Die egpaar van die plaas Knoppe, naby Trompsburg, Johan (71) en Cecile Fourie (72) is Sondag in hul plaashuis oorval waar hulle op die wreedste moontlike manier met ‘n byl doodgekap is.
Die hele huis het spore van dié bloedbad vertoon, berig Beeld. Die swart moordenaars het klaarblyklik by die badkamervenster ingebreek en die bejaarde egpaar ingewag. Die Fouries het ‘n kerkdiens bygewoon en daarna by hul kinders op die dorp gekuier.
Die egpaar se lyke is dieselfde aand van die moord gekry. Gesinslede en bure was geskok oor die ongekende wreedheid waarmee die egpaar doodgemaak is. Net ‘n .22-rewolwer word vermis. Ander vuurwapens en ‘n mes wat ook in die oopgebreekte kluis was, is agtergelaat.
Niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die moorde nie. Die Fouries word oorleef deur hul twee seuns, ‘n dogter, hul gades en ses kleinkinders.
