Naspers sê NetMed se waarde is $760 miljoen. Die groep wil eerder op ontluikende markte konsentreer.
Naspers het aangedui dat die ooreenkoms van sekere voorwaardes afhang. Forthnet, die telekommaatskappy, sal genoeg kapitaal moet leen en aandeelhouers sal ‘n aandeleuitgif moet aanvaar wat die transaksie ten dele sal finansier.
Naspers het verskeie ondernemings in Afrika en het aandele in maatskappye in China, Brasilië en Rusland. Hulle wil graag hulle internet en elektroniese belange uitbou.
