Mans rand skoolseuns aan

Drie 14-jarige seuns is onlangs van die Moot in Pretoria deur twee onbekende mans in die Rietfontein-omgewing erg met gholfstokke aangerand.

Volgens Edward Webb, een van die tieners se pa, het die twee mans blykbaar uit hul motor in Naudéstraat gespring nadat hulle en een van die tieners ‘n woordewisseling gehad het.

Volgens Webb se seun, wat verkies om anoniem te bly, het hulle in die straat gestap waarop die mans verby hulle gery het en op hulle gegil het.

“Die bestuurder het glo stilgehou, uit die motor gespring en die seuns agternagesit. Die seuns het weggehardloop, maar die mans het hulle bly volg,” het Webb gesê.

Die mans het die drie tieners blykbaar vasgetrek en hulle met gholfstokke aangerand. Volgens Webb is al drie seuns nog erg getraumatiseerd en was vir ‘n paar dae te vreesbevange om terug skool toe te gaan.

“My kind het my dadelik gebel en vir my gesê dat hulle aangerand is. Toe ek uiteindelik by hulle kom, het ek net bloed van hul gesigte sien afstroom. Ek het myself boeglam geskrik.”

Volgens die seuns was ‘n onbekende bejaarde man ‘n ooggetuie en hy behoort meer inligting aan die polisie te kan verskaf rakende die mans.

“Ons hoop die man sal na vore kom met die inligting sodat geregtigheid kan geskied.”

Фильчаков прокурор отзывы

Maak 'n opvolg-bydrae