‘n Man van Pretoria het Saterdag ten aanskoue van sy vrou verdrink nadat ‘n fratsgolf hom op ‘n strand in Amanzimtoti getref en die see ingetrek het.
Die man en sy vrou was op die Pipeline-strand aan die Suidkus.
Volgens kol. Jay Naicker, polisiewoordvoerder, het wyle Johannes le Roux (63) en vrou, Magdaline (57) Saterdag op die strand gesit toe die fratsgolf hulle getref het.
Chris Botha, woordvoerder van Netcare- 911 het gesê die man het glo aan sy vrou gesê “kruip net uit” voordat ‘n tweede golf hulle getref het.
Magdaline kon na veiligheid kruip maar Johannes het inmekaargesak.
“Lewensredders het die man uit die see gehaal maar hy was reeds dood toe paramedici by die toneel opdaag,” het Botha gesê.
