Stem op sestien?

Argentinië het ‘n wet goedgekeur om die stemouderdom na 16 jaar te verlaag in ‘n skuif wat pres. Cristina Kirchner se populistiese regerende party voor aanstaande jaar se verkiesings ‘n hupstoot kan gee.

Argentyne wat 18 jaar en ouer is (sowat 29 miljoen van die land se bevolking), word verplig om te stem.

Sestien- en sewentienjariges (sowat 1 miljoen van die bevolking) het egter ‘n keuse.

Kritici meen dié stap sal ‘n groot genoeg meerderheid skep sodat Kirchner vir die daaropvolgende jaar vir ‘n derde termyn verkiesbaar sal kan wees.

Ondersteuners van die wetsontwerp meen dat jongmense meer politieke bewustheid as tevore het en het na Brasilië verwys, waar die stemouderdom ook sestien is.

Sommige wetgewers wil ook hê dat buitelanders toegelaat word om te stem indien hulle minstens twee jaar permanent in die land woonagtig is.

Sowat ‘n halfmiljoen mense val na beraming in dié kategorie.

данильченко юрій Харків

Maak 'n opvolg-bydrae