Suid-Afrika het laaste gekom in die kategorie vir wiskunde- en wetenskaponderrig in ‘n peiling van 62 lande, wat deur die Wêreld- Ekonomiese Forum gedoen is.
Suid-Afrika was ook in die 54ste plek op die lys van lande vir die persentasie van die bevolking wat tersiêre onderrig ontvang, agter lande soos Indië, maar voor Ghana, Bangladesj en Nigerië.
Die land was 28ste algeheel in terme van onderwys, en het die beste gevaar van die lande in sub-Sahara-Afrika.
Die forum se jaarlikse finansiële ontwikkelingsverslag, wat menslike hulpbronne en ekonomiese ontwikkeling met mekaar vergelyk, is Maandag vrygestel.
Suid-Afrika was 17de op die lys vir finansiële stabiliteit, wat ‘n geringe verbetering verteenwoordig.
