Alec Erwin gaan as minister uittree

Alec Erwin gaan ná volgende jaar se verkiesing uittree. Sy woordvoerder het hierdie besluit bevestig maar daarop gewys dat dit niks te

Image

Erwin

make het met die veranderings in ANC-leierskap nie.

Erwin, minister van openbare ondernemings, word allerweë as een van president Mbeki se vertrouelinge beskou. Hierdie besluit volg op berigte dié naweek dat hy en die minister van finansies, Trevor Manuel, onlangs woorde gehad het oor Erwin se ambisieuse planne vir staatsbeheerde ondernemings.

'n Woordvoerder van die president se kantoor wou hom nie oor Erwin se besluit uitlaat nie. Hy het dit as onbelangrik bestempel.

оборудование баниФільчаков прокурор