praag.co.za

Armoede, ongelykheid ‘tikkende tydbom’

Written by

in

Die “tikkende tydbom” van armoede en ongelykheid het die grootskaalse geweld in die land veroorsaak, het Cosatu gesê.

“Die skokkende vlakke van armoede en ongelykheid is die oorsprong van gewelddadige betogings wat ons in beide die werkplekke en gemeenskappe sien,” het Zwelinzima Vavi, sekretaris-generaal van die vakbond, gesê.

“Dit veroorsaak wat ons ‘n tikkende tydbom noem…”

Vavi het dit gedurende sy rede aan die vakbond se nasionale vergadering, aan die einde van dag vier in Midrand, gesê.

“In die lig van gebeure in die mynbedryf en toenemende diensleweringsopstande, moet ons nou praat oor bomme wat ontplof.”

Лобановский

Comments

Leave a Reply