Barnard het aan Beeld gesê: “Dit het gevoel soos ‘n goedkoop fliek, asof jy nie glo wat jy sien nie.”
Sy hande is met draad vasgebind en hy is aangerand. Barnard se rekenaar met baie van sy draaiboeke en ander tekste en twee vuurwapens is gesteel. Die rowers het die kluis uit die muur gebreek. Hy is aan ‘n stoel vasgebind en is eers 12 ure later deur sy werkers bevry.
Die bekroonde skrywer, wat reeds talle pryse vir sy werk ontvang het, onder meer ook die Hertzogprys in 1973 vir sy roman Mahala, se unieke insigte in Afrika onderskei hom van sy tydgenote.
In Mahala (1971) woon die hoofkarakter Delport alleen, en in vrees. Nege jaar lank het hy nagte van muskiete en geheimsinnige tromme verduur, en dae van brandende son.
Hy wag vir sy verlede om hom in te haal, wat ‘n metafoor vir die wit teenwoordigheid op die donker kontinent is, in die tradisie van V.S. Naipaul en Joseph Conrad. Hy verwag ene Ritter met ‘n geweer. Tog, as iemand opdaag is haar naam Malia Domingo.
Iets omtrent haar herinner Delport aan sy nemesis, of het sy paranoia oorgeneem? Mahala is ‘n klassieke sielkundige riller, wat teen die agtergrond van die harde werklikheid van Afrika afspeel. Dis ‘n meesterlike vertelling van die donker siel van die kontinent.
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.