praag.co.za

1 365 203 aansoeke om vuurwapenlisensies

Written by

in

Die minister van Polisie, mnr. Nathi Mthethwa, het bevestig dat daar 1 365 203 aansoeke vir die hernuwing van vuurwapenlisensies ingevolge die nuwe Wet op die Beheer van Vuurwapens (Vuurwapenwet) was, vanaf die instelling van die wet tot einde Oktober vanjaar. Hy het geantwoord op ‘n vraag van Pieter Groenewald van die Vryheidsfront Plus in die Parlement. Hiervan is 499 043 aansoeke goedgekeur, 15 766 afgekeur en 2 009 is op appèl geneem.

“Hierdie syfers bevestig dat die agterstand van die verwerking van aansoeke by die Polisie meer as 800 000 is. Dit is basies onmoontlik dat die onderneming deur die minister, dat die agterstand om die herlisensiëring van vuurwapens binne nege maande voltooi sal wees, nagekom sal kan word. Wat verder kommerwekkend is, is dat daar ongeveer vier miljoen vuurwapens in die land is en slegs 1,3 miljoen aansoeke vir herlisensiëring is ontvang. Meer as 2,7 miljoen vuurwapens is dus nog op die ou stelsel voor die nuwe wet. Dit bevestig en versterk die Vryheidsfront Plus se voorstel aan die minister dat alle ou lisensies geldig moet bly en slegs nuwe aankope van vuurwapens volgens die nuwe wet moet geskied,” sê mnr. Pieter Groenewald (LP), hoofwoordvoerder van Polisie vir die Vryheidsfront Plus.

купить конверт для новорожденного зимнийtopcargo

Comments

Leave a Reply