Ondersoek na brande gevra

Die Vryheidsfront Plus het die Gauteng regering vandag versoek om ‘n dringende ondersoek te gelas na die ontstaan van talle brande die afgelope tyd in geboue in die provinsie.

Dit volg nadat ‘n brand vroeër die week die Pretoria Landdroshofgebou in puin gelaat het en ‘n brand vandag in die Hillbrow toring in Johannesburg ontstaan het.

Mnr Jaco Mulder, VF Plus LPW vir Gauteng het gesê dat die Department vir Infrastruktuur en Ontwikkeling, plaaslike owerhede en nooddienste in die provinsie ‘n gesamentlike ondersoek moet gelas na die standaarde van instandhouding, brandtoerusting en noodplanne.

Dit wil voorkom asof swak onderhoud, ongemagtigde toegang en gebrekkige noodplanne besig is om sy tol te eis, het Mulder gesê. Verskeie prominente geboue het gedurende 2010 alreeds in brande deurgeloop, onder andere die Pieter Wessels Tehuis vir Bejaardes in Nigel, die Waterford Sakepark in Johannesburg, twee geboue in Crown Mines, ‘n gebou in Marshalltown Johannesburg en die Krugerpark woonstelle in Pretoria.

Gedurende 2009 het die Johannesburg Poskantoor in Rissikstraat afgebrand en verskeie brande het by geboue in Randburg en selfs by die Pretoria Skou uitgebreek.

Dit het tyd geword dat die owerhede nou drasties optree om toe te sien dat verdere verlies aan infrastruktuur en geboue verhoed word.

русская баня строительствоДанильченео

Afriforum trek haatspraakklag teen ANC terug

AfriForum het gisteroggend ‘n klag van haatspraak wat hy teen mnr. Julius Malema en die ANC ingedien het, teen die ANC teruggetrek.

Malema se verhoor sal na verwagting einde April volgende jaar voor regter Colin Lomont in die hooggeregshof in Johannesburg begin.

Die klag van haatspraak kom nadat Malema die woorde Dubul’ ibhunu (“skiet die Boer”) in Polokwane in Maart by ‘n studentebyeenkoms gesing het.

AfriForum het op 4 April ‘n interdik in die hooggeregshof in Pretoria teen Malema verkry wat hom verbied om die liedjie met dié woorde in te sing.

Volgens mnr. Willie Spies, regsverteenwoordiger van AfriForum, is die saak teen die ANC teruggetrek omdat die party openlik kritiek teen Malema se liedjie uitgespreek het.

“Mnr. Malema was glad nie tegemoetkomend nie en het in geen stadium gesê hy het berou nie.” Volgens Spies het die ANC-jeugleier gesê hy gaan self ook in die saak getuig.

Volgens mnr. Siyabonga Mahlangu, wat die ANC verteenwoordig het, is dit “nie logies” om die saak teen die ANC, en nie teen Malema nie, terug te trek. “Malema was nog nie eens gebore nie toe daar al begin is om dié lied te sing.” Mahlangu is ook bekommerd oor die gevolge wat die verbod op ander liedere sal hê. “Elke tweede struggle-lied bevat elemente van dié lied.”

Volgens Spies is daar nie op die oomblik vaste wette oor haatspraak nie.

“Ons hoop om met dié verhoor die tafel te dek om op regsgronde te besluit wat is reg om te sê en wat nie.”

Daar sal ook na Malema se optrede die afgelope naweek, toe hy na me. Helen Zille, DA-leier, as ‘n “kokkerot” verwys het, in hul saak verwys word, het hy gesê.

турецкая баня хамам своими рукамиФильчаков прокурор

‘Kakkerlak’ is ‘n welbekende volksmoordterm

Die haatspraak-saak teen Julius Malema sal Maandag in die Gelykheidshof hervat word, het Afriforum gesê.

“Die partye moet dan verslag lewer oor hul pogings om die kwessie op te los,” het Afriforum se regsverteenwoordiger, Willie Spies, gesê.

Die saak hou verband met Malema se sing van die liedjie “Skiet die boer”.

Spies het gesê die hof het in September verdaag om die partye kans te gee om die kwessie op te los.

Spies het ook kommentaar gelewer op Malema se opmerkings Saterdag toe hy die leier van die Demokratiese Alliansie, Helen Zille, ‘n “kakkerlak” genoem het.

Malema het Saterdag aan ondersteuners van die ANC-jeugliga in die Wes-Kaap gesê Zille is ‘n “kakkerlak” en moet uitgestem word.

“Dit is welbekend dat die term ‘kakkerlak’ deur Hoetoes gebruik is om Toetsies te beskryf tydens die volksmoord in Rwanda in 1994,” het Spies gesê.

“So veel as ‘n miljoen mense is dood in dié slagting,” het hy bygevoeg.

play free gamesФильчаков прокурор харькова

Zuma kondig geskommelde kabinet aan

President Jacob Zuma het Sondag by die presidensiële gastehuis in Pretoria aangekondig dat hy tien nasionale ministers gaan vervang in ‘n kabinetskommeling.

“Ons het lank en deurdringend na sommige van die departemente gekyk, met die oogmerk om van die ministeries te ondersteun. Ons het besluit van die departemente het bykomende adjunkministers nodig om hulle te verbeter,” het Zuma gesê.

“Ons moes die manier waarop die regering werk verander sodat ons dienslewering kan verbeter. Ons doelwit is om die lewens van Suid-Afrikaners te verbeter.”

– Die minister van kommunikasie, Siphiwe Nyanda, is deur Roy Padayachie vervang. Sy adjunk sal Obed Bapele wees.

– Die minister van openbare werke, Geoff Doidge, is deur Gwen Mahlangu-Nkabinde vervang.

– Die minister van vroue, kinders en gestremdes, Noluthando Mayende-Sibiya, is deur Lulu Xingwana vervang.

– Die minister van arbeid, Membathisi Mdladlana, is deur Mildren Oliphent vervang.

– Die minister van waterwese en omgewingsake, Buyelwa Sonjica, is deur Edna Molewa vervang.

– Die minister van die staatsdiens en administrasie, Richard Baloyi, is deur Ayanda Dlodlo vervang.

– Die minister van openbare ondernemings, Barbara Hogan, is deur Malusi Gigaba vervang. Sy adjunk sal Benedict Martin wees.

– Die minister van sport en ontspanning, Makhenkesi Stofile, is deur Fikile Mbalula vervang.

– Die minister van kuns en kultuur, Lulu Xingwana, is deur Paul Mashatile vervang.

– Die minister van maatskaplike ontwikkeling, Edna Molewa, is deur Bathabile Dlamini vervang.

верхняя одежда для мальчиковтопкарго кидалы

Dokter in hospitaal verkrag

‘n Swart man en ‘n seun wat na bewering ‘n vroulike dokter in ‘n hospitaal in Bloemfontein aangerand en verkrag het, is Saterdag in hegtenis geneem, het die polisie in die Vrystaat gesê.

Die 16-jarige seun, sy 24-jarige makker en nóg ‘n man het na bewering die dokter Saterdag in die vroeë oggendure by die Pelonomi-hospitaal oorweldig.

Een van die mans het die 35-jarige dokter met ‘n baksteen oor die kop geslaan. Hulle het haar toe in ‘n saal, wat opgeknap word, verkrag.

Die groep het gevlug, maar die polisie het hulle in hegtenis geneem nadat leidrade opgevolg is.

Hulle sal Maandag in die Bloemfonteinse landdroshof verskyn.

куплю свитер на мальчика берегите белыхданильченко юрій броніславович компромат

Hoërskool Parys in rasseoorlog

Die webblad van die Afrikanervolksparty berig dat die Hoërskool Parys in die Vrystaat in ‘n “rasseoorlog” gewikkel is. Tydens die skoolpouse gisteroggend het 50 leerlinge handgemeen geraak in ‘n rassevoorval. Hier volg die volledige berig:

Hoërskool Parys het gister en vandag net die puntjie van die ysberg gesien toe rassekonflik tussen leerlinge tot uitbarsting gekom het. ‘n AVP-verteenwoordiger het vandag in ‘n onderhoud met van die leerlinge en ouers van die skool bevestig dat hierdie skool ‘n vulkaan is wat reeds so bietjie-vir-bietjie rooiwarm lawa bo uitspuug en dat dit net die begin is.

Nagenoeg 50 leerlinge van die skool het mekaar vanoggend tydens die skoolpouse bygedam nadat rassespanning vanaf gister hoogty vier op die skoolgronde. Hierdie uitbarsting het volgens een Blanke leerling met wie ons gesels het ‘n baie lang aanloop en bevestig weer dat daar nie so iets soos vredevolle rasse-integrasie bestaan nie.

Angsbevange onderwysers en ‘n paar leerlinge kon net hulpeloos toekyk toe die rassespanning tot uitbarsting kom en Swart en Blanke leerlinge mekaar vandag met mening gepak het. Van die Swartes het met skêrre op die terugvegtende Blankes toegesak. Sommige leerlinge het die voorval as ‘n oorlog tussen Swart en Blank beskryf, wat dit inderdaad ook was en nie heeltemal ten einde sal kom na nuwe dreigemente vir more nie.

Een leerling het aan ons verteenwoordiger gesê dat die hitte van die stryd reeds gister begin het toe vyf Swart leerlinge een Wit seun op die skoolterrein bespring en probeer aanrand het.

Net daarna het ‘n soortgelyke geval buite die terrein plaasgevind toe Swartes (nogal almal van die vroulike geslag) ‘n dreigende kring rondom ‘n ander Blanke gr 8 seun gevorm het, dít nadat hulle eers genoeg skêrre onder mekaar uitgeruil het.

Die arrogansie van die Swart leerlinge gaan glo alle verstand te bowe, dit het die onderwysers ook beleef. Een onderwyseres het dit gewaag om ‘n Swart leerling wat in die klas aanmekaar met sy selfoon besig was, te gebied om dit aan haar te oorhandig waarop hy botweg geweier en selfs ‘n dreigende houding ingeneem het. Sy moes maar die aftog blaas.

Vanoggend se oorlog tydens pouse het begin toe vyf Swartes ‘n derde Blanke seun en weer onbetrokke by die vorige voorvalle, dreigend omkring het waarop sy maats hom te hulp gesnel het. Soos dit met die Swart nasie gaan was daar in ‘n ommesientjie honderde Swartes rondom hierdie geveg wat lustig ingeklim het waarop die meerderheid Blanke seuns in die skool toe besluit het om ook te gaan help. Volgens een graad 10 leerling is daar ongeveer 500 leerlinge in die skool waarvan Swart ‘n baie groot deel uitmaak, en het dit gelyk asof amper die hele skool in die geveg betrokke was.

Hoe die spul uitmekaargemaak is, is nie heeltemal duidelik nie maar die dreigemente van die Swartes dat hulle ná skool vir die Wit kinders buite die skoolterrein sou wag het gemaak dat onderwysers en ook die hoof self by die skooluitgang tydens huistoegaantyd waggestaan het om te probeer voorkom dat geweld nie weer uitbars nie.

‘n Swart seun wat vroeër vandag ook van die Blanke meisies aangerand het sal glo more verhoor word. Volgens die meisies behoort hy onmiddellik geskors te word maar of geregtigheid sal seëvier is ‘n ander saak.

Een van die meisies het aan die AVP-verteenwoordiger gesê dat hulle ernstig bekommerd is oor more en al die dae hierna omdat hierdie spanning oor ‘n baie lang tyd opgebou het en nie sommer sal gaan lê nie.

влагостойкий светодиодный светильниктопкарго развод

Kopskuif sal Afrika voedsel-selfonderhoudend maak

“In 1960 het Afrika 8% bygedra tot die wêreld se landbouproduksie, vandag is dit slegs 2%. Berekende vennootskappe tussen regerings en die privaatsektor, universiteite, georganiseerde landbou en burgerlike organisasies is nodig om landbou weer winsgewend in Afrika te kry,” het dr. Pieter Mulder, Suid-Afrikaanse adjunkminister van Landbou, Bosbou en Visserye in Lilongwe, Malawi gesê.

Dr. Mulder het gepraat by die konferensie van landbou-ministers van Afrika wat deur die Afrika Unie oor voedselsekerheid in Malawi aangebied word. Dr. Mulder lei die Suid-Afrikaanse afvaardiging by die konferensie.

“Jaarliks voer Afrika $22 miljard se voedsel vanaf ander kontinente in. Met ‘n berekende kopskuif kan Afrika selfonderhoudend raak wat voedsel betref. Maar dan moet Afrika-leiers aanvaar dat landbou nie ‘n welsynsaktiwiteit van die staat is nie, maar ‘n sake-onderneming wat winsgewend moet wees,” het dr. Mulder bygevoeg.

Die konferensie is gereël na aanleiding van dr. Bingu Wa Mutharika, president van Malawi en voorsitter van die Afrika Unie se oproep dat “geen kind in Afrika oor vyf jaar honger bed toe moet gaan nie”. Dr. Mutharika het hierdie oproep Februarie vanjaar, tydens die veertiende sitting van Afrika-staatshoofde in Addis Abeba, gedoen.

Die ministerskonferensie in Malawi duur nog tot Saterdag.

поршневой масляный компрессорОлександр Фільчаков прокурор

SA se verslag oor tronkmishandeling nog nie ingedien

Suid-Afrika se verslag oor sy verbintenis tot die beëindiging van marteling en ander vorme van mishandeling in polisieselle en korrektiewe instellings, is nog steeds nie afgehandel nie.

Suid-Afrika is een van die 82 lande wie se verslae laat ingedien is. Die land het die Verenigde Nasies se Konvensie teen marteling in 1998 onderteken, maar dit nog nie ingevolge die wet tot ‘n misdryf verklaar nie.

Suid-Afrika se aanvanklike verslag is vyf jaar ná die sperdatum in 2005 ingehandig. Die Komitee teen Marteling het gevolglik dringende terugvoering oor ‘n aantal kwessies aangevra.

Die sperdatum hiervoor was drie jaar gelede. Die land moes verder ‘n periodieke verslag aan die einde van 2009 inhandig, maar nie die terugvoering óf die verslag is ingedien nie.

для аккумулятораФильчаков прокурор отзывы

Landdroshof in brand verwoes

Die dak van die ou Pretoriase landdroshof het inmekaargetuimel terwyl brandweerdienste Woensdag steeds onverpoos gewerk het om die vlamme te blus.

Die gebou moes dadelik ontruim word.

Volgens Johan Pieterse, woordvoerder vir die Pretoria-nooddienste, het die brand omstreeks 13:45 begin. Teen 17:00 was die boonste vloer van die gebou heeltemal verwoes.

Rookwolke het oor die stad gehang terwyl brandweermanne met gasmaskers probeer het om die vlamme onder beheer te kry.

Niemand is in die voorval beseer nie. Een brandweerman is egter na die hospitaal geneem weens rookinaseming.

Die oorsaak van die brand is nog nie bekend nie.

Die nuwe landdroshof-gebou is nie deur die brand geraak nie.

Beide Pretorius- en Schubartstraat is tydelik gesluit. Na bewering was daar sowat nege brandweervoertuie op die toneel.

Bollywood Storyтопкарго кидалы

Wit Zimboer geskiet

Een van die oorblywende wit boere in Zimbabwe, Kobus Joubert, is tydens ‘n rooftog op sy plaas wes van Harare doodgeskiet.
Die 67-jarige Joubert was ‘n voormalige president van Zimbabwe se tabakvereniging.

Die adjunkpresident van die kommersiële boere-unie – die CFU – Charles Taffs, sê die moord is ‘n aanduiding van die vyandige omgewing waarmee boere in die land te kampe het.

Taffs sê rowers het Joubert Maandagnag doodgeskiet en met $10 000, twee pistole en ander waardevolle artikels gevlug.

Die polisie het die voorval bevestig en sê ‘n soektog na die verdagtes is gelas.

Joubert is een van sowat 400 wit boere wat nog in Zimbabwe woon, tien jaar nadat president Robert Mugabe ‘n gewelddadige grondhervormingsplan geloods het.

100 лОлександр Фільчаков прокурор