklagte van hoogverraad en terrorisme verskyn.

Die staat beweer dat hulle deel was van ‘n groep wat die “Slag van Mangaung” beplan het om die “land se leiers uit wis”.

Verder word beweer dat hulle saam met ander sedert die begin van die jaar probeer het om ‘n nuwe verregse party, die Boere Party, te stig en sabotasie te pleeg.

Die saak is tot 8 Januarie uitgestel terwyl die vier verdagtes in aanhouding sal bly.

Trollip is Saterdag op die pad tussen Kimberley en Douglas in die Noord-Kaap vasgetrek terwyl Keevy by ‘n gastehuis in Bloemfontein in hegtenis geneem is.
Prinsloo is in Springs voorgekeer en Boonzaaier is op dieselfde dag in Centurion in hegtenis geneem.

“Die party ontken steeds enige betrokkenheid in die beweerde terreur-komplot,” het Cloete gesê.

‘n Tussentydse president sal vandeesweek aangekondig word en in die pos dien tot die party se algemene kongres in Junie 2013 plaasvind.

Cloete het gesê die FVP sal in 2014 aan die algemene verkiesings deelneem om ‘n mandaat te kry vir die selfbeskikking van die Afrikaner.

топкарго

Vermeende bomplanters teiken nie Mangaung nie

Berigte dat die inhegtenisnemings van vier regses verband hou met beweerde terreurplanne by die ANC se 53ste verkiesingskongres in Bloemfontein is nog nie bevestig nie. City Press het voorheen berig dat een verdagte reeds ‘n bekentenis gemaak het.

Die Vrystaatse polisie sê egter die vier mense wat in hegtenis geneem is, is nie gekoppel aan die ANC se konferensie in Mangaung nie.

“Nee, op hierdie stadium het ons nie ‘n skakel tussen enige van die arrestasies met die konferensie hoegenaamd nie,” het woordvoerder Brigadier Billy Jones gesê.

“Die optrede van hierdie verdagtes was landwyd.”

Hy het bevestig dat slegs vier mense in hegtenis geneem is.

Die polisie het glo bewyse van onregmatighede op hul eiendomme gevind gedurende die klopjagte wat uitgevoer is.

Die nuutgestigte Federale Vryheidsparty sê minstens twee van die vier regsgesindes wat gister in hegtenis geneem is op aanklagte van beweerde terreur, is lede van dié party.

Die nasionale sekretaris van die FVP, Francois Cloete, sê die party se president en ‘n lid van hulle uitvoerende raad is op Naboomspruit, in Limpopo in hegtenis geneem.

Cloete sê die Federale Vryheidsparty streef na selfbeskikking van die Afrikaner en Boerevolk in ‘n konfederale politieke bedeling.

Die Vrystaatse polisiewoordvoerder, Brigadier Billy Jones, het vroeër gesê hulle verwag om nog mense in hegtenis te neem. Twee van die vier mans is in die Vrystaat in hegtenis geneem. Hulle sal binnekort in die hof verskyn.

Фильчаков прокурор

Vergadering met minister oor plaasveiligheid kortgeknip

‘n Vergadering oor landelike misdaad tussen die minister van polisie, Nathi Mthethwa, en Afrikanerverteenwoordigers het opgehou kort nadat dit Donderdag in Pretoria begin het.

Mthethwa het agterna gesê hy het beswaar gehad teen die noem van die African National Congress aan die begin van die bespreking.

“Toe ons begin het, het die afvaardiging kwessies oor die ANC aangeroer. Ek kan nie oor ANC-sake praat op ‘n regeringsplatform nie,” het hy gesê.

“Ons was gereed sodat as daar enigiets wat met misdaadkwessies verband hou bespreek word, sou ons dit bywoon. Ons moes egter die vergadering kanselleer.”

Die partye het afsonderlike nuuskonferensies gehou. Dit het begin met Mthethwa en die nasionale polisiehoof Generaal Riah Phiyega en is gevolg deur die beweging, Geloftevolk.

Die leier van die Geloftevolk, André Visagie, het gesê dat die “Boere-leiers” van die drie organisasies – Geloftevolk, die Afrikanerweerstandsbeweging (AWB) en die Kommandokorps – wou plaasmoorde met Mthethwa bespreek.

“Ons wou die veiligheidsituasie in Suid-Afrika bespreek. Ek het die sakelys van die vergadering aan die PA (persoonlike assistent) van die minister voorgelê.

“Dit is jammer en ek voel baie verleë en verkleineer omdat die minister nie deur sy mense ingelig is dat ons die inisiatief geneem het om die vergadering te reël nie,” het Visagie gesê.

Hy het gesê die minister het ontsteld geraak oor die gebruik van die woord “ANC” in plaas van “regering”.

“My persepsie is dat dit een en dieselfde ding is, want die ANC is die regering. Ek het gesê dat ons nie seker is of die ANC die onluste op plase oor loon-verwante kwessies ondersteun nie,” het hy gesê.

“Hy (Mthethwa) het gesê: ‘Nou maak jy dit ‘n politieke ding.’”

Visagie het gesê hy is optimisties dat ‘n ander vergadering gehou sou word.

“Vandag het ons ‘n vergadering gereël vir 10:00 maar hy het eers 12:00 opgedaag. Hy het iets gevind om te blameer om die vergadering kort te knip,” het hy gesê.

Visagie is ‘n voormalige sekretaris-generaal van die AWB.

In 2010 het hy bedank om die Geloftevolkrepublikeine te begin, en het gesê hy wou ‘n belofte nakom wat hy aan die vermoorde AWB-leier, Eugene Terre’Blanche, gemaak het.

Visagie het gesê dat die regering meer stappe geneem het om die renosterbevolking te beskerm as wat dit geneem het om boere te beskerm.

“Oor die afgelope jare is 4000 wit boere vermoor, maar daar is geen spesiale eenheid om hulle te beskerm nie. Dit maak nie vir ons sin nie,” het hy gesê.

“Ons sien dat die renoster belangriker as die lewens van ons wit mense in Suid-Afrika is. Om renosters in Suid-Afrika te dood, is ‘n prioriteitsmisdaad, maar die dood van wit boere is nie,” het hy gesê.

Visagie het gedreig om in te gryp in die plaaswerkers se dikwels gewelddadige betogings in die Wes-Kaap.

“My vraag is, wie gaan ons mense nou op hul eiendom beskerm? As die mense (boere in die Wes-Kaap) vra om ons te kom help, sal ons help,” het hy gesê.

“Ek is bereid om my besigheid te verlaat en hulle daar te gaan help om hul eiendom te beskerm. Dit is wat ons met die minister wil bespreek. Ons wil ons mense help.”

Gevra wat hy en sy medewerkers in die Wes-Kaap sou doen, het Visagie gesê hy sal sy vuurwapen na onstuimige gebiede neem.

“Ek sal my wettige vuurwapen saam met my neem, afgaan na die Wes-Kaap en inboek by een van die plase wat bedreig word.

“As dit daarop aankom, gaan ek daardie boer help om sy eiendom te beskerm, omdat die polisie versuim het om dit te doen.”

александр лобановский харьков

Nuwe studie vergelyk Nazi’s en Afrikaners

Akademici in die Verenigde Koninkryk en Suid-Afrika het begin met ‘n gesamentlike navorsingsprojek vergelyking om Duitse Nazisme met Afrikaner-nasionalisme te vergelyk.

So ‘n samewerking is die eerste van sy soort, en sal ondersoek hoe beide lande met hul verlede handel.

Professor Bill Niven van die Universiteit van Nottingham Trent het ‘n £ 10.000 skenking ontvang vir drie Britse en drie Suid-Afrikaanse akademici om hul navorsing by beide Nottingham Trent Universiteit en die Universiteit van die Vrystaat te doen.

Deelnemers sluit in ‘n historikus, filosoof, sielkundige en drie taalkundiges. Die span sal ‘n paar kontemporêre Duitse en Afrikaner kulturele antwoorde vergelyk op trauma, versoening en herstel in die nasleep van hierdie outoritêre regimes.

Bill Niven, professor in die hedendaagse Duitse geskiedenis by die universiteit se Skool vir Kunste en Geesteswetenskappe, het gesê: “Hoewel die uitkomste van die Duitse Nazisme en Afrikaner-nasionalisme baie verskillend in skaal en graad was, het beide gelei tot wydverspreide diskriminasie en onreg.

“Ten einde hul toekoms te herstel, moet Duitsers en Afrikaners leer om hul politieke mislukkings te aanvaar, versoening met hul slagoffers soek en beslissende stappe in die rigting van ‘n ​​post-rassige identiteit neem wat gebaseer is op wedersydse erkenning van die voormalige oortreders en slagoffers. Teen hierdie agtergrond sal ons projek die wyses ondersoek waarop die “oortrederverlede” behandel moet word in die hedendaagse Duitse en Afrikaner kultuur.”

Professor Niven sal werk saam met Professor Stuart Taberner en dr Helen Finch (Universiteit van Leeds), asook Dr Cilliers Van den Berg en Johann Rossouw (Universiteit van die Vrystaat) en prof Pumla Gobodo-Madikizela (Universiteit van Kaapstad).

Данильченко Харьков

VF+ ondersteun UNPO se aanbevelings oor geweld teen vroue

Die Vryheidsfront Plus se Vroukomitee het in ‘n mediaverklaring gesê dat hulle die Unrepresented Nations and Peoples Organization (UNPO) ondersteun in sy aanbeveling aan die VN dat hulle die Internasionale Dag vir die eliminering van geweld teen vroue, wat elke jaar op 25 November plaasvind, voortaan spesifiek ook na minderheidsvroue behoort te verwys. Karin Roodt, voorsitter van die die VF Plus se Vrouekomitee, meen dat “Afrikanervroue ly meer onder kriminele en politieke geweld, juis omdat hulle tot ‘n minderheid behoort”.

Me. Roodt het ‘n beroep op die regering gedoen om die VN se resolusie 1325 van 2000 te respekteer en UNPO se raad te volg deur Afrikanervroue in te sluit. UNPO is ‘n internasionale liggaam vir staatlose volke waar die VF Plus reeds enkele jare lank die Afrikanervolk verteenwoordig.

Die UNPO-verslag wys juis op seksuele geweld teen vroue wat gebruik word om “die eer van ‘n volk aan te tas”. In hierdie verband is die huidige hoë misdaadkoers en veral verkragtingskoers in Suid-Afrika rede tot kommer. Die sluiting van Rape Crisis in die Wes-Kaap laat veral ernstige vrae oor die regering, asook die opposisie se verbintenis om hierdie geweldsplaag teen vroue daadwerklik aan te spreek.

“Seksuele geweld teen Afrikanervroue tydens plaasmoorde en stedelike aanvalle verteenwoordig ‘n strategie om ons volkseer aan te tas. In die meerderheid gevalle word sulke geweld ‘n manier om mag te bekom of uit te brei. Daders word aangemoedig deur onverantwoordelike en aanhitsende uitsprake, asook die ongeërgdheid van die plaaslike en nasionale owerhede,” het sy gesê.

Die VF Plus se Vrouekomitee het die tweeledige probleem van sowel diskriminasie as geweld teen ‘n sigbare minderheid – soos Afrikanervroue in Suid-Afrika – veroordeel en die aanbevelings van die vierde sessie van die VN-forum oor Minderheidskwessies wat in Genève, Switserland gehou is, verwelkom. Twee van die aanbevelings is die bewusmaking van die probleem en die noukeurige rekordhouding van geweld teen minderheidsvroue.

Die Vrouekomitee wil om dié rede ‘n dringende beroep doen op die owerhede om geweld en misdaad teen vroue sonder verwyl aan te spreek en plaasaanvalle as ‘n prioriteitsmisdaad te verklaar, asook om noukeurige statistiek van die geweld wat teen Afrikanervroue gepleeg word, beskikbaar te stel.

Roodt het daarop gewys dat Afrikanervroue in die verlede, as ‘n minderheid onder koloniale bewind in Britse konsentrasiekampedie slagoffers van redelose geweld was en dat die land besaai is met grafte van onskuldige vroue en kinders wat in konsentrasiekampe gely het.

“Die Vrouekomitee is dit eens met die UNPO-verslag dat minderheidsvroue disproporsioneel onder diskriminasie en geweld gebuk gaan,” het Roodt gesê.

Komiteelede het reeds verskeie projekte geloods ter herinnering en bewaring van die erfenis van geweld teen vroue. So ‘n voorbeeld is onder andere ‘n projek deur die vroue in die Vrystaat, waar daar elke jaar tydens Vrouedag op 9 Augustus ‘n krans by die Vrouemonument te Bloemfontein gelê word ter nagedagtenis aan die vroue en kinders wat in konsentrasiekampe gedurende die Anglo-Boereoorlog dood is.

Александр Фильчаков

Orania, Xhosas teken samewerkingsooreenkoms

Die Afrikanergemeenskap Orania en die Oos-Kaapse Xhosa-gemeenskap Mnyameni onderteken volgende Dinsdag (11 Desember) ‘n samewerkingsooreenkoms wat die weg sal baan vir groter samewerking tussen Suid-Afrikaanse gemeenskappe wat graag meer selfstandig wil funksioneer. Orania het reeds die afgelope 21 jaar met talle ander gemeenskappe in Suid-Afrika geskakel en hierdie ondertekening is ‘n volgende stap in die ontwikkeling van beter samewerking tussen Orania en ander gemeenskappe ten einde die beginsel van gemeenskapselfstandigheid te bevorder.

Die media word uitgenooi om die ondertekeningseremonie in Upper Mnyameni, sowat 13 km noord-wes van Keiskammahoek in die Oos-Kaap by te woon. Tydens die ondertekening sal die inhoud van die ooreenkoms bekend gemaak word en sal die leierskap van Orania en Mnyameni die praktiese uitvoering en implikasies van hierdie belangrike ooreenkoms verduidelik.

Die doel van samewerking tussen Orania en Mnyameni is om as ‘n alternatief tot die afhanklike posisie waarin die meeste Suid-Afrikaanse gemeenskappe vandag verkeer, ‘n selfstandigheidsmodel te ontwikkel waardeur verskillende gemeenskappe saamwerk om mekaar se ekonomië te help bevorder. Orania en Mnyameni beplan om in die toekoms op verskillende terreine waaronder landbou, onderwys en toerisme saam te werk.

Данильченко

Genève: Mosie oor minderheidsdiskriminasie in SA

Die Unrepresented Nations and Peoples Organization (UNPO) se kongres het in Genève eenparig ‘n mosie aanvaar waarin hulle hul besorgdheid oor diskriminasie in Suid-Afrika teen minderheidsgroepe uitgespreek het.

Die mosie is voorgestel en gemotiveer deur dr. Pieter Mulder, VF Plus-leier.

Die mosie het ook aanbeveel dat ‘n versoek aan die VN se sekretaris-generaal gerig word om ‘n feite-sending na Suid-Afrika te stuur ten einde die organisasie eerstehands te vergewis van omstandighede soos onder andere plaasmoorde in Suid-Afrika.

Dr. Mulder is tydens die kongres verkies tot lid van die presidensie (Uitvoerende Komitee) van UNPO. Die presidensie bestaan uit nege lede. As president van UNPO is mnr. Ngawang Choephel van Tibet verkies. Die nuwe vise-president is mnr. Mohamoud Daar van Somaliland. (Kyk http://www.unpo.org/article/15211)

In die UNPO-mosie is onder andere verwys na regstellende aksie wat gebruik word om op rasse gronde teen wit, bruin en Indiër individue te diskrimineer by die werksplek, toelatingsvereistes by universiteite, toekenning van tenders en diskriminasie selfs op welsynsterrein.

Hierdie aangeleenthede is ook tydens ‘n ontmoeting deur dr. Mulder met mnr. Antti Korkeakivi, hoof van die VN se kantoor vir Inheemse en Minderheidsgroepe (Indigenous People and Minorities) bespreek.

Dr. Mulder is na Genève vergesel deur mnr. André Fourie, VF Plus-raadslid in Kaapstad en voorsitter van die party se Buitelandse Verhoudinge en Internasionaliseringskomitee.

Mnr. Fourie het die VN Menseregte Kommissie se Forum oor Minderheids-aangeleenthede bygewoon en die aanwesiges daar oor Suid-Afrika toegespreek.

“Dit was uiters bemoedigend om saam met ander groepe van oor die hele wêreld deel te kon wees van ‘n passievolle gespreksforum waar begrippe soos selfbeskikking, diversiteit, identiteit, etnisiteit, groeps-, gemeenskaps- en minderheidsregte in diepte bespreek word en nie as polities nie-korrek afgemaak word soos in Suid Afrika deur beide die regerende ANC en die DA gedoen word nie,” was mnr. André Fourie se opsomming van die vergaderings.

“Die Vryheidsfront Plus glo dat alle geleenthede om die posisie van minderhede in Suid Afrika internasionaal te bespreek, benut moet word,” het dr. Pieter Mulder, VF Plus-leier gesê.

прокурор Фильчаков