Die etniese konflik tussen Afrika-immigrante en plaaslike inwoners in die Gautengprovinsie het teen gister steeds aangehou, in weerwil van polisie-optrede en oproepe om kalmte. Daar is reeds 22 mense dood en 10 000 is dakloos gelaat.
Aartsbiskop Desmond Tutu het 'n beroep op die amokmakers gedoen om die geweld te staak. Hy het na immigrante as ons broers en susters verwys.
'n 25-jarige man wat deur die polisie op die Oosrand in hegtenis geneem is, het aan verslaggewers gesê dat die Sjangaans verbrand sal word as hulle nie padgee nie. Volgens hom sal hulle vir die land veg. Hulle sal aanhou en die owerhede kan hulle nie keer nie.
Intussen word uit Kaapstad berig dat die polisie reeds moontlike gevaarpunte geïdentifiseer waar etniese geweld soos in Gauteng mag uitbrei.
Die burgermeesterslid vir veiligheid, Dumisani Ximbi, het verklaar dat die uitbreiding van aanvalle op vlugtelinge en buitelandse burgers van Alexandra deur Gauteng het die stad genoop om te verseker dat soortgelyke gevalle nie in Kaapstad plaasvind nie.
Volgens hom het sowel die Suid-Afrikaanse Polisiediens as die metropolisie 'n risikobestuursplan opgestel.
Kaapstad het tot dusver die geweld vrygespring hoewel 'n Somali-winkelier verlede Vrydag in die Durbanville-omgewing doodgeskiet is. Die moord kon egter tot dusver nie aan die etniese konflik verbind word nie.
справку длялобановский супермаркет класс