Zuma sê hoewel werkers vir hul regte mag opstaan, behoort dit binne die perke van die wet te geskied.
“… Ek wil herhaal dat geweld en intimidasie tot ‘n einde moet kom in die gebiede waar stakings steeds plaasvind.”
Die president het bygevoeg dat daar geen rede is dat hulle helself tot “chaos en anargie” wend nie.
“Ons doen ‘n beroep op werkers om terug werk toe te keer…”
Sy uitlating kom nadat twee mans by ‘n myn in die noorde van KwaZulu-Natal doodgeskiet is.
Goldfields se woordvoerder, Sven Lunche, sê dit is nié omdat die werkers steeds staak nie.
Hy sê die myn is besig met 2 600 appèl-sake wat dae kan neem om af te handel, en die myn sal gesluit bly totdat ‘n besluit gemaak is.
Volgens RSG is 8 100 werkers verlede week afgedank omdat hulle weke lank aan ‘n onbeskermde staking deelgeneem het vir hoër lone.
