26 November gaan ‘n ‘hartseerdag’ vir Afrikaans wees

Riaan Cruywagen, die bekende Afrikaanse nuusleser, se TV-stem sal teen die einde van dié maand stil word. Die SABC, het bevestig dat dié veteraan- Afrikaanse nuusleser ná 37 jaar van uitnemende diens op die ouderdom van 67 gaan aftree.

Hy sal op Maandag 26 November groet, 37 jaar op die dag en datum nadat hy by die SAUK begin werk het, het die SABC gesê. Cruywagen het aan Beeld gesê hy is reeds sewe jaar oor sy aftree- ouderdom.

Cruywagen het tydens sy loopbaan meer as 7 000 televisie-aanbiedinge gedoen en was die enigste gesig van die ou orde wat die ANC-oorname van die SABC oorleef het.

Afrikaanse kykers sal sy uitstekende diksie, en foutlose aflewering beslis mis. Daar is tans geen opvolger wat Riaan se skoene kan volstaan nie, aangesien die SABC uitsluitlik politieke transformasiedoelwitte nastreef.

Dit gaan ‘n hartseerdag vir ons Standaardtaal wees, het talle kykers Praag verseker, want hy is die enigste nuusleser wat behoorlik Afrikaans kan praat.

лобановский александр дочь

Maak 'n opvolg-bydrae