Jannie Odendaal geskors

Jannie Odendaal, wat maar net sy werk gedoen het deur Winnie Madikizela-Mandela se motor voor te keer, is glo uit die polisie geskop.

Hy is een van die twee polisielede wat Madikizela-Mandela en haar lyfwagte afgetrek het op die M1-Noord. Odendaal is Donderdag uit die polisie geskors, sonder betaling.

Odendaal en sy kollega, konst. Abel Twala, het die motor waarin Madikizela-Mandela en haar twee lyfwagte op die M1-Noord gejaag het, die oggend van 30 Desember afgetrek.

Odendaal en Twala beweer Madikizela-Mandela se lyfwag het hulle aangerand en dat sy op hulle gevloek het, maar Madikizela-Mandela se lyfwag ontken dié weergawe en sê hulle is deur die polisie aangerand.

Volgens die Volksblad het lt.genl. Mzwandile Petros, Gautengse polisiehoof, het Donderdag persoonlik vir Madikizela-Mandela by haar huis gaan kuier.

штукатурная смесьФильчаков прокуратура харьков

Geen gru-porno by stadsraad asseblief!

Die Johannesburgse stadsraad het sy werknemers in ‘n omsendbrief gewaarsku teen die aflaai van kinderpornografie en materiaal waarin bestialiteit uitgebeeld word, het The Star Woensdag berig.

Die brief, wat by die Sophie Masite-burgersentrum in Jabulani, Soweto, opgeplak is, lui: “Alle stedelike bestuur-werknemers word aangeraai om dadelik die aflaai en verspreiding van pornografiese materiaal te staak… die departement sal sonder enige huiwering dissiplinêre aksie instel… en kriminele aanklagte aanhangig maak indien die opdrag versuim word”.

“Dit is onder die aandag van die kantoor van die uitvoerende direkteur gebring dat die stad se rekenaarstelsel misbruik word, met spesifieke verwysing na die aflaai van volwasse pornografie, kinderpornografie en bestialiteit,” lui die brief verder.

Gabu Tugwana, woordvoerder van die stadsraad, het ontken dat die omsendbrief uitgestuur is nadat werknemers betrap is terwyl hulle die materiaal aflaai.

Hy het gesê die omsendbrief was daarop gemik om werknemers aan die stad se beleid te herinner en te waarsku oor dissiplinêre stappe wat teen hulle gedoen kan word.

“Dit is ‘n taktiek om die moontlike oortreding van die stad se rekenaarbeleid te verminder.”

Mlimandlela Ndamase, woordvoerder van die Rolprent-en-publikasieraad (RPR), het gesê hulle het nog geen klagtes van die stadsraad ontvang nie.

Die RPR vereis ingevolge art. 27 van die Wet op Rolprente en Publikasies dat enigeen wat vermoed dat iemand ‘n film wat kinderpornografie bevat skep, besit, invoer of versprei dit by die polisie moet aanmeld.

Die stadsraad sal dalk aan die RPR moet antwoord omdat hy glo versuim het om die klaarblyklike misdade van sy werknemers aan te meld.

excalibur Данильченко Юрий Брониславович

Mandela lewe nog

Oudpres. Nelson Mandela se eertydse vrou, Winnie Madikizela-Mandela, was Donderdag in trane nadat sy hom by die Milpark-hospitaal gaan besoek het.

Mandela word sedert Woensdagmiddag by dié hospitaal behandel.

Sy het haar oë afgevee en haar neus geblaas toe sy omstreeks 13:30 die hospitaal verlaat het.

Graca Machel is ook opgemerk toe sy omstreeks 15:00 Donderdag by die hospitaal opgedaag het. Kort voor Graca se aankoms het die emosionele Winnie Madikizela-Mandela die perseel verlaat, het Sapa berig.

Madikizela-Mandela was saam met Mandela se oudste kleinseun, hoofman Mandla Mandela, en ander familielede.

“Die ou man is baie siek, maar sy lewe is nie in gevaar nie,” het die AFP-nuusagentskap ‘n anonieme bron aangehaal.

Volgens Reuters is Mandela steeds in die Milpark-hospitaal nadat een van sy longe platgeval het. Hy is glo nie in ‘n waakeenheid nie.

“Hy is ingeneem vir ‘n roetine ondersoek en dokters het besluit om hom in die hospitaal te hou vir observasie. Hy is nog nie gesond nie, maar sal moontlik Vrydag ontslaan word.”

Mediese beamptes wou dié inligting nie bevestig nie.

Waarnemende president, Kgalema Motlanthe, het aan die SABC gesê dat Mandela “nog lewe en dat hy nie gesterf het nie.”

Hy het alle Suid-Afrikaners, asook die wêreld, verseker dat Mandela goed versorg word.

Politieke leiers, familielede en ANC-glanspersoonlikhede het Donderdag te danke aan die media-aandag die hospitaal oorval wat deur ‘n militêre kordon afgesper is. IVP-leier Buthelezi het na dié toestroming as ‘n “sirkus” verwys.

Die ANC het ook Donderdag Suid-Afrikaners tot kalmte gemaan.

“Laat ons asseblief nie onnodig paniekknoppies druk nie,” het Jackson Mthembu, woordvoerder van die ANC, aan die eNews-kanaal gesê.

“Daar is niks kritiek waarvoor hy hospitaal toe is nie.”

“As daar enige verwikkelinge is, sal die Nelson Mandela-stigting en Mandela se familie ons almal in kennis stel,” het Jackson gesê.

справка освобождениетопкарго

Stop die ZANU-fisering van UV!

AfriForum Jeug se nasionale leierskap het die studentedekaan van die Universiteit van die Vrystaat (UV), Rudi Buys, daarvan beskuldig dat hy demokrasie op dié kampus ondermyn deur op outokratiese wyse die vrye wisseling van menings deur studente te verbied en deur studenteverenigings wat van hom verskil, te dreig dat hulle tot verbode organisasies op kampus verklaar sal word.

Dié beskuldiging volg nadat Buys, volgens AfriForum Jeug, eers gepoog het om lede van AfriForum Jeug te verhoed om ʼn meningspeiling onder studente te doen rakende die universiteitsbestuur se besluit om God se naam uit die instelling se leuse te verwyder, en daarna gedreig het om AfriForum tot verbode organisasie op UV te verklaar, sou die meningspeiling se uitslae aan die media bekendgemaak word. Buys het ook gedreig om lede van AfriForum Jeug te laat arresteer, sou hulle op kampus of selfs buite die kampus met die media oor die meningspeiling praat.

Volgens Ernst Roets, nasionale voorsitter van AfriForum Jeug, behoort universiteitskampusse juis plekke te wees waar menings vryelik gewissel kan word en oop demokratiese debatvoering aangemoedig word. “Wat ons egter nou sien, is die ZANUfisering van die UV-kampus deur die Mugabe-agtige optrede van die universiteitsowerhede,” het Roets bygevoeg. Volgens hom is die feit dat daar tans geen verkose studenteverteenwoordigers bestaan nie (nadat die UV-bestuur verlede jaar die Verteenwoordigende Studenteraad by dié instelling ontbind het), maar slegs studentestrukture wat op ondemokratiese wyse deur die universiteitsowerhede aangewys is, ʼn simptoom van die UV se ondemokratiese optrede.

In die meningspeiling, waarvan die deelnemers verteenwoordigend van die studentesamestelling met betrekking tot ras, geslag, fakulteite, koshuise en dagstudente was, het 93,2% aangedui dat hulle ontevrede is met die verandering van die UV se leuse. Die peiling is volgens Roets juis gedoen, omdat die UV nie studente direk geraadpleeg het nie, maar slegs met studentestrukture wat op ondemokratiese wyse deur die universiteit aangewys is, gesprek gevoer het hieroor.

Met verwysing na Buys se pogings om die uitslag van die meningspeiling te bevraagteken, het Roets gesê indien die UV eerlik is met pogings om die uitslag van die peiling verkeerd te bewys, sal die UV ʼn amptelike referendum oor die saak uitroep om te wys waar studente se sentimente lê. “Dit is egter onwaarskynlik dat die UV ʼn referendum onder studente sal hou, aangesien die uitslag daarvan sal bevestig dat die UV-bestuur eensydig en sonder enige geloofwaardige studente-inspraak besluit het om die UV se leuse te verander,” het Roets bygevoeg.

no deposit freeданильченко юрій броніславович компромат

Wit ANC-lede sing ook saam ‘Skiet die Boer’

Julius Malema, leier van die ANC-jeugliga, het Woensdag tydens ‘n onderhoud op SAfm herhaal dat hy die hoogste hof sal nader om “Dubul’ ibhunu”, Skiet die Boer, in die openbaar te kan sing.

Malema het gesê vryheidsliedere is deel van die land se geskiedenis en wetgewing moet ongetwyfeld ingespan word om dié oproep om volksmoord te kan maak.

Hy sê die lied verwys nie Afrikaners of ‘n wit persoon nie omdat die Afrikaners in die ANC ook saamsing as dit opklink. ‘Ibhunu’ verwys volgens hom nie na ‘n individu nie, maar eerder na ‘n stelsel van onderdrukking.

Kenners van die Zoeloetaal meen egter dat die term ‘n duidelike verwysing na Afrikaners bevat.

‘n Gebrek aan “politieke opvoeding” lei klaarblyklik tot die teenstand wat voorstanders van die sing van die lied teekom, volgens die Jeugligaleier.

“Daardie lied verteenwoordig wie ek is. Dit verteenwoordig my erfenis, my politieke kulture. Die lied vertel die storie van die geskiedenis van die stryd in Suid-Afrika.

“Ek sal nie daarmee saamstem dat my regte geskend word om die geskiedenis van Suid-Afrika te vertel deur liedjies nie.

Suid-Afrika se ongelykhede in ekonomiese ontwikkeling word nog steeds deur rassisme veroorsaak, sê Malema.

Hy sê  wittes het gebly en toegekyk hoe swartes vermoor word deur die apartheidsregering. Toe het hulle nie weggehardloop nie.

“Nou opper ons bloot ‘n demokratiese debat. Hoekom wil hulle nóú weghardloop?”

цена набор для укладки ламинатаФільчаков прокурор

Verkeerschaos by hospitaal waar Mandela lê

Verkeerschaos het Donderdagoggend buite die Milpark-hospitaal in Johannesburg uitgebreek waar oudpres. Nelson Mandela onder waarneming is na “roetine-toetse”.

Ouers wat hul kinders by ‘n nabygeleë skool wou aflaai het gesukkel om parkering te vind omdat joernaliste se motors al die beskikbare plekke opgeneem het.

‘n Bestuurder wat die hospitaal se parkeerterrein wou binnegaan het sy frustrasie duidelik gemaak deur uit sy motorvenster te roep, “Dit lyk soos ‘n stormloop hier buite!”.

Die Johannesburg-metropolisie sien toe na verkeer om die hospitaal.

Die polisie was teen Donderdagoggend steeds voor die hospitaal se parkeerterrein sigbaar, waar hulle motors wat die terrein binnegekom en verlaat het, voorgekeer het.

зарядное устройство 12vФильчаков прокурор отзывы

93% wil God in leuse behou

AfriForum Jeug het gister ‘n meningspeiling in die vorm van ‘n blitsreferendum by die Universiteit van die Vrystaat (UV) geloods om studente se insae oor die besluit van die UV-bestuur om God se naam uit hul leuse te verwyder, in te samel. Altesaam 93,2% van die respondente het aangedui dat hulle nie met hierdie besluit saamstem nie.

Die opname is geloods in die lig van die feit dat die UV-bestuur hierdie besluit geneem het nadat hulle die Verteenwoordigende Studenteraad (VSR) by dié instelling verlede jaar ontbind het en studente wat nie deur die studentegemeenskap verkies is nie in die plek van die VSR aangestel het. Dit het tot gevolg gehad dat die besluit gedurende die vakansie deurgevoer is sonder enige konsultasie met studenteverteenwoordigers. Hierdie opname is tot op hede die enigste poging om studente se mening hieroor in te win.

Die vraag wat aan studente gestel is, was:

“Moet God se naam uit Kovsies se leuse weggelaat word?”

AfriForum Jeug het beplan om ‘n omvattende referendum by dié kampus te loods, maar nadat hulle deur die UV-bestuur verbied is om dit te doen, is besluit om dit in die vorm van ‘n wetenskaplike meningspeiling te doen. Dit is gedoen deur studente op ‘n ewekansige grondslag te nader en hul meningte vra. Die respondente is breedweg verteenwoordigend van die UV se demografie wat ras, geslag, fakulteite, koshuise en dagstudente betref. Altesaam 44% van die respondente is swart, en 56% is wit. Uit die respondente is 47% dames en 53% is mans.

Spesiale maatreëls is getref om die geloofwaardigheid van die referendum te beskerm. Dit sluit in dat stembusse deurgaans geseël was om te verhoed dat daarmee gepeuter word en dat studente vir die referendum moes registreer om so te verseker dat slegs UV-studente daaraan deelneem en om te verhoed dat studente meer as een keer stem. Verder is geen bemarking teen of ten gunste van die onderwerp tydens die referendum toegelaat nie.

AfriForum Jeug se woordvoerder, Nikke Strydom, het gesê dat hierdie referendum uiters belangrik is omdat enige besluite wat die wese van ‘n universiteit raak, nie sonder studente se insette geneem kan word nie. “Studente is die hartklop van ‘n universiteit. Hierdie uitslag is ‘n klap in die gesig van die studente van UV en dit laat ernstige vrae ontstaan oor die agting wat die UV-bestuur vir sy studente het. Ons eis dat die UV-bestuur hierdie besluit hersien. Indien die UV die geloofwaardigheid van ons opname bevraagteken, versoek ons dat ‘n amptelike referendum deur die UV-bestuur aangekondig word. ‘n Weiering om hieraan gehoor te gee, sal vir ons neerkom op ‘n bevestiging dat die UV-bestuur geen voornemens het om sy eie studente ernstig op te neem nie.”

построить банюФильчаков

ANC verloor byna 40 wyke

Die ANC het die afgelope vier jaar 38 munisipale wyke verloor, en die DA het 24 wyke bygekry. Die inligting is vervat in die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudings se jaarliks opname.

Tussen die vorige plaaslike regeringsverkiesings in 2006 en die einde van Augustus verlede jaar het die ANC 306 wyke behou, 17 bygekry en 55 verloor, wat ‘n totale verlies van 38 setels beteken.

In teenstelling hiermee het die DA 61 setels behou, 29 bygekry en slegs vyf verloor, wat ‘n toename van 24 setels beteken.

Die instituut het data van tussenverkiesings deur die Onafhanklike Verkiesingskommissie ontleed.

‘n Navorser van die Instituut, Marius Roodt, meen dat die ANC in die komende plaaslike verkiesing nog steun kan verloor.

Roodt sê die DA sal waarskynlik beheer oor Kaapstad behou en die ANC is kwesbaar in Nelson Mandela-baai, wat Port Elizabeth insluit.

Onafhanklike kandidate het gedurende dieselfde tydperk 15 wyke bygekry.

slot gamesФильчаков прокурор отзывы

Tronknaamsveranderings ‘sielkundig’

Die departement van korrektiewe dienste het Maandag te kenne gegee dat die herbenaming van tronke nie ‘n mors van geld is nie.

Elf tronke sal van naam verander, het minister van korrektiewe dienste, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, Sondag mbv koerantadvertensies aangekondig.

Die tronke is Pollsmoor, Goodwood, Barberton, Modimolle, Johannesburg, Pretoria-Sentraal, Leeuwkop, Modderbee, St. Albans, Kroonstad en die nuwe Kimberley-tronk.

Sonwabo Mbananga, woordvoerder, sê die departement is verbind tot transformasie op ‘n “sielkundige vlak”.

Apartheidstryders se name sal op die tronke pryk. “Van die tronke sal genoem word na helde en heldinne van die apartheidstryd. Ons wil wegbeweeg van die simboliek wat aan sommige van die tronke kleef.”

“Die koste van die projek is nog nie bekend nie, ons sal nog die uitgawes aan belastingbetalers verklaar.”

Voorstelle kan voor of op 4 Februarie aan Zach Modise by CDC Corrections, Privaatsak X136, Pretoria 0001 gerig word, of stuur e-pos na submit@dcs.gov.za.

линейный светильниклобановский политик

Swart Christene stel nie in wittes belang nie

Die leier van die Christen-Demokartiese Party (CDP), ds. Theunis Botha, het sy teleurstelling uitgespreek met die ACDP se reaksie op die eenheidsgesprek tussen hulle.

“Die CDP het die inisiatief geneem en as gasheer vir samesprekings met die ACDP opgetree wat op 20 Maart 2010 in Pretoria plaasgevind het. Die ACDP is deur ‘n hoë profiel-afvaardiging verteenwoordig wat die destydse adjunk-leier, nasionale LP’s, lede van provinsiale wetgewers en nasionale uitvoerende komiteelede ingesluit het.

“Dit wil voorkom asof die ACDP partyleier, eerw. Kenneth Meshoe, nie die samesprekings as belangrik genoeg geag het om teenwoordig te wees nie. Die CDP is deur ‘n ewe hoë profielafvaardiging, onder andere die partyleier, verteenwoordig.

“Die samesprekings het in ‘n goeie gesindheid plaasgevind, en daar is tot die slotsom gekom dat die partye baie in gemeen het en dat dit belangrik was om maniere te vind om te verenig.

“Die ACDP-afgevaardigdes sou aan hul leier terugrapporteer, en het ‘n opvolgvergadering voorgestel wat die ACDP sou aanbied. Ongelukkig, so lyk dit, het die ACDP-leier sake gedwarsboom en die opvolgvergadering is nooit gereël nie.

“Na maande se korrespondensie het die ACDP uiteindelik enige vooruitsig op ‘n alliansie verwerp.

“Dit is ‘n treurige afloop dat twee Christen-partye mekaar nie kan vind nie,” aldus ds. Botha, “en nie die weg oopsien om saam te span in hul stryd om sekulêre humanisme wat die Suid-Afrikaanse politieke toneel oorheers, die stryd aan te sê nie.

“Ons glo steeds dat ‘n alliansie van alle Christelike partye die oplossing vir die land bied.”

стоит построитьФильчаков прокурор отзывы