DA en ANC probeer Pretoria-name kaap

Die VF Plus het bewerings deur die burgemeester van die Tshwane-metroraad, mnr. Kgosientso Ramokgopa, dat daar konsensus rondom die verandering van 27 straatname in Pretoria bestaan, ontken.

Volgens dr. Conrad Beyers, VF Plus-raadslid, wat self by van die veelparty-gesprekke en ander onderhandelinge betrokke was, lyk dit asof die ANC en DA hierdie veelparty-forum misbruik om die skyn te wek dat daar konsensus bestaan rondom die naamsveranderinge – terwyl dit geensins die geval is nie. Die VF Plus sal dit ernstig oorweeg om hom te onttrek van die forum indien die burgemeester voortgaan om misbruik te maak van die forum en onwaarhede te gebruik om verkeerde persepsies by die publiek oor die naamsverandering te skep.

“Die VF Plus het dit pertinent by vergaderings gestel dat daar eers met party-strukture gekonsulteer sal word voordat die VF Plus deel van enige ooreenkoms sal word,” het Dr. Beyers gesê.

“Die DA was deurgaans in gesprekke entoesiasties oor die ANC se lys van straatname wat moet verander – die DA verander tans ook talle Afrikaansse straatname in Kaapstad. Die ANC en DA mag moontlik saamstem oor die verandering van die straatname, maar die VF Plus het op geen stadium ingestem tot die verandering van die straatname nie”, het Beyers bygevoeg.

Die VF Plus het dit weereens benadruk dat die party sal voortgaan met gesprekke rakende ‘n oplossing vir die naamdispuut in Pretoria. Die party het ook gesê dat die gebrekkige openbare konsultasieproses die naamsveranderingsproses oopmaak vir hof-aksie en die VF Plus hou alle opsies oop in die verband.

Фильчаков прокурор отзывы

‘Afrikaners word nie gehaat nie’

Afrikaners word nie gehaat nie en hulle helde word nié geteiken in die proses om om die straatname van Pretoria te verander nie, het die stad se burgemeester gesê, volgens Beeld.

“Dit is nie die geval nie. Die Afrikaner word nie gehaat of verag nie, maar dit is ‘n feit dat al die strate in die stad na Afrikaners vernoem is.

“Daar sal nooit aangevoer word dat die Afrikaner geen rol gespeel het nie, maar die stad moet verteenwoordigend wees van almal se verlede.”

Ramokgopa Kgosientso het tydens sy toespraak Woensdag die kwessie só verduidelik.

Hy het gesê dit was ‘n wanbegrip dat Afrikaanse name geteiken word.

“Daar sal nooit aangevoer word dat Afrikaners nie ‘n rol gespeel het nie, maar die stad moet almal se verlede verteenwoordig.”

‘n Besluit oor Pretoria se naam is nog nie geneem is, het hy gesê.

“Al die opsies sal op die tafel bly.”

Brandon Topham, DA-leier in die raad, het gesê: “Die DA het die name van oudpres. FW de Klerk en Helen Suzman voorgestel.”

Afriforum is glo ook geken in die konsultasieproses oor die naamsvernaderinge, sê die burgemeester.

Ramokgopa het Dinsdag gesê hoewel die besluit “tegnies” in Paul Mashatile, minister van kuns en kultuur se kantoor geneem moet word, is dit ‘n openbare proses waarin die ANC se mening swaar sal weeg.

Daar word verwag dat die 27 nuwe straatname bespreek en goedgekeur sal word tydens ‘n raadsvergadering Dinsdag, het Beeld berig.

лобановский харьков

Mandela het hom aangestel, sê Basson

Kardioloog dr Wouter Basson het aan ‘n professionele gedragskomitee Donderdag vertel dat president Nelson Mandela hom weer aangestel het by die SA Nasionale Weermag in 1995 omdat die Verenigde State van Amerika en die Britse regering hom as ‘n bedreiging beskou.

Basson was in die getuiebank vir ‘n tweede dag om die klag onetiese en onprofessionele gedrag voor die Raad vir Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika (HPCSA) te trotseer.

Die aanklagte spruit uit sy betrokkenheid in die apartheidsregering se chemiese en biologiese oorlogvoering in die 1980’s en vroeë 1990’s.

Basson het getuig dat ‘n koördinerende komitee en die geneesheer-generaal daardie tyd in totale beheer van die program was en dat hy net die bevel uitgevoer het as ‘n soldaat.

“Sy besluit was finaal en ek moes toesien dat die werk gedoen word,” het hy gesê.

Hy het gesê dat, hoewel hy uit die destydse Suid-Afrikaanse Weermag (SAW) in 1992 afgetree het, hy teruggeroep is in ‘n burgerlike kapasiteit om toesig te hou oor die vernietiging van wapens en stowwe wat deel gevorm het van die projek.

Slegs die traangas is gered, en ‘n paar ton daarvan is aan die polisie oorhandig.

Basson het bevestig dat dit sy taak was om ‘n verdedigende chemiese en biologiese oorlogvoeringsvermoë in die SAW te skep, maar het gesê ‘n beperkte offensiewe vermoë was ook nodig om slagveldtoestande gelyk te maak.

Die SANW het na Suid-Afrika se eerste demokratiese verkiesing in 1994 die SAW vervang, maar die personeel van die SAW, die tuislandmagte en die gewapende vleuels van politieke partye is daarin opgeneem.

Volgens Basson, het voormalige president FW de Klerk hom heraangestel by die SANW, op ‘n burgerlike vlak, om te help om die chemiese en biologiese oorlogvoering af te bou.

Daarna het verskeie vergaderings met die Amerikaanse en Britse regerings gevolg, en oud-president Nelson Mandela het hom na afloop daarvan weer aangestel in ‘n burgerlike hoedanigheid as hoof van kardiologie by die militêre hospitaal.

“Die Amerikaanse en Britse regerings het my op daardie stadium beskou as ‘n bedreiging en wou my onder beheer kry. Die aanvanklike voorstel was dat hulle my sou aanstel en dat ek vir hulle sou werk as ‘n chemiese en biologiese oorlogvoeringkonsultant.

“My rol sou gewees het om te verseker dat die tegnologie wat in die Westerse wêreld ontwikkel is, oorgedra word aan ontwikkelende lande vir vreedsame doeleindes.

“Die Suid-Afrikaanse regering het nie gehou van die idee dat een van hul burgers vir ander regerings werk nie en president Mandela het beveel dat ek weer in die weermag in ‘n burgerlike hoedanigheid aangestel moet word,” het hy gesê.

Hy beweer dat die regulasies aangepas is vir ‘n dag om sy heraanstelling  in 1995 toe te laat.

Hy was daarna ‘n lid van die SANW, totdat hy in 2003 begin met ‘n privaat kardiologie praktyk in Kaapstad, en het daarna geen verdere betrokkenheid by chemiese en biologiese oorlogvoering gehad nie.

Volgens Basson, het hy weer by die Universiteit van Pretoria ingeskryf vir die heropleiding as ‘n kardioloog om sy kollegas en pasiënte te oortuig dat hy op gelyke voet as ‘n kardioloog kon praktiseer.

Basson het sy standpunt herhaal dat die 1980’s “mal jare” was en dat sy optrede gesien moet word in die konteks van die tye.

“Mense het dinge gedoen. Dokters het bomme geplant. Besluite is gemaak in die konteks van die tyd.

“Niks wat ek gedoen het was op die benadeling van iemand gemik nie. Om die waarheid te sê dit was daarop gemik om die behoud van die lewe te bevorder asook minimale lewensverlies.

“… Ek het nog nooit oneties of onprofessioneel opgetree nie,” het hy gesê.

Salie Joubert SC, het Basson beskuldig daarvan dat hy “halwe waarhede vertel”, onder andere, om te probeer om sy kwalifikasie as chemikus te verwyder van sy opleiding as ‘n mediese dokter tydens sy bedrywighede as hoof van die biologiese oorlogvoeringsprogram.

Hy het dit aan Basson gestel dat hy weer in die SANW aangestel is, want hy het saam met Libië gewerk, en is beskou as ‘n bedreiging wat onder beheer gehou moes word.

Basson het verskeie kere besoek aan Libië oor ‘n tydperk van 10 jaar gebring, maar het gesê hy het geen idee gehad wat met president Mandela gedurende die tyd bespreek is nie.

Basson het erken dat sy opleiding in fisiologiese chemie was, maar het gesê hy is aangestel om die projek te laat loop, want hy het ‘n beter kennis van chemie as die meeste van sy militêre en mediese kollegas gehad en daardie kennis is gebruik vir die projek.

“… Stop enige dokter op die straat en vra hom of hy in staat sou gewees het om dit te doen,” het hy gesê.

Hy het ontken dat dit as ‘n skok gekom het toe die HPCSA besluit het om voort te gaan met die professionele wangedrag-aanklagte teen hom, maar het gesê hy het gedink dat hy in staat sou wees om “met sy lewe” aan te gaan na die Grondwethof ‘n beslissing in 2005 bevestig het.

Die verhoor duur voort.

Фильчаков прокурор отзывы

Wouter Basson wou lewens red

Die kardioloog, dr. Wouter Basson verskyn weer voor die Raad vir Gesondheidsberoepe van SA Dinsdag om die oorblywende vier aanklagte van onprofessionele en onetiese gedrag te trotseer.

Maandag het hy getuig dat sy betrokkenheid in apartheid Suid-Afrika se chemiese en biologiese oorlogvoeringsprogramme daarop gemik was om lewens te red.

“Die riglyne is neergelê deur die geneesheer-generaal, wat ‘n mediese dokter van internasionale aansien was en wat verskeie regerings in ander lande geadviseer het,” het hy gesê.

“As ‘n mediese dokter kan ek kan saamleef met die idee dat ek beserings en ​​die dood voorkom het deur middel van my betrokkenheid in die ontwikkeling van die stowwe.”

Basson staar vier aanklagte van onprofessionele en onetiese gedrag in die gesig.

Die aanklagte hou verband met sy optrede as ‘n mediese dokter toe hy die hoof van die land se chemiese en biologiese oorlogvoering navorsingprogram vir die weermag in die 1980’s en vroeë 1990’s tydens die apartheid-era was.

Фильчаков Александр Васильевич

Geen finale ooreenkoms oor Pretoria-naam nie, sê VF+

Die VF Plus het bevestig dat gesprekke oor die naam van Pretoria, asook sowat 27 straatname in Pretoria tans tussen die VF Plus en die ANC plaasvind, maar het gesê dat daar tans geen finale formele ooreenkoms tussen die VF Plus en die ANC rakende ‘n oplossing vir die naamkwessie bestaan nie.

Die ANC in die Tshwane-metroraad beoog al vir ‘n geruime tyd om al 27 straatname wat tans oorweeg word, te verander. Dit is daarom belangrik dat straatname met beduidende historiese waarde vir die Afrikanergemeenskap behou moet word. Dit sal ‘n groot oorwinning wees as die naam van Pretoria in die proses behoue kan bly.

Volgens dr. Conrad Beyers, VF Plus-raadslid, is gesprekke oor die naamkwessie in ‘n baie vroee stadium en bestaan daar tans geen formele aanbod vanaf die ANC om Pretoria se naam te behou in ruil vir die verandering van 27 straatname nie.

“Die VF Plus verwelkom die moontlike behoud van die name van Paul Krugerstraat en Pretoriusstraat, maar die party kan nie instem tot die verwydering van talle ander straatname met beduidende historiese betekenis, soos Kerkstraat en Voortrekkerweg, nie. Die party dink egter ‘n politieke oplossing, wat beide die naam Pretoria asook straatname aanspreek, is moontlik”, het Beyers gesê.

Die VF Plus sal dit verwelkom indien die aansoek vir Pretoria se naamsverandering teruggetrek word. Die VF Plus sal egter nie instem tot enige proses waar die geskiedenis van een groep bloot met die geskiedenis van ‘n ander groep vervang word nie. Die VF Plus sal ook die hernoem van enige strate na “struggle”-figure wat ernstige aanstoot aan die Afrikanergemeenskap gee, teenstaan.

Die VF Plus sal nie instem tot enige ooreenkoms rakende die naam van Pretoria sonder dat behoorlike waarborge bestaan dat dit ‘n permanente reëling is nie.

Die VF Plus is bereid om wen-wen oplossings te oorweeg, maar indien daar nie op sodanige oplossings ooreengekom kan word nie, sal die VF Plus nie huiwer om huidige hofsake rakende Pretoria se naam, asook straatnaamveranderinge, te hervat nie.

topcargo

Pretoria se naamsonderhandelinge duur voort

Pretoria gaan sy naam dalk behou, maar meer as 27 straatname in die hoofstad sal verander word.

Dit is die ANC se “aanbod” in die geheime onderhandelinge wat tans aan die gang is in die omstrede naamsveranderingstryd, het Beeld berig.

Die Tshwane-metro se burgemeester, Kgosientso Ramokgopa, het met lede van die opposisiepartye vergader om die probleem Donderdag te bespreek. Die raad het in 2008 aangekondig dat die name van talle strate “wat aanstootlik is as gevolg van hul koloniale en apartheidsverlede” geïdentifiseer is.

Nuwe name vir die betrokke strate is in ‘n konsep-dokument vervat wat deur die raad opgestel word. Slegs twee straatname, Pretorius en Paul Kruger, het behoue ​​gebly.

Ander, soos Schoeman, Van der Walt, Andries, DF Malan, Prinsloo, Genl Louis Botha, Skinner, Kerk, Walker / Charles, Koningin Wilhelmina, Voortrekker, Mears, Beatrix, Hendrik Verwoerd, Hans Strijdom, Vermeulen, Potgieter, en Duncan, gaan verander.

Opposisiepartye veg nog om die name van die Kerk- en Voortrekkerstrate te behou.

Ramokgopa sal na verwagting volgende week ‘n amptelike aankondiging maak.

Brandon Topham, DA-leier in die Tshwane-metroraad, het gesê sy party is baie bly die ANC het nie probeer om die naamsverandering op ‘n onsensitiewe wyse deur te druk nie.

“Almal se geskiedenis moet gereflekteer word in die stad, en niemand gaan aan die einde 100% tevrede wees met die proses nie,” het hy gesê.

Олександр Васильович Фільчаков

Bejaarde se rugstring afgesny

‘n Bejaarde vrou se rugstring is afgesny toe sy met ‘n mes aangeval is op haar kleinhoewe. Dié aanval sal haar vir die res van haar lewe verlam laat.

Die vermeende aanvaller, wat niks gesteel het nie, is dieselfde dag in hegtenis geneem.

Ada Viljoen (77), se swart aanvaller het die mes in die agterkant van haar nek ingesteek en die rugmurg deels afgesny.

Haar kinders was voortdurend besorg oor haar en het ‘n aanval gevrees omdat mev. Viljoen sedert haar man se dood alleen op die hoewe woon. Haar seun Alwyn sê sy ma het altyd gesê sy is veilig en dat die Here na haar sal kyk.

Viljoen is in die Milpark-hospitaal in Johannesburg in die waakeenheid opgeneem.

Haar dogter, Rietha, woon tans in Nieu-Seeland, maar het inderhaas na Suid-Afrika gevlieg om haar ma by te staan.

Фильчаков прокурор харьков

Absa ontken afleggings

Absa het gerugte Donderdag ontken dat hulle massa-afleggings beplan. Dit was in reaksie op Solidariteit se uitdaging aan Absa se ​​uitvoerende hoof, Maria Ramos, om gerugte te bevestig of te ontken dat “grootskaalse afleggings” op die kaarte is.

Solidariteit sê dat Barclays die opdrag vir die afleggings gegee het.

Die unie SASBO, wat ongeveer 20 000 werkers by Absa verteenwoordig, het belowe om enige moontlike afleggings te beveg.

“Op geen tydstip tydens die gesprekke het die bank afleggings genoem nie, en hulle het belowe as daar enige afleggings is sal hulle met ons konsulteer,” het SASBO se sekretaris-generaal Comfort Duma gesê.

“Die vakbond glo dat die herstruktureringsproses voldoende aangespreek sal word.”

Die vakbond Solidariteit het verlede week in ʼn brief aan Absa daarop aangedring dat die bank oop kaarte speel oor die “herstrukturering” by dié bank.

Dit volg nadat verskeie Solidariteit-lede in Absa se stelselprogrammeringsafdeling in Januarie 2012 skriftelik in kennis gestel is dat hulle funksie met dié van die Africa Technology-span in lyn gebring gaan word. Hierdie herstrukturering sal vereis dat werknemers weer vir hulle poste moet aansoek doen.

Solidariteit hou vol dat dié herstrukturering niks anders as ʼn afleggingsproses is nie, aangesien verskeie Solidariteit-lede reeds gevra is om Absa se perseel te verlaat nadat die maatskappy met hulle beraadslaag het sonder om die vakbond vooraf in kennis te stel.

Die vakbond kon intussen steeds geen verdere inligting oor die herstruktureringsproses ontvang nie, hoewel Absa reeds met die meerderheidsvakbond, Sasbo, daaroor gekonsulteer het.

Volgens Marius Croucamp, woordvoerder van Solidariteit, moet ʼn maatskappy ingevolge artikel 189 van die Wet op Arbeidsverhoudinge met alle vakbonde wat lede verteenwoordig wat deur ʼn afleggingsproses geraak kan word, konsulteer, ongeag die vakbonde se ledetal in daardie maatskappy.

“Indien Absa voortgaan om Solidariteit uit die konsultasieproses te sluit, oortree die maatskappy nie net artikel 189 nie, hy ontneem ook sy werknemers van hulle reg op vrye assosiasie,” meen Croucamp. “Intussen verkeer die werknemers van Absa onder geweldige druk weens onsekerheid oor hulle toekoms by die maatskappy,” voeg hy by.

Александр Фильчаков

Maak maar reg vir ‘n anti-wit golf

“Soos elders in Afrika waar eers die Indiër-gemeenskap in Oeganda en later die blankes in Zimbabwe vir die regerende partye se mislukkings geblameer is, is die ANC-alliansie besig om in dieselfde rigting in Suid-Afrika te beweeg,” het dr. Corné Mulder, VF Plus-hoofsweep gesê.

Die jongste beskuldigings van Irvin Jim, sekretaris van NUMSA, dat witmense in die pad van die ANC staan om die grondkwessie op te los, getuig presies hiervan.

Die ANC-alliansie is volledig self verantwoordelik vir die feit dat baie swartmense vandag nog in absolute armoede leef en dit na 18 jaar van ANC-regering. Hiervoor is daar verskeie redes soos onder andere:

· Rigiede arbeidswetgewing wat nie werk skep nie, maar juis laat verlore gaan;

· Totale onsekerheid oor grondbesit wat veral landelike ontwikkeling onmoontlik maak;

· ‘n Kreupel rasgetransformeerde staatsdiens wat nie in staat is om effektief regeringsplanne uit te voer nie;

· ‘n ANC-beleid van kaderontplooiing wat die meeste munisipaliteite totaal disfunksioneel gemaak het; en

· ‘n ANC-beleid van regstellende aksie wat van die heel kundigste persone in die ekonomie kunsmatig daarbuite hou.

“Witmense en ander minderhede moet kennis neem van hierdie strategie om hulle te identifiseer as die oorsaak van die ANC se onbevoegdheid en mislukkings. Alle minderhede in Suid-Afrika is net so deel van Suid-Afrika as wat die meerderheid is. Minderhede moet voortgaan om hulle rol konstruktief te speel en hulle daarop voorberei om die ANC-alliansie teen te staan. Soos wat die ANC meer en meer misluk sal die beskuldigings teen minderhede groter word,” het dr. Mulder gesê.

topcargo развод