VF+ wil klag by MRK lê oor Cosatu-uitspraak

Die Vryheidsfront Plus gaan die Menseregtekommissie (MRK) versoek om ondersoek in te stel na die geldigheid van stellings wat aan mnr. Tony Ehrenreich, streeksekretaris van Cosatu in die Wes-Kaap, toegedig word. Volgens sms-boodskappe wat die party ontvang het asook aanhalings wat op die Facebook-blad van “Cape Independence from South Africa” geplaas is, het mnr. Ehrenreich aan stakende plaaswerkers in De Doorns gesê dat: “There is already blood on the farm workers and unless it stops there will be blood on th farmers of these farms. We will grab the land and give it to the rightful owners.” en “We are here today to declare war. We are against violence, but if this is what it takes to force a bad farmer in a direction, then they should be smashed (moered) in that direction. If farmers continue to violate the rights of our workers like mad dogs then we need to beat them untill they stop. They are going to shit if they do not stop.”

“Indien die woorde wel deur mnr. Ehrenreich uitgespreek is kan die inhoud daarvan neerkom op haatspraak. Die VF Plus sal die Menseregtekommissie daarom versoek om, indien die woorde wel deur mnr. Ehrenreich in sy toespraak voor plaaswerkers gebruik is, ‘n klag van haatspraak teen hom te ondersoek,” het mnr. Pieter Groenewald, die parlemtêre woordvoerder oor Landbou van die Vryheidsfront Plus gesê.

лобановский александр игоревич харьков

26 November gaan ‘n ‘hartseerdag’ vir Afrikaans wees

Riaan Cruywagen, die bekende Afrikaanse nuusleser, se TV-stem sal teen die einde van dié maand stil word. Die SABC, het bevestig dat dié veteraan- Afrikaanse nuusleser ná 37 jaar van uitnemende diens op die ouderdom van 67 gaan aftree.

Hy sal op Maandag 26 November groet, 37 jaar op die dag en datum nadat hy by die SAUK begin werk het, het die SABC gesê. Cruywagen het aan Beeld gesê hy is reeds sewe jaar oor sy aftree- ouderdom.

Cruywagen het tydens sy loopbaan meer as 7 000 televisie-aanbiedinge gedoen en was die enigste gesig van die ou orde wat die ANC-oorname van die SABC oorleef het.

Afrikaanse kykers sal sy uitstekende diksie, en foutlose aflewering beslis mis. Daar is tans geen opvolger wat Riaan se skoene kan volstaan nie, aangesien die SABC uitsluitlik politieke transformasiedoelwitte nastreef.

Dit gaan ‘n hartseerdag vir ons Standaardtaal wees, het talle kykers Praag verseker, want hy is die enigste nuusleser wat behoorlik Afrikaans kan praat.

лобановский александр дочь

ANC nie te vertrou oor haatspraak

“Die Vryheidsfront Plus sou ‘n hofbeslissing oor haatspraak verwelkom het in die Malema-haatspraak saak, want dit sou duidelikheid gebring het en afdwingbaar gewees het.

Die ANC kan nie vertrou word met die ooreenkoms met AfriForum en TLU SA oor die Malema-haatspraak saak nie. Dit is nie die eerste keer dat die ANC onderneem om sy ondersteuners aan te moedig om hulle te weerhou van haatspraak nie. Histories het die Vryheidsfront Plus in 2007 ‘n soortgelyke ooreenkoms gehad met die ANC, na ‘n klagte van haatspraak by die Menseregtekommissie (MRK). Die klagte het gespruit oor plakkate in Dendron van “All Boers are Killers” en “‘n Boer will remain a F*** Boer” in ‘n optog van die ANC. Die ooreenkoms is op 17 April 2007 in die verhoor van die MRK gesluit en die ANC het selfs onderneem om dissiplinêr teen sy lede op te tree. Nodeloos om te sê die ANC het hom nie by die ooreenkoms gehou nie,” sê mnr Pieter Groenewald, parlementêre leier van die Vryheidsfront Plus.

“Al sou die ooreenkoms met AfriForum en TLU SA ‘n hofbevel gemaak word, is dit moeilik afdwingbaar in die praktyk. ‘n Onderneming om “ondersteuners en leierskap aan te raai en aan te moedig om met selfbeheersing op te tree … om kwetsing te vermy” is te wyd. Nêrens is ooreengekom dat die woorde van Malema haatspraak is nie. Volgens inligting was Malema nie teenwoordig nie en het die ANC namens hom geteken. Malema is nie meer lid van die ANC nie en is dit te betwyfel of hy hoegenaamd by die ooreenkoms sal hou” sê Groenewald.

данильченко юрій броніславович компромат

Afrikaners skitter met gholf

Die Suid-Afrikaanse gholfspeler, JB Kruger, het met 21 plekke tot 160ste op die jongste wêreldgholfranglys geklim.

Dit volg nadat hy agtste was in die CIMB Classictoernooi, ‘n PGA-toernooi in Kuala Loempoer in Maleisië die naweek. Kruger is nou bo die kampioen van die 2008 Meesterstoernooi, Trevor Immelman, wat 166 ste is.

Louis Oosthuizen is nog steeds die voorste Suid-Afrikaner op nommer elf, terwyl die Opekampioen, Ernie Els, 24 ste is en Charl Schwartzel op nommer 32.

Александр Фильчаков прокурор

Smelt Afrikaanse skole saam

“Indien die samesmelting van skole in sekere gevalle die toekoms van Afrikaanse skole kan verseker, moet dit as uitweg oorweeg word”, sê mnr Jaco Mulder, VF Plus LPW vir Gauteng en leier van die party in die provinsie.

Dit volg nadat drie Afrikaanse laerskole in die Germiston-omgewing deur die departement van onderwys in kennis gestel is dat, weens die groot aanvraag na Engelse onderrig in die gebied, hul sal moet sluit. Dit sluit in Laerskole Elsburg, Elspark en Delville. Die beheerliggame van Laerskool Elspark en Delville het aangedui dat die moontlikheid oorweeg word om die twee skole saam te smelt, terwyl Laerskool Elspark dan voortaan net in Engels sal onderrig.

“Dit is altyd hartseer dat ‘n skool met ‘n jarelange gevestigde tradisie en erfenis in die slag moet bly, soos in die geval van Laerskool Elsburg. Ons leef egter in buitengewone tye waar pro-aktiewe optrede soos in die geval van Vereeniging, waar twee Afrikaanse skole in 2013 gaan saamsmelt om een super skool te vestig. Indien só ‘n stap Afrikaans as onderrigtaal kan red, verwelkom die VF Plus die ondersoek na haalbaarheid daarvan”.

Volgens Mulder is die VF Plus voortdurend met die LUR vir onderwys, Barbara Creecy, in kontak om te verseker dat die taalregte van skole gehandhaaf word. “Ons lewer inspraak by die department en help bemiddel”.

Die VF Plus veg reeds sedert die negentiger-jare vir die behoud van Afrikaans in skole toe die Party betrokke was by die samesmelting van twee Afrikaanse skole in Newcastle, Natal. “Die VF Plus veg onbeskaamd vir die behoud van Afrikaans in skole. Ons sal die betrokke Afrikaanse skole in die Oosrand bystaan in die samesmeltingsproses”, sê Mulder.

Фільчаков прокурор

Fanie Olivier vaar uit teen skrywers en ‘Christelike orrelmusiek’

Fanie Olivier‘n Groepie ANC-gesinde skrywers het vanweë die omstredenheid rondom Pretoria se naam, ‘n aanval op die skrywersorganisasie “Pretoria-PEN” geloods en met Afrikanerfobiese amptenare in Londen saamgewerk om dié vereniging verdag te maak. Verlede maand het die digter Fanie Olivier, asook die skryfsters Sonja Loots en E.K.M. Dido hulle as verteenwoordigers van Pretoria-PEN tydens die jaarvergadering van PEN Internasionaal in Gyeongju, Suid-Korea voorgedoen en daar gevra dat die naam van die verening na “PEN Afrikaans” verander moet word.

Volgens dr. Dan Roodt, voorsitter of president van Pretoria-PEN, “wil dit voorkom asof Olivier saamgesweer het met ‘n Afrikanerfobiese amptenaar van PEN Internasionaal in Londen om ons te benadeel en verdag te maak. Tans is ons nog in die duister oor presies wat gebeur het, maar ons gaan sorg dat alle inligting tot ons beskikking gestel word.”

Tydens ‘n vergadering vanjaar op 7 Maart 2012 wat te Stellenbosch gehou is, het Olivier geïmpliseer dat Christene, asook diegene wat na orrelmusiek, synde Christelik van oorsprong, luister, nie by PEN welkom is nie. Ander skrywers op Stellenbosch wat in Olivier se dampkring verkeer, het hierdie stellings onder honende gelag beaam.

Roodt meen egter dat so ‘n houding oor Christelikheid en orrelmusiek “strydig met die handves van PEN Internasionaal is. Dié internasionale organisasie is juis gestig om dialoog wêreldwyd tussen skrywers aan te moedig, wat van kultuur, taal en geloof mag verskil. Die PEN-handves verklaar juis: ‘Lidmaatskap van PEN is oop vir alle gekwalifiseerde skrywers, redakteurs en vertalers wat hulle by dié beginsels neerlê, ongeag hul nasionaliteit, etniese afkoms, taal, kleur of godsdiens.’ Deur teen PEN-lede te diskrimineer op grond van godsdiens of voorliefde vir Westerse musiek, oortree Olivier die PEN-handves.”

Fanie Olivier, wat as ‘n “Bantoestan-intellektueel” bestempel word, vanweë sy jare lange verbintenis met die Universiteit van Venda, probeer sedert verlede jaar in Oktober met die hulp van die skrywers John Miles en Piet Haasbroek om Pretoria-PEN “oor te neem”. Sowel Miles as Olivier was in Julie 1989 deel van ‘n afvaardiging van skrywers wat in Dakar met die destyds verbode ANC oor ‘n “Suid-Afrikaanse kulturele identiteit” gaan praat het. Van die skrywers wat tans in die Kaap vir lidmaatskap van die “gekaapte” PEN-organisasie gewerf word, is heelwat van die oorspronklike “Dakar-gangers” soos André P. Brink, Antjie Krog en Marlene van Niekerk.

Lede van Pretoria-PEN sluit, benewens Dan Roodt en sy vrou, Karin, ook Fransi Phillips, Annelie Botes, Steve Hofmeyr en die filolosoof en voorsitter van die FAK, Danie Goosen, in. Daar word vermoed dat Olivier, Miles en Haasbroek negatiewe publisiteit in die koerante van Naspers/Media 24 oor Roodt, Hofmeyr en Botes aangewend het om Pretoria-PEN internasionaal verdag te maak. Volgens Dan Roodt “verteenwoordig dit ‘n verdere oortreding van die PEN-handves, omdat skrywers veronderstel is om vedraagsaam teenoor mekaar se ideologiese of politieke standpunte te wees”.

Annelie Botes, een van die gewildste skryfsters in Afrikaans, se mees onlangse manuskrip is by Tafelberg afgekeur vanweë ‘n uitspraak wat sy in November 2010 tydens ‘n onderhoud met Rapport gemaak het, naamlik dat sommige “swartmense haar bang maak”, vanweë die hoë graad van geweld wat in Suid-Afrika gepleeg word. Hierna het ‘n aantal Stellenbosse akademici haar hewig aangeval en as “rassis” uitgekryt.

In ‘n omsendbrief aan lede van Pretoria-PEN, het Roodt gesê: “Die meeste van ons voel ons moet assosieer omdat ons eie vryheid van spraak op een of ander manier bedreig word. Mense soos ek, Steve Hofmeyr of Annelie Botes is al by verskeie geleenthede aangeval of uitgekryt vanweë redelik banale dinge wat ons gesê het. As dit van sekere mense of instansies afhang, sal ons seker geheel en al stilgemaak word.

“Ek glo ook dat ons groep veel nader aan die suiwer tradisie van die Afrikaanse letterkunde is as die ander groep in die Wes-Kaap. Onlangs het ek André Brink se nuwe boek Philida onder oë gehad en dis regtig so ‘n stereotipe voorstelling van die bose Afrikanerslawe-eienaar iewers in die vroeë negentiende eeu dat dit vir my soos propaganda lees. Natuurlik sal ‘n klompie liberale Britse joernaliste en resensente wat in elk geval jeens ons bevooroordeeld is, dit ophemel. Want dit is uiteindelik die sin van so ‘n oefening: die skrywer as huursoldaat, om die politieke doelwitte van Groot Brittanje of die ANC of ‘n ander entiteit daarbuite te dien.”

Roodt het diegene wat Pretoria-PEN aanval, tot ‘n openbare en intellektuele debat uitgedaag en gesê: “Ons gooi die handskoen neer teenoor die Kaapse onverdraagsames en daag hulle tot ‘n openbare debat uit, omdat dit hier ook gaan oor grondliggende filosofiese en literêr-teoretiese kwessies. Nie dat hulle die uitdaging sal aanvaar nie, want enersyds is agterbaksheid en kruipery hul styl en andersyds vrees hulle om hul intellektuele middelmatigheid en onkunde teenoor ons en teenoor die publiek te openbaar.”

Фільчаков Олександр Васильович

Landman help Solidariteit se Buys reg oor kultuurpolitiek

“Daar is nie plek vir totalitêre organisasies in die kultuurpolitiek nie en dis ook nie in die staatspolitiek wenslik nie,” het dr. Christo Landman in reaksie op die toespraak van mnr. Flip Buys, tydens ‘n vergadering van die Ad Hoc-Komitee op Eiendom op 16 Oktober in die kantore van die Transvaalse Landbou-Unie verklaar.

Volgens mnr. Buys van die Solidariteitbeweging moet daar “wesenlike bewese steun” wees, voordat daar tot onderhandeling met die ANC oorgegaan word. Dr Landman het daarop gewys dat “die liberale koppetelmanier van meerderheid ontoepaslik op die kultuurakker is”. So sou die liberale Demokratiese Party bv. kon argumenteer dat die meeste Afrikaners vir hulle stem. “Is die Afrikaners dan nou liberaliste,” het dr. Landman gevra.

Landman het daarop gewys dat die Afrikaner as moderne Westers-beskaafde kultuurgemeenskap uit verskillende subgroepe na eie ideologie en politieke insig bestaan en dat, buite die partypolitiek, elkeen se inspraak binne die konteks van ‘n Afrikaner- verteenwoordigende raad uiters belangrik is. Mnr. Buys het dr. Landman se standpunt oor die liberale demokrasie as “belaglik” bestempel. Hierop het iemand in die gehoor hoorbaar gefuilster dat “sulke taal nie in Afrikanergeledere geduld moet word nie”.

Dr. Landman het verklaar dat die 1996-grondwet van SA in artikel 185 voorsiening maak vir die daarstelling van burgerlike rade, as instelling vir die bevordering en die beskerming van kulturele selfbeskikking. Hy het gevra waar die rade is en wat mnr. Buys gedoen het om sodanige raad of rade tot stand te bring. Insgelyks het dr Landman ná die vergadering informeel aan mnr. Buys gevra vir ‘n kopie van die konsepwet op territoriale selfbeskikking waarna artikel 235 na verwys word. Buys kon geen antwoord hierop verskaf nie.

Mnr. Buys het betoog dat daar ‘n “breë werkbare strategie is wat geskryf moet word oor Afrikanerselfbeskikking”. Dr. Landman het op sy beurt gevra waar daardie breë strategie is en genoem dat ‘n groep Afrikanerleiers weke lank reeds werk aan ‘n omgewingsanalise en sekere modelle, maar dat mnr. Buys nie bereid was om die gesprekke by te woon nie. Volgens hom, “is dit duidelik dat mnr Buys nie wil saamwerk met organisasies en individue wat nie ‘ja en amen’ se op wat Buys wens moet gebeur nie”. In hierdie verband het dr. Landman ná die vergadering daarop gewys dat “die Afrikaanse Protestantse Akademie wat reeds jare staatkundige erkenning geniet, Solidariteit probeer oortuig het om saam met die APK-akademie te werk om een oorhoofse privaat universiteit te stig. Solidariteit het dit van die hand gewys.”

Volgens mnr Buys “is die Afrikaner ‘n krimpende minderheid binne ‘n mislukte staat”. Dr. Landman het verklaar dat “‘n verteenwoordigende Afrikanerraad uit alle georganiseerde burgerlike organisasies saamgestel moet word en dat dit nie vir ‘n party is om sommige groepe gering te ag nie”.

Buys het ook na “sekere mislukte modelle verwys”. Daarenteen het dr. Landman verklaar dat “elke subgroep van die breë Afrikanergemeenskap daarop geregtig is om hulle model te bemark, hoe vergesog dit nou op die oomblik mag lyk, want dinge kan oornag verander”.

Фильчаков Харьков

Man sterf na wrede aanval op egpaar

‘n Bejaarde man van Springs is in die hospitaal oorlede nadat hy na bewering deur twee van sy werknemers by sy huis op 3 Oktober aangeval is.

Koos Roux (67), eienaar van JR Garden Service, was die slagoffer van die wrede aanval, toe hy drie keer in die bors gesteek is deur twee swart verdagtes, wat vermoedelik vir hom gewerk het.

Roux se vrou, Lena is ook aangeval toe sy na buite gegaan het om ondersoek in te stel. Sy het sewe steekwonde opgedoen en is verwurg met ‘n tuinslang.

Die verdagtes is met Roux se juwele, selfoon en beursie weg. Sy kinders het verslae gereageer op die gewelddadige aanval.

“Daar was geen vyandigheid tussen my pa en die verdagtes waarvan ons bewus was nie,” het sê sy seun, Willie Badenhorst (41) gesê, wat van Umhlanga gereis om saam met die familie te wees.

Die erg beseerde egpaar is na die Netcare N17-hospitaal gehaas waar Koos met ‘n gat in long en lewer gediagnoseer is, waarna ‘n noodoperasie gedoen is om die skade te probeer herstel.

“My ma was gelukkig om te ontsnap met minder ernstige wonde, alhoewel die trauma van die aanval by haar sal bly, met ons almal, vir ‘n lang tyd,” sê Badenhorst.

“My pa was die mees rustige, liefdevolle persoon wat jy ooit sal ontmoet. Hy was die soort van persoon wat nie ‘n vlieg sou seermaak nie, “sê Badenhorst hartseer.

Hy sê die polisie het eers sy ma se verklaring afgeneem nadat die Advertiser verlede Woensdag oor die aanval berig het.

Springs se polisiewoordvoerder kapt. Johannes Ramphora, het in reaksie, gesê dat ‘n dossier vir moord geopen is.

“Een verdagte word gekoppel aan die saak, en is in hegtenis geneem,” het kapt. Ramphora gesê.

Hy was nie in staat om verdere besonderhede te verskaf nie.

“Springspolisie stuur om ons diepste meegevoel aan die Roux-familie en veroordeel ‘n barbaarse daad wat na bewering gepleeg is deur die werkers,” sê Ramphora.

Badenhorst sê dat die tuindiens sal waarskynlik gesluit word “nou dat daar niemand is om te toesig te hou nie.

Roux word oorleef deur sy vrou, Lena en drie seuns Willie, André (46) en Daniel (36).

Die polisie het nog nie Roux se liggaam aan die familie vir die begrafnis oorhandig nie.

Данильченко Юрий прокурор

Mans rand skoolseuns aan

Drie 14-jarige seuns is onlangs van die Moot in Pretoria deur twee onbekende mans in die Rietfontein-omgewing erg met gholfstokke aangerand.

Volgens Edward Webb, een van die tieners se pa, het die twee mans blykbaar uit hul motor in Naudéstraat gespring nadat hulle en een van die tieners ‘n woordewisseling gehad het.

Volgens Webb se seun, wat verkies om anoniem te bly, het hulle in die straat gestap waarop die mans verby hulle gery het en op hulle gegil het.

“Die bestuurder het glo stilgehou, uit die motor gespring en die seuns agternagesit. Die seuns het weggehardloop, maar die mans het hulle bly volg,” het Webb gesê.

Die mans het die drie tieners blykbaar vasgetrek en hulle met gholfstokke aangerand. Volgens Webb is al drie seuns nog erg getraumatiseerd en was vir ‘n paar dae te vreesbevange om terug skool toe te gaan.

“My kind het my dadelik gebel en vir my gesê dat hulle aangerand is. Toe ek uiteindelik by hulle kom, het ek net bloed van hul gesigte sien afstroom. Ek het myself boeglam geskrik.”

Volgens die seuns was ‘n onbekende bejaarde man ‘n ooggetuie en hy behoort meer inligting aan die polisie te kan verskaf rakende die mans.

“Ons hoop die man sal na vore kom met die inligting sodat geregtigheid kan geskied.”

Фильчаков прокурор отзывы

Muldersdrif-moorde: Saak uitgestel

Die saak teen twee mans wat van die moord op ‘n man van Muldersdrif verdink word, is in die Krugersdorp-landdroshof vir verdere ondersoek uitgestel.

Micky Thesner, aanklaer, het aan die hof gesê ‘n derde beskuldigde, Maniri Lubisi, is nog in die hospitaal.

“Die hospitaal het nog nie aangedui wanneer hy ontslaan sal word nie,” het sy gesê.

Die saak is tot 5 November uitgestel.

Alfred Zwane en Samson Madlaza, die twee beskuldigdes wat in die hof verskyn het, het in ‘n leë hof voor die landdros verskyn. Die landdros het beslis dat die mans in aanhouding sal bly.

Hulle is na bewering deel van ‘n groep wat André Jordaan by sy huis beroof en geskiet het.

Die polisie sê Jordaan (50) was saam met ander mense toe ‘n blaffende hond hul aandag op ‘n groep mans wat vuurwapens gedra het, gerig het.

Daarna het die rowers die huis binnegegaan en die man talle kere geskiet. Hy het in ‘n hospitaal gesterf.

Die polisie ondersoek ‘n moontlike verband tussen dié rooftog en die aanval op Alyssa Botha (13) en haar gesin.

Dié slagoffer, haar 17-jarige suster en hul pa is in September aangeval toe hulle na hul huis teruggekeer het.

Die mans het die gesin gedwing om uit hul motor te klim, waarna die rowers hul selfone gevat voordat hulle die gesin geskiet het.

Die pa en sy twee dogters is na ‘n hospitaal gehaas, waar die jongste tiener met haar aankoms gesterf het.

Фильчаков Александр Васильевич