VN begaan oor Suid-Afrika

Image

Macharia Kamau

Organisasies van die Verenigde Nasies in Suid-Afrika is begaan oor die aanhoudende aanvalle op vreemdelinge in die land.

Die VN se waarnemende koördineerder in Suid-Afrika, Macharia Kamau, het gister in 'n verklaring gesê dat die VN-organisasies erken dat vele van die slagoffers wel vlugtelinge en asielsoekers is wat 'n veilige en beter lewe vir hul gesinne soek.

Die VN bly ernstig bekommerd oor die moontlikheid van 'n verdere eskalering van die aanvalle, veral teen die mees weerloses waaronder kinders en arm gesinne.

Die organisasies het gepleit dat die veiligheidsmagte en gemeenskapsorganisasies onmiddellik die aanvalle beëindig.

Die VN staan reg om hulp te verleen vir die onmiddellike humanitêre behoeftes van slagoffers, maar ook om langtermynoplossings vir die probleem te vind.

 

Накладные светильникилобановский александр жена

Maak 'n opvolg-bydrae