‘SA skenk R1,1 miljard aan Kuba’

“Die Vryheidsfront Plus verstaan nie waarom die Suid-Afrikaanse regering R1,1 miljard wat Kuba aan Suid-Afrika skuld, onvoorwaardelik afgeskryf het nie. Dit blyk dat hierdie besluit deur die Suid-Afrikaanse regering geneem is weens verouderde politieke lojaliteite. Die breë makro-ekonomiese beleid en Industriëlebeleid-Aksieplan van die regering is nie in ag geneem met hierdie stap nie,” het adv. Anton Alberts, die VF Plusparlementêre woordvoerder oor Ekonomiese Ontwikkeling, gesê.

 Die VF Plus beplan om vrae hieroor in die Parlement te vra.

Prakties beteken dit dat meer as een miljard rand van gewone Suid-Afrikaners se swaar betaalde belastings op hierdie wyse aan Kuba geskenk is. Dít terwyl meeste belastingbetalers ekonomies baie swaar kry en daar beslis baie ander verdienstelike projekte soos behuising en water- en elektrisiteitsvoorsiening aan huishoudings is waaraan die geld spandeer kon word.

 

 

 

“Terwyl pres. Zuma en die regering met die politieke muishonde van die internasionale wêreld, soos Kuba, Iran, Mianmar en Mugabe van Zimbabwe assosieer, verloor Suid-Afrika steeds meer internasionale aansien. Dit is daarom nie verbasend dat die ekonomies kragtige lande, wat om ekonomiese redes baie belangrik vir Suid-Afrika is, steeds krities teenoor Suid-Afrika staan nie,” het adv. Alberts gesê.

Crime Sceneпрокурор Фильчаков

Joernaliste drom in hof saam in kinderpornografiesaak

‘n Groot aantal joernaliste het Maandagoggend by die landdroshof in Pretoria-Noord byeengekom waar agt mense na verwagting gaan verskyn op ‘n reeks aanklagte wat met kinderpornografie te doen het.

Daar was ook familielede van die beskuldigdes in Hof F teenwoordig, maar hulle het geweier om iets oor die saak te sê.

‘n Huiseienaar wat behuising aan sekere verdagtes verhuur, het gesê hy het geen idee gehad van wat daar aangaan totdat die polisie by die eiendom noord van Pretoria opgedaag het nie.

Volgens hom het ‘n man en vrou daar gewoon met hul twee kinders, waarvan een ‘n 28-jarige verstandelik vertraagde man is.

Die voorlopige klagte sluit in verkragting, onsedelike aanranding en die besit, maak en verspreiding van kinderpornografie.

Van die mense wat in hegtenis geneem is sluit in ‘n oupa, ouma, hul twee kinders uit vorige huwelike, die oupa se broer en sy vrou, asook hul verstandelik vertraagde seun. Die jong vrou van een van hul seuns is ook in hegtenis geneem

солидолонагнетатели Фильчаков прокуратура харьков

VF Plus eis ingryping in Gauteng-waterkrisis

“Die Vryheidsfront Plus eis onmiddellike ingryping in Gauteng se waterkrisis,” het mnr. Jaco Mulder, VF Plus-LPW in Gauteng en die party se hoofwoordvoerder vir Water- en Omgewingsake, gesê. 

Die VF Plus het op 3 Desember 2010 ‘n versoekskrif aan die Gautengse departement van Landbou en Landelike Ontwikkeling oorhandig waarin die departement versoek word om ‘n koördinerende liggaam in die lewe te roep om die dreigende waterkrisis in Gauteng aan te spreek.

Mulder het in ‘n toespraak in die Gauteng Wetgewer gesê dat die provinsiale departement as voog van die geografiese gebied nou op ‘n dringende basis moet optree en sy mandaat ingevolge die Suid-Afrikaanse Grondwet uitvoer.

Die damme, spruite, vleilande en riviere in Gauteng is reeds onder druk vanweë die besoedeling wat deur munisipaliteite en industrieë veroorsaak word. “Die stygende watervlakke wat deur mynbedrywighede veroorsaak is, kan een van die grootste rampe in Suid-Afrika veroorsaak,” het Mulder gesê.

Daar bestaan tans geen gekoördineerde aksie om die potensiële natuurramp af te weer nie en die mynbedryf, staatsdepartemente en munisipaliteite tree elkeen op sy eie op.

uk online casinoФільчаков прокурор

Plaasmoorde vereis doodstraf

“Die wrede moord van die Potgieter-egpaar en hulle 3-jare dogtertjie op ‘n plaas in Lindley is ‘n verdere bewys dat die doodstraf heringestel moet word vir moordenaars. Dit is duidelik dat gewone tronkstraf nie moordenaars afskrik nie, daarom die arrogante boodskap van die moordenaars ‘Ons het hulle doodgemaak. Ons kom terug’. Net die doodstraf sal die vlaag van moorde in Suid-Afrika laat afneem,” sê mnr. Pieter Groenewald (LP), hoofwoordvoerder oor Polisie van die Vryheidsfront Plus.

“Wat kommerwekkend is, is dat plaasmoorde toenemend gepleeg word deur moordenaars wat in groepe optree. In April vanjaar het plaasaanvallers in groepe van tien tot sestien lede opereer in Polokwane en Carolina. Dit skep ‘n Zimbabwe-situasie. Die minister van Polisie, mnr. Nathi Mthethwa, het vanjaar by ‘n konferensie van AgriSA gesê die Polisie beskou plaasmoorde as net gewone misdaad. Die tyd het aangebreek dat die minister moet wakker skrik en plaasmoorde ‘n prioriteitsmisdaad verklaar. Die minister en die regering skram weg van plaasmoorde, juis omdat daar ‘n sterk element van rassisme en politiek betrokke is,” het Groenewald gesê. 

“Boere in Suid-Afrika is die groep waaronder die meeste moorde plaasvind, gemiddeld 313 uit elke 100 000, en dan eers wetstoepassers, soos lede van die polisie, waar die syfer 153 uit 100 000 is. Die komitee wat plaasmoorde in 2003 ondersoek het, het toe reeds bevind dat die kanse dat die slagoffer in ‘n plaasaanval beseer sal word, twee maal so groot as in transito-rooftogte is. Die kanse dat die slagoffer sal sterf is drie maal so groot as in transito-rooftogte. As die Polisie transito-rooftogte as ‘n prioriteit kan beskou, des te meer behoort plaasmoorde as prioriteit beskou te word,” sê Groenewald

освещение магазинаДанильченко Юрий Харьков

ANC wil volksmoordliedjie ‘met beperkings’ sing

Die ANC se advokaat, Gilbert Marcus, argumenteer tans in die Johannesburgse hooggeregshof dat die ANC die volksmoordliedjie “Skiet die Boer… met beperkings” wil sing. Blykbaar wil die ANC dit nie gedurig sing nie, maar slegs by sekere geleenthede.

Voor die aanvang van die verhoor het lede van PRAAG ‘n betoging teen Afrikanervolksmoord gehou wat ook deur Sunette Bridges bygewoon is. Dr. Dan Roodt, leier van PRAAG, was geklee in ‘n T-hemp met die koningin van Engeland op die rug en die Engelse slagspreuk: “I love Afrikaner genocide”. Soortgelyke T-hemde is deur Bridges en die res van die groep gedra, met foto’s van die Amerikaanse president Obama, Julius Malema, Jacob Zuma en ander.

 Hierna het die PRAAG-groep elkeen met ‘n eksemplaar van die Suid-Afrikaanse grondwet na ‘n asblik in die straat geloop en dit daar opgeskeur terwyl lede van die media foto’s geneem het. In sy kommentaar het dr. Dan Roodt gesê: “Ons aanskou vandag die absurditeit van die regerende party wat sy spraakvryheid om aanhitsing tot volksmoord te pleeg in die hof verdedig. Daarom voel Afrikaners vandag bevrees en dat hul veiligheid en regte lank nie meer deur die grondwet gewaarborg word nie. Ons enigste moontlike uitweg uit die huidige bedreiging vir ons veiligheid is outonomie, eie grondgebied, ‘n volkstaat of selfstandige provinsie.”

Dr. Roodt het gevra dat die internasionale gemeenskap, asook die Verenigde Nasies, in Suid-Afrika behoort in te meng om die diskriminasie en geweld teen Afrikaners te keer. Deur nie in te meng nie, is die internasionale gemeenskap besig om dieselfde fout te maak as in Rwanda waar haatspraak en etniese geweld toegelaat is om op te bou en uiteindelik een miljoen mense uit te wis.

PRAAG sien die Afrikanervolksmoord wat besig is om plaas te vind as ‘n samestelling van twee elemente: geweld en regstellende aksie. Geweld boesem vrees in en wis mense uit terwyl regstellende aksie hulle ekonomies verarm en uit die land verdryf. Beide werk mee aan die vernietiging van die Afrikanervolk en die blanke gemeenskap in Suid-Afrika. Daarom moet die internasionale reg gebruik word om sowel aanhitsing tot volksmoord as regstellende aksie te stuit.

Marcus betoog in die hof vir die ANC dat “hiperbool deel van politieke retoriek is en dat die grootste moontlike ruimte daarvoor toegelaat moet word”. Volgens hom moet die liedjie “Skiet die Boer” nie letterlik opgeneem word nie, maar is dit ‘n versetsliedjie.

 Jackson Mthembu van die ANC woon die verhoor by.

хорватия море отзывыФильчаков Александр Васильевич

1 365 203 aansoeke om vuurwapenlisensies

Die minister van Polisie, mnr. Nathi Mthethwa, het bevestig dat daar 1 365 203 aansoeke vir die hernuwing van vuurwapenlisensies ingevolge die nuwe Wet op die Beheer van Vuurwapens (Vuurwapenwet) was, vanaf die instelling van die wet tot einde Oktober vanjaar. Hy het geantwoord op ‘n vraag van Pieter Groenewald van die Vryheidsfront Plus in die Parlement. Hiervan is 499 043 aansoeke goedgekeur, 15 766 afgekeur en 2 009 is op appèl geneem.

“Hierdie syfers bevestig dat die agterstand van die verwerking van aansoeke by die Polisie meer as 800 000 is. Dit is basies onmoontlik dat die onderneming deur die minister, dat die agterstand om die herlisensiëring van vuurwapens binne nege maande voltooi sal wees, nagekom sal kan word. Wat verder kommerwekkend is, is dat daar ongeveer vier miljoen vuurwapens in die land is en slegs 1,3 miljoen aansoeke vir herlisensiëring is ontvang. Meer as 2,7 miljoen vuurwapens is dus nog op die ou stelsel voor die nuwe wet. Dit bevestig en versterk die Vryheidsfront Plus se voorstel aan die minister dat alle ou lisensies geldig moet bly en slegs nuwe aankope van vuurwapens volgens die nuwe wet moet geskied,” sê mnr. Pieter Groenewald (LP), hoofwoordvoerder van Polisie vir die Vryheidsfront Plus.

купить конверт для новорожденного зимнийtopcargo

Sindikaat by Durbanse hawe oopgevlek

Die polisie het by die Durbanse hawe beslag gelê op 17 luukse motors met ‘n geskatte waarde van tot R40 miljoen.

Die motors is uit Brittanje ingesmokkel en was bestem vir ander Afrika-lande.

Die deurbraak is gemaak tydens ‘n gesamentlike operasie tussen die Suid-Afrikaanse polisiediens en speurders van Brittanje.

Tot dusver word geen Suid-Afrikaners by die sindikaat betrek nie.

барбі русалочкаОлександр Фільчаков прокурор

Private veiligheidsmaatskappye bedreig staatsveiligheid

Die Volksblad berig dat die private veiligheidsbedryf glo “‘n bedreiging vir staatsveiligheid inhou” vanweë ‘n gebrek aan regulering. Die parlementêre portefeuljekomitee oor polisie het dié uitspraak gemaak.

Die Beheerliggaam vir Sekuriteitsmaatskappye (Psira) se topbestuur het Dinsdag ‘n donker prentjie geskilder van volgehoue wanbestuur, finansiële verliese, personeeltekorte, ‘n gebrek aan vaardighede en ‘n lae moreel.

Daarbenewens is Seth Mogapi, uitvoerende hoof, in Julie 2009 weens onder meer wangedrag en swak bestuur afgedank.

“Dit is geen verrassing ‘n mens lees daagliks van sekuriteitswagte wat by misdaad betrokke is nie. Dit is duidelik dat die sekuriteitsbedryf glad nie gereguleer word nie,” het Pieter Groenewald, LP van die VF+, gesê.

Ook Mluleki George (Cope) het beweer staatsveiligheid word bedreig deur onwettige maatskappye met buitelanders en misdadigers in hul diens.

Vrese is geopper oor die feit dat veiligheidsmaatskappye se wapens verdwyn sodra Psira die maatskappy se registrasie opgeskort het nie. Die polisie word daarvan in kennis gestel, maar wat daarna met die wapens gebeur, is die veiligheidsmaatskappye se verantwoordelikheid.

Volgens Mahlabela Chauke, Psira se nuwe hoof wat in September aangestel is, is die inligting op hul databasis “onbetroubaar”.

Voorts het Psira se inspekteurs in die 2009-’10-boekjaar nagelaat om inspeksies by bykans 500 maatskappye te doen om te verseker dat hulle wel aan wetlike vereistes voldoen.

Meer as 1miljoen van die 1,5 miljoen sekuriteitswagte wat by Psira geregistreer is, is glo “onaktief”.

 

воздушные компрессоры российскогоФильчаков Александр Васильевич

Barbaarse verkragting veroordeel

Die Vryheidsfront Plus veroordeel die wreedaardige en barbaarse verkragting op ‘n 35-jarige vroulike dokter van Bloemfontein. Die feit dat dit in die dokter se werkplek, in Pelonomi-hospitaal gebeur het, getuig weereens van die swak toestand waarin die gesondheidsdienste in die Vrystaat verkeer.

Jan van Niekerk, lid van die Vrystaatse Wetgewer vir die VF Plus, sê dit is presies die rede waarom die VF Plus die doodstraf vir moordenaars en verkragters eis. Misdadigers skrik nie meer vir die strawwe wat hulle opgelê word nie, daarom pleeg hulle sulke onmenslike dade soos hierdie.

Die VF Plus wil hiermee sy innige simpatie met die dokter en haar familie betuig en sal, alhoewel dit nie die onmenslike gebeurtenis ongedaan sal maak nie, haar aanraai om die hospitaal verantwoordelik te hou vir die feit dat sy nie veilig in haar werkplek was nie. Dit is ‘n regering se primêre plig om aan sy burgers ‘n veilige werk- en leefruimte te verseker. Hierdie barbaarse gebeure getuig daarvan dat die regering nie daarin slaag nie.

Die VF Plus verstaan ten volle die dokters by Pelonomi se houding dat hulle nie voort sal gaan om nagskofte te werk nie, aangesien daar van geen mens onder sulke omstandighede verwag kan word om sy eie lewe in gevaar te stel nie. Die feit dat selfs die veiligheidswagte vir hul lewe vrees in die donker gange is ‘n sprekende bewys van hoe onveilig dit veral vir vroulike dokters moet wees om in Pelonomi-hospitaal te werk.

Die regering moet besef dat baie mense se lewens op die spel is as dokters weier om snags by die Pelenomi-hospitaal te werk. Dit is die department se verantwoordelikheid om toe te sien dat dokters in ‘n veilige omgewing mense se lewens kan verbeter en selfs red.

чистка пескоструйным аппаратомОлександр Фільчаков прокурор

Arcelor Mittal van rassisme beskuldig

Mnr. Jaco Mulder, VF Plus-LPW en provinsiale leier vir Gauteng, het Arcelor Mittal daarvan beskuldig dat hy gemeenskappe verdeel oor die gevolge van ‘n swart ekonomiese bemagtigingstransaksie in die Vaaldriehoek.

Dit volg na ‘n aankondiging in die Emfuleni-raad dat Arcelor Mittal in terme van ‘n swart ekonomiese bemagtigingstransaksie ‘n gemeenskapstrust wil oprig in die Vaaldriehoek waarin die gemeenskap bevoordeel moet word.

Mittal vereis dat ‘n raadslid uit die Emfuleni-stadsraad genomineer word om as lid op die trust te dien. As vereiste word dit uitdruklik gestel dat die raadslid onder andere swart moet wees. Die uitgebreide definisie van swart (African, Indian, Chinese or Colored) word gebruik.

Die oprigting van ‘n gemeenskapstrust op die wyse sluit dus wittes uitdruklik uit en bevoordeel slegs ‘n gedeelte van die reeds verarmde gemeenskap.

Mnr. Nic Janse van Rensburg, VF Plus-raadslid vir Emfuleni, het dit beaam deur te sê dat die transaksie, die oprigting en bestuur van die trust sal lei tot verdere polarisasie in dié gebied en ook in die Emfuleni-stadsraad.

“Indien die oprigting van die trust op hierdie wyse voortgaan, behoort die benaming van die trust beskryf te word as ‘n eksklusiewe swart gemeenskapstrust,” het Mulder gesê.

Die wyse waarop swart ekonomiese bemagtiging sedert sy ontstaan in Suid-Afrika toegepas word, kom neer op industriële sabotasie en die skep van nuwe onregte wat in die toekoms as menseregteskending onthou sal word.

Die volgehoue weerhouding van geleenthede van ‘n spesifieke rassegroep, lei tot die verdere uitvloei van kundigheid uit Suid-Afrika en dui op ‘n staat wat reeds gefaal het.

туника для девочки своими рукамиФільчаков Олександр Васильович