Missielsmouse van Denel vas

‘n Werknemer van Denel en ‘n sakeman is in hegtenis geneem in ‘n ondersoek na die beweerde diefstal van waardevolle missielwapentegnologie van Denel Dynamics en ‘n plan om dit te verkoop aan Israel.

City Press het vasgestel dat veiligheidsinstansies na bewering betrokke was by ‘n transaksie waarin die beskuldigdes gedink het hulle verkoop iets aan Israel, maar dit was glo ‘n lokval wat deur top Suid-Afrikaanse ondersoekers gestel is.

Daniel Steenkamp (39) van Hartbeespoort, noord van Pretoria – wat vir Denel gewerk het vir die afgelope 15 jaar – is saam met die Johannesburgse sakeman Anthony Viljoen (46) in hegtenis geneem.

Hulle verskyn in die Pretoriase streekhof op 21 Desember op aanklagte van diefstal, bedrog en die oortreding van kopiereg en Beskerming van Inligting. Hulle is ook belas met die oortreding van dele van die Nasionale Beheer oor Konvensionele Krygstuig wat bepaal dat “geen persoon mag handeldryf in konvensionele krygstuig nie tensy geregistreer by die sekretariaat en in besit van ‘n permit wat deur die komitee gemagtig en uitgereik is deur die sekretariaat”.

‘n Woordvoerder van die Valke, McIntosh Polela het gesê die saak “behels hoogs sensitiewe kwessies wat verband hou met staatsveiligheid” en hy kan nie besonderhede oor die aangeleentheid gee nie..

Die saak word behartig deur ‘n spesiale eenheid van die Valke wat misdade teen die staat ondersoek. Denel se groepwoordvoerder Sinah Pochana het die voorval beskryf as “‘n sekuriteitsbreuk” wat die maatskappy as ernstig beskou.

“Denel is bewus van die arrestasie van ‘n werknemer van sy afdeling Denel Dynamics omdat hy vermoedelik probeer het om plaaslike tegnologie te verkoop aan ‘n buitelandse agentskap,” het sy gesê.

Die staat, wat deur Adv. Torie Pretorius in die hof verteenwoordig was, het glo beslag gelê op ‘n Hummer-voertuig en afdrukke van rekenaarhardeskywe.

Borgtog is vasgestel op R20 000 elk. Steenkamp is opdrag gegee om sy Denel Dynamics toegangskaart aan die ondersoekbeampte te oorhandig.

Steenkamp, ‘n tegnikus by dié wapenvervaardiger, het glo die planne van die Mokopa-missiel oor ‘n tydperk van maande in 2010 op mikroskywe by Denel gekopieer en dit uit die hoëveiligheidsgebou gesmokkel.

прокурор Фильчаков

Maak 'n opvolg-bydrae