Maandag het hy getuig dat sy betrokkenheid in apartheid Suid-Afrika se chemiese en biologiese oorlogvoeringsprogramme daarop gemik was om lewens te red.
“Die riglyne is neergelê deur die geneesheer-generaal, wat ‘n mediese dokter van internasionale aansien was en wat verskeie regerings in ander lande geadviseer het,” het hy gesê.
“As ‘n mediese dokter kan ek kan saamleef met die idee dat ek beserings en die dood voorkom het deur middel van my betrokkenheid in die ontwikkeling van die stowwe.”
Basson staar vier aanklagte van onprofessionele en onetiese gedrag in die gesig.
Die aanklagte hou verband met sy optrede as ‘n mediese dokter toe hy die hoof van die land se chemiese en biologiese oorlogvoering navorsingprogram vir die weermag in die 1980’s en vroeë 1990’s tydens die apartheid-era was.
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.