Tussen die vorige plaaslike regeringsverkiesings in 2006 en die einde van Augustus verlede jaar het die ANC 306 wyke behou, 17 bygekry en 55 verloor, wat ‘n totale verlies van 38 setels beteken.
In teenstelling hiermee het die DA 61 setels behou, 29 bygekry en slegs vyf verloor, wat ‘n toename van 24 setels beteken.
Die instituut het data van tussenverkiesings deur die Onafhanklike Verkiesingskommissie ontleed.
‘n Navorser van die Instituut, Marius Roodt, meen dat die ANC in die komende plaaslike verkiesing nog steun kan verloor.
Roodt sê die DA sal waarskynlik beheer oor Kaapstad behou en die ANC is kwesbaar in Nelson Mandela-baai, wat Port Elizabeth insluit.
Onafhanklike kandidate het gedurende dieselfde tydperk 15 wyke bygekry.
