Die Vryheidsfront Plus gaan die Menseregtekommissie (MRK) versoek om ondersoek in te stel na die geldigheid van stellings wat aan mnr. Tony Ehrenreich, streeksekretaris van Cosatu in die Wes-Kaap, toegedig word. Volgens sms-boodskappe wat die party ontvang het asook aanhalings wat op die Facebook-blad van “Cape Independence from South Africa” geplaas is, het mnr. Ehrenreich aan stakende plaaswerkers in De Doorns gesê dat: “There is already blood on the farm workers and unless it stops there will be blood on th farmers of these farms. We will grab the land and give it to the rightful owners.” en “We are here today to declare war. We are against violence, but if this is what it takes to force a bad farmer in a direction, then they should be smashed (moered) in that direction. If farmers continue to violate the rights of our workers like mad dogs then we need to beat them untill they stop. They are going to shit if they do not stop.”
“Indien die woorde wel deur mnr. Ehrenreich uitgespreek is kan die inhoud daarvan neerkom op haatspraak. Die VF Plus sal die Menseregtekommissie daarom versoek om, indien die woorde wel deur mnr. Ehrenreich in sy toespraak voor plaaswerkers gebruik is, ‘n klag van haatspraak teen hom te ondersoek,” het mnr. Pieter Groenewald, die parlemtêre woordvoerder oor Landbou van die Vryheidsfront Plus gesê.
