Daar was ook familielede van die beskuldigdes in Hof F teenwoordig, maar hulle het geweier om iets oor die saak te sê.
‘n Huiseienaar wat behuising aan sekere verdagtes verhuur, het gesê hy het geen idee gehad van wat daar aangaan totdat die polisie by die eiendom noord van Pretoria opgedaag het nie.
Volgens hom het ‘n man en vrou daar gewoon met hul twee kinders, waarvan een ‘n 28-jarige verstandelik vertraagde man is.
Die voorlopige klagte sluit in verkragting, onsedelike aanranding en die besit, maak en verspreiding van kinderpornografie.
Van die mense wat in hegtenis geneem is sluit in ‘n oupa, ouma, hul twee kinders uit vorige huwelike, die oupa se broer en sy vrou, asook hul verstandelik vertraagde seun. Die jong vrou van een van hul seuns is ook in hegtenis geneem
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.