Hy ontvang steeds binne-aarse voeding, maar kon al jellie en sop eet.
Intussen is al Hofmeyr se konserte uitgestel, maar nie afgestel nie. Daar is egter geen aanduiding wanneer hy weer sy normale program sal kan hervat nie.
Slegs op PRAAG. Hier kry u 'n omvattende beeld van alle nuusgebeure rondom Afrikaans en Afrikaners, die enigste volksnuusblad op die web!
Steve Hofmeyr is al gesond genoeg om foto's van sy operasiesny op sy persoonlike webjoernaal te plaas en het glo al uit sy
hospitaalbed opgestaan en trappe geklim. Die gewilde sanger moes drie dae gelede 'n noodoperasie op sy dikderm ondergaan.
Hy ontvang steeds binne-aarse voeding, maar kon al jellie en sop eet.
Intussen is al Hofmeyr se konserte uitgestel, maar nie afgestel nie. Daar is egter geen aanduiding wanneer hy weer sy normale program sal kan hervat nie.
Joost van der Westhuizen, die voormalige Springbok- en Bloubulkaptein, is verhoed om sy seun te sien sokker speel by die Dainfern-gholflandgoed in Johannesburg.
Nadat hy met veiligheidswagte geargumenteer het, het Van der Westhuizen persoonlik die valhek opgelig, wat amper tot sy inhegtenisname deur die polisie gelei het. Aangesien die valhek beskadig is, het die landgoed R15000 as skadevergoeding van hom geëis wat hy onmiddellik betaal het.
Veiligheidspersoneel wou sy bestuurderslisensie sien, maar hy het slegs sy ID-boekie by hom gehad, wat onaanvaarbaar was. Sy bestuurderslisensie was by sy vrou Amor binne Dainfern maar die veiligheidswagte het geweier om hom toe te laat om dit te gaan haal, selfs al word hy deur hulle vergesel.
Die Universiteit van die Vrystaat het nog geen besluit oor die toekoms van die manskoshuis bekend as Reitz-kamerwonings geneem nie, het ‘n universiteitswoordvoerder gister gesê.
Lacea Loader het gesê dat mediaberigte gister die indruk geskep het dat die UVS die besluit geneem het om Reitz nie te sluit nie, maar dit is nie korrek nie.
Die Bond van oud-Reitz-manne het oor die naweek in Bloemfontein vergader om die die moontlike sluiting van die koshuis te bespreek. Volgens Loader het dié groep soos baie ander aanbevelings gedoen en sal dit versigtig bestudeer word.
Haar man Willem het haar bebloede lyk in hul bloedbesmeerde huis gevind nadat hy werkers by ‘n nabygeleë winkel gaan aflaai het. Volgens hom was dit ‘n sinlose moord aangesien die moordenaars net sy rewolwer geneem het.
Toe hy sy vrou agtergelaat het, was sy besig om ‘n Soduko-probleem by die kombuistafel in te vul. ‘n huishulp en ‘n plaaswerker word sedert die moord vermis.
Naspers het aangedui dat die ooreenkoms van sekere voorwaardes afhang. Forthnet, die telekommaatskappy, sal genoeg kapitaal moet leen en aandeelhouers sal ‘n aandeleuitgif moet aanvaar wat die transaksie ten dele sal finansier.
Naspers het verskeie ondernemings in Afrika en het aandele in maatskappye in China, Brasilië en Rusland. Hulle wil graag hulle internet en elektroniese belange uitbou.

Dan Roodt (regs) van PRAAG was Woensdagaand 9 April om 21:00 die gas van Deon Maas (links) op sy RSG-radioprogram "Maas met mening".
Volgens die leier van die Vryheidsfront Plus se jeugtak, Cornelius Jansen van Rensburg, behoort swart-op-wit rassisme erken te word.
Van Rensburg het dié stelling gemaak na samesprekings met die minister van onderwys, Naledi Pandor, in Pretoria. Rassisme op universiteit, die status van Afrikaans en die voorgestelde skole-eed is van die onderwerpe wat bespreek is.
Die Vryheidsfront Plus is veral bekommerd oor die samestelling van ‘n ministeriële komitee wat diskriminasie en rassisme op kampusse moet ondersoek.
Omdat daar geen Afrikaners op die komitee is nie, kom die legitimiteit en objektiwiteit van die komitee in die gedrang, het Van Rensburg gesê.
Toe Nortman desperaat na haar seun Dennis roep wat nie eens in die huis was nie, het die aanvallers gevlug, maar tog ‘n pistool en ‘n selfoon saamgeneem.
Sy is steeds erg deur die voorval getraumatiseer.
Vrystaat Landbou dreig die regering al die afgelope drie jaar met ‘n hofgeding.
Landbougrond langs die grens is niks meer werd nie omdat wetteloosheid bly heers.
Die organisasie het sy regsmense opdrag gegee om voort te gaan om hofstukke teen nege staatsdepartemente op te stel in ‘n poging om ‘n gesonde samelewing te herskep.
Die groep toeriste het die krete gehoor terwyl hulle self beroof is nadat hulle bussie naby Graskop onklaar geraak het.
Volgens mnr. Cor Cross van die Ohrigstadse boerevereniging gaan hulle hul soektog na mev. Botha konsentreer op die Graskopgebied.
Volgens ‘n woordvoerder van die polisie, Armand de Beer, het die voertuig waarin die 14 toeriste – vanuit Brittanje, Kanada en die VSA – gereis het, naby Graskop gaan staan. Die voertuig wat hul rowers gebruik het, was ‘n silwer Toyota Corolla registrasienommer BMN 559L, Hennielene Botha se motor waarin sy Saterdagnag ontvoer is.