Ventersdorpboer in sy bed vermoor

‘n Agt-en-sestigjarige boer van die Ventersdorpomgewing, Pieter Heyneke, is in sy bed vermoor. Sy vriendin, Riekie Nortman was by hom tydens die voorval.
Nortman het wakker geword terwyl iemand besig was om haar te wurg. Toe sy langs haar kyk, sien sy dat Heyneke herhaaldelik met ‘n mes gesteek word. Een van die aanvallers het haar aanhoudend in Afrikaans gevra waar die geld is.

Toe Nortman desperaat na haar seun Dennis roep wat nie eens in die huis was nie, het die aanvallers gevlug, maar tog ‘n pistool en ‘n selfoon saamgeneem.

Sy is steeds erg deur die voorval getraumatiseer.

гидроаккумулятор 200 литров ценаtopcargo отзыв