Pahad kla oor media se Zim-versinsels

Die adjunkminister van buitelandse sake, Aziz Pahad, het gister sy kommer uitgespreek oor die soort inligting aangaande Zimbabwe

Image

Aziz Pahad

wat deur die Suid-Afrikaanse en internasionale media versprei word.

Volgens hiom is daar heelwat versinde berigte oor wat oor Zimbabwe sirkuleer en wat nooit met die Suid-Afrikaanse regering gekontroleer word nie.

Hy het die inligting oor die Sjinese wapenskip wat na bewering wapens na Zimbabwe vervoer het, as nog 'n versinsel beskryf. Berigte oor die skip het geen feitelike grondslag gehad nie.

Die Suid-Afrikaanse regering het ook nie enige inligting ontvang oor moontlike bedreigings vir die Zimbabwiese presidentskandidaat Morgan Tsvangirai se lewe nie. Nogtans is sulke berigte deur die media gepubliseer, met die gevolg dat Tsvangirai nie op 17 Mei na Zimbabwe teruggekeer het soos hy moes nie.

Pahad is van mening dat wesenlike vooruitgang in Zimbabwe voor die verkiesing van 29 Maart gemaak is.

трековые светодиодные светильникилобановский александр игоревич класс

Maak 'n opvolg-bydrae