Springbokke span van die jaar?

Die SPRINGBOKKE kan dalk vandag as die wêreldspan van die jaar verkies word. Die SPRINGBOKKE is een van die benoemde spanne wat ‘n kans staan om die 2008 LAUREUS wêreldspan van die jaar toekenning te verower.  Die span is een van die gunsteling spanne nadat hulle  die Rugby wêreldbeker huistoe gebring het. Die LAUREUS Sportakademie sal die toekenning uitreik. Dit is ‘n organisasie wat  uit drie en veertig sportpersoonlikhede bestaan. Die springbokke is ook geprys vir bydraes wat individuele spelers gemaak het.  Die kollig het op PERCY MONTGOMERY, BRYAN HABANA en FRANS STEYN geval. Die kampioenskappe liga-wenner AC MILAN, krieket se wêreldbekerhouers, AUSTRALIë , die FERRARI Formule een span, die DUITSE vroue sokkerspan, die sokkerspan uit IRAK asook ‘n span van ASIë is benoem vir die toekenning.  SUID-AFRIKA se parapleeg-atleet OSCAR PISTORIUS kan dalk in die kategorie – Deurbraak van die Jaar- bekroon word.   Hy was op die atletiekbaan in ROME en in ENGELAND.

логические игрушкиДанильченко Юрий Харьков

Kovsiestudente bekla koshuisintegrasie

Die besluit van prof. Frederick Fourie, rektor van die Vrystaatse Universiteit, om integrasie in koshuise af te dwing, veroorsaak steeds spanning op die kampus. In ʼn onlangse verwelkomingstoespraak aan ouers en studente het Fourie gedreig om enigeen wat sy beleid teenstaan van die universiteit uit te sluit.

In weerwil van Fourie se dreigemente, hou studente aan om hul misnoeë met die gedwonge-integrasieplan uit te spreek. Wouter Wessels, Leier van VF Plus Kovsies, het in ʼn verklaring gesê dat hulle reeds gedurende 2007 gewaarsku het dat koshuisintegrasie soos deur die Universiteitsbestuur (UB) ingestel, nie doeltreffend gaan werk nie.

Die VF Plus Kovsies het dit duidelik gemaak dat gedwonge integrasie slegs kosmeties van aard is en dat dít die klem op ras en rassisme plaas.  Die UB het dit nou aan die studente bewys deurdat hulle omkoopgeld beskikbaar stel om te probeer om lewe in ‘n lyk te blaas.  Dit gaan ook nie slaag nie en plaas die klem net nog verder op ras.

Dit is ʼn tragedie dat studente nou omgekoop moet word om te integreer.  Volgens berekeninge, blyk dit dat die UV ‘n verlies van bykans R 1,25 miljoen gaan ly as gevolg van die koshuis-integrasiebeleid wat bepaal dat die nie-geïntegreerde beddens moet leegstaan.  Die besluit wat deur die UBD gemaak  is om 50% afslag op koshuisgelde aan geïntegreerdes toe te staan, blyk om slegs ‘n poging te wees om  vir  hierdie finansiële verlies te kompenseer.

VF Plus Kovsies het voorts gesê dat “die besorgdheid van die UB, naamlik dat wit studente nie hul aanbod van akkommodasie in swart  koshuise aanvaar nie, vanself spreek aangesien die UB nie hierdie studente genoegsaam voorberei het op die omstandighede waarin hulle hulself sal bevind nie.  Die rede waarom wit  studente nou uit tradisioneel swart koshuise trek, is omdat hulle onderdruk en  geviktimiseer word en nie eens toegelaat word om hul eie taal met mekaar te praat nie.”

Een van Frederick Fourie se drakoniese maatreëls is dat Afrikanerstudente in geëintegreerde koshuise nie hul eie taal met mekaar mag praat nie omdat dit aanstoot aan die swart studente sou gee.

Volgens Wouter Wessels “moet blanke dames in tradisioneel swart dameskoshuise vir ure voor ‘n lappop mediteer, omdat hulle nie instaat is om liedjies in Afrika-tale saam te sing nie.  Hierdie probleme het ontstaan as gevolg van die feit dat die integrasiebeleid ingestel is, sonder volledige konsultasie en genoegsame voorbereiding.  Die studente en ook die koshuise is nie op hierdie proses voorberei nie.  Voornemende eerstejaarstudente was nie bewus van die feit dat hy/sy in ‘n tradisioneel anders-rassige koshuis geplaas is, alvorens hy/sy vir verblyf aangemeld het nie.  Dus is dit nie slegs die wit student se skuld (soos wat die UB dit wil laat blyk nie) dat hy/sy nie in ‘n geïntegreerde koshuis aanpas nie.  In sommige tradisioneel wit  koshuise is daar swart  studente geplaas wat glad nie Afrikaans of Engels magtig is nie en dit maak hierdie studente se verblyf onaangenaam.  Dit is ‘n verdere bewys dat die hele beleid nie deursigtig geïmplementeer is nie.”

Wessels het dit verder betreur dat “studenteleiers nou opgesaal word om hierdie proses te laat werk en om die emosionele probleme van eerstejaars te hanteer, terwyl die UB nie op voetsoolvlak belas word  nie.  Die VF Plus Kovsies daag die UB uit om die koshuise te gaan besoek en sodoende die werklikheid saam met die studente te beleef.

Die rede vir wanaanpassing is nie op ras gebasseer nie, maar  eerder op kultuur en taal.  Die  VF Plus Kovsies, Studenteraad en studente het uit die staanspoor dit duidelik gestel  dat kultuur- en taalverskille baie  probleme tot gevolg mag hê en dat dit met erns aangespreek en hanteer moet word.  Die UB het egter nie genoegsaam gehoor gegee aan hierdie kommer en voorstelle nie.”

Luidens Wessels se verklaring, sal “VF Plus Kovsies voortdurend hierdie proses monitor, om sodoende toe te sien dat studente nie geviktimiseer word nie.  Dit bly egter ‘n bron van kommer en lê VF Plus Kovsies en die studente na aan die hart.”

тамбов установкиФільчаков Олександр Васильович прокурор

Salige Kersfees aan al ons lesers!

PRAAG wens al sy lesers ‘n geseënde en aangename Kersfees toe. Dankie dat u getrou ons webwerf gedurende 2007 besoek het.

As u met vakansie is, ry veilig terug.

Kersliedjie

Drie outas het in die haai Karoo
die ster gesien en die engel geglo,
hul kieries en drie bondels gevat
en aangestryk met ‘n jakkalspad

al agter die ding wat skuiwend skyn
op ‘n plakkie, ‘n klip, ‘n syferfontein,
oor die sink en die sak van Distrik Ses
waar ‘n kersie brand in ‘n stukkende fles,

en daar tussen esels en makriel
die krip gesien en neergekniel.
Die skaapvet, eiers en biltong
nederig gelê voor God se klong

en die Here gedank in gesang en gebed
vir ‘n kindjie wat ook dié volk sou red…
Oor die hele affêre het uit ‘n hoek
‘n broeis bantam agterdogtig gekloek.

D J Opperman 

Uit Blom en Baaierd; Tafelberg-Uitgewers,1956.

джип на радиоуправлениилобановский александр жена

Nuwe forum aktief

Vandat ons begin 2007 na ‘n ander stelsel en diensverskaffer oorgeskakel het, het ons vele klagtes oor ons geselsforum ontvang wat nie so gemaklik werk soos die ou Snitz-tipe forum wat ons al die jare gehad het nie.

Ons het nou egter weer so ‘n forum geskep, wat tans in ‘n toetsfase is. Al die forumgebruikers word uitgenooi om daarheen te verskuif. Klik op die skakel op die spyskaart links of hier onder.

Praaggespreksforum 

липецк технолобановский александр игоревич

Politieke partye het volkstaatidee gekelder


Imageʼn Onderhoud deur Buks van Rensburg met dr. Johann Wingard, die voormalige voorsitter van die Volkstaatraad.

BvR: Dr. Wingard, as voorsitter van die Volkstaatraad was u betrokke by ʼn interessante en miskien ietwat ongelukkige periode vir Afrikaners. Ek wil graag ʼn paar vrae oor die Volkstaatraad vra. Wat is die oorsprong van die Raad?

JW: Miskien is die vier jaar voor die stigting van die VSR eintlik die mees ongelukkige tydperk in die geskiedenis van die moderne Afrikaner. Die NP het daarin geslaag om behoudende Afrikaners te demoniseer en te isoleer. Die grondslag is toe gelê vir die huidige anti-volksentiment wat Afrikaners hul selfidentiteit ontneem het en wat van baie Afrikaners materiële kosmopolitaanse zombies gemaak het. Dit was binne hierdie inploffende sosiale omgewing waarin die VSR sy taak moes verrig. Die Raad moes ondersoek instel na en aanbevelings maak oor die wenslikheid van ʼn Afrikanervolkstaat en moes aanbevelings doen vir die toepassing daarvan binne die begrensing van die tussentydse grondwet.

Image

Johann Wingard

Op 23 Desember 1993 het ʼn afvaardiging bestaande uit Genl Constand Viljoen, bygestaan deur enkele vooraanstaande “regse” politici, ʼn akkoord met die ANC gesluit. Die akkoord het ten doel gehad om aan etniese Afrikaners, wat geweier het om hul soewereiniteit as volk prys te gee, die gaping te bied om deur middel van ʼn konstitusionele weg ʼn manier te vind om hul selfseggenskap te behou, hetsy deur middel van territoriale of korporatiewe strukture.

In ruil vir hierdie toegewing aan die kant van die ANC, sou etniese Afrikaners die magsoorgawe aanvaar en aan die komende verkiesing deelneem. Almal is daarmee bekend dat die Volksfront toe geskeur het en die Vryheidsfront en die KP as aparte entiteite ontstaan het. Die VF het aan die verkiesing deelgeneem en die KP het dit geboikot. Terloops, die onderhandelaars aan ANC-kant was die einste Thabo Mbeki en Jacob Zuma wat die media tans oorheers.

Die Volkstaatraad was ʼn sogenaamde grondwetlike instrument waartoe die twee partye ooreengekom het. Die Raad sou uit twintig benoemde lede bestaan en moes ʼn wye spektrum van kundigheid dek. Die raad was nie ʼn gesagsliggaam nie en het oor geen gedelegeerde magte beskik nie. Dit was dus slegs ʼn forum wat wetenskaplike navorsingsverslae en aanbevelings aan die staat asook die Vryheidsfront moes maak. Die Vryheidsfront sou die politieke dryfveer wees om die raad se aanbevelings geïmplementeer te kry en die voorwaardes van die 1993-akkoord af te dwing. Oningeligte Afrikanerskeptici het die naïewe mening gehuldig dat die Raad ʼn Volkstaat tot stand moes bring en klaaglik in hul missie gefaal het…

In werklikheid moes die VSR alle gebiede ondersoek waar Afrikaners hul selfbeskikking kon uitoefen, gesien binne die demografiese werklikheid van die nuwe Suid-Afrika met sy liberaal-demokratiese grondwet van een mens, een stem en reg op vrye beweging. Die VSR het hierdie taak besonder deeglik en professioneel gedoen en het ʼn groot aantal verslae en aanbevelings gedoen. Maar die aanbevelings het nie noodwendig gestrook met die sienings van sy politieke enjin nie en weens onderlinge verdeeldheid op politieke terrein kon dinge nie van die grond kom nie.

BvR: Het die raad wye steun onder Afrikaners gehad?

JW: Nee. Eers nadat ek by die VSR weg is, het ek besef waarom nie. Op voetsoolvlak was daar totale onkunde oor die taak en roeping van die VSR en was min Afrikaners ingelig, ten spyte van verskeie TV-debatte. KP- en HNP-ondersteuners het VSR-lede as verraaiers vir die volksaak beskou en graag na Piet Retief as voorbeeld verwys van iemand wat bereid was om met swartes ʼn ooreenkoms aan te gaan.

NP-ondersteuners wat toe nog in die die euforie van hul suksesvolle magsoorgawe gegloei het, het die Raad as ʼn jammerlike fenomeen beskou en ʼn lastige uitvloeisel van die onderhandelingspolitiek. Slegs ʼn handjievol Afrikaners – ek skat daar was minder as tweehonderduisend van hulle – kon as ondersteuners van die VSR-gedagte beskou word. Daarteenoor was daar maklik tien keer soveel teenstaanders vanuit beide die NP-kant, asook aan die KP-kant.

Ondersteuners van die VSR was weer onderling verdeeld oor die ligging van ʼn volkstaat. Elkeen wou ʼn volkstaat in sy agterplaas gehad het. Sommige ondersteuners wou weer niks met territoriale selfbeskikking te make hê nie en wou ʼn statutêre Afrikanerraad met gedelegeerde magte en eie begroting hê. Die onderlinge verdeeldheid het deurgespoel na die Vryheidsfront en was duidelik waarneembaar met sy swak vertoning by die stembus tydens die 1998-verkiesing toe die party byna sewentig persent van sy steun verloor het. 

BvR: Wat was die voorstelle wat die Raad na die regering geneem het?

JW: Daar was verskeie. In breë trekke kom dit daarop neer dat die Raad aanbeveel het dat ʼn tiende provinsie verklaar word. Dit sou bestaan uit ʼn gebied aan die Ooste en Suide van Pretoria, wat aansluit met Oosrandse en Wesrandse dorpe, en waar volgens rekenaarontledings van die 1996-sensus, meer as twee derdes van die inwoners Afrikaners was.

Verder het die Raad aanbeveel dat ʼn gebied rondom Orania as bestemde gebied deur Afrikaners ontwikkel moes word vir die uiteindelike totstandkoming van ʼn volkstaat.

Laastens het die Raad die totstandkoming van ʼn verkose Afrikanerraad aanbeveel wat na die Afrikaners wat buite hierdie gebiede woon, se belange asook hul kulturele ontwikkeling, sou omsien. Konsepwetgewing daarvoor is deur ons voorberei, maar geen party het daarin belang gestel om dit aan die Parlement voor te lê nie.

BvR: Hoe het die ANC-regering gereageer op u voorstelle?

JW: Soos dikwels in die verlede was regsgesinde Afrikaners se voorspellings weer in die kol.

Lank na die uitfasering van die VSR bring ek eendag ʼn besoek aan adj.-pres. Jacob Zuma toe hy nog in Overvaal in Pretoria gewoon het. Daar was toe sprake van ʼn korrupsieklag teen Shabir Shaik in die lug. Hy het my gul ontvang en ons het op die stoep gesit en gesels. Op ʼn ander geleentheid kan ons weer oor my besoeke aan hom praat. Ek herhaal my vraag aan Zuma binne die verband van jou vraag hierbo:

“As you know, there is still some unfinished business between Afrikaners and the ANC.”

Hy het met sy kop geknik en ernstig geantwoord: “I know that. Many in the ANC considered the Volkstaatraad as a political tactic to have a successful election. But I am still personally bound by the terms of the accord. When I become President, we should look at the unfinished business again.”

Laat ons maar eerlik wees. Hoewel ek tydens my drie jaar by die VSR geweldig baie geleer het oor die minderheidspolitiek regdeur die wêreld, was dit vir my ʼn vrugtelose politieke oefening.

Die ANC was hoegenaamd nie geïnteresseerd in die VSR se verslae nie. Alle onderhandelings daaromheen is gewoonlik met blanke liberalistiese tussengangers gevoer, veral met die Oostenrykse makelaar Jűrgen Kögel en genl. Viljoen se tweelingbroer, emiritusprof. Braam Viljoen.

Die ANC is ook onder die indruk gebring (waarskynlik deur die tussengangers) dat die VF die VSR se denke en doen en late bestuur het, wat nie die geval was nie.

Enkele kere kon ons direk met die ANC-mense praat soos byvoorbeeld tydens ʼn groot sessie in die Kaap toe ons aanbevelings van ʼn tiende provinsie gemaak het. Essop Pahad, wat die ANC se afvaardiging gelei het, het met groot fanfare uit die saal gestap en die VF toegesnou dat hulle in kwade trou onderhandel. Aangesien ons toe nog nie die VF se voorkeuropsie van die Noordkaap as langtermynplan voorgestel het nie, kon ons ook geen ondersteuning van hulle verwag nie. Sonder oorspronklike magte, of politieke ondersteuning, was die VSR tot niks verder in staat nie.

Genl. Viljoen en ek was saam tydens die oorhandiging van ons tussentydse verslag aan Mandela in Tuynhuis. Ek wou oor die verslag se inhoud gesels, maar Mandela wou oor ʼn boereprojek in Mosambiek gesels. Ons kon nie ʼn enkele woord oor die verslag gepraat kry nie. Die mediabeampte roep ons toe om met die televisiemense te gesels, en was ons gesprek afgehandel. Ons gaan staan buite op Tuynhuis se trappe met Genl. Viljoen en ek weerskante van Mandela. Hy is ʼn ongelooflike charismatiese mens en verklaar met groot oortuiging aan die wêreldmedia dat die ANC die verslag baie goed sal bestudeer en dat Afrikaners na alles nie sulke slegte ouens is nie. Ek vermoed daardie verslag is steeds onoopgemaak in Tuynhuis se biblioteek. Die VSR het ander verslae uitgebring nadat ek daar weg is en ek het niks gehoor wat my anders laat dink dat die ANC geen ag geslaan het op die VSR se verslae nie.

BvR: Het u steun uit ander oorde gekry, of was die Raad en sy lede geïsoleerd? Het u enigsens ondersteuning uit die Vryheidsfront gekry, en was die destydse Nuwe Nasionale Party en Demokratiese Alliansie toegeneë, ongeïnteresseerd, of afwysend?

JW: Soos ek hierbo genoem het, het die Vryheidsfront ʼn beleidsvakuum ondervind. Baie van sy invloedryke lede was nie volkstaters nie en wou die volkstaatgedagte nie te hard stoot nie, uit vrees dat dit sy kiesers sou vervreem. Hulle wou liewer belangepolitiek bedryf.

ʼn Klein groepie entoesiastiese volkstaters was besield met die gedagte om ʼn nuwe gebied te ontwikkel en het hand aan die ploeg geslaan om hul ideaal te verwesenlik. Hulle het derhalwe beheer van die VF se beleid oorgeneem op ʼn kritieke punt in die ontwikkeling van die party. In die 1994-verkiesing het die VF ongeveer 460,000 ondersteuners by die stembus getrek, maar na die debakel oor volkstaatbeleid het sy steun na ongeveer 120,000 gedaal. Die VF was dus geen faktor om die VSR te ondersteun nie.

Die Nasionale Party (die NNP het toe nog nie bestaan nie) was snaaks genoeg nie afwysend nie en het moontlik gevoel dat ons met ʼn vreedsame en konstruktiewe proses besig was. Een belangrike lid van die NP het my versoek om die kwessie van ʼn statutêre raad (hul sogenaamde korporatiewe selfbeskikkingsmodel) ernstig te ondersoek. Maar hierdie was nie die NP se geveg nie – dit was tussen Viljoen se mense en die ANC.

Tony Leon se party was ideologies afwysend teenoor die volkstaatgedagte, maar het hulle ook gedistansieer van die Afrikanervolksentiment en alles daaromheen.

Die Raad was dus geïsoleer en slegs op sy eie beperkte begrotinkie en wetlike status aangewese.

BvR: Glo u steeds dat daar ʼn moontlikheid is dat die Raad se voorstelle in een of ander vorm gebruik kan word om Afrikanerselfbeskikking te verkry? Of dink u dat die idee van territoriale selfbeskikking vir Afrikaners dood is?

JW: Die een voorstel van die Raad wat binne ons bereik is, is die stigting van ʼn statutêre Afrikanerraad. Daarvoor het ons geen ondersteuning van die ANC nodig nie, slegs die instemming van leidende Afrikanerorganisasies.

Ek het nog altyd geglo dat ʼn eie geloofwaardige struktuur wat internasionale legitimiteit geniet, die logiese instrument sal wees om die Afrikaners weer na selfregering te lei, hetsy op territoriale basis of deur beheer oor ʼn deel van die nasionale fiskus te verkry om eie skole en universiteite mee te finansier.

Ongelukkig voel sekere instansies dat die behoefte aan so ʼn statutêre liggaam reeds deur ʼn organisasie soos Afriforum/Solidariteit gevul word. Laasgenoemde organisasie tree meer soos ʼn privaatsektoraktiviste-organisasie op en kan hoegenaamd nie die statutêre rol van ʼn Afrikanerraad speel om deel van die staatsbegroting te beheer nie, om staatshefbome amptelik te gebruik sodat hy sy gedelegeerde magte kan uitoefen, of om nuwe landswette te debatteer en wysigings voor te stel voordat dit deur die president gesertifiseer word, of om sy eie wetgewing voor te berei nie. Die eerste stap is om die Raad gestig te kry, waarna die drukproses vir wyer magte sal toeneem.

Ek dink dat die gedagte van territoriale selfbeskikking tans nie werkbaar is nie, maar dinge kan dalk vorentoe verander.

BvR: Daar is vandag onder baie Afrikaners ʼn ervaring van persoonlike onveiligheid en onsekerheid. Is daar rede vir die onsekerheid, en sal Afrikaners ooit weer veilig in Suid Afrika kan leef?

JW: Die land se liberaal-demokratiese grondwet het misdaad as onvermydelike gevolg omdat misdadigers wat deur hul vergrype uit die grondwet kontrakteer nog deur dieselfde grondwet beskerm word. Ek glo dat iemand wat buite die grondwet optree, outomaties afstand doen van enige grondwetlike beskerming.

Afrikaners het dus rede vir hul gevoel van persoonlike onveiligheid.

Totdat die grondwet hersien word, sal daardie gevoel by hulle bly. Dalk kan ons ʼn verandering verwag met Zuma as President. Natuurlik dra Mugabe se uitgewekenes ook by tot die misdaadprobleem. Dus, met Mugabe uit die kussings en met die nodige grondwetlike wysigings kan die land weer veilig gemaak word. Daarsonder, bly ons maar in ʼn onveilige plek.

BvR: Sal Afrikaanse instellings oor die langtermyn oorleef? Na u mening, wat is die langtermyntoekoms van Afrikaners in Suid Afrika? 

JW: As jy verwys na kultuurverenigings, vakunies, kerke of geslote verenigings, dan sien ek geen rede waarom hulle nie sal oorleef of selfs kan groei nie.

Instellings soos skole en universiteite word stelselmatig van hul Afrikaansheid ontneem en ek kan nie sien hoe hulle oor die lang termyn hul etniese karakter in die afwesigheid van ʼn statutêre Afrikanerraad sal kan behou nie.

Oor die lang termyn sien ek ʼn goeie toekoms vir Afrikaners. Die persoon wat die grootste skade aan ons beeld as gelyke volksgenote aangerig het, is natuurlik Thabo Mbeki wat ʼn psigose by swartmense laat posvat het dat ons settlers is en nie hier hoort nie. Daardie beeld kan weer verander word as Zuma sy doktrine uitleef dat die land nie sonder Afrikaners kan voortbestaan nie.

Verder het duisende Afrikaners reeds na ander Afrikalande geëmigreer en waar honderde klein maar georganiseerde gemeenskappe besig is om te ontstaan.

BvR: Dink u dat daar steeds ʼn latente steun vir territoriale selfbeskikking onder Afrikaners is, of is die idee heeltemal gediskrediteer in die moderne politieke klimaat?

JW: Benewens die drang na selfseggenskap oor eie sake was daar nooit werklik ʼn algemene latente steun vir territoriale selfbeskikking onder moderne Afrikaners nie.

Klein groepies entoesiaste sal daar altyd wees. Afrikaners verpes egter die gedagte dat hulle geen seggenskap het oor selfs hul eie dorpsake nie. Dit is ʼn sweer wat vroeër of later tot uitbarsting sal kom. Of dit as steun vir territoriale selfbeskikking vertolk kan word, is egter ʼn ander saak.

BvR: Baie dankie vir u bydraes tot die Praagwebwerf, ons waardeer dit.

пескоструй на керхерданильченко юрий брониславович прокурор

Elisabeth Eybers (1915 – 2007)

Image

Elisabeth Eybers (1915 – 2007)

 

Uitgewekene

Wat ook al in my binneste agterbly,
Suid-Afrika, jý hoort feilloos daarby.
Om die inherente geheuetaak
nog onaanvaarbaarder te maak
noem hulle jou hier somaar Afrika.

Onreg en honger en opstand speel
‘n omvattende rol in die groot geheel
en het niks, maar hoegenaamd niks te maak
met die herinneringe wat my bewaak

en wat ek bewaak. Terwyl jy verdwyn,
Suid-Afrika, hoed ek die heilige skyn
en kom jou nooit ofte nimmer na.

Uit: Respyt 1993

печи для финской сауныАлександр Фильчаков прокурор

‘NG Kerk betrokke by okkulte’

‘n Lidmaat van Kranskop, dr. Peet Botha, maak in ‘n onlangs uitgawe van Die Kerkbode beswaar teen die NG Kerk se deelname aan heidense Afrikareinigingseremonies. Volgens hom "het ons by dr. André Bartlett (van die NG Kerk Aasvoëlkop in Johannesburg) nie net te make met verkondigde dwaling nie maar met direkte betrokkenheid in die okkulte. Dit is totaal onbybels en verregaande om ook nog God se seën oor so ‘n okkultiese seremonie af te bid. Sy betrokkenheid by hierdie okkultiese gebeure dui op ‘n absolute laagtepunt in die teologiese praktyk van die NG Kerk familie. Dié gebeure visualiseer die NG Kerk se betrokkenheid by die SARK en verwoord die stilswyende goedkeuring van die SARK se twyfelagtige teologiese praktyke."

 Lees dr. Botha se hele brief hier.

детские наборы доктораАлександр Фильчаков прокурор

Geloof en wil vir Afrikaans moet herstel word

Image

Prof. Pieter Kapp

Praag voer ‘n eksklusiewe onderhoud met prof. Pieter Kapp, president van die US se Konvokasie oor Stellenbosch se taalbeleid.

 
1.     Toe Chris Brink rektor was, het dit gelyk asof hy Afrikaans nie baie goedgesind was nie en eerder die universiteit as deel van ‘n globale Engelstalige wêreld gesien het. Dink u die verandering van rektor waar Russel Botman tans aan die hoof van die U.S. staan, was positief of negatief vir Afrikaans?
 
Chris Brink se probleem was dat hy geen verstaan van die dinamiek van taalverplasing gehad het nie.  Hy het naïef geglo in die goedgunstigheid van nie-Afrikaanssprekendes en het min begrip getoon vir die geskiedenis en tradisies van US en Afrikaans en van die opkoms van Afrikaans en sy strategieë en metodes om hom teen die oorweldigende oormag van Engels te verskans. Chris Brink is ‘n sterk ondersteuner van internasionalisering en sy uitgangspunt was dat die US ‘n tweetalige universiteit is wat Afrikaans bevorder, ons standpunt is dat die US ‘n Afrikaanstalige universiteit is wat meertaligheid bevorder. As Brink die dinge beter begryp het, sou hy sake seker anders hanteer het. Prof Botman toon veel meer begrip vir hierdie situasie.

2.      Prof. Botman het nogal rare opmerkings oor Stellenbosch gemaak in die sin dat hy verwys het na "die mite van Afrikaans-eentaligheid". Hiermee lyk dis of hy wou sê dat Stellenbosch nog altyd ‘n tweetalige universiteit was waar Engels soos nou in ‘n hoë mate gebruik is. Wat was die situasie voorheen? Was Stellenbosch byvoorbeeld vyftien jaar gelede ‘n Afrikaanse universiteit of ‘n tweetalige universiteit?


Die verhouding tussen Stellenbosch en Afrikaans is ‘n besondere een. Die beweging om ‘n universiteit te stig waar Hollands tot sy reg sou kom, het in 1904 begin en dit het 12 jaar geneem voordat die beweging tot so ‘n mate sukses behaal het dat die Wet op die Universiteit van Stellenbosch van 1916 ruimte geskep het om Hollands naas Engels as akademiese taal te ontwikkel. Dit is begryplik dat dit op hierdie wyse sou geskied want daar was ‘n groot  getal Hollands/Afrikaanse mense in leiersposisies wat nie geglo het dat Hollands en nog minder Afrikaans werklik tot akademiese en wetenskapstaal van wêreldgehalte sou ontwikkel het nie. Daarby het Stellenbosch talle Skotse dosente gehad wat nie een afgedank is nie. Hulle is geleidelik vervang. Elke keer as een afgetree het, is hy deur ‘n Afrikaanskundige vervang. Die laaste dissipline waarmee dit gebeur het, was, soos dit destyds bekend was Bookkeeping. Dit is eers in 1947 verafrikaans. Die proses het dus op Stellenbosch met gelykmatigheid verloop en is verstandig bestuur sodat dit geen persoonlike gevoelens en kwetsings geskep het nie. In daardie opsig het die proses op Stellenbosch anders verloop as aan ander universiteite.  Dit is hierdie evolusieproses wat sommiges laat glo dat US inderdaad ‘n tweetalige universiteit was. Dit is ook die verkeerde interpretasie van hierdie geskiedenis wat gelei het tot die beskouing dat US onder Brink wil terugkeer na Jannie Marais se testamentêre bepaling van dat Hollands aan die nuwe universiteit “no lesser language’ moes wees nie. As Jannie Marais sou aangedring het dat die nuwe Stellenbosch Universiteit Hollands/Afrikaans  moes wees, soos hy graag sou wou doen, sou die Unie-parlement nooit ingestem het dat Stellenbosch ‘n selfstandige universiteit naas Kaapstad word nie.  Stellenbosch was deur al die jare uiters akkommoderend nie net teenoor Engels nie, maar ook teenoor anderstaliges. Kyk maar na die groot aantal Nederlanders, Duitsers, Iere, Skotte en Engelse wat almal help bou het aan die US sonder om sy reg tot Afrikaanse onderrig ooit te bevraagteken. Engelse studente het altyd met die grootste lof gepraat van die goeie en tegemoetkomende behandeling wat hulle van die US ontvang het. Lees maar wat die latere legendariese US dosent in Engels, dr Pat McMagh, in 1946 oor Stellenbosch geskryf het toe sy as rou Engelssprekendes almal verbaas het deur haar 0nderwysstudies aan die US voort te sit na haar eerste graad aan Rhodes. Prof Botman beklemtoon dat die US nie ‘n eksklusief Afrikaanstalige universiteit is nier, maar ‘n inklusiewe Afrikaanstalige universiteit.

 

 

3.      As mens die taalkaart van Suid-Afrika bestudeer, is die Kaapprovinsie waarskynlik die mees Afrikaanse provinsie in die land, met die huidige Weskaap wat oor ‘n meerderheid Afrikaanssprekendes (55%) beskik. ‘n Briefskrywer in Die Burger het nou die dag gekla dat daar reeds twee Engelstalige universiteite in die Weskaap is en dat hy daarom nie kon verstaan waarom Stellenbosch ook meer en meer Engels moet gebruik nie. Waarom is dit so moeilik om Stellenbosch Afrikaans te hou, gegewe die skynbaar positiewe demografie vir Afrikaans in die provinsie?

Die Kaapse tradisie was en is nog altyd om groot waarde aan tweetaligheid te heg. Vir Afrikaanssprekendes is dit geen probleem nie – hulle word groot met Engels. Van Engelse kant was daar dikwels verset teen die gedagte dat hulle naas Engels nog ‘n taal moes aanleer. Vandaar die lang stryd om Afrikaanse skole in die Kaapkolonie en die Kaapprovinsie en die wyse waarop sommige bekende skole inderdaad as tweetalige skole ontwikkel het. Daar was nooit en is tans ook geen sprake van enige anti-Engelse gevoelens op Stellenbosch of in die Wes-Kaap nie. Afrikaanssprekendes is dalk net veel beter gebalanseerd in hulle benadering as ander. Leef en laat leef was nog altyd die taalmotto op Stellenbosch. Wat die laaste tyd gebeur het, is dat die laat leef gedeelte vir Afrikaans toenemend verskraal en verswak is en dit is waarteen ons in verset gekom het.

 

4.      Dit wil voorkom asof daar ‘n klein groepie Engelssprekende dosente aan Stellenbosch is wat sterk voel dat die universiteit ‘n multikulturele Engelse universiteit moet word. ‘n Mens dink hier byvoorbeeld aan opmerkings deur dosente van die Engelse departement wat op 24 Oktober in die Argus gepubliseer is. ‘n Professor in die departement het byvoorbeeld gesê dat sy "ontsteld" is dat die huidige taalbeleidkonsepdokument eerste in Afrikaans vrygestel is. Me. Lucy Graham van die Engelse departement het in dieselfde berig beswaar daarteen gemaak dat "Afrikaans bo ander tale aan Stellenbosch bevorder gaan word". Die vraag is nou: watter rol speel hierdie Engelssprekende dosente om Stellenbosch in die rigting van Engels te druk?

 

Daar is drie wanstaltige argumente oor die taalgesprek op Stellenbosch wat reggestel moet word. Die eerste is dat die strewe om Afrikaans as onderrig- en wetenskapstaal te bevorder niks met rassisme of Afrikanernasionalisme of -identiteit te doen het nie. Dit is ook nie anti-enigiets nie. Dit wil bloot ‘n basiese mensereg wat in die grondwet erken word bevestig en bestendig. Afrikaanssprekendes van alle soorte het ‘n belangrike rol om in die land te speel en daarvoor moet en mag hulle in hulle eie taal toegerus word. Die tweede stuk foutiewe logika is dat jy Afrikaans kan bevorder deur hom af te skaal en dat Engels die uitsluitlike roete na uitnemendheid is. Dit is die basiese denkfout in die US se taalbeleid onder prof Brink begaan het.  Die  groot debat gaan oor die siening van invloedryke mense, Afrikaans en Engels,  dat jy nie in en deur Afrikaans inklusief, divers en uitnemend kan wees nie.  Daar is mense op Stellenbosch wat opereer onder die dekmantel dat hulle net die te Afrikaansheid van Stellenbosch ter wille van akademiese internasionalisme ‘n bietjie wil tem deur dit af te skaal en aan studente meer blootstelling aan Engels te gee, en dat hulle nie die posisie van Afrikaans as onderrig- en wetenskapstaal wil aantas nie  In dié proses plaas hulle  Afrikaans op ‘n onbeheerbare glybaan na verengelsing. Hierdie glybaan is geen goedkoop argument van die taalbesorgdes nie. Dit is ‘n werklikheid wat reeds treffend aan die ou UPE, die voormalige RAU, aan UNISA en in groter wordende mate aan UP gedemonstreer word.  Stellenbosch se afgestudeerdes het oor negentig jaar bewys dat die feit dat hulle in Afrikaans opgelei is, hulle in geen opsig verhinder om internasionaal te beweeg en mee te ding nie. Engelssprekendes wat gretig aan die US in Afrikaans kom studeer het, is die beste getuigskrif vir hoe inklusief en akkommoderend US op taalgebied kan wees sonder om sy eerste verantwoordelikheid teenoor die Afrikaanse taalgemeenskap te verwater. In werklikheid ontken die afskalers  die vermoë van Afrikaans om alles te wees wat die vyf visiepunte van die US vereis.

 

5.      Dikwels word daar gesê dat Stellenbosch behoort te "transformeer" deur meer bruin Afrikaanssprekendes te lok. Maar Chris Brink het reeds in sy boek oor die taaldebat aan Stellenbosch laat blyk dat dié beleid nie slaag nie omdat so min bruines hul tot tersiêre onderrig wend. Brink se oplossing was daarom meer Engels sodat swart studente na Stellenbosch gelok kan word. Dink u Stellenbosch behoort te "transformeer" in dié sin?

 

Stellenbosch het ‘n plig en verantwoordelikheid teenoor alle Afrikaanssprekendes, eerste tweede of derde taal sprekers, wat graag in en deur Afrikaans wil studeer, om hulle die geleentheid daartoe te bied. Die meerderheid Afrikaanssprekendes in Suid-Afrika is nie wit nie maar bruin. Hierdie gemeenskap is ook die een van die laagste deelnamekoers aan tersiêre onderwys van alle Suid-Afrikaanse bevolkingsgroepe. Stellenbosch het dus ‘n verantwoordelikheid om by te dra tot die opheffing van mense uit armoede sodat hulle deur opleiding nuwe lewensgeleenthede kan skep. Afrikaans is ‘n middel om mense van enige groep te bemagtig. Daar is oorgenoeg praktiese voorstelle op die tafel van hoe die US hierdie mense kan help. Dit is net die wil om dit te doen wat kortkom.  Politieke korrektheid  en ideologieë moet net op die agtergrond bly sodat die praktiese programme vryelik kan funksioneer.

 

 

6.      Wat is u kommentaar oor die A- en T-opsies en veral die insluiting van die T-opsie in die nuwe konseptaalbeleid wat in Oktober vrygestel is?

Die konseptaalbeleid is van die tafel en in die nuwe benadering wat die Raad op 16 November 2007  aanvaar het, word teruggekeer na die oorspronklike beleid van 2002 wat bepaalde belangrike versekeringe oor Afrikaans bevat. As die oorspronklike beleid van 2002 korrek toegepas was (en lukrake afwykings nie links en regs toegelaat is nie) sou ons nie in die huidige dilemma verkeer het nie. Net die tyd sal leer in hoe ‘n mate daar eenstemmigheid oor die interpretasie van wat dit in die praktyk beteken bestaan en of die afwykings van die afgelope vyf jaar hersien sal word. Vir ons beteken dit dat die A-opsie van voorgraadse onderrig opnuut verskans word.

 

7.      Dit wil voorkom asof die raad van Stellenbosch meer ten gunste van Engels is en die konvokasie sterker oor Afrikaans voel? Is dit ‘n juiste opsomming?

 

Die Konvokasie wil vir Afrikaans ‘n vaste plek op Stellenbosch verseker. Dit kan net gedoen word as daar ‘n duidelike beleid  en ‘n goed omskrewe plan is om dit te bereik wat sal verseker dat Afrikaans nie aan die willekeur van dosente of departemente of fakulteite of individue uitgelewer word nie. Dit is waaroor die debat gaan.  Die feit dat die US so ‘n openbare debat toegelaat en hanteer het, is nie ‘n bewys dat die US aan die agteruitgaan is nie. Inteendeel, dit is net ‘n volwasse en sterk universiteit wat oor die intellektuele en geestesvermoëns beskik wat so ‘n diepgaande debat soos dié van die  afgelope vyf jaar met waardigheid kan hanteer.  Let daarop daar is geen betogings, geen optogte, geen plakkaatoorloë, geen toi-toi aktiwiteite gevoer  nie; vensters is nooit stukkend gegooi nie, lesings is nie ontwrig nie, kantore is nie beset nie, buitebande is nie verbrand nie. Die universiteit het te midde van die debat op voortreflike wyse met sy normale werk voortgegaan. In hierdie opsig is die US alle ander universiteite voor. Die US raad is besig om te verander en die moontlikheid is nie uitgesluit dat die Raad na die verkiesing van 5 nuwe lede in Februarie 2008 daar anders sal uitsien nie.

8.      Blykbaar geskied die oorgrootte meerderheid van nagraadse kursusse reeds in Engels. Die vraag is nou: kan Afrikaans nog gered word as Engels reeds so ‘n sterk nagraadse posisie verwerf het?

Dit is ‘n saak wat in die nabye toekoms meer aandag sal geniet namate dosente weer oortuig raak dat Afrikaans geen struikelblok vir uitnemendheid, diversiteit of internasionalisering is nie.

 

9.      Watter persentasie van dosente aan die US publiseer steeds in Afrikaans? Dit wil voorkom asof die meeste van hulle reeds Engels as verkose taalmedium aangeneem het, ten minste wat akademiese publikasie betref.

 

Die US se studentegetal is steeds meer as 60% Afrikaans en sy personeel is steeds oorwegend Afrikaans. Op voorgraadse vlak vir kontakonderrig het die Afrikaanssprekendes vir die afgelope vyf jaar redelik konstant op 70% gebly. Twee teenstrydighede wat aandag verdien is dat transformasie van wit na nie-wit en uitnemendheid meermale in botsing met mekaar is. Die US kon nog altyd internasionale navorsers akkommodeer sonder om Afrikaans prys te gee. Daar is metodes waarop die sake hanteer kan word en dit behoort in die plan vir die ontwikkeling van Afrikaans as onderrig- en wetenskapstaal wat nou uiteindelik ‘n top prioriteit word, aandag te kry.

 

10.  Indien dit sou blyk dat Stellenbosch verengels gaan word, wat sou ‘n gepaste reaksie of strategie wees?

Die optrede van sy Afrikaansgesinde personeel, oudstudente, en tans ook sy huidige studente, is duidelike bewys dat hulle nie sal toelaat dat die US verengels nie. Die saak van Afrikaans berus op hoë eties-morele beginsels, het ‘n inspirerende  geskiedenis van lojaliteit en toewyding agter hom en vereis net dat die verswakkende geloof en wil van Afrikaanse mense in besluitnemende posisies weer herstel moet word.

Stellenbosch

21.11.2007


 

купить пневматический инструментОлександр Васильович Фільчаков

Die begin van ?n nuwe tradisie

 

Image

Duisende Afrikaners op Kerkplein

Dit is warm op Kerkplein. Die kwik trek iewers in die dertigs. Daar is duisende mense, met koelhouers, opvoustoele en uitbundige blondekop kinders. ’n Basaaratmosfeer heers. Weet hierdie mense met hul rooigebrande velle dat hulle vandag eintlik weer ’n vergete tradisie begin? Hulle voorsate het immers in die negentiende eeu van ver gekom om op Kerkplein te kom kampeer en saam te kuier. Maar vandag word daar nie Nagmaal gehou nie; daar word feesgevier met musiek, spookasem en boerewors. Pretoria is 152 jaar oud.

Dit was op 16 November 1855 dat die Volksraad van die Zuid-Afrikaansche Republiek (ZAR) besluit het om ’n dorp te stig, en dat die nedersetting Pretoria sou heet. Lamé Ebersöhn, eienaar van Café Riche, historiese kuierplek op Kerkplein, wou vanjaar behoorlik makietie hou om die geskiedkundige datum te vier. Sy het met Kallie Kriel van AfriForum gaan praat en die idee van ’n Afrikaanse musiekfees het gestalte gekry.

Van vroegoggend Saterdag het opgewonde mense al kom nesskop op die grasperk rondom Paul Kruger se standbeeld. AfriForum se verhoog is skuins voor die manjifieke Paleis van Justisie opgerig. ’n Hele rits sangers vermaak die skare – sommige meer bekend as ander. Almal tree gratis op. Elkeen het ’n boodskap vir die verjaarsdagstad, selfs ’n liedjie wat spesiaal vir die okkasie geskryf is, of ’n boodskap teen die naamsverandering. Lianie May sing met oorgawe Sean Else en Johan Vorster se nuwe liedjie oor Pretoria. Die groep Hoofseun en die sangeres Jofranie kom ook aan die beurt met hulle liedjies oor die hoofstad.

Die blonde Elizma Theron van Lapaside-faam, wat onlangs deelgeneem het aan AfriForum se konserttoer teen plaasmoorde, sing spesiaal vir diegene wat al iemand aan die dood moes afstaan.

Sean Else, Casanova van die Afrikaanse musiekbedryf, is die dinamiese seremoniemeester van die dag. Hy vertel brokkies oor Pretoria se geskiedenis en gooi kort-kort met bultende arms Jou Taal-hempies in die rigting van die opgewonde skare. Jou Taal het dan ook met die beste publisiteitsfoefie van die dag gekom: langbeen meisies met eina-kortbroekies en hempies wat lui Afrikaans is nie so khaki en Ek luister nie na Britnie.

Volgens Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, wys die feit dat duisende mense op Kerkplein opgedaag het dat mense sterk oor die stad se naam voel en dat hulle nie gediend is met pogings om die hoofstad se naam te verander nie.  “Die minister van kuns en kultuur, dr Pallo Jordan, en ander besluitnemers, moet kennis hiervan neem en toesien dat pogings om die stad se naam te verander, gestaak word,” voeg Kriel by. Volgende jaar hou ons weer partytjie, belowe hy die skare. Hierdie gaan ’n jaarlikse instelling word.

DJ Ossewa se manewales op die verhoog het die toeskouers in vervoering. Gee my ‘n stukkie van jou koeksister sing almal lustig saam. Hartbeeshuis is ook ’n duidelike gunsteling. Twintig jaar gelede sou hierdie soort liedjies met hulle nasionalistiese inslag weinig inslag gevind het. Maar vandag is dit in om na Afrikaans te luister, om gaande te raak oor sangers wat nostalgies is oor hulle wortels, geskiedenis en landelike verlede.

Staalsnaar se Taal van Staal het vandag ’n vinnige dansinslag met ’n doef-doefritme :

Ek weet jou wêreld is ‘n “merry-go-round”
Ek weet jou hart lê by die “lost-and-found”
Ek weet die spook van gister spook
By die drome wat jy oor môre droom

Ek weet nie hoe ons wêreld sonder jou sou wees nie
Ek vrees nie – Jy’s die taal van staal

Bok van Blerk laat die skare lyf rondskud met Die bok kan blêr en later stadig wieg terwyl hy die onvermydelike De la Rey sing.

Al meer uitgeputte, rooigebrande mense besoek Café Riche vir ’n koele lafenis. Swerms duiwe fladder in die blou lug rond. Oom Paul se standbeeld is volgepak met seuntjies wat ’n beter uitsig op die verhoog probeer kry. Afrika is nie vir sissies nie, skreeu Sean Else. Vandag is die werklikheid egter ver. Vandag vier die Boere fees.

заготовка веников из можжевельникаФильчаков Александр Васильевич

Grootste kragsentrale kom

ImageDie Franse maatskappy Alstom het pas ‘n kontrak van meer as 1,4 miljard euro losgeslaan om ‘n nuwe steenkoolkragsentrale in Suid-Afrika op te rig. Die ses nuwe turbines/alternators sal elektrisiteit aan Eskom voorsien.

Dié beplande sentrale kom twintig jaar nadat iets soortgelyks laas opgerig is. Dit sal die grootste sentrale wees wat nog ooit in die land gebou is, as dit eers staan. Alstom het die projek vandag in ‘n persverklaring bekend gemaak.

 
Na wat beraam word sal die nuwe sentrale 4 800 megawatt opwek in ses groepe van 800 MW elk en sal tusen 2011 en 2015 voltooi wees. Vir elkeen van die ses "eilande" sal "stoomturbines, turbo-alternators, bykomende toerusting en dienste gelewer word".

Die sentrale sal in Ellisras gebou word en 45% van die kontrak sal plaaslik gerealiseer word. Alstom het aangedui dat duisende werksgeleenthede sodoende geskep sal word. Die maatskappy is reeds 80 jaar lank in Suid-Afrika teenwoordig. Opleiding sal ook aan plaaslike ingenieurs en tegnici aangebied word.

Philippe Joubert, adjunk-voorsitter van die Franse maatskappy het gesê dat Alstom trots is daarop om Eskom by te staan om Suid-Afrika se elektrisiteitsvoorsiening te help uitbou. Joubert is, behalwe adjunk, ook voorsitter van die Power systems afdeling van Alstom.
 
Alstom het in 2006 ‘n vorige kontrak met Eskom gesluit vir die opgradering en modernisering van die Arnot-steenkoolkragsentrale. Arnot se uitset sal na 2 400 MW verhoog word van die 300 MW wat tans gelewer word.

кухни цены украиналобановский александр