Bokser voor Afriforum-man geskiet

Die voormalige wêreldswaargewig-bokskampioen Corrie Sanders is Sondag in die Kalafong-hospitaal oorlede nadat hy geskiet is in ‘n ​​restaurant in Brits, het polisie in die Noordwes gesê.

Die bokser was teenwoordig met die viering van die verjaarsdag van sy dogter toe drie gewapende mans in die restaurant ingestorm het en lukraak Saterdagnag begin skiet het, het Brigadier Thulani Ngubane gesê.

Sanders, 46, is in die hand en maag geskiet. Kallie Kriel van Afriforum, was ook teenwoordig. Hy het aan Rapport gesê daar is op sy kinders geskiet. Hulle is nie beseer nie.

Ngubane het gesê dit blyk dat die gewapende mans die restaurant geteiken het, met die doel om dit te beroof.

“Hulle het het lukraak geskiet en het ‘n selfoon van die dogter wat haar 21ste verjaarsdag gevier het gevat en hulle het ook ‘n sak van ‘n ander op die perseel geneem,” het hy gesê.

Geen arrestasies is gemaak nie, maar die polisie ondersoek ‘n moordsaak.

Фильчаков

Skrywer moes 12 ure vir hulp wag

Die skrywer Chris Barnard het ure gelê en wag op hulp nadat hy deur swart rowers op sy plaas naby Nelspruit aangeval is.

Barnard het aan Beeld gesê: “Dit het gevoel soos ‘n goedkoop fliek, asof jy nie glo wat jy sien nie.”

Barnard is Woensdagaand in sy huis aangeval. Die vier aanvallers het die diefwering afgebreek om toegang tot die opstal te kry. Barnard het pas klaar na die nuus en weervoorspelling op kykNET gekyk.

Sy hande is met draad vasgebind en hy is aangerand. Barnard se rekenaar met baie van sy draaiboeke en ander tekste en twee vuurwapens is gesteel. Die rowers het die kluis uit die muur gebreek. Hy is aan ‘n stoel vasgebind en is eers 12 ure later deur sy werkers bevry.

Die bekroonde skrywer, wat reeds talle pryse vir sy werk ontvang het, onder meer ook die Hertzogprys in 1973 vir sy roman Mahala, se unieke insigte in Afrika onderskei hom van sy tydgenote.

In Mahala (1971) woon die hoofkarakter Delport alleen, en in vrees. Nege jaar lank het hy nagte van muskiete en geheimsinnige tromme verduur, en dae van brandende son.

Hy wag vir sy verlede om hom in te haal, wat ‘n metafoor vir die wit teenwoordigheid op die donker kontinent is, in die tradisie van V.S. Naipaul en Joseph Conrad. Hy verwag ene Ritter met ‘n geweer. Tog, as iemand opdaag is haar naam Malia Domingo.

Iets omtrent haar herinner Delport aan sy nemesis, of het sy paranoia oorgeneem? Mahala is ‘n klassieke sielkundige riller, wat teen die agtergrond van die harde werklikheid van Afrika afspeel. Dis ‘n meesterlike vertelling van die donker siel van die kontinent.

топкарго

Afrikaanse skrywer oorval in sy huis

Beeld berig dat die bekroonde Afrikaanse skrywer en akteur Chris Barnard (73) Woensdagaand deur inbrekers in sy huis buite Nelspruit oorval en vasgebind is.

Hy het net ligte beserings opgedoen in die aanval. Volgens die bemarkingsdirekteur van die Innibos Nasionale Kunstefees in Nelspruit is die skrywer getraumatiseerd oor die voorval en wil nie met die media praat nie.

Hy het geweier om hospitaal toe te gaan.

Sy vrou, die bekende filmmaker Katinka Heyns, was nie tuis tydens die voorval nie.

Die aanvallers het met Barnard se Isuzu-bakkie gevlug.

Barnard is is ‘n boorling van die geweste. Hy is op Mataffin gebore en het gematrikuleer op Nelspruit Hoër in 1957. Hy’t sy BA graad in Afrikaans-Nederlands en Kunsgeskiedenis as hoofvakke verwerf by die Universiteit van Pretoria.

In die 1960’s het hy saam verskeie Afrikaanse literêre figure in die Beweging van Sestig homself bekend gemaak. Hierdie groep skrywers wou Afrikaans as ‘n taal laat staan teen die apartheidsregering, en om ook die moderne invloede en trante van Engelse en Franse literatuur op Afrikaanse literatuur te kan uitoefen.

Barnard’s se tweede roman, Mahala, word gesien as ‘n klassieke werk in Afrikaans.

 

Олександр Васильович Фільчаков

Drie Afrikanerleiers kritiseer voorstel om Afrikaans uit volkslied uit te haal

Drie Afrikanerleiers het ‘n voorstel dat Afrikaans uit die volkslied weggelaat word, heftig gekritiseer.

ʼn Afgevaardigde van die polisievakbond Popcru het Maandag by die vakbondfederasie, Cosatu, se 11de nasionale kongres wat by Gallagher Estate in Midrand voorgestel dat Afrikaans uit die volkslied weggelaat word.

Die land se volkslied bevat Afrikaanse en Engelse strofes van Die Stem wat by van die land se huidige volkslied, Nkosi Sikelel’ iAfrika, ingesluit is.

Dr. Pieter Mulder, leier van die VF+ en ANC-adjunkminister van Landbou, het die voorstel skerp gekritiseer en dit ‘n “skop in Afrikaners se tande” genoem.

“Die Afrikaanse deel [van die volkslied] is ook deel van my stryd teen Britse kolonialisme. Dieselfde mense my vra as die adjunk-minister om voedsel van die Afrikaner-boere aan die land te voorsien; 95% van al die voedsel wat plaaslik vervaardig word, word deur hulle voorsien.”

Dave Steward, uitvoerende hoof van die FW de Klerk Foundation, sê die volkslied is ‘n simbool van nasionale eenheid. Hy het gesê om dit te verander sal eenvoudig ‘n stap in die rigting wees om ‘n gemeenskap daar te stel wat Nelson Mandela nie wou gehad het nie.

Dirk Hermann, adjunk uitvoerende hoof van Solidariteit, het in reaksie op Popcru se voorstel oor die weglating van Afrikaans en Engels in die land se volkslied, gesê: “So ‘n besluit sal lei tot die vervreemding van minderhede. ‘n Demokrasie se sukses word juis getoets aan sy vermoë om minderhede te beskerm en te laat tuis voel, want meerderhede word beskerm deur hul meerderheid. Die volkslied is ʼn simbool van die land se verbintenis om vir almal ‘n plek in die land te gee. As jy sekere gedeeltes uitlaat, sal dit ook simbolies wees dat daar net plek vir die meerderheid is. Waar die volkslied nou ‘n simbool is van ʼn inklusiewe demokrasie vir almal, sal die weglating van sekere dele ‘n simbool wees van ‘n eksklusiewe demokrasie net vir die meerderheid,” het hy gesê.

 

данильченко юрій Харків

Cronjé herhaal PRAAG se waarskuwing oor DA

Die DA se ondersteuners moet hulle staal, sê Frans Cronjé van SAIRA. Hy het ‘n standpunt herhaal wat Praag al lank reeds huldig en lesers hier oor waarsku: Wit Afrikaanse kiesers gaan verraai word deur Helen Zille.

Soos Cronjé dit stel: Die DA is “ten opsigte van sy partybeleid op koers is om dieselfde rassistiese en sinlose swart ekonomiese bemagtigingsbeleid (SEB) te aanvaar wat die ANC die afgelope tien jaar inspan om teen wit mense te diskrimineer”.

Lees hier.

Данильченео

Plaasaanvalle word deur Izinyoka uitgevoer

Die aanvalsgroep wat plaasmoorde in die distrik van Trompsburg uitvoer, staan bekend as die Izinyoka, wat “slange” beteken. Van hulle het selfs ongestoord opgedaag by landdroshof vir die verskyning van drie van hul lede op aanklagte van moord.

Swart inwoners van Madi­kgetla, die lokasie by Trompsburg, het Donderdag bevestig dat hulle wit plaaseienaars doelgerig aanval.

Volgens beskikbare inligting is die lede van Izinyoka ook verantwoordelik vir die moorde op Jan en Johanna Greyling in 2006 asook die aanval op Phillip Henning in 2007.

“Die drie wat die Fouries vermoor het, is lede van Izi­nyoka,” het Bukelwa Mnweba, voorsitter van Madikgetla se gemeenskapspolisiëringsforum aan Beeld gesê.

Moeketsi Hlassa (27), Mvu­mvu Nkululeko (26) en Phinias Mothibi (28) het Donderdag in die landdroshof op Trompsburg verskyn op aanklagte van moord en huisbraak.

Hulle staan tereg op die moorde van Johan (71) en Cecile (72) Fourie Sondag. Die Fouries is op ‘n wreedaardige wyse met ‘n byl doogekap. Hul woning het spore van die verskriklike geweld gedra waarmee die egpaar vermoor is, en was volgens ooggetuies oortrek met bloed.

Phinias Mothibi was ‘n plaaswerker by die Fouries. Hy het Maandag, ná die moord, doodluiters ‘n halfsak meel kom vra en sy hulp vriendelik aangebied, sê Nico Kruger, seun van die Fouries.

Фільчаков прокурор

Wreedheid van plaasaanval skok

Die egpaar van die plaas Knoppe, naby Trompsburg, Johan (71) en Cecile Fourie (72) is Sondag in hul plaashuis oorval waar hulle op die wreedste moontlike manier met ‘n byl doodgekap is.

Die hele huis het spore van dié bloedbad vertoon, berig Beeld. Die swart moordenaars het klaarblyklik by die badkamervenster ingebreek en die bejaarde egpaar ingewag. Die Fouries het ‘n kerkdiens bygewoon en daarna by hul kinders op die dorp gekuier.

Die egpaar se lyke is dieselfde aand van die moord gekry. Gesinslede en bure was geskok oor die ongekende wreedheid waarmee die egpaar doodgemaak is. Net ‘n .22-rewolwer word vermis. Ander vuurwapens en ‘n mes wat ook in die oopgebreekte kluis was, is agtergelaat.

Niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die moorde nie. Die Fouries word oorleef deur hul twee seuns, ‘n dogter, hul gades en ses kleinkinders.

топкарго кидалы

PRAAG-petisie teen Woolworths vorder fluks

Vanaf gisteraand loop PRAAG ‘n petisie teen Woolworths se diskriminasie teen blankes op ons Engelstalige blad praag.org. Meer as 120 mense het dit reeds onderteken.

Dis baie maklik om te onderteken en verg bloot ‘n naam en ‘n e-posadres. Lesers wat belangstel om dit te onderteken, klik asseblief hier onder:

Petisie

Данильченко Юрий Брониславович Харьков

Verklaar ‘n noodtoestand!

“Ek verklaar my land as onveilig en dring daarop aan dat die regering ‘n noodtoestand uitroep,” so sê me. Amanda de Lange, streekvoorsitter van die VF Plus aan die Wesrand ná die skietdood van ‘n hoërskool dogter in Krugersdorp.

Die Botha-gesin is Woensdagaand by hul huis in Muldersdrift deur drie rowers ingewag. Die jongste dogter, Alyssa, is in die maag getref en het aan haar beserings beswyk. Haar ouer suster Megan is in beide haar bene getref en haar pa is ook geskiet. Beide pa en dogter is in ‘n ernstige toestand. Die rowers het met ‘n beursie en selfone gevlug en is steeds op vrye voet.

“Ek kan myself met die Botha-gesin assosieer. My oudste dogter, Bianca, is twaaf jaar gelede sonder rede geskiet. Sedertdien het niks verander nie. Die moorde op onskuldige landsburgers het ‘n alledaagse verskynsel geword. Die owerhede is apaties en doen niks om hul mense te beskerm nie”, so sê me. De Lange, wat 13 jaar lank streekvoorsitter van die Gemeenskap Polisieforum aan die Wesrand was.

“Die polisie is net so ontoereikend. Hul suksessyfers kan daarvan getuig. Hulle is dae lank in interne gesprekke en debatte oor of hulle moet skiet of nie. Intussen word mense wreed vermoor terwyl daar in raadsale gedebateer word. Ons kan eenvoudig nie meer so voortgaan nie. Hoeveel onskuldige kinders moet ons nog verloor terwyl politici hulle van die werklike probleme distansieer. Hoeveel gesinne moet wreed uitmekaar geskeur word terwyl senior amptenare die probleem van die een departement na die ander stuur?,” het sy gesê.

Die VF Plus het daarmee saam sy meegevoel aan die Botha-gesin betuig en hom weereens verbind tot aksie.

“Ons sal nie ophou om die owerhede tot verantwoording te roep nie. Ons sal nie ophou om moorde onder die aandag van die buiteland te bring nie en sal ook nie ophou om die regering by die hoogste gesag in die land en in die wêreld te verkla nie. Ons sal nie ophou totdat Suid-Afrika weer ‘n veilige plek vir almal is nie,” aldus mev. de Lange.

лобановский класс

Brits getref deur jongste plaasmoord

“Dit is met skok en afgryse dat ek vanoggend verneem het van die moord op mnr. Mauritz Oberholzer op sy plaashoewe in Losperfontein, Brits,” het Elsa Lourens, Vryheidsfront Plus-raadslid in die Madibeng-munisipaliteit gesê.

Die aanvallers het net na middernag toegeslaan. Mnr. Oberholzer is in die been geskiet, ‘n worsteling het ontstaan waarna mnr. Oberholzer vermoedelik met n graaf, wat langs hom gevind is, doodgeslaan is. Mev. Rita Oberholzer is ongedeerd nadat sy daarin geslaag om haarself in die badkamer toe te sluit.

Die moordenaars is weg met mnr. Oberholzer se brandkluis.

Lourens het vanoggend die gesin besoek en het daarna met van die boere op die toneel en omringende plase gesels.

“Die mense is diep geskok en ‘n ongekende woede heers in die gemeenskap,” het Lourens gesê.

Mev. Lourens, wat ook op die beheerliggaam sit vir beveiliging vir sektore 3 en 4 (landelik) Brits, het direk na haar besoek aan die gesin ‘n vergadering op ‘n buurplaas gehad met kapt. Ndlovu en kapt. Diale, 2 van die sektor-polisiëringsbestuuders van die SAP in Brits.

“Ek het aan hulle gesê dat die boeregemeenskap nie verkwalik geneem kan word as emosies begin hoog loop nie. Daar is al soveel berade en vergaderings oor landelike veiligheid in Brits gehou, maar niks konkreets kom na vore nie,” het Lourens bygevoeg.

Mev. Lourens het ook gesê dat die beheerliggaam en gemeenskap-polisiëringsforums en buurtwagte daarop aandring dat die SAP se sektor-polisiëringseenheid geskei moet word van algemene polisiëring. Die sektorhoofde het nie die personeel en voertuie om pro-aktief te patrolleer en re-aktief op te tree nie en moet staatmaak op die beskikbaarheid van dorpspersoneel en hulle voertuie. Die SAP se sektor-polisiëringseenhede sal slegs kan funksioneer as permanente personeel en voertuie aan hulle toegeken word. Plaasmoorde sal ook as prioriteitsmisdaad verklaar moet word.

Mnr. Oberholzer se dood word betreur deur die gemeenskap waar hy ook ouderling was in die plaaslike NG Gemeente Vorentoe.

“Ons innige meegevoel is aan die familie oorgedra en ons spreek ook die hoop uit dat die saak spoedig opgelos sal word en die skuldiges aangekeer sal word.”

topcargo отзыв